Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Aanstaande week spring weg met Liefiesdag - 'n lekker verskoning om bietjie rond en bont ogies te maak. Wie weet, dalk kan ons raad dalkies net 'n rubrieker of twee se neus - kom ons noem dit maar so - in die regte rigting druk. Rubriekers kan skryf na pietc@sybaweb.co.za, waar die bydraes versamel en vir plasing versorg word. Aanstaande week spring ons ook weg met ons veiling van die Schalk Burger-skildery, wat deur hom geteken is.

Toe wen ons hierdie naweek sommer twee van die kitskrieketwedstryde teen die Engelse. Die eerste een nadat kaptein Graeme Smith 'n slag 'n honderdtal aanteken. Dalk kan 'n mens sê dit was meer uit genade as verdienste, want hy het kwalik sy vyftigtal gehad toe moker hy die bal reg die lug in op, maar word misgevang. Toe probeer hy twee keer om homself uitgehardloop te kry.

Tossel sê

Dalk het Graeme Smith 'n studie gemaak van Hansie Cronjé se kapteinskap, want ons het nog laas gereeld wedstryde gewen toe Hansie probeer het om te verloor!

* * *

Eerskomende Maandag is dit Vaaltuinsdag. Nee, dis nie die internasionale dag van die donkie nie. Dis eintlik Valentynsdag - die dag waarop ons die liefde vier. Die mooi Afrikaanse naam daarvoor is Liefiesdag - al maak die liefde van baie mans donkies of esels, soos in "so dom soos 'n esel" (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal).

Rufus Papenfus gee vir my die volgende ter oorweging as bewoording vir 'n Liefiesdagkaartjie wat mans op my ouderdom aan die dame - ja, op my ouderdom moet 'n man maar met dames tevrede wees - vir wie jy wil ogies maak, kan stuur: "Ons is soos kerse in die nag - ons flikker vir mekaar al raak my lont maar kort."

Vir die jonger manne wat nog ernstig vlerksleep is sy voorstel: "Die lewe is soos twee snye brood, maar mag daar nooit iets anders as soet tussen ons kom nie."

Vir die lelike manne is sy raad om daarop te konsentreer om baie geld te maak: "Geld kan nie liefde koop nie, maar dit verbeter darem jou onderhandelingsvermoë!"

* * *

verduidelik hy is 'n dwergie en vra hulle mooi asseblief om tog haar sesjarige sussie in te lig.

Die ma neem vir Kleinsus eenkant en sê: "Poplap, jou groot suster kom die naweek huis toe en sy bring haar nuwe kêrel saam. Hy lyk anders as ons, maar jy mag nie vir hom vrae vra of na hom staar nie, gehoor?"

Kleinsus verstaan mooi en belowe om haar te gedra. Ousus en haar kêrel daag op en toe Kleinsus die kêreltjie sien, kon sy haar skaars beteuel. Die gesin gaan sit aan vir aandete en Kleinsus vermy oogkontak met die gas en bly tjoepstil. Net na die hoofgereg dra die ouers en ousus die vuil borde kombuis toe en gaan berei die nagereg voor. Dis net Kleinsus en die dwerg aan tafel.

'n Ongemaklike stilte heers 'n rukkie, maar toe kan die meisietjie haar nie meer beteuel nie. "Ken jy vir Sneeuwitjie?"

* * *

Kleuterstories is altyd 'n wenner. Mico Smuts stuur uit Australië hierdie mooie wat daar onder die Suid-Afrikaners sirkuleer:

Moeder aan haar seuntjie wat nie sy spinasie wil eet nie: "Wag maar, vannag kom die duiwel met jou afreken." Daardie nag begin dit vreeslik reën. Die donderweer dreun en die weerligstrale klief deur die lug. Die ma raak bekommerd en wil by die seuntjie gaan sit totdat die weer opklaar. Tot haar verbasing vind sy hom nie in die kamer nie. Sy kry hom in die spens besig om spinasie te eet. Kort-kort prewel hy: "So 'n helse klomp lawaai, en dit oor 'n bietjie spinasie!"

