SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole: VraNet

Antoinette Klein neem deel in die jongste poësie Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskool: SkryfNet X.
   Antoinette is 'n late bloomer. Sy't kinders grootgemaak en weggemaak. Toe't sy begin om haar eie lewe te geniet. Met kwilts, skilder en skryf. Later vanjaar verskyn haar nuutste skets in Riana Scheepers se plaasstories. Van haar gedigte verskyn in Bieblebom (Bent Uitgewers); Swewende Siele, Woorde van Waarheid (Poetry Institute for Africa); As die son kom oogknip (Fanie Olivier); Onder een Hoed, Skulp teen die oor (Stilbaai Skryfkring). Tans gee sy self 'n digbundel uit, Skoene van sement. Antoinette se gedigte kom uit haar uitsonderlike verbeelding en liefde vir Afrikaans. Sy kan met haarself fyn spot en ook die punch vat as dit teen haar boemerang. Sy skryf op die man af, sonder om doekies om te draai.
Charl-Pierre Naudť is op Kokstad in die skilderagtige maar verarmde streek Oos-Griekwaland gebore, waar sy pa 'n dokter was. Hy het hoofsaaklik in Oos-Londen grootgeword en skoolgegaan en later op Stellenbosch in die filosofie studeer. Deesdae woon diť kwasi-Griekwa in Johannesburg, waar hy vasgebrand het as 'n joernalis of sorts op 'n koppie in die kreools-Portugese suide van die stad, wat afkyk op 'n dal op die plaas wat aan Johannesburg sy naam gegee het (vernoem na ene Johannes Meyer).
As hy om 'n definisie van die digkuns gevra moet word, sal hy sÍ dis 'n wyse waarop die onsÍbare afgeluister word.

Charl-Pierre Naudť antwoord Antoinette Klein se vrae omtrent die skryfproses

Ek vind Antoinette se vrae besonder relevant. 'n Mens kan dikwels 'n nuwe
skrywer se potensiaal sien in die vrae wat hulle vra. Ek bedank haar.

Jy sien van die dinge raak wat ek graag wil hê lesers in my werk moet sien, Antoinette.

Jou vrae en die antwoorde:

1. Jy skryf die wonderlikste "los-staande” sinne. Maar in konteks vorm dit
vir my besonderse "ritme" en kan ek aanklank hierby vind. Daar is atmosfeer wat soms blatant dog subtiel metafories weergegee word. Beplan jy dit, of loop dit sommer net van jou kop deur jou vingers uit?


Voorbeeld:
Jou opgeprikte borsies flous my nie,
jy't maar net jou pantser uitgeklop.
Die metafore is soldate …
en jy's 'n baboesjkapoppie …?

Die gedig se eerste weergawe "loop uit die vingers" uit, ja - maar nie moeiteloos soos water nie, meer soos konfyt. En ook eers nadat dit ’n paar dae, selfs weke, in my kop gebroei het. Die proses is twee derdes “onderbewustelik” en een derde “bewustelik”.

Die “los-staande” effek is seker weens die feit dat my verbeelding ’n bietjie ellipties werk.

Wat tegniese aspekte betref, is die ritme, of metrum, van 'n gedig vir my allerbelangrik. Dit was meer die geval in In die geheim van die dag as in my eerste bundel Die Nomadiese Oomblik , omdat ek gewerk het met langer sinne, dws waarvan die lettergrepetal meer is as die gebruiklike 9–13 – bv 15 of 17 of in uitsonderlike gevalle selfs 21 of 23 lettergrepe per reël. As die metrum dus nie reg is nie, sal die reël tot prosa kantel. Ek het onlangs tot die korter reël teruggekeer (in bv 'n gedig “ Jakobsleer”  wat binnekort op LitNet behoort te verskyn) en dis beslis veel makliker om te skryf.

