Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Skryf in die algemeen

Skryf is in die eerste plek die soek na ’n geskikte invalshoek: is dié daar, kom woorde vanself.

***

Weg-skryf van jouself af kan net so ’n effektiewe terapie wees as uit-skryf uit jou verknoopte derms uit.

***

’n Totale gemoedsomkeer gebeur selde by die gewone mens; in dramas wel, by karakters, en dan ook net as tegniese noodsaak.

***

Verwarrende woord in die literêre bedryf: ontknoping. Wat in die laaste akte of die laaste paragrawe gebeur, is juis ’n bymekaarbring en saambind van baie drade en geen ont-knoping nie.

***

Dis nie dat skrywers noodwendig meer raak sien as ander mense nie. Dis net dat hul sensors onderontwikkel is, en hulle alles oorvertel wat hulle sien.

***

Daar is glo ’n verwantskap tussen reeksmoordenaars en skrywers wat chronies publiseer. Wie, in die geval van skrywers, is die prooi: die teks of die publiek?

***

Wanneer ’n skrywer se waaksaamheid verslap, dring woorde soos die volgende by sy taal in: “onvergeetlik”, “onvoorstelbaar”, “onbeskryflik”.

***

Ware moderniteit is blywend — die groot skrywers van die verlede is nog altyd ons tydgenote.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.