* * *

Voordat ons klaar maak met Liefiesdag en die liefde, moet 'n man darem ook weet dat die liefde nie altyd vir sussies is nie. Op Liefiesdag 2002 skryf ek vir Vroutjie-Douwtjie die volgende gedig, al weet ek nie toe meer of sy regtig hoor as ek dit vir haar lees nie:

'n Liefiesdig vir Liefiesdag, 14 febuarie 2002: 4.00 vm

Ek het jou lief omdat jou groottoon se maat langer as jou groottoon is
Ek het jou lief omdat jou voet 'n hoë brug het
Ek het jou lief omdat jou jy so heel ongewoon is
Ek het jou lief omdat jou bene enkel renperd is
Ek het jou lief omdat jou lyf 'n lewelieflyf is
Ek het jou lief omdat jy my eerstekeer-wenperd is
Ek het jou lief omdat jy 'n G-kol op jou nekkie het
Ek het jou lief omdat jy so lekker hoendervel kry
Ek het jou lief omdat jy 'n wulpse tuitbekkie het
Ek het jou lief omdat jy so lekker oor die foon kon vry
Ek het jou lief omdat jy slim en intelligent is
Ek het jou lief omdat jy so lank al by my bly
Ek het jou lief omdat jy meer werd as rande en sente is
Ek het jou lief omdat jy so lekker kan soen
Ek het jou lief omdat jy onskynheilig kan bly
Ek het jou lief omdat jy doen.

Ek het jou lief omdat jy so 'n regte dame is
Ek het jou lief omdat jy linkerhandig is
Ek het jou lief omdat jy by my is as jy hier is
Ek het jou lief omdat jy so vrou-verstandig is
Ek het jou lief omdat jy nie dom is nie
Ek het jou lief omdat jy nie twak vat nie
Ek het jou lief omdat my tyd nog nie om is nie
Ek het jou lief want jy is nie hardegat nie

Ek is lief vir jou omdat jy bly is
Ek is lief vir jou omdat jy jy is …

Op Liefiesdag 'n jaar later - 14 Februarie 2003 - is Vroutjie-Douwtjie nie meer daar nie en skryf ek:

My hart het eelte in sy hand
Sy kamers leeg, verfoei
Die dag brand spore in die sand
Herinneringe bloei …

* * *

Die naweek op Nuweland het die bloedige Suid-Afrikaanse son ons darem gehelp om wraak te neem vir die feit dat die Engelse van ons eie mense gebruik het om ons so in die eerste twee wedstryde van die kitsreeks te kasty. Pietersen en Strauss het dit oorleef, maar die nege egte ROOINEKKE het gebars. Maar dit bly maar 'n seer punt dat die Engelse ons met ons eie kalwers ondergeploeg het.

* * *

Kosie sê dalk is ons probleem nie dat daar so baie van ons eie mense vir die Engelse speel nie, maar dat ons te stadig kolf. Ons kolf so stadig dit kos die Proteas drie wedstryde om een te wen.

Jannie sê sy pa is die oom wat met die tassie met ou krieketballe oppie veld hol en dan virrie Proteas vra met watter bal wil hulle verloor. Hulle kies die bal en dan BALJAAR die Rooinekke ... hulle BALJAKKER! Miskien is Jannie se pa die BALJU ...

Jannie sê ook sy pa het, toe hy met die balle op die veld stap, gehoor hoe moeg is Prince al van al die raad wat hy kry oor hoe om te kolf. Toe Graeme Smith hom weer raad gee, vra Prince ontsteld: "Wat moet ek nóg doen? In 'n PARRA verander?"

* * *

Ons het verlede week begin vertel van Lucas Nel se lysie van toetse wat jy kan aanlê om te bepaal of jy grootgeword het. Hier is nog 'n paar:

Jy weet jy het uiteindelik groot geword:

  1. As jou vakansietyd van 130 dae tot 14 krimp.
  2. As jannas en 'n T-hemp nie meer as behoorlik aangetrek kwalifiseer nie.
  3. As jy die polisie bel omdat die buurkinders nie die vervloekte raaskas sagter wil draai nie.
  4. As die ouer familielede bereid is om stoute grappe te vertel terwyl jy in die geselskap is.
  5. As jy nie meer weet hoe laat die kitskosplekke toemaak vir die nag nie.
  6. As die versekeringspaaiement op jou motor verlaag en die afbetaalpaaiement styg.
  7. As jy jou hond wetenskaplik getoetse hondekos en nie meer McDonalds oorblyfsels voer nie.
  8. As jou rug seer word van op die rusbank slaap.
  9. As 'n ete met 'n fliek daarna die romantiese aand self is en nie die begin van een nie.
  10. As jy drie-uur in die oggend apteek toe gaan vir jig-pille en nie vir 'n kondoom of 'n tuisswangerskaptoets nie.

Groetnis!

Fanus




LitNet: 09 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie "umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.