Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Déjà-vu


(oftewel Swart September III)
vir 11 September 2001 & 20 Maart 2003

Anna-Marié Radloff

realiteits-TV is hier om te bly

moontlik net ’n goeie movie
vol intensiteit
of die alternatief
dit kan wel eg bestaan
en wat dan?

só droog my skryf op
want ek weet wat op my wag
soos ek weet
dat hulle aan my deur klop voordat hulle aan my deur klop
wat hulle sê voor dat hulle dit sê
wat hulle gedoen het voordat die woorde vorm
soos ek weet

dit is waarskynlik
dat ’n reguit lyn net ’n mirage is
van fragmente teen die spoed van lig
en ek dus bestaan uit dele
gerangskik in die vorm van homo sapiens

ek is kwiksilwer soos die meer
as mens mooi kyk
is daar duisende gesigte wat kom en gaan
in stilte

pyn is ’n goeie leermeester
taktiek, intriges en provokasie
word toegepas
en reaksies aangeteken
vir ingeval ’n inval nodig is

en ’n inval is soos die dood

soos ek weet
Ingrid Jonker het gesê:
“die stad brand onder ’n papierkombers”

soos ek weet
realiteits-TV is hier om te bly


11 September 2001

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.