Valiant Swart - NagstoriesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waar’s die girls?

Valiant Swart

Soos dit ’n goeie onkruid betaam, het Afrikaanse rock geweier om te vrek en homself kom vestig tussen ’n verskeidenheid kambro’s, gesiggies, leeubekkies en, les b(l)es, die onsterflike plastiekroos. Dwarsoor die land is rock, punk, funk, rap en metal bands besig om soos paddastoele op te skiet. Die ou en nuwe aanhangers het alles waarvoor ’n fan kan vra: ’n groep gevestigde “ikone”, en ’n hele spul wilde nuwe lote om ons almal te vermaak. Of het ons?

Waar is die vrouens — ons punk-godinne en ons funky mama’s? Waar is ons Sheryls en ons Sineads en ons Tori’s en ons Courtneys? Ons luister net na Koos, Piet, Gert en miskien-moet-ek-my-naam-na-Jan-verander, maar is daar dan nie een Afrikaanse vrou tussen twintig en veertig wat kan en wil rock, en iets te sê het vir mense soos ons nie?

Dis die jaar 2000, elf jaar ná Voëlvry, en nog steeds kan Afrikaanse sangeresse hoofsaaklik in twee groepe verdeel word: die suikerpoppies (Patricia, Amore, Mirka, ens) en die chanteuses (Karin, Amanda, Laurika, Lise, ens). Britney Spears en Barbara Streisand. Alles goed en wel, hulle is almal briljant en professioneel en hulle trek vol sale and I love them, but they’re not rocking my people.

Ek wil nie luister na girls wat “sweef” nie. Ek wil jou nie picture met die honde langs die see of met die klassieke kitaar onder die wilgerboom nie. Of met “vlerke” nie. Ek wil nie jou resepte op die proef stel nie, en ek gaan nie van jou ma hou nie, al maak sy al jou klere.

Ek smag daarna om te groove op die musiek van die een of ander bad news voorstedelike voedoe-dogter wat nie ’n blou duit omgee nie. Ek wil uit-chill op die stoner-ballades van ’n righteous suster met ’n Fender amp. Ek wil verlief raak op die appels-en-koring feedback country van ’n plaas-rabbedoe. Ek wil uit-freak op die militante industrial metal van ’n lesbiese dominatrix wat op my skree. In Afrikaans.

Die dae van die “ordentlike boeremeisie” is lankal getel. Wie wil nou brei as jy kan boogie? Kom aan, susters — die mike is aan, maar die verhoog is leeg.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.