Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Januarie is agter die rug, die kinders in al die provinsies is terug by die skool en Suid-Afrika is uiteindelik weer aan die werk. Die rubriekers is ook weer fluks aan die brieke losmaak. Ons het die afgelope week sommer 'n lekker klompie bydraes van letterlik heinde en ver gekry. Doe so voort. Dis lekker! Rubriekers kan skryf na pietc@sybaweb.co.za, waar die bydraes versamel en vir plasing versorg word. Aanstaande week spring ons ook weg met ons veiling van die Schalk Burger-skildery, wat deur hom geteken is.

Daar verloor ons toe sommer die eerste kitskrieketwedstryd teen die Engelse. Die kaptein het so jammer gevoel vir die middelorde-kolwers, wat volgens hom nie genoeg lopies kan aanteken nie, dat hy en die ander topkolwers besluit dis hulle beurt om vinnig uit die son te kom. En dan word daar gesê Hansie het wedstryde gekook!

Tossel sê:

Jy weet daar is 'n lopiedroogte as die reën nie eens meer vir jou 'n wedstryd wen nie.

Daar was hartseer nuus die afgelope week met die afsterwe van die bekende radio-omroeper, TV-aanbieder en stemkunstenaar Cobus Robinson. Toe Flink uit die Vere destyds ten einde geloop het, was Cobus die man wat agter die mikrofoon ingeskuif het met Monitor.

Terwyl Umfaanus darem nog die lewe gespaar is, laat dit my dink aan die staaltjie oor die politikus wat by geleentheid oor sy opponente gesê het: "I will out live the bastards."

Maar Cobus was allesbehalwe 'n opponent óf 'n "bastard". Hy was 'n bekwame en aangename kollega. Ek kan dit kwalik beter verwoord as 'n ander knap en gewaardeerde kollega, Marius du Plooy:

Toe is Cobus vandag weg. Ek sou nou nie sê ek was sy beste pel nie, maar toe ek destyds my radiotande in Hilversum geslyp het, was hy al by die SAUK. (Dit was toe nog nie SABC nie.) Later was ek verslaggewer en regisseur by Monitor saam met Cobus. Daar het ek hom in fase een leer ken: stiptelik, pynlik presies, taalpuris, met 'n besondere vermoë om lekker warm en eerlik en so geloofwaardig te kon uitsaai. En wat 'n ongelooflik skerp sin vir humor!

Die laaste paar jaar het Cobus dikwels vir my maatskappy vryskut vertaal- en skryfwerk gedoen. Wat 'n plesier was dit nie om met so 'n professionele mens te kon werk nie. Jou plek gaan baie leeg wees, Cobus.

* * *

Jan Coetzee skryf vir ons uit Kiwiland:

Jou storie oor Telkom het my laat dink aan Manie Allen se staaltjie uit sy dae in die vroeg-60's as "fouteman" by die toekatydse Telefoondepartement van die Poskantoor.

Hy besoek woonstelle en huise in Johannesburg se Berea- en Yeoville-buurte om na klagtes van telefoongebruikers om te sien. Etlike ouer Joodse dames is eintlik net eensaam en verveeld en versin dan "probleme" met hul telefoondiens bloot om die geselskap van 'n besoeker te geniet.

Wanneer Manie by Mrs Cohen/Levy/Goldstein se woonstel aankom, toets hy die telefoon en - siedaar - daar is wel skakeltoon en die goete werk soos wat verwag word. Tannie Jood hou egter vol dat die foon sporadies sonder skakeltoon is en sy kan nie verstaan hoe dit dan behoorlik werk wanneer die fouteman dit toets nie.

Manie kom toe met die volgende slimheid te vore: "If you promise not to tell anybody, I am prepared to share a secret with you." Tannie Jood knik haar kop instemmend en Maans gaan fluisterend voort: "You see, the telephone department used to import dialing tone from the UK and the quality was excellent. Nowadays, however, they import and use dialing tone from Hong Kong and I am afraid the quality is not as good."

Tannie Jood het hom aangekyk, suutjies gevra of hy nie kan help om liewer Ingelse skakeltoon in haar lyn te laat invoer nie. Daarop het Maansie onderneem om te probeer en is hy daar weg na die volgende foutregmaak. Ongelukkig/gelukkig vergeet hy van sy gereedskap by tannie Jood en toe hy teruggaan om dit te gaan haal, sit haar sitkamertjie vol van ander tannies Jood - en almal luister verbaas en aandagtig na die wonderlike skinder-ontdekking oor die gehalte van ingevoerde skakeltoon!

Vir 'n ander klaende telefoongebruiker het Manie vertel dat 'n personeeltekort meebring dat daar nie altyd gekwalifiseerde manne beskikbaar is om skakeltoon in die telefoonlyn te voer nie. Daardie tannie wou opsluit weet of haar nefie nie vir die werk kan aansoek doen nie. Hy is dan juis so geneig om ure met en by die telefoon deur te bring.

* * *

Paul Nieuwenhuis skryf om my te herinner dat ek 30 jaar gelede 'n tandarts - in die dae toe ek nog tande gehad het - herdoop het na 'n "smoelsmid". Dit draai die ratte van die geheue terug en ons begin weer daardie speletjie speel. Is daar iemand wat die ewig vindingryke geheue van Kooivlooi kan klop? Hier is 'n klompie van sy voorstelle:

Switser
Australiër
Italianer
Duitser
Indiër
Egiptenaar
Spanjaard
Engelsman

SKI-SMID
SKAAP-SMID
SPAGHETTI-SMID
SAUERKRAUT-SMID
SAMOESA-SMID
SFINKS-SMID
SENORITA-SMID
SOUTIE-SMID.

