Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Groot Kunstefees- en Teaterindaba
Moontlik gemaak deur/Supported by:
Klik hier vir Aardklop se tuisblad
Klik hier vir Sanlam se tuisblad
Klik hier vir die KKNK se tuisblad
Jean Meiring
Jean Meiring
Klik hier vir jou daaglikse Beeld
  • Klassieke Klanke: Chinese tenoor op CD
  • Klik hier vir jou daaglikse Volksblad
  • Mozart 'n Tourette-lyer
  • Skryf vir ons/ Write to us: webvoet@litnet.co.za

    Ten slotte

    En daarmee is LitNet se eerste Kunstefees- en Teaterindaba afgesluit. Enige verdere bydraes is natuurlik erg welkom en sal by die huidige bondel insette gevoeg word. Hierdie is immers nie 'n gesprek wat binne die vier virtuele mure van 'n webwerf kan bly nie. Hopelik sal dit by volgende jaar se kunstefeeste weer aan die gang gesit word. Die hemele weet, dis 'n nodige debat.

    Vir die 21 deelnemers wat dikwels onder moeilike omstandighede - en teen geen vergoeding - hul heel verkwiklike bydraes gepen het, baie dankie. Weer: baie dankie. Die gesigspunte wat gestel is, is verhelderend. Mens mag dalk geensins nader aan 'n oplossing wees nie, maar ek meen tog dat die vernaamste probleme wel skerp omlyn is.

    In wese is dit die oerekonomiese probleem van baie mense wat elk op 'n deeltjie van 'n al skaarser wordende voorraad kommoditeite aanspraak maak. Elke kunstenaar en entertainer wil 'n vol saal trek en sodoende met 'n vol beursie huis toe gaan. Werk in die bedryf buite die kunstefeeskringloop is tot 'n klein groepie blinkgepoetste sepie-sikspense beperk. Vir die meerderheid akteurs en regisseurs is daar andersins weinig kans op oorlewing.

    Opvoeding, visionêre programmering, insigverbredende kunstejoernalistiek en 'n staande toneelgeselskap is maar vier van die oplossings wat in die gang van die gesprek ter tafel gebring is. Die kunstepolitici sal in die jare wat voorlê, 'n nuwe bedeling moet beding. Anders is alles gras.

    In die loop van die organisering vooraf en gedurende die indaba self was daar 'n gevaarlike mate van wanhoop te bespeur. 'n Regisseur wat aanvanklik tentatiewerig onderneem het om deel te neem het ter elfder ure gesê: nee, die hele affêre is vir hom nét te deprimerend. Hoe die kunstegemeenskap op die yl aalmoese wat hulle gegun word, oorleef, weet nugter alleen. Van waar hulle die volgehoue drif en moed vind om met hulle selfontblotende, moeilike werk voort te gaan, is vir baie van ons duister.

    Ek hoop daar het iéts hieruit gekom.

    Dankie ook aan die borge, sonder wie die gesprek nie sou kon plaasvind nie: hoofborg Sanlam; Aardklop; die KKNK; mediavennote Beeld en Volksblad. Ook aan die Dorpstraat Teater Café.

    En aan Erns Grundling, wat 'n reusetaak verrig het en sonder wie se onvermoeide ywer dit nie moontlik was nie.

    Dank ook aan Zani Botes en Etienne van Heerden. En aan Nicky Grieshaber, wat soms onder groot druk moes proeflees.

    Tot sover.

    Jean Meiring



    LitNet: 19 November 2004

    Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe / to the top


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.