Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nuut!

  • Jan Casno revisits the Bram Fischer-debate (13/01)
  • Yvonne Malan on Bram Fischer: Celebrate and remember a good and decent man (13/12)
  • Read Bram Fischer's entire 'Statement from the dock' (13/12)
  • Vieser en Vieser oor Fischer: Hermann Giliomee’s notes on a controversy over an honorary degree (09/12)
  • Gerrit Brand lewer repliek op Hermann Giliomee se bydrae (13/12)



    Die naam Bram Fischer was nog altyd omstrede. Veral die afgelope paar weke, nadat dit bekend geword het dat die Universiteit van Stellenbosch (US) vir hom 'n eredoktorsgraad (postuum) gaan toeken. 'n Hewige debat het in die Afrikaanse koerante (en op SêNet) vlamgevat. Was Fischer 'n vryheidsvegter of aartskommunis? 'n Held of 'n verraaier? Is die US nou weer besig met 'n nuwe vorm van baantjies vir boeties, of is die toekenning 'n gebaar van versoening?

    Die US se konvokasiebyeenkoms op 11 November beloof om baie interessant te wees, aangesien 'n hele aantal bekendes 'n mosie gaan indien wat vra dat die toekenning teruggetrek word.

    Met die oog op hierdie konvokasiebyeenkoms - en die dringende kwessies wat hierdie debat oor ons siening van die verlede opper - bied LitNet 'n Fischer-seminaar aan. Tien skrywers het ingestem om elk vir ons 'n bydrae te lewer. Hier sal julle 'n verskeidenheid opinies en standpunte lees. Fassinerende leesstof in vele opsigte ...

    Lees die bydraes en gesels saam deur 'n e-pos te stuur na webvoet@litnet.co.za.

    Groete
    Erns Grundling

    Yvonne Malan
    Giliomee en sy vriende wil blykbaar op 11 November 'n mosie by die Konvokasie laat dien wat vra dat die graad teruggetrek word. Jacko Maree gee voor die US het die besluit geneem op grond van "wanvoorstellings". Scholtz spandeer meters koerantspasie aan "Bram bashing". Hulle gee voor asof 'n enkele persoon vir die eregraad verantwoordelik was, terwyl die eregraad deur 'n komitee asook die Senaat en Raad van die US goedgekeur is ('n mens noem dit demokrasie, broers).
    Klik hier vir haar bydrae
    Max du Preez
    Ek dink die prominente beswaarmakers teen ‘n eregraad vir Fischer gebruik dit as ‘n stok om die rektor en bestuur van die Universiteit van Stellenbosch mee te slaan. Hulle is eintlik ontevrede met die universiteit se taalbeleid en politieke herposisionering. Ander briefskrywers en inbellers skel oor Fischer om hul ongelukkigheid met die politieke status quo te verwoord of weens ‘n kneejerk reaksie wat gewortel is in hul sosialisering dat die kommunisme die anti-Chris was.
    Klik hier vir sy bydrae
    Annie Gagiano
    What can the Fischer-bashers hope to achieve? Since the decision to grant the award has been widely announced, if it is rescinded this will certainly embarrass the university in the eyes of the wider South African public and suggest that it is easily manipulated by and/or still in thrall to a conservative old guard.
    Click here for her contribution
    Jeremy Cronin
    I never met Bram. He was released, terminally ill, from Pretoria Central prison in 1975, the year before I arrived. But Bram’s aura was all about us, especially in the recollections of my fellow political prisoners. “Bram would have taken this approach.” “No, he would have done the exact opposite!” we argued – confirming his persisting presence as a moral reference point.
    Click here for his contribution
    Leopold Scholtz
    Nee, jy kan nie die mens en sy ideologie skei nie. Fischer was, hoe mislei hy ook al was, ondersteuner van ’n party wat een van die mees Kremlin-getroue kommunistiese partye ter wêreld was. Dit was ’n party wat – dit kan jy in al sy publikasies lees – die ANC wou gebruik om die wit regime te verjaag, die mag vervolgens self te gryp en ’n totalitêre Leninistiese diktatuur in Suid-Afrika te vestig.
    Klik hier vir sy bydrae
    Jannie Gagiano
    Die US-bestuur steun klaarblyklik op ‘n soort Eskimo-volkswysheid wat bepaal dat as jy met ‘n poolbeer te doen kry, dit slim is om vir die ou grote so af en toe ‘n vis te voer om sy aandag af te trek sodat hy nie later dalk die gedagte kry om jóú op te vreet nie. Of die vis nou lewend of postuum is, maak nie eintlik ‘n verskil nie.
    Klik hier vir sy bydrae
    Waldo Müller
    Welkom by hierdie vryvloeiende huldeblyk aan Bram Fischer, aangebied as 'n lukrake collage van kommentaar en aanhalings - 'n antitese vir die verstokte anti-Bram-kommando wie se oortuigings dekades gelede ingedril is deur die propagandiste van apartheid, oortuigings wat ongelukkig bly talm in die troebel gemoed van te veel lede van 'n geslag wat gebreinspoel was om te glo anti-apartheid en antirassisme is pro-Kommunisme en pro-Dier, pro-Satan.
    Klik hier vir sy bydrae
    Johann Rossouw
    'n Universiteit soos Stellenbosch het hom inderdaad in die verlede laat insleep by die vergrype van 'n vorige nasionalisme. As juis Stellenbosch vandag aan Fischer 'n graad gee terwyl Fischer se ideale deur die huidige elite vertrap word, sal dit nie net 'n verdere legitimering van hierdie elite se nasionalistiese vergrype wees nie, en Fischer se ideale juis misken nie, maar Stellenbosch ook opnuut aan die vergrype van 'n nasionalisme verbind.
    Klik hier vir sy bydrae
    Jacko Maree
    Die enigste redelike afleiding is dat die US se Raad en Senaat óf mislei is, óf nie al die relevante feite voor hulle gehad het toe hulle die beslissing gemaak het nie. Indien hulle wel volledig en korrek ingelig was en nogtans besluit het om die eredokorsgraad toe te ken, is daar 'n groot skroef los op Stellenbosch.
    Klik hier vir sy bydrae
    Lawrence Schlemmer
    Die rasionaal om 'n afgestorwe politikus te vereer wat sy roem slegs as aktivis op partypolitieke en ideologiese vlak verwerf het, is veel moeiliker om te verklaar. Die eerbetoon aan adv Bram Fischer is so 'n geval. Fischer het ongetwyfeld 'n baie sterk karakter openbaar. Hy was seker 'n goeie advokaat, maar húlle is taamlik dik gesaai. Hy het ook vir sy oortuigings sy vryheid prysgegee, maar dit sê meer oor die aard van die vorige bewind as oor die man self.
    Klik hier vir sy bydrae
    LitNet: 05 November 2004

     

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.