Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Aachen*


(vir die P.O.W. van die Cape Corpse)

Diana Ferrus

Pragtige stad op die Duitse grens,
met oerou geboue en stories wat leef -
hoekom juis nou
ontdek ek jou?
Hoekom juis nou
lees ek van jou?
Jy was vereer en mooi geveer,
toe vertrap en later gelap -
en hy, teen sy wil
kom bly by jou
vir drie jaar en ses
van sy langste maande!
Hoekom juis nou
ontdek ek jou?

Die vyand vir jou
maar die redders vir hom -
hulle kom oor die grens en ruk jou siel,
het met rollende tenke jou skoonheid verniel.
Daar was hoop in sy hart
en vrees in jou gees
maar teen die einde van maande
was nie jy of hy staande!

Hy het jou verlaat
want hy was vry -
jy’t met jou storie agtergebly
maar hy’t nog steeds,
soos jy,
gely.

Aachen,
pragtige stad op die Duitse grens -
oeroue geboue en stories wat leef,
hoekom juis nou
ontdek ek jou?


25.10.2001


* Gedagtes ná die ontdekking dat Aachen die eerste Duitse stad was wat die Geallieerde magte binnegeval het gedurende die Tweede Wêreldoorlog

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.