![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() Die virtuele LitNet Dopper Joris-OskarErns GrundlingWie was Dopper Joris? Die gedig Dopper Joris en syn seiltjie deur Pulvermacher, pseudoniem van Adam Gabriel de Smidt (1836-1910), kan as n pioniersvers in die Afrikaanse letterkunde beskou word:
Pulvermacher (Adam de Smidt) Onder n boompie by die watersloot Hy seg dat syn oorlede paartjie n Wage en span met soetveld-osse En twee sterke koperhoepel-emmers En n borsspeld vol met rooie klippies, En n klok en drie riempiestoele, En ook n spul met romlary, Maar, tog makeer ek nog een ding;
Dopper Joris en zijn zeiltje is die geestige en taamlik onbeholpe liefdesverklaring van n plat boer wat sy meisie wil beïndruk met al sy besittings, selfs al is dit in die meeste gevalle nie veel meer as ontlede luister nie en al is die dinge nie almal ewe kosbaar nie. Ten spyte van n sekere progressie deur die katalogisering in die reeksstruktuur word die geestigheid juis bereik deur die wyse waarop hierdie eenvoudige maar opregte Dopper die verskillende dinge ekstaties opnoem en deurmekaar saamvoeg en deur die beeldende wyse waarop die uitnodiging - in aansluiting by die tradisie van die oorredingslied - tot die liefde gerig word.
Die LitNet Dopper Joris-Oskar sal voortaan gereeld aan presteerders, uitmuntende boeke, CDs, toneelstukke ens toegeken word. Lesers kan uitsien na eksklusiewe LitNet-materiaal wat rondom die wenners geskep sal word. Dit is n gebaar van vertroue, n virtuele klop op die skouer en n viering van Dopper Joris se kreatiewe nalatenskap.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |