Pop-Up Toast fotogaleryArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Toast Coetzer
Spier Open Air Poetry Festival

Klik hier vir Toast se artikel oor die fees

Toast Coetzer


Klik op foto vir vergroting en volledige onderskrif.


Tom Lanoye en ...

The Buck...

Godessa's ...

Chiwoniso Maraire en ...

Rocco ...

André Manuel en ...

... in die amfiteater

Seremoniemeester ...

Koos ...

Imbongi Sincedile Mnogmeni tel ...
 

Spier Open Air Poetry Festival

Toast Coetzer

Dis ‘n middag so warm soos blik wanneer die deelnemers een na die ander begin insluip by die Spier Amfiteater vir soundchecks en kort TV-onderhoude.

Chirikure Chirikure (wat my held is sedert twee jaar terug tydens sy show by die Labia) lyk soos ‘n professor in Afrika-politiek wat besluit het genoeg is genoeg, van vandag af veg ek hierteen op ‘n ander manier.

Saam met hom is Chiwoniso Maraire, ‘n prinses as jy al ooit een wou ontmoet, met ‘n stem en vernuftigheid op mbira waarmee sy later die aand Chirikuri se woorde gaan begelei tot iets ten minste so groot soos die Chimanimani-berge, wie se lot tot lewenslange verdoemenis tot mistigheid hy gaan besing.

Antjie Krog, organiseerder van die naweek, sit soos ‘n windstil windpomp (gelukkig nie halflyf in die water soos die windpomp in die dam langs die R310 op pad Spier toe nie) ‘n paar rye van agter op die plastiekstoele in die amfiteater met daai kenmerkende effense frons van haar wat maak dat jy nie seker is of sy bekommerd is, of drie grade van kwaad, en of dit bloot ‘n verweer teen die skel helder lug is nie. Een ding weet jy egter: sy is in beheer van sake, en dit gee jou meer as genoeg gemoedsrus.

Op pad na ‘n kort geselsie met die TV-kamera (vir ‘n Spier-video waarin ek somehow poetry en FHM Homegrown Honeys in verband trek …) kry ek vir Chantel Erfort en André Manuel van Dala Flat Music. Chantel het ek laasjaar ontmoet toe ek en sy en ‘n halwe Condor vol ander skrywers saam met Antjie Montagu toe is vir ‘n paar dae se workshops en ‘n optrede in die laerskoolsaal daar. Toe’t sy alleen gelees, maar dié naweek gaan André sagte musiekagtergrond verskaf vir haar woorde.

Die Godessa-posse is ook al hier; hulle sit en gape kraai op die stoep en almal soek bier, maar die bier is vier honderd meter verder (Spier is lekker as jy ‘n middelafstand-atleet is) en almal is te lui. Benewens Shameema, Burni en EJ von Lyrik is hulle manager, Grenville, en twee guest rappers, Jitsvinger en Mr Dmus, ook daar. Hulle is die hoof act later vanaand in die amfiteater.

My band sloer nog iewers in verkeer met SMS-verskonings, maar gelukkig daag die bassist op tydens Tom Lanoye se soundcheck, so die stage manager lyk effens meer gerus. Tom is van ‘n ander planeet – sy soundcheck alleen was ‘n peformance, so wanneer hy later die aand sy woorde met sulke opwaartse bewegings van sy kop en hande op die gehoor uitgooi, is dit behoorlik iets om te sien en hoor.

Dis al amper sewe-uur wanneer The Buckfever Underground volledig is vir ‘n soundcheck, guitarist Righard Kapp wat soos gewoonlik ‘n klankman of twee uitfreak wanneer hy sy groot versameling effects pedals begin uitpak en feedback deur sy amp gooi.

Uiteindelik kry ons ook tyd om iets te gaan eet, saam met Teba Shumba (“the original social worka” – soek gerus sy fantastiese album 20.5.2.1 Manifesto), Lebohang Mashile (wat fans vir Afrika het, glo my), Yvette Christiansë (wow) en Koos Oosthuysen (wat, arm in ‘n sling, voor die einde van die naweek as een van die helde van die event gaan uitstaan), en dan staan die tyd skielik op halfagt en mense is al op hul sitplekke terug in die amfiteater of die sagte stoele van die houtdek verder teen die rivier af, waar die meer intieme voorlesings van die program plaasvind.

