SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole: VraNet

Pieter du Plessis neem deel aan die jongste Sanlam/LitNet aanlyn-poësie-skryfskool, SkryfNet X.
   Hy is 'n oud-Potchefstromer wat in die omgewing grootgeword en daar studeer het. 'n Jaar gelede het Pieter besluit om die Mooirivier se water te verruil vir die son en see in Gordonsbaai. Hy werk al 3 jaar as 'n agent in eiendomme, terwyl sy familie nog in Potchefstroom bly. Hy beoog om in die toekoms verder te studeer.
Eben Venter is in 1954 op 'n Oos-Kaapse skaapplaas gebore. Hierdie omgewing en sy lang lewe as sjef in Australië gee vele van sy prosatekste in. Drie van sy romans word bekroon en twee word in Duits en Nederlands vertaal. Verlede jaar bied hy skeppende skryfkursusse in Oos-Europa aan. Die beplande publikasiedatum vir sy nuwe roman, werkstitel Horrelpoot, is September 2006. Sy eerste Engels-vertaalde roman, My Beautiful Death, sal ook dan verskyn.

Eben Venter beantwoord Pieter du Plessis se vrae omtrent die skryfproses

1. Voel jy dat jy 'n gevestigde skryfstyl het en dat jy elke boek rondom daardie spesifieke styl skryf?

Die gebruik van binnepraat / stream-of-consciousness as ‘n manier om ‘n storie te vertel, staan my aan. Ek probeer reeds sedert Ek Stamel Ek Sterwe hierdie vertelstyl verfyn en in my eerskomende roman, getiteld Horrelpoot, het ek weer daarvan gebruik gemaak. Wat betref vertellerstem, neig ek altyd na die eerstepersoonsverteller. Dié stem kom byna spontaan.

Terwyl ek nou al die dinge kwytraak, moet ek byvoeg dat ek ook met elke nuwe werk probeer vernuwe. Of ek dit regkry, moet die leser maar besluit.


2. Kyk jy soms terug na jou eerste werke en voel jy jy sou goed wou verander?

Die oomblik as ek ‘n boek klaar geskryf het, raak dit ou nuus en ek keer nie maklik daarheen terug nie. Ek begin dadelik in my hoof en by wyse van aantekeninge aan my nuwe storie werk. Slegs op dié manier bly my skryfwerk vir my boeiend. As ek gebreke raaksien in vorige werk, of as dit deur ‘n vaardige redakteur (‘n skaars en waardevolle spesie) aan my uitgewys word, probeer ek dit in ‘n nuwe werk uitstryk. Ek kan byvoorbeeld nou duidelik sien dat die liniêre struktuur van Begeerte afbreuk doen aan ‘n goeie storie.

3. Kom jou inspirasie om te skryf uit persoonlike gebeure of skryf jy absolute fiksie? As dit wel persoonlike gebeure in jou lewe uitspel, hoe hanteer jy dit om nie totaal en al blootgestel aan die wÍreld te staan nie? Voel jy dus dat jy 'n stukkie van jouself gee vir vreemde mense wat jy nie ken nie?

Ek maak altyd aantekeninge van persoonlike ervaringe en persepsies, solank hulle maar uitstaan. Hiervan maak ek dan in my stories gebruik, maar byna sonder uitsondering torring ek aan die persoonlike gegewe deur dit met my verbeelding te transformeer. Lesers is egter nie onnosel nie en hulle krap verbeelde lae weg en daar staan jy dan, nakend en rillend. Jy moet dan maar die skok met dop wegdrink. En selfs dit werk nie altyd nie!

4. Met baie van die gebeure in jou boek kon ek myself vereenselwig; ek het dus 'n prentjie geskep van hoe sekere plekke moes lyk, en ook die karakters in jou boeke. Sou jy toestem om van jou boeke te verfilm of voel jy dat dit dalk skade kan doen aan die idee wat lesers het oor jou boeke?

Ek hou baie van die medium van film. Selfs gedurende my skryfproses sien ek hoe ‘n situasie en karakters ín daardie situasie filmies voor my ontvou. Ek dinkBegeerte sou ‘n mooi film kon word, maar dan moet dit nieliniêr vertel word, soos byvoorbeeld in Soderberg se onlangse A History of Violence. Daardie is ‘n ou storie – dis die maniér van vertel wat die gegewens transformeer. Die laaste paar bladsye van Ek Stamel Ek Sterwe en van Horrelpoot is egter slegs prosa. Die leser dompel haar-/homself daarin en beleef daardie wêreld-van-woorde op haar/sy eentjie: dié belewenis is nie binne ‘n ander medium moontlik nie.


5. As 'n aspirantskrywer gebeur dit dikwels dat ek sonder waarskuwing ewe skielik aan iets dink om te skryf (laat my altyd dink aan Mathews Phosa se "deur die oog van 'n naald"). Kom die gedagte van 'n storielyn ook onverwags na jou toe of gaan sit jy en begin 'n storielyn beplan?

Baie stories en brokke van stories “kom” na my toe, veral in daardie tussenperiode net voordat ek heeltemal wakker word. As ek byvoorbeeld ‘n koerantberig lees van mense wat grafte oopgrawe, geraamtes uitgooi en die kis vir herverkoop wegdra, begin daar ook ‘n storie in my hoof. WG Sebald se weergalose manier om oënskynlik nieversoenbare gebeure en mensgeskiedenisse met mekaar te verbind, laat my ook, terwyl ek binne sy eindelose paragrawe swewe-lees, dieselfde doen. So kom daar weer ander, nuwe stories en ander nuwe maniere van storievertel na vore.





LitNet: 12 Julie 2006

Wil jy reageer op VraNet? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.