Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Oorlog vir vrede?

Arnold la Cock

sy koop haar hippop-plastieksakke
vol mooi ontwerpte labels
vetgestopte pryse en buite bal hul vuiste
sy hoor: daar’s mos ’n oorlog in die Ooste
daar’s baie worry in die Weste
maar sy sê: moenie worry:
dis mos ’n oorlog vir wêreldvrede.

sy dra haar tienliter-emmer water
vol gebombardeerde stof
chemiese onsuiwerheid en binne bal hul vuiste
sy hoor: daar’s ’n inval in die stad van Bagdad
daar’s baie worry in die Weste
en sy skree: moenie worry
die oorlog gee ons nou ons lankverwagte vrede

sy drink haar koppie iced tea en kyk gemaklik TV
vol helder nagverligte aanvalle
ineengestorte huise en buite bal hul vuiste
sy hoor: ons land is heel vernietig
en prewel: moenie worry
dis mos ’n oorlog vir wêreldvrede

hulle drink benoud die oorlogswater
vol oorwinningsvrees
droë kele en binne bal hul vuiste
sy hoor: die einde is naby
en prewel: nee dit het pas begin
nou kry ons ons lankverwagte vrede

Onder warm baksteenrommel
sterf ’n groepie mense

En ’n vrou sit haar TV af
Dis nog nie tyd vir wêreldvrede.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.