Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die woord is in die noot

Deborah Steinmair

Foto's deur Riana Wiechers

Ek was op die Woordfees in Stellenbosch, maar nie by die Roodt-gedoentes nie. Soos dit 'n branderplankryer van die toevallige betaam, het ek al wat debat en bespreking is, omseil. My woordfees was meestal musiek. Ek glo dat musiek altyd aan die voorpunt van vernuwing waad en links en regs bosgaas wegkap met 'n stomp sekel.

Roof Bezuidenhoudt Leonard Cohen het gesê: "My heart is like a blister from doing what I do." My hart is soos 'n bloedblaas van alles wat ek gesien het. Ek wag nog vir die roof. Bezuidenhout. Nee goed, ek weet hy's getroud. Maar as ek hom eerste gesien het … Andries Bezuidenhout is die poet van ons generasie, die Koos Doep van die nullers.

Dinge wat ek gehoor het, mense, en nie bevoeg is om te verwoord nie! Ek is vir die eerste keer deur die ore gestik deur Randy Rambo en die Naaimasjiene. Teunis Engelbrecht is so outentiek, so koel, so intens. Hy het onder andere met opruiende begeleiding 'n tagtigs-Dan Roodt-gedig oor 'n dreigende groepwoeps voorgelees. Daar was Buckfever Underground. As Toast Coetzer 'n sekte begin, is ek 'n dissipel. Sy aflewering is foutloos, vol gravitas, Zen, Castro en subversiewe outoriteit. Sy woorde is bedwelmend. Sy band skop.

Gian GroenEk het my tot die vierde paragraaf ingehou: EK HET VIR TRIKE LEWENDIG GESIEN! "Knyp my," het ek gefluister. Iemand langs my het bygevoeg: "Ek hou daarvan om iets te voel terwyl ek seks het." My hart behoort aan Esmé Evakwaad. Sy is perfek. Dit lyk asof sy nooit 'n ma, pa, broer of suster gehad het nie. Dit lyk asof sy op 'n produksielyn aanmekaargesit is. Sy is 'n wandelende winkelpop, 'n high-tech robot met 'n hartverskeurende cleavage. Sy's so koel soos 'n yssplinter. Sy's 'n Sinead met sianied. Haar kop is kaalgeskeer en lieflik gevorm. Sy het houding. Sy dra hoë blinkleerstewels met 'n honderd knopies en ogies. Met volmaakte frasering kettingrook sy in die pouses tussen lirieke. Haar stem is weerloos, abused, hardegat en druipend van disdain. Waar het hulle haar gekry? Daar is 'n manier waarop sy Brixton Barnard se hoendervleislirieke tegelyk liefkoos en mishandel. Brixton self, the last of the Mohicans, is legendaries aangrypend met die swaar stewels en moerige gesig van 'n jeugmisdadiger, 'n stem wat my sal oprui tot brandstigting. Hulle tweede CD word eersdaags uitgereik - hou hierdie ruimte dop. Ek het hulle soos 'n beskimmelde groupie van gig tot gig gevolg. Die volgende sing hulle spesiaal vir my (in my drome):

Ek wil jou teen my vaspleister
ek word deur jou rondings geteister
jy sal moet luister
ek is 'n pot vol rooi yster
ek kook oor, ek kook oor.

Die paartie in die park was hoog. Daar was sulke hoë, windverwaaide oomblikke teen sononder op die gras: Loit Sols, befaamde praatpoet en muso, se Noord-Afrikaanse klanke het soos 'n speserykaravaan oor die vlakte getrek: dit was soos om Ali Farka Toure van Mali in Afrikaans te hoor. Dit was aangrypend, briljant, internasionaal fenomenaal. 'n Moskee teen skemer. Op eie bodem!

Ek kon my boude nie op die gras hou toe Diana Ferrus teen sononder op die verhoog verskyn nie! In my oë is sy so groot soos Maya Angelou, soos Toni Morrison, Mercedes Soza, Cezaria Evora. Sy is geflank deur haar band, tromme, 'n saks, 'n horing. Sy dans en chant haar towerwoorde, sy sing plek-plek. The bones of our ancestors (oor oa Saartjie Baartman) - die bene roep, die bene roep. Mama, check my hoendervleis!

Piet BothaAs dit moontlik is, het Jan Blohm selfs nog sexier geword. Sy stem nog rouer, sy kitaarspel nog Hendrixer. Amen Amanda, ons het die toekoms gesien. Breyten laat ons huil, maar hy laat ons sien. Hy gee ons op die plek daai lowdown kop-vat-nie-grond-nie nine mil blues. Hy is 'n stewige elf teen die ondergaande son, 'n beautiful loser wat bly leef het om die storie te vertel. Rock 'n roll en vuurwarm tungsten, Baby do you want some?

As dit by Piet Botha kom, laat woorde my in die steek. Toe ek weer sien, dans ek aan die rand van die verhoog. Die man is 'n legende, 'n fenomeen, 'n oorlewer, 'n vernuwer, 'n pelgrim. Sy klank skep 'n lugstroom waarin ek kan opstyg. Die stilte in sy stem dryf my tot religie. Kabous Verwoerd stamp aan my, wys na Bra Piet en fluister skor: "Jesus".

Anton GoosenEn dan is daar Anton Goosen, my geliefde Silwer de Lange, 'n blywende toornaar van woord en klank. Ek was skielik weer vlak teen die verhoogstellasie, verwikkel in 'n aanbiddende dans. In die teenwoordigheid van legendes bly 'n mens nie sit nie. Daar's 'n vis in die bos, maak hom los, tokkelos!

Dis maar 'n vinnige deurloop. Daar was die Belgiese Gorki wat ernstig gat skop. Ons eie Klopjag wat rock soos 'n katel. Dit was Afrikaans sonder grense, Afrikaans wat piepie op die geroeste boeie van die verlede. Die woord laat hom nie kaap vir persoonlike agendas nie. Die woord het feesgevier. Viva!


Gorki Gert Vlok Nel


LitNet: 17 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie "fratsgolf"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.