Die tweede belangrikste tegniese aspek is klanke wat mekaar eggo, soos binnerym, halfryme, ens, en homonimie. (Ek moes nou die dag hierdie gogga van ’n woord in die woordeboek opsoek "om 'n woord te kry" vir wat ek dink ek doen. Assonansie kry mens wanneer woorde soortgelyk klink, maar nie ryme of halfryme of iets dergeliks is nie, bv dit, niks, (tyd)skrif in die uittreksel hier onder.) Dit het my gehelp om ’n soort elegiese effek te kry. In opeenvolgende konsepte het ek meer aan hierdie klankaspekte geskaaf. Maar baie belangrik vir my was klankpatrone wat "onopsigtelik" of gedeeltelik" is, wat die effek skep sonder om die leser se aandag daarop te vestig - sodat die aandag vry bly om te fokus op wat gesê word. Ek sou byvoorbeeld ryme ver uitmekaar plaas – maar nie te ver nie – en halfrym en binnerym was vir my verkieslik bo rym. Dit is waar van die liriese verse, soos “Teen die liefde” , sowel as van die narratiewe verse.

Maar die internalisering van klankbewustheid sodat dit “onbewustelik” uit jou kan voortkom, is belangrik. Ek dink nie ek sou “praatverse” soos “ Die besoeker” of “Die Grond van die Voorvaders” kon geskryf het sonder dat ek digters soos Elisabeth Eybers en Van Wyk Louw jare gelede geïnternaliseer het, of sonder dat ek eers sonnette geskryf het nie. Oënskynlik het Geheim niks met Van Wyk Louw uit te waai nie (ek het self so gedink!) maar in retrospeksie lyk dit vir my of die laaste, narratiewe gedigte in Nuwe Verse en die bundel Tristia (kyk wat doen hy met assonansie en binnerym) in sommige opsigte voorlopers kan wees van wat ek gedoen het in In die Geheim van die dag . Ook van die laaste – langer, narratiewe – verse van Peter Blum kan miskien spoke wees.

Interessantheidshalwe, ’n voorbeeld van die klankpatrone , in die eerste reëls van “Die besoeker”, soos ek dit sien:

 

Maar helaas, dis moontlik om gedigte te skryf sonder enige van hierdie soort klankpatrone. Kyk byvoorbeeld na die volgende gedig van Charles Bukowski:

ice for the eagles

I keep remembering the horses
under the moon
I keep remembering feeding the horses
sugar
white oblongs of sugar
more like ice,
and they had heads like
eagles
bald heads that could bite and
did not.

The horses were more real than
my father
more real than God
and they could have stepped on my
feet but they didn't
they could have done all kinds of horrors
but they didn't.
I was almost 5
but I have not forgotten yet;
o my god they were strong and good
those red tongues slobbering
out of their souls.

Die gedig steun amper uitsluitlik op ’n lewensgetroue “colloquial metre” (spraakritme) en enjambement.

Wat my beelde betref kry ek kohesie op byvoorbeeld die volgende wyse: die beelde eggo mekaar herhaaldelik, maar nie opsigtelik nie. ’n Voorbeeld, uit “Teen die liefde”:

Poplappie Zeus, Moedertjie Son,

jy was my Pantheon gefotostateer

en deur die wind tot lewe gewaai;

nou flapper die verrinneweerde tempel

die ene vlermuise.

In die eerste strofereël is daar bindweefsel tussen Zeus en Son en Pantheon en tempel wat mekaar eggo. En lappie eggo in papier (implisiet) en verrinneweerde en flapper en gewaai. Die beeld wat die leser moet sien, is van ’n tempel wat so “fladder” van die vlermuise dat dit lyk soos ’n papier wat in die wind waai – ’n papier met ’n tempel op gefotostateer.

Maar hoewel ek veel aandag aan die klankaspekte gee, is my gedigte eerder beeld- en verbeelding-gedrewe.


2. Ek wil glo dat jy 'n hengse verbeelding het. Wroeg jy ooit oor 'n gedig?

Ek wroeg beslis, gedurig, selfs tot na publikasie en ek niks meer daaraan kan doen nie. Maar alles begin by ’n flits, gewoonlik van ’n beeld of ’n idee, of ’n vae idee van ’n paradoks wat iewers buite woorde om lê.

