VryepoortArchive
  Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vryepoort@LitNet

Vryepoortstasie


Projek
Afrika Afrikaan

Projekskets: AFRIKA AFRIKAAN vrywilligersprojek


Kapittel
Datums

16 Junie - Jeugdag


Vlampunte

Hoog in die Afrikaanse toring

Dora Scott

As 'n mens die bydraes van sekere individue op Afrikaanse internet-gespreksforums lees, gee dit 'n beduidende indruk van 'n vreesbevange, sensitiewe groep mense.

Hulle praat byvoorbeeld nie oor die kwaliteit van die musiek op Idols nie, maar is behep met die beoordelaars se “aanval” op die Afrikaner, eerder as 'n “aanval” op sommige Afrikaners se (bedenklike) musiektalent.

Hulle praat nie oor die geleenthede wat daar in die land is en geskep word nie, maar bekla die feit dat hulle nie meer eerste in die ry mag staan om die geleenthede te kan ontvang nie.

Hierdie mense noem hulself Afrikaners en dit blyk dat hulle hierdie gespreksforums nie gebruik om sinvol te debatteer oor die sake van die dag nie, maar as 'n platform waarop hulle hul vrese, tekortkominge en tenakominge kan uitbasuin. Hierdie forums word inderdaad soos 'n openbare dagboek en erkentenis van sonde. Die forums word 'n gesamentlike blog.

Die gesprekke wat tans heers, bestaan meestal uit emosionele beroepe op Afrikaner nasionalisme en speel op verskeie vrese, van verkragting tot werkloosheid. Sulke vrese en opruierige gedrag kom duidelik na vore in verskeie bydraes op LitNet, soos:

  • “Enige witkind vandag sal jou vertel hulle sien swartes as klipgooiers, hou asseblief net op om ander wit Afrikaanssprekendes af te kraak! Hoekom vrees soveel van die skrywers hier om herinner te word dat dinge in hierdie land van sleg na slegter gaan? Besef julle nie dat ook julle op pad valbyl toe is met julle witvelle nie?” (Ciska, Junie 2006)

of

  • “Hoe die vrees in ons groei: vrees om in jou kar te klim en werk toe te ry, vrees om in die nag in jou huis aangeval en vermoor te word. En die totale moedeloosheid wat ons daaroor met ons hele wese aanvoel.” (Varkspek, Junie 2006)

of

  • “Die ANC, PAC en alle ander ‘C’’s beskou jou, jou familie en jou volk beslis nie as inklusief nie. Inteendeel, niks sal hulle groter vreugde verskaf as dat jy emigreer (dws voertsek na ’n ander land) of selfmoord pleeg nie. Jy leef in ‘n helse waas van selfbedrog, mater. Jy en jou mede-wit Afrikaners word as die onkruid beskou wat die oes bederf. Julle (of ons dan) word beskou as noodsaaklike verpesting wat tydelik verdra moet word. Let wel: Tydelik. Soos luise totdat die ekstermineerder kom. Daar’s hopeloos te veel van julle naïewes. Wanneer gaan julle wakker word en die DDT ruik?” (Hoekskaaf, Junie 2006)

en soortgelyke bydraes.

Sommige bydraers blyk dit te geniet om onsekerheid te saai en verdoemenis te verkondig. Ironies genoeg is dit juis hulle wat bepleit dat die polisie wet en orde moet handhaaf en diegene wat chaos veroorsaak moet vasvat. Hierdie mense blyk hulself toe te gewikkel het in die salwende woorde van verskeie Apartheidsgrootkoppe: “Jy mag maar bang wees, want daar is 'n SWART Gevaar. Want as almal bang is, dan is dit geregverdig. 'n Hele volk kan nie verkeerd wees nie.”

Die vrees, woede en onsekerheid dwing hierdie mense op hulle knieë, maar hulle weier om op te staan. Afrikaners voel geïsoleerd en uitgesluit, maar hulle is nie bereid om ander volke te aanvaar nie. Al voel hulle te na gekom, is hulle nie bereid om ander mense daarvoor te vergewe nie. Tog soek hulle vergifnis (want dit word verwag), maar kan dié vergifnis nie aanvaar nie, want dit sou beteken dat die Afrikaner verkeerd was. Vir baie Afrikaners is die pille van nederigheid, skuldbekentenis en tegemoetkoming te bitter om te sluk. Versoening word soos die pes vermy, in plaas daarvan om na ander uit te reik om die nasie gesond te maak. Die keffende Afrikaners verskans hulself eerder in 'n selfbehoudende toring waar niemand naby kan kom nie en hulle kan neerkyk op ander se lyding. Verskeie Afrikaners beken dit met trots op hierdie blaaie, so asof dit die enigste logiese oplossing is.

Niks is vir die Afrikaner-grootheidswaan 'n groter belediging as die feit dat die land sonder hom/haar kan voortgaan nie. Hierdie waan en sogenaamde belediging word uitbasuin en bekla op verskeie internet-brieweblaaie. Die Afrikaner kan net nie aanvaar dat 2010 tog wel 'n sukses kan wees nie, al is hulle nie betrokke nie. Tog pleit Afrikaners knaend vir insluiting, maar hulle draai 'n blinde oog vir die hand wat insluiting en tegemoetkoming al lankal uithou. Is die enigste hulp vir hierdie waansin terapie vir almal in ons land? John Steinbeck het in sy boek America and the Americans genoem dat Amerikaners hulself éérste as Amerikaners sien, en dán eers as Meksikaans-Amerikaans, Brits-Amerikaans, of hoe dit ook al sy. Hulle is dus 'n verenigde nasie eerste, dan verskillende volke. Hulle is 'n sukses omdat hulle nie bang is om in hulleself te glo nie. Hulle is ook nie bang om in mekaar te glo en die hand te vat nie. Hulle is trots op mekaar. Suid-Afrika kan slegs 'n sukses wees as ons nie meer bang is om dieselfde te doen nie. As ons ook trots word op ons nasie en op ons land, nie omdat dit net 'n móói land is nie, maar omdat dit óns land is. As ons ook eerste Suid-Afrikaners is, vredeliewende mense is, en dan iets anders.



LitNet: 26 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za, of jy kan op SêNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.