Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Daar het nou al 'n mooi klompie voorstelle vir ons rubriek se naam ingekom, maar die wedstryd* is nog nie verby nie. Stuur nog. Volgende week begin ons van die name publiseer en hou ons 'n stemming om te sien wie die prys wen - Flinkveria is baie demokraties. Oor die prys vertel ons meer onder aan die rubriek. Hierdie is almal wat lus het om saam te speel se rubriek. Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by erns@litnet.co.za.

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Daantjie Dinamiet is 'n flinke man in die nuus:

Vat 'n nat snoek en slaat my dood
Hy ken al die musiekvrae so by my koot
Dis Daantjie Dinamiet
Wat keer op keer geld skiet
Op Johan Stemmet se Noot vir Noot!

Maar dit is nie net die lewendes wat nuus maak nie:

Toe die Maties hoor
Kommunisme is goor,
gryp hul die penne en skryf.
Hulle sê oom Bram
het nou grysskoene aan,
en verdien nie
so 'n doktorsgraad nie.
Van Max du Preez tot Leopold Scholtz
is al wat leef, gepoltz,
maar dit help nie om verder te praat nie
want vir die Kommunis,
wat ruik na Vis,
is daar glad nie so 'n graad nie!

In Suid-Afrika word sport nooit lank deur kultuur of politiek uit die nuus gehou nie:

Almal dink dat Ray Jennings
'n klein bietjie mal is
jy sal nooit kan raai wat hy als doen nie,
maar die kolf-afrigter is nou Jacques Kallis!

Oor Nicky Bojé wat nie kan saam toer nie skryf Henk Bierman:

Die onnerkaptein Nic Bojé
staan bal innie hand verleë -
kyk die span agterna
wat na Indië gaan -
waar die polisie Bojé boeie wil gee!

Van 'n draaibouler Nicky Bojé
word beweer hy't behoorlik oortree
deur 'n knoeispel te reël
en 'n goëlbal te speel
nou wil die polisie Bojétjie aantree!

Die Engelse noem dit 'n "urban legend". Wat sal ons dit op Afrikaans noem - 'n Sowaar-as-vet, Vir-die-waarheid of 'n Wolwaarstorie? Wat sê ons rubriekers? Kom met voorstelle en dan begin ons van hulle vertel.

Slimmigheid vir die dag: 'n Gevolgtrekking is die punt waar jy moeg raak vir dink.

Waarheid vir die dag: Die lewe is soos breiwerk. Jy kom eers aan die einde agter hoeveel steke het jy gemis! (Beide "Slimmigheid" en "Waarheid" deur Abré Hanekom van Kaapstad aan ons oorvertel.)

Spreekwoord van die dag: Hoe kaler jonker - hoe stouter in die donker. (Van Rufus Papenfus af.)

Groetnis

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 12 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.