3. As jy jou woorde op papier neergesit het, verander jy ooit weer daaraan? Behalwe vir spelling ens. Voel vir my asof jy deurmekaar kan raak as jy dit sou doen! Nie al jou gedigte is soos in die voorbeeld by vraag 1 nie, maar ek lees dit in die meeste van jou ander gedigte so.

Antoinette, ek verander dikwels aan reëls, gewoonlik omdat ek na ’n rukkie daarna kan begin kyk soos ’n leser – dan sien ek hoe maklik dit alles verkeerd verstaan kan word. Hoe moeiliker die beeld, hoe eenvoudiger moet die reël kom. Maar ek dink al die veranderinge is maar om nader te kom aan daardie eerste “flash” wat ek gehad het. Tog moet mens onthou, elke digter skryf anders – sommige skryf maar net en kom langsamerhand by die een of ander bindende idee uit.

4. Hoe lank skryf jy al en handhaaf jy dieselfde woordgebruike soos in In die geheim van die dag? Het jy nog ander bundels gepubliseer?

Ek skryf nie net gedigte nie, maar het die ander goed nog nie voorgelê nie. Ek het op ouderdom 10 begin skryf – wou my eie biblioteek begin – al die boeke deur my geskryf, natuurlik, dan hoef ek hulle nie te bestel nie. Dit was nadat die trein (nie ’n skaalmodel nie!) wat ek in die agterplaas uit appelkissies wou bou, nie uitgewerk het nie.

Ek dink daar was ’n groot sprong vir my tussen my eerste bundel en hierdie een. Ek dink ek het so begin skryf so met die laaste gedigte in my vorige bundel (1995). Sien byvoorbeeld “Vlugtelinge” in Groot Verseboek 2000.


5. Geniet jy "woorde" eerder as om jouself in 'n "gedigtelike denkwyse" weer te gee? Maw pen jy jou gevoelens neer soos dit in jou kop opkom en werk vandaar aan die volgende reŽl, of "beplan" jy dit? En aangehaak hieraan, hoeveel gedigte skryf jy op 'n dag?

Ek hou nie so baie van gedigte wat soos gedigte lyk nie. Hoe meer die gedig lyk asof dit “nooit geskryf is nie” en uit die lug gegryp is, hoe beter. Die poëtikaliteit moet eers by nadere beskouing blyk. Dis in hierdie opsig waar ek dink ek die skerpste afwyk van my eerste bundel. Ek wou gedigte skryf wat nie ’n fokus plaas op die retoriese middele nie. Maar dis dikwels die moeilikste soort gedig om te skryf. Al die dinge wat lyk asof hulle sommer net kan gebeur – spontaneïteit, eerlikheid, ens – is dinge wat painstakingly gemáák moet word. Vreemd om daaraan te dink: in letterkunde is daar niks wat meer gemáák is as júís iets soos “eerlikheid” nie.

So, ek probeer na aan die een of ander oorspronklike gevoel of impuls bly, maar beplan voortdurend hoe ek dit kan oorbring sodat die leser dieselfde ervaring kan meemaak asof dit nie bemiddel is deur woorde nie.

Ek publiseer nie baie bundels nie: sover net die twee, en een Engelse een wat aan die kom is (die vertaling van In die geheim van die dag). Saam sal hulle egter meer as 300 bladsye gepubliseerde poësie beslaan. En ek skryf nie gedigte “op ’n dag nie” maar – as ek gelukkig is – in ’n jaar. Veral met die narratiewe verse in Geheim … daaraan het ek oor ’n tydperk van vier jaar gewerk.

Die allerbeste wense met jou eie skryfwerk, Antoinette!

Mooi loop

Charl-Pierre





LitNet: 29 Junie 2006

Wil jy reageer op VraNet? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.