Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam/LitNet Aanlyn-toneelskool
Moontlik gemaak deur/Supported by: Sanlam
Klik hier vir Sanlam se tuisblad

Wanneer mens moeilik asemhaal

Hennie van Greunen*

So jy draai regs van die N2, ry af met Park Side West wat Marshstraat word, deur die dorp (Bib, OK Bazaars, Poskantoor, Truworths, Fanies Apteek, Homeleighs Shop, n kilometer van onbewinkelde niks, verby die Oasiskafee, die Waldorfkafee, verby die ou Horskool) en dan om die Punt, n eenrigtingslang wat verby die see seil en sy eie stert vreet terug op pad dorp toe. Dis die ruggraat van Mosselbaai. Een van my eerste storiegedagtes was om die ruggraat vanuit die lug te beskou en te sien dis n hangtou. Van daardie dag af het ek effe moeiliker asem gehaal.

Die Mosselbaai waar ek grootgeword het, het geen idee van toneel/shows/stories gehad nie. Nou en dan het daar Cabaret!-postertjies op mure verskyn, maar dit was die tipe kabaret met n gekneusde meisie in n tanga (die obese sussie van die g-string) en nipple caps. Dit was populr.

Toe ek in Standerd 8 was, begin n ambisieuse jong taalonderwyseressie n dramaklub by die skool. My claim to fame as akteur is dat ek n gewonde Duitse soldaat gespeel het op die biblioteekverhoog. My liefde vir realisme begin met n mayonnaise-fles skaapbloed van die abattoir. As casting was dit rampspoedig op ongelooflik baie levels, maar die vrot bloed op my ou skoolhemp het my werklik sterwend laat lyk. Kombineer dit met n Ali McGraw-in-Love Story-hoesie en dit was n Beaches-prequel.

Die big deal van die dramaklub was die beloofde dramatoer Kaapstad toe: 15 weird adolessente en drie onderwysers met eerstefase-drankprobleme. My beste pel gaan saam. Ek steek n bottel Coco Rico in my tas weg. Die lewe is goed.

Dis aand. Die Baxterteater. Die eerste Kaapse run van Children of a lesser god. Houselights down. Preset down. LXQ 1 slow fade up prompt side apron. En toes dit weer moeilik vir my om asem te haal. Daars n effense bewerigheid in my twee hande. Man, dis soos n gospel revival en ek is n sinner, ek herken die kraak in myself en as jy vra, dan kom ek vorentoe, ek soek jou hand op my voorkop, my kop tilt agtertoe en

Wel, jy kry die idee.

Na die vertoning staan ek op en klap en juig (revival, s ek) totdat die teater leeg is en die stagehands my weird uitkyk. Later die aand: ek en beste pel sit met n halwe bottel Coco Rico in die hand. Iets in my bewe steeds soos n styfgespande draad.

Kan jy glo wat ons so pas gesien het, die

Ja, s hy, ek weet nou wat naai in gebaretaal is.

Met die omgekeerde V van die wys- en middelvinger van sy regterhand vryf hy op en af oor sy linkerarm.

Ons vriendskap draai af met Park Side West en moer briekloos see toe. Sela.

En nou nog, as ek agter in n donker ouditorium (lees: skoolsaal, kerksaal, markiestent, Kine, skoolvierkant) sit en ligte operate en die gehoor, spelers en teks smelt alles saam, dan fluistersing daai styfgespande draad weer. En alles is wel met die wreld.

Dis dan hoekom.

Sover dit die hoe aangaan, dit wil ek nie eintlik verstaan nie. Deur die paar skryfkursusse wat ek al aangebied het, het ek wel die waarheid gesien: geen mens kan geleer word om te skryf nie. Jy kan wel gehelp word om beter te skryf. Maar die basiese storievertelling moet daar wees. Ek skryf self van buite af binne toe. n Goeie storie, well told, bevat al die elemente waaroor die literati so obsess.

Hier is hoe n play vir my werk:

1. n Idee vlam rens op.
Waar kom dit vandaan? Soms uit my eie ervaring (die grootwordstorie Blougat); soms uit woede (die plaasmoordstorie Wydekloof); soms kom die titel eerste (die tienerdrama Cello(sy) & Violin(ce)); baie keer inspireer individuele akteurs my (Pedro, vir Lyf, en o ja, ek was besig om n show te kyk van twee fabulously veilige aktrises, toe spring Jong Dames Dinamiet volledig gevorm in my kop posterontwerp ingesluit). Soms het stories hulle oorsprong in real life (K met Trix en Margit). Ek het ook al gevoel dat ek mense moet probeer inlig (ek is mos n eksonderwyser) en so het Die Hangkas Haas sy oorsprong gehad. Ek het ook al ander mense se skryfwerk verwerk, soos Andr le Roux se ongelooflike Op die vrou af-rubrieke in Sarie. Ek en Marion improv ook baie. Ons eerste gemeenskaplike baba was Sandy, die laaste karakter in Sussie rafel nou uit. Dis n ongelooflik lekker proses.

