Valiant Swart - NagstoriesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die vloek van die kitaar

Dis ’n Donderdagaand in die ooste van Pretoria, so tien voor nege.

Ek staan en rook ’n sigaret in die parking lot buite die plek waar ons vanaand speel. My kitare is getune en die amp is besig om warm te word. Oor so tien minute gaan ons op stage, en dan is die herrie weer los.

Dis koud. Ek dink aan my vrou en my laitie daar doer onder in die Kaap, en ek wonder wat hulle maak, en of hulle al slaap.

(Die laaste straal rook en die stompie onder my stewel wat nog steeds ’n bietjie ruik na die vlak water by Arniston.)

Die plek, genaamd “Bossa Loners”, is al van vroegaand af stampvol. Hoe nader ek aangestap kom, hoe harder word die gedruis. Die deur gaan oop en ek is binne en ek baan my weg verhoog toe deur die arms en bene van waitresses en kringetjies vriende.

“Mystic boer!”
“Cybersakkie!”
“Stellenganga!”

Die uitroepe en geskater en geklieng van bottels en geklik van aanstekers bons rond tussen die plastiekplante en die Sergio Leone dekor. Vlak langs die verhoog gluur Clint Eastwood my aan, cheroot tussen die tande.

Ek prop in en skakel aan, knik vir die band, verstel die mike stand en steek nog ’n sigaret aan.

“Howzit mense!”

Applous.

(Daar sit hulle — ek sien hulle die heel aand asof in slow motion, elke gebaar en boodskap en sein.)

Vir die volgende twee ure verdwyn ek en die band in ons wonderwêreld van ritmes en refreine, ’n jolly ou skip op ’n wilde, geheime see.

Daai silwer note van die Stratocasters gaan hang so aan die mense se heupe; ’n paar vrouens dans tussen die tafels en jong sakemanne verloor hulle inhibisies. Die bekfluitjie skop in vir ’n trop koshuisgabbas van weleer; twentysomething girlfriends besluit om later vanaand definitief weer ’n slag ’n gedig te skryf.

Bier vloei ontstuimig.

Die skip wieg.

Later, veel later, lank nadat ek die smerige geld in die kombuis gestaan en tel het, lank nadat ek saam met die laaste gesuipte joernaliste aan die kroegtoonbank gehang het, lank nadat die laaste truligte om die hoek verdwyn het en die after party toe nie gerealiseer het nie, lank nadat ons weer al die fokken drade opgerol en die speakers gelaai het, sit en slaap ek in ’n stoel voor die TV in vriende se sitkamer.

(Die voëltjies, en die eerste bleek buitelig deur die gordyne.)

Vanaand doen ons dit weer, êrens anders.

En dan later, heelwat later, keer ons terug na die Vallei.

Ek moet my gebreekte snare vervang.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.