Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Handleiding vir die patoloog

George Weideman

Dis soos instruksies vir meccano
of handleiding vir ’n rekenaar
dié ratwerk lê gestapel omheen
soms gemerk, meestal deurmekaar:

waars die raster
waars die meesterplan
waars die bloudruk van die anatomie
gedorie in ’n kreupelbos
in die ruigtes van die Balkan

Sprei die kaart oor die landroverneus:
hier’s die plaas, die mielieland, die sloot
langs die pad na Tuzla, in slagreën
die morsige trog van die dood:

die reuk van ontbinding en varkmis
meng; snoer jou mond en werk met jou graaf
skalpelfyn in die drassige veen.
Meer as hande sal hier deurskaaf:

wat jy kan moet jy dokumenteer
laat die kamera-oog diep inkyk
in die holtes van die heiligbeen;
onderskei liggaamsvog van slyk:

Aan die rieme om die polsbene
sien jy: ligvoets was hul gang ook nié,
aan die flenters lap hoe blind elkeen
was met die klap van slagdoppies.

waars die raster
waars die meesterplan
waars die bloudruk van die anatomie
waars gedorie gedorie weet en wat daarvan

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.