So begin ‘n werklik spesiale naweek. Wat dit laat werk, is die skynbaar teenstrydige energieë wat tussen die verskillende performers heers. Van die sussende voortstu van woorde van Erfort word die stok aangegee vir Chirikure en Maraire wat, danksy eersgenoemde se woorde en laasgenoemde se musikaliteit, iets oers wakker maak en so sonder twyfel van-Afrika dat dit jou genoegsaam in die oop lug vol sterre (daar is min plekke in Afrika waar die sterre deur besoedeling verswelg word – weet julle hoe gelukkig ons is?) sal laat opkyk in stille waardering vir die fortuitousness van the place we call home.

Dan’s dit tyd vir Lanoye, wat die verhoog oorneem met die gemak van iemand wat dit gereeld doen, voorlees, woorde gooi, rondstap met sy hemp waarop daar oor sy laer rug eenvoudig “Extreme” staan. Ekstreem vir sommige dalk, maar met die hoëdruk-skoonspuit van enige stroom goedgerigte woorde. Nie vir die eerste of laaste keer die naweek nie, staan ek backstage en dink: wat ‘n fokken eer (en plesier) om hier te wees.

Terwyl Rus Nerwich se Trio (en James Webb se pratende rusbanke – ‘n klankinstallasie) mense tydens die pouse vermaak, plug my band solank in. MC Douglas Petersen is seker goed gatvol vir ons, want die band het geen maniere nie en speel rustig aan sodat hy skaars sy introduction kan inkry. Erns vertel my ‘n oom agter hom het gesê ons was “net ‘n klomp geraas”, wat ‘n kompliment is wat ek enige dag sal vat.

Dan die strook energie genaamd Lebohang Mashile, wat binne oomblikke ou (en eensklaps nuwe) fans uit die gehoor jillend aan haar kant het. Sy’t eenvoudig so manier van praat, van mond om woord plaas, wat jou onmiddellik met haar wil laat trou of iets soortgelyks. Dis asof sy ‘n standbeeld is – nie ‘n statiese een nie, maar ‘n pratende, lewende simbool vir baie, vir hier en nou.

Daar is ook Finuala Dowling met haar fynbesnede woorde wat voel asof hulle lank en sorgvuldig uitgekerf is tot hulle presies gepas het. En die mbongi daar uit die Oos-Kaap, Sincedile Mnogemeni, met sy jong sidekick wat volume en tempo na die program bring – ‘n tipe uitbundigheid van praat wat moeilik meetbaar (en stuitbaar) is. Watervalle, dis wat hulle is.

Een van die hoogtepunte van die naweek was die Saterdagaand se laaste liefdesgedig-sessie op die dek. Terwyl Koos Kombuis en Rocco de Villiers hulle ding in die Amfiteater gedoen het, het ‘n groep digters elk ‘n liefdesgedig voorgelees wat ook voor die tyd in ‘n ander taal of twee vertaal is. Dit het gesorg vir ‘n fassinerende blik op hoe die voorleser die gedig heel anders kan laat klink in ‘n ander taal en intonasie. Ook, wanneer iemand anders se gedig voorgelees word, lees die nuwe leser dit sonder die vested interest van die oorspronklike skrywer, dus kry jy byna elke keer iets nuuts.

So sou ek byvoorbeeld een van Finuala se gedigte in Afrikaans voorlees, Lebohang dan een van myne in Engels, ensovoorts. Hier het Koos Oosthuysen die monde laat oophang met sy Xhosa – die hoogtepunt het gekom toe mbongi Mnogemeni die verhoog ongeskeduleerd opgestap het en eers Mandela, toe Spier en toe vir Koos begin prys het. Koos het running commentary gelewer en als in Engels vertaal en dan weer in Xhosa wanneer die mbongi iets in Engels gesê het.

Toe mbongi Mnogemeni later ook onverwags vir Antjie gryp en optel terwyl die lofsange onverpoos voortstroom, was die aand gewonne en die naweek ‘n sukses soos min dalk gedink het dit kon wees (albei aande was uitverkoop).

Nog net een ding voor ek in my kar klim en na ‘n braai ry: Yvette Christiansë. Aanvanklik moeilik peilbaar en teruggetrokke, maar sodra sy op die verhoog staan en begin voorlees, maak sy jou stil. En nie ‘n skaam woord in sig nie. Soveel krag, soveel beheer, soveel vernuf – ek weet nie of ek al ooit iemand so belééf het nie.

Gaan koop dadelik haar bundel, Castaway; dis ten minste beskikbaar by Clarke’s in Langstraat.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.