VryepoortArchive
Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vryepoort@LitNet

Vryepoortstasie


Projek
Afrika Afrikaan

Projekskets: AFRIKA AFRIKAAN vrywilligersprojek


Kapittel
Datums

16 Junie - Jeugdag


Vlampunte

Moet ek skuldig voel omdat ek nie skuldig voel nie?

Maria Strydom

Noem die woord apartheid tussen 'n klomp blanke studente en die helfte gaan hul o rol en dink: "Let it go." Party gaan vies wees oor regstellende aksie, en 'n paar sal tob oor skuldgevoelens. Niemand s apartheid was reg nie, niemand wil dit weer so h nie, maar baie voel dit het niks met hulle te doen nie.

Ons leef gemaklik in die nagevolge van ons ouers se sondes - ek dink nie ons kan dit ontken nie; maar terselfdertyd wil ons graag weet wat julle wil h ons moet doen daaraan. Julle wat wil weet hoekom die jeug so apaties is; hoekom die jeug nie betrokke raak nie.

Betrokke raak by wat? Die struggle is mos nou verby en dis net die ouer gardes wat nog nie klaar baklei het nie. Ons leiers is f besig om desperaat witvoetjie te soek omdat hlle skuldig voel (of is dit magteloosheid?), f hulle is hopelooslik hoog op mag.

'n Verskuilde agenda is die norm. Vra 'n deursnee-student wie hy/sy as leier in die samelewing vertrou, en die kanse is goed jy gaan nie 'n antwoord kry nie. Die naaste wat die algemene Stellenbosch-student aan politiek kom, is die taaldebat. Hoekom is studente so apaties daaroor? Vertrou ons nie ons leiers om ons stem te hoor nie?

Boonop lewe ons in die dae waar bitter min dinge taboe is. Vanaf gelyke regte tot pornografie word ons op geen vlak werklik onderdruk of weerhou nie. Daar is dinge wat opspraakwekkend is, ja, maar niemand gaan in die tronk gegooi word nie. Ons word nie werklik bedreig nie, reg?

Daar is niks soos gemak om 'n gulsige porsie apatie aan te help nie. Ons hoef nie eens skuldig te voel nie, want ons hoef nie die blaam te dra nie. Ek kan niks onthou van apartheid nie, gelukkige ek! Die vooruitstrewendes onder ons speel darem met die skuldgevoel: Moet ek skuldig voel? Voel ek ooit skuldig? Moet ek skuldig voel omdat ek nie skuldig voel nie? Hoekom voel ek nie skuldig nie? Selfs Klopjag het 'n MK89-treffer uit waar hulle s hulle sal nie langer jammer s nie. Mooi so, wat nou?

Hierdie skuld-en-jammer-debat is 'n gemaklike tydverdryf, mors van breinkrag, maar streel nietemin ons beperkte sosialebewustheidsego's.

Daar moet iets groter wees, daar moet tg iets wees om voor te veg.

Wat die ouer mense moet verstaan, is dat ons nie met dieselfde bagasie rondloop nie. Julle dra lomp, oorvol koffers, terwyl ons reisende rugsakke net partykeer swaar word van die nagevolge.

Wat m effe paniekerig maak, is dat PC so geforseer word op ons dat daar nou wedersydse blaam en bitterheid ontstaan. Moenie vir ons s wat om te glo, hoe om te wees en wat om te s sonder dat ons iets daarvan verstaan nie.

Politiese Korrektheid was 'n desperate quick fix. Dit kom uit 'n goeie plek, maar so 'n kollektiewe waarheid kan nie op mense afgedwing word nie. Waarheid word gesoek en dan gevind, en om dit te vind moet ons eers baie dinge verstaan.

Die tipiese Afrikaanssprekende student het min begrip vir die verskil tussen klas en ras. As ons ons verlede in ag neem, is die konneksie tussen ras en misdaad 'n baie makliker een om te maak as die konneksie tussen armoede en misdaad. Sal iemand asseblief die nut, logika en getalle agter regstellende aksie aan die algemene blanke student verduidelik, eerder as net die boodskap: Jammer, jy's wit.

Om te keer dat die verlede hom herhaal, kom ons veg terug met kennis eerder as met geforseerde waarhede. Los PC vir die bleskoppe wat nog sulke rels nodig het om te oorleef. Ek dink ons het een rel nodig: as jy bereid is om te s wat jy dink, moet jy bereid wees om te luister, te leer en oortuig te word. Kom ons wees ni kleurblind nie, maar waardeer bietjie die renboog.

Ons is die generasie wat groot krisisse soos armoede, VIGS, misdaad en werkloosheid moet vasvat, dus moet ons voldoende voorberei en gelei word. Die fondamente moet nou gel word, maar wie gaan toesien dat daardie fondamente nie gel word in verwarring, ego en valsheid nie?



LitNet: 31 Mei 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel?
Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za, of jy kan op SNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.