Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat is nog snaaks?

Fanus Rautenbach

Wat is nog snaaks? Waarvoor lag onse mens nog? Kom ons kyk na moderne snaaksigheid teenoor outydse snaaksigheid – of Oupa se humor teenoor aktuele en nuusgebonde snaaksigheid. Dit gaan baie gepaard met woordspelings.

‘n Pronkveer gaan hiermee aan Riaan Cruywagen vir sy TV-nuus-opmerking. In Thailand se dieretuin is ‘n drieling tiertjies gebore. Een is deur die ma opgevreet. Daarna word die ma siek, en sterf. Die diereopsigter probeer om hulle koeimelk te voer, maar hulle weier om dit te drink. Toe hoor ‘n mensmoedertjie daarvan. Sy het pas ‘n baba gehad en laat die twee tiertjies ook aan haar drink. Mnr Cruywagen lees die berig en sy kommentaar daarna is in die kol. Hy reken: “Dis nou wat ons noem regte TIERMELK!”

Dit is ‘n nuusleser se droom. Maar dan moet jy presies die regte opmerking maak. Soos met die Pous se dood.

Pous Johannes die Tweede is dood. Wie is sy opvolger? Pous Mortem?

En hulle kan nie die Pous veras nie, want dan moet sy naam verander na Pous Toasties!

Wat is die rede wat die Vatikaan aanvoer voordat die Pous veras kan word of begrawe kan word? “Die Pous moet dood wees!”

Uit ons skooldae, net nadat veldmaarskalk JC Smuts ‘n staatsbegrafnis gehad het: Wat moet ‘n mens doen om ‘n staatsbegrafnis te kry? Kleinjannie se antwoord: “Mens moet dood wees.”

Mense vra my baie keer: Wat gaan jou beroemde laaste woorde wees? Myne gaan wees: “Die eerste keer in my lewe is ek ernstig – doodernstig.”

Wat is die lááste woorde wat jy wil hoor as jy al in die kis lê? Ek dink so iets: “Lyk my hy’t geroer …”

Wat is snaaks? Wat is vir wie snaaks? Wat is vir wie nog snaaks? Het ouderdom iets met snaaksigheid te make? Lag mense van verskillende ouderdomme nog vir dieselfde snaaksighede?

Maar die omoeper moet nie sommer enige ding wat voorkom, sê nie. In Indië het ’n swart labrador oor die heiningmuur gespring en vir sy buurvrou, die wit labrador, gaan kuier. Ook nie lank nie of die eienaars en bure besluit die twee labradors moet nou trou. Dis ‘n baie groot seremonie en nóg groter fees. Na die berig sê Riaan: “Daardie twee honde moet oppas of hulle gaan ‘n hondelewe lei …” Nou, dit is glad nie so snaaks soos “tiermelk” nie! Wat anders kon hy gesê het? Dalk: “Lyk my daai bruidegom is nog glad nie oor die muur nie!” Of: “A! Wittebrood! Elke hond kry sy dag!” Of: “Dit gaan om die hondjie én die halsbandjie …”

Van Riaan Cruywagen gepraat: Andre Potgieter, destyds van Punt Radio, bied my ‘n omroeperspos aan. Ons reël ‘n koffie en hy vra my: “Kyk, ek weet jy is ‘n man met ‘n humorsin; gee my ‘n voorbeeld van jou humor?” Ek sê: “Riaan Cruywagen dink televisie is rêrig!” Nou kyk, ons is in ‘n koffiehuis iewers in Randburg; wat is die kanse? Maar toe ek dit sê, staan daar ‘n jonge dogter van so sestien jaar op en loop reg op my af: “Wat sê jy van my pa?”

Nog ‘n pronkveer. Hierdie een aan Niekie vd Berg. Dit gaan ook oor die Pous. Niekie lees ‘n berig: “Die Vatikaan het nog nie besluit wie die Pous se opvolger gaan wees nie. Daar is twee skoorstene en almal kyk na die skoorsteentjies se se rook.” Niekie se kommentaar: “Ek het geweet daar was al ’n Italiaanse pous … ’n Griekse pous … ’n Poolse pous … maar ‘n Rooihuid wat rookboodskappe uitstuur?”

My buurvrou sê sy verstaan nie die TV-advertensie van die man wat sy een skoen verloor terwyl hy vir die trein hol nie. Hy gooi dan ook die ander skoen uit … en daar lê die twee skoene bymekaar.

Het my laat dink aan my pa se storie oor hoe om ‘n skaap te steel ... ’n Pa en seun sit onder ‘n boom langs die pad. Hulle sien ‘n man aankom met ‘n skaap oor sy skouers. Die pa hol vooruit, trek sy een skoen uit, gooi dié langs die pad. Hulle loop verder en gooi die ander skoen neer. Nou kom die man met die skaap op sy rug, sien die een skoen en loop verby. “Wat doen mens met net een skoen?” mompel hy. Maar nie ver daarvan af nie sien hy die tweede skoen. Die skaap is swaar en hy wil die ander skoen ook hê. Hy sit die skaap neer en loop terug om die eerste skoen te gaan haal. “Nou steel jy die skaap!”

Groetnis

Umfaanus



LitNet: 11 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie "Umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.