Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Kern van die saak

Remelda de Jager

Daar is ’n nuwe film op die skerms: “The Core.”
Die elektromagnetiese veld (wat die aarde beskerm teen fatale bestraling), sterf ’n stadige dood -
gelukkig is Amerika daar om in te gryp -
voor die aarde letterlik opkook.
In die wêreldse vermaak, keer Amerika
in ’n “Outbreak” ’n dodelike virus - in “Armageddon” blaas ’n besete Amerikaner ’n meteoor in die ruimte op
- voor dit soos in “Deep Impact” die aarde kon tref
en die mensdom daarmee uitwis.
Die enigste aardse oorlewendes,
was die Wit Huis en sy volgelinge natuurlik.
Nou is dit weer “The Core” wat vermaak en in die argief het die
aarde reeds soos ’n kat,
sy nege lewens te danke aan Amerika.
Met “natuurbewaring” en oorlewing in gedagte,
word Saddam ontwapen, van sy kernwapens en bio’wapens,
net sodat die olie nog steeds die seelewe kan besoedel, die rookdampe die osoonlaag
kan beskadig en die Dollar die Rand kan versmoor.
Môre is daar ’n kind wat aan ’n vreemdeling die vraag gaan stel: “Waar was die kern van mý familie?” Daarmee gepaard word die mensdom weer die uitdaging gebied om weer die almagtige skade wat deur die mensdom self aangerig is, ongedaan te maak -
breek om weer te bou.
Dood om weer te lewe? O die arrogansie en blindheid, die dood word gefnuik in soveel opsigte!
Films wat rol vir blindes en Bush se stem praat in elke sitkamer met die dowes wat nie wil hoor nie.
Môre sien jy op die voorskouskerms ’n nuwe film wat eersdaags draai. Dit handel oor Amerika en die ontmagtiging van die Almagtige. Hollywood laat ’n anglisistiese “Hol hout”-nasmaak in die mond en “touch wood”, daar kom nie weer ’n oorlog nie.
Buite die teatermure veg Amerika en verwoes weer ’n stad genaamd Bagdad, vêr van die Afrika-”lookalike”-kontinent, iewers in die Midde-Ooste.
’n Diktator se kop word gesoek, soos Johannes die Doper en word mense in ’n bloedbad gedoop tot oorlogsheld of gesneuwelde.
Deurentyd vermaak die pers deur slapelose nagte die wêreld met
sy nuutste film op CNN en deur die kuberruimte op Yahoo en ander
kuberfilms.
Snags in jou bed rol die film voor jou oë en sit jy jou hand
op die leë kussing langs jou neer, heeltemal vergiftig en verlam,
want hierdie keer is dit jou man wat op die kassie gedood is. Hierdie keer het die “ “ getref tot in die kern van jou eie huis.

boontoe

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.