Fiction, Poetry and WorkshopsArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Antjie Krog in pen, woord en stem

Die veiling het nou geeindig!

Die finale bod is R 2 500

Wat de sterren zeggen is ‘n bundel met ‘n keur uit die mooiste poësie van Antjie Krog, keurig uitgegee deur Uitgeverij Podium in Amsterdam. Dié tweetalige (Nederlands-Afrikaanse) uitgawe kom saam met ‘n CD waarop die digter haar verse voorlees.

Wat LitNet se aanbod egter uniek maak, is dat Antjie een eksemplaar van die boek geteken en ‘n oorspronklike vers daarby geskryf het.

Die boek
Die vers
Klik en bie! Oorspronklike vers

Finale bodbedrag:
R2 500

Klik hier vir 'n vergrote weergawe van die vers.


Ons veil tans hierdie eksemplaar op sodat jy die geleentheid kan hê om dié unieke versamelstuk vir jou boekrak te bekom.
Inkomste uit die veiling sal aangewend word vir die instandhouding van LitNet.

Hoe gemaak?

Om te bie, klik hier. Gee jou e-pos-adres, telefoonnommer en posadres, en die bedrag wat jy bereid is om te betaal. Die suksesvolle bieër sal per e-pos ingelig word.

Ons sal ook gereeld hier aandui hoe die veiling vorder.

Maar wikkel! Die veiling sluit op Woensdag 30 November om 12h00. Die persoon met die hoogste bod sal op dieselfde dag per e-pos ingelig word.




Antjie Krog is in 1952 op Kroonstad gebore en het daar grootgeword. In 1976 het sy die graad BA Hons in Engels aan die UOVS behaal en in 1983 'n meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria.
Krog het as digter naam gemaak (vir volwassenes, maar ook twee bundels vir kinders) en het vir haar eerste twee bundels, wat gepubliseer is toe sy maar 17 en 19 jaar oud was, die Eugène Marais-prys vir die beste debuut verower. Sy kan ook al 'n Rapport-prys en 'n Reina Prinsen Geerligs-prys agter haar naam skryf. In 1990 is die Hertzogrys vir Poësie aan haar toegeken.
Met haar verslag in 1998 oor die Waarheids- en Versoeningskommissie, Country of my skull, het sy 'n wyer en meer internasionale gehoor verkry. Poetry International het haar ook na Rotterdam genooi as een van die belangrikste Suid-Afrikaanse stemme.



LitNet: 25 Oktober 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.