Daar is n paar faktore wat my na n projek trek: (1) Ek werk emotief; dis vir my belangrik om mense te rk of hulle nou lag of huil, hulle moet vl. Jy kan lekker mindgames speel met gehore, maar gryp hulle aan die hart en hulle is joune. (2) Ek moet opgewonde wees oor die spelers; hulle moet my inspireer. (3) Die storie moet my somtyds moeilik laat asemhaal.

Vir my gaan alles oor die storie.

Ek het n onwrikbare geloof in stories en in hulle verskillende funksies: as n foto van tyd (Angelas Ashes, Frank McCourt), as bemiddelingsgereedskap tussen mense en kulture (The Suit, Can Temba), as treadmill vir die brein (Human Traces, Sebastian Foulks), as emosionele inspuiting (ek is 13 en lag so hard vir Paul Gallico se The man who was magic dat ek van my bed afval; teen die einde van die boek is ek in trane), as liefmaker vir my taal (Dalene Matthee, Jeanne Goosen, Koos Kombuis, Malan Steyn, Deon Opperman) en as smeltkroes waaruit die mooiste wrelde verrys (Fugitive Pieces, Anne Michaels, en enige iets van Margaret Atwood, Michael Cunningham sy jongste Specimen Days maak my moeilik asemhaal en Julian May).

2. Ek loop met die storie in my kop.
Dis n proses wat ek nie te veel analiseer nie. In di tyd (tussen twee weke en 40 jaar) kom karakters, dialoog, storielyn en setting alles in my kop bymekaar. Ek weet ek is reg om te sit en te skryf wanneer daar n plek is waar alles werk, waar ek alles kan visualiseer, waar ek karakters kan sien en hoor (soms nog shady en krapperig). En dan:

3. Skryf ek.
Hierdie is ook die tydperk waarin my skryfkamer die netjiesste is. Ek herrangskik my biblioteek, sowel as my CD- en DVD-versameling, alfabeties. (Ek is nie die tipe skrywer wat, whiskey in die hand en sigaret tussen die lippe, MOET skryf nie. Dis harde werk.) En eindelik kom alles neer op gom. Ek moet my gat aan my stoel vasgom. En skryf. Nou en dan vloei dit net. My vingers raak lam soos dit by die beelde in my kop moet byhou en dis die mees ongelooflike gevoel. Dit gebeur net genoeg om die hele proses die moeite werd te maak.

4. Herskryf.
Okay, ek lieg. Ek het nog nie die joys van herskryf agtergekom nie. Soveel mense vertel my hoe cool dit is. Ek sukkel daarmee. Ek is van plan om hard daaraan te werk. Sodra ek my Time magazine-versameling volgens datum herrangskik het.

5. Dan gaan dit verhoog toe.
Aangesien ek my eie werk vervaardig en soms ook regisseur speel (begroting, o begroting!) is ek meestal daar vir die hele reis van die page na die stage. Ek is gelukkig glad nie precious nie. As die spelers, stelontwerper, stagehand, musiekregisseur, beligtingsoperateur, kafeteria-tannie begin met: Ek het n voorstel, begin die Slag van die Dunlip, waar almal mekaar politely verag vir n paar dae. Dan giggel ons daaroor. Dan open die play en ons vertel ons storie.

6. En ons is baie blessed, want meestal hou die mense daarvan.
En dan? Wel, daars stuff wat ek hier uitlaat. Daar is nog heelwat mense met wie ek wil saamwerk. Daar is nog baie stories wat hande opsteek in my kop. Daar is ander genres wat ek wil verken. Ek wil nog Durbrovnik sien.

Maar dis almal stories vir n ander dag.


* Hennie van Greunen is n suksesvolle en bekroonde vryskutskrywer, regisseur en vervaardiger. Hy werk eers as onderwyser by die Horskool Brackenfell, dan as Direkteur: Korporatiewe Betrekkinge by Cape College, en sedert 2001 is hy voltyds betrokke by die skryf van teater- en televisiewerke. Hy werk gereeld saam met Pedro Kruger en van sy gewilde tekste wat al by kunstefeeste en teaters regoor die land opgevoer is sluit in Blougat, Die Dowwe Dolla-tekste, Lyf, Die Hangkas Haas en K. Laasgenoemde twee tekste is vir televisie verfilm, en vroer vanjaar het hy n 13-episode-televisiereeks vir kykNET geskep wat einde 2006 geskiet sal word. Hy is ook tans lid van die paneel wat die Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater beoordeel.


LitNet: 29 November 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.