Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Strik


Zimbabwe, 2002

My swart haan roep die dagbreek rooi
               - G.A. Watermeyer

George Weideman

I

Om ’n strik te stel, verg soveel aanleg
as die uitdink van ’n beeld: jy buig bloot
’n stuk bloudraad na jou sin, groot
genoeg dat die bees wat deur die bosse vleg,
daarin kan trap en met die opruk van die poot
voel hoe sluit die staalkaak van die dood.


II

Om ’n lus te strik, ’n mensekring wat nouer
en nouer span - óm hardekool en ankerpaal
tot waar die krip is en die kraal -
verg geen slag nie: alles, sê die wet, is joue.
Wat aangelê is: akkers, opstal, waterkanaal -
dis alles opgeskryf deur janfiskaal.


III

Jou dag sal kom; die draad wat om
en om die stam gedraai is, skaaf ’n moot
tot by die pit. Groenvuur vreet die poot
van tsessebie en pou tot alles rondom
etter. Dae aaneen duur die brand;
dae aaneen sterf die bome sterf die land.


IV

Groen smeul die as in die land van mopanies
in die land van gora wat met krom
skouers hurk oor die aas, oor die dom
oë van dier of mens, oor soetvleis en oor sagte vlies.
Luislangkronkels lê lui geslaan
om die môrester om die sagte maan.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.