Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

GV *

Stephan Jones

Sien jy die maan se skyf, my lief?
Sien jy die maan se skyf?
"Charlie Twee, Zero. Ek ontvang jou vyf-uit-vyf."

Het jy al die wind gehoor, my lief?
Het jy al die wind gehoor?
"Dit huil hier om die hoeke van die KM se stoor."

Het jy al die reën geruik, my lief?
Het jy al die reën geruik?
"Mens hoor dit net-net val op die Olifant se luik."

Het jy al bloeisels gemerk, my lief?
Het jy al bloeisels gemerk?
"Die bomme hang in trosse van die F-1 se vlerk."

En het jy al vandag gelag, my lief?
Het jy al vandag gelag?
"Die kantien is oop, menere! Kom haal 'n bietjie krag!"

Sit sy op jou skoot, my lief?
Sit sy op jou skoot?
"Kontak! Kontak! Help ons, guys, hulle maak ons almal doo ..."

"Charlie Twee, Charlie Twee, dis Zero! Oor!"
Het jy al die nuus gehoor, my lief?
Het jy al die nuus gehoor?


*Engelse uitspraak van die afkorting van "Grensvegter"




LitNet: 14 September 2004

Wil jy reageer op hierdie gedig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.