Foonsnol
Ateïs
Yskorwerker
Bedrieër
Byeboer
Boemelaar
Teoloog
Mielieboer
Koolboer
Haarkapper
Restaurateur
Astronoom
Blokman
Sepie-aktrise
Branderryer
Tuinier
Prokureur
Spraakterapeut
Perderuiter
Skoenmaker
Gevangene
Pasiënt
Vioolspeler
Kersvader
Miskruier
Breinspesialis
Visserman
Kleremaker
Fisioterapeut
Rangeerder
Alkoholis
Telefonis
Hamergooier
Skrynwerker
SKELM-SMID
SATAN-SMID
SMELT-SMID
SWENDEL-SMID
SWERM-SMID
SWERF-SMID
SKRIF-SMID
STRONK-SMID
STINK-SMID
SNY-SMID
SPYS-SMID
STER-SMID
SLAG-SMID
SNIK-SMID
SKUIM-SMID
SKOFFEL-SMID
SAAK-SMID
STOM-SMID
SAAL-SMID
SOOL-SMID
SEL-SMID
SIEK-SMID
STRYK-SMID
SLEE-SMID
STRONT-SMID
SKEDEL-SMID
SNOEK-SMID
SOOM-SMID
SPIER-SMID
SPOOR-SMID
SUIP-SMID
SKAKEL-SMID
SMYT-SMID
SAAG-SMID
Wedrenjaer
Krieketspeler
Lokomotiefdrywer
Seevaarder
Pedofiel
Prostituut
Bakker
Elektrisiën
Magistraat
Heelagter
Dief
Fanus
Tandarts
Boer
Filatelis
Numismaat
Varkboer
Sjirurg
Koorlid
Masseuse
Kroegman
Nar
Brandewynmaker
Staatsamptenaar
Kaartspeler
Horlosiemaker
Bouer
Bankier
Onderwyser
Wolboer
Weervoorspeller
Begrafnisondernemer
Kapingslagoffer
Verkeersman
SNEL-SMID
SES-SMID
STOOM-SMID
SEIL-SMID
SIES-SMID
SEKS-SMID
SEMEL-SMID
SKOK-SMID
STRAF-SMID
SKOP-SMID
STEEL-SMID
SKRYF-SMID
STOP-SMID
SAAI-SMID
SEËL-SMID
SENT-SMID
SNORK-SMID
SNY-SMID
SING-SMID
STREEL-SMID
SOOP-SMID
SNAAKS-SMID
STOOK-SMID
SLAAP-SMID
SKOPPENS-SMID
SEKONDE-SMID
STEEN-SMID
SPAAR-SMID
SPEL-SMID
SKEER-SMID
STORM-SMID
SPIT-SMID
SMEEK-SMID
SPOED-SMID

Dis my skamele bydrae. Ek moes mooi en probeer flink dink en nou is ekke 'n MOEG-SMID!

* * *

Vir die rubriekers wat gewonder het wat van Marius du Plooy geword het, het ons nuus. Hy is so die hoenders in omdat almal kla dat daar te min aan die Afrikaanse teaterfront gebeur dat hy besluit het om die vere in 'n hoenderhok te laat waai. Op die skilderagtige plaas Langverwagt vlak teen Kaapstad is 'n ou hoenderhok uit 1780 omskep in 'n weekteater. Dis in Kuilsrivier, langs Zevenwacht. Daar is selfs nog 'n paar van die neste wat in die mure ingebou is, sigbaar, en raai net - dit word Die Hoenderhok genoem.

Dis nou wat hulle noem 'n lekker kuierteater. Die Hoenderhok is 'n klein snoesige teater en kan slegs 100 teatergangers akkommodeer. Die eerste uur voor elke vertoning word daar gewyn en gepeusel en dit is ingeluit by die kaartjieprys van R88.

Die vertonings in die eerste maand bewys reeds sy veelsydige aanwending - 'n eenmensvertoning (MONAloog deur Helena Conradie), 'n klets-op-die-verhoog (Fanus Rautenbach), musiek en dans eenmens-show (Francois le Roux), en musiek deur 'n trio van Mariè du Toit. In Maart is daar selfs 'n Hollandse liederesangeres wat in Die Hoenderhok gaan optree. Rubriekers wat belangstel, kan bespreek by 082 323 5538.

* * *

Hier is solank 'n voorsmakie om rubriekers se dink aan die gang te sit oor 'n nuwe speletjie waarmee Lucas Nel daar uit Pretoria se geweste begin het.

Jy weet jy het uiteindelik grootgeword:

  1. As al jou potplante leef en jy kan nie een van hulle rook nie.
  2. As daar meer kos as bier in jou yskas is.
  3. As sesuur soggens is wanneer jy opstaan en nie wanneer jy by die huis kom nie.
  4. As jy jou gunstelingliedjie op 'n roltrap hoor.
  5. As jy na die weerkanaal op TV kyk.
  6. As jou vriende trou of skei en nie uitgaan of uitmaak nie.

* * *

Ons hoop om aanstaande week ons webveiling met die skildery wat Rufus vir ons van Schalk Burger, die beste internasionale rugbyspeler van 2004, gemaak het en deur Schalk onderteken is, af te skop. Ons gaan die skildery hier op LitNet aan die hoogste bod verkoop. 'n Deel van die inkomste hieruit gaan aan die Rapport Onderwysfonds geskenk word.

Groetnis!
Fanus



LitNet: 02 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie "umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.