Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Hallo almal

Ek is hierdie spasie gegun om te skryf oor die Wye Wilde Web. Dis ’n baie wye web, so my blik daarop sal noodwendig my uitkyk reflekteer, wat ongelukkig normaalweg aweregs is en soms ly aan Schadenfreude [1].

Ek weet nog nie presies watter prosedure ons hier sal volg nie. Hopelik kan ek nou en dan ’n sorgvuldig halfgebakte [2] gedagte aflewer vir julle om klaar te stoom. Die soort temas wat sal terugkeer, is dinge soos die sosiale rol van tegnologie, privaatheid op die Net, en die verband tussen programmering en vryheid van spraak. Of andersins hoekies wat ek dink oulik [3] of afgryslik [4] is.

VeriSign: bite me.

Om mee af te skop, ’n nota met ’n verlangse Suid-Afrikaanse eggo. Onthou enigiemand vir Mark Shuttleworth? Sy maatskappy, Thawte, is in 1999 gekoop deur VeriSign vir ’n verskriklike hoeveelheid geld (soek maar op; dit was baie, OK?). Beide Thawte en VeriSign se besigheid is digitale sertifikate — die X.509 [5] standaard waarop feitlik alle e-transaksies berus.

Thawte was VeriSign se enigste kompetisie.

Sedertdien het VeriSign dus ’n monopolie op kommersiële enkripsie, ’n stand van sake wat die verontwaardiging van o.a. die Amerikaanse DOJ uitgelok het — nie dat dit VeriSign-hulle juis ontsenu het nie [6].

VeriSign het toe ook al die monopolie op die registrasie en bestuur van .com-, .net- en .org-domeinname in die sak, omdat hulle Network Solutions Inc. (NSI) ingesluk het [7]. So amper het die hegemonie gewankel in 1999, toe die Amerikaanse regering vir ICANN [8] opdrag gee om die Internet se globale adresseringstelsel te bestuur en gaandeweg te privatiseer. VeriSign het dit darem reggekry om die .com-monopolie tot 2007 by ICANN af te rokkel [9]. Daaroor was mense ook nie te gelukkig nie, en soos dit gaan op die Internet, is daar plek om te kla en vrae te vra [10].

Die aanleiding tot hierdie geskiedenissie is ’n gebaar wat VeriSign vandag gemaak het, wat wys hoe hulle teenoor hierdie klaery en vraery staan ... die oudste en gewildste publieke poslys vir bespreking van domeinnaam-beleid was nog altyd te vinde op ’n bediener by NSI. Die gesprek neig toe om bietjie warm te word vir VeriSign — en hulle het dit summier gesluit. Daar was geen kans vir bespreek of terugpraat nie. Die argiewe van die lys het ook oornag van die Net af verdwyn [11] [12].

Die les van die storie? Oppas, julle is prooi! (Toemaar, net ’n grappie.)

Groete

Jean Jordaan


[1]dictionary.com/wordoftheday/archive/2000/05/10.html
[2]halfbakery.com
[3]mumbleboy.com/mumbleboy/
[4]thedukeofurl.org/reviews/misc/efront/
[5]ietf.org/html.charters/pkix-charter.html
[6]lists.essential.org/pipermail/antitrust/2000q1/000003.html
[7]internetwk.com/columns00/lewis032000.htm
[8]The Internet Corporation for Assigned Names and Numbers icann.org/
[9]newsbytes.com/cgi-bin/udt/im.display.printable?client.id=newsbytes
[10]icannwatch.org/icann4beginners.php
[11]lextext.com/icann/index.html
[12]icannwatch.org/article.php?sid=173&mode=thread&order=0

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.