Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kunstefeeste en die media: Simbiose, bloedskande en teekoppiestorms

Waldo MŁller

Inleiding
Die verhouding tussen Afrikaanse kunstefeeste en Afrikaanse koerante kan beskryf word as simbioties, bloedskandelik en stormagtig — maar net effens stormagtig; dinge raak nooit heeltemal onstuimig genoeg om die laer uitmekaar te skeur nie.

Afrikaanse kunstefeeste en Afrikaanse koerante abba mekaar, kafoefel met mekaar en piets mekaar. En dit is tog te lekker, want hierdie interaksie bevoordeel albei partye — kaartjieverkope skiet die hoogte in wanneer produksies omstrede raak weens sensasionele koerantberigte; en dagblaaie se sirkulasiesyfers styg danksy kunstefeeste, wat as massasaamtrekke ’n ideale kans bied vir die bemarking van koeranttitels (honderde koerante word gratis weggegee op feeste en oral word T-hemde of pette uitgedeel waarop koerantlogo’s verskyn).

Die meeste Afrikaanse kunstefeeste het tot stand gekom met behulp van ruim borgskappe deur Naspers/Media24. Intieme verbintenisse is aangegaan tussen die onderskeie feeste en Naspers-koerante wat die feeste se regionale teikenmarkte of geografiese fokusareas deel. In die geval van die groter feeste het die mediareus die afgelope jare begin om die feeste toenemend op hul eie bene te laat staan. Maar die intieme familieband bly, al moet die kroos nou hul eie potjie begin krap.

Resensente kla dat die kunstefeeste aan ‘t vervlak is tot iets nader aan bierfeeste of kerkbasaars, terwyl kwaliteitkuns tweede viool moet speel. Tog geniet hulle die voorreg om as joernaliste altyd gratis te kyk na feesvertonings en om dan hul subjektiewe sienings op te dis aan derduisende koerantlesers. Dit is immers goed vir ’n mens se selfbeeld om elke dag jou kritiese artikels gepubliseer te sien, gekerrie met semigesofistikeerde geniepsighede wat dikwels bloot one-upmanship is: Ek is slimmer as Steve Hofmeyr en my skoene is meer cool as syne.

Feesorganiseerders haat dit wanneer koerante feesverwante voorvalle uit verband ruk en opblaas tot stories wat drup van drama en skande. Maar hulle is mal daaroor om te aanskou hoe skares stroom na produksies wat grootliks onbekend was tot hulle roem verwerf het via sensasionele nuusberigte.


Die paneelbespreking
Die Stellenbosse Woordfees het onlangs ’n paneelbespreking aangebied wat feesorganiseerders, kunskenners en joernaliste byeengebring het om die verhouding tussen kunstefeeste en die media te bespreek.

Die paneel se samestelling was ongelukkig nie baie gebalanseerd nie. Daar was vier feesorganiseerders — Maryna Blomerus (UKkasie), Dorothea van Zyl (Woordfees), Doks Briers (Volksblad Kunstefees) en Niel le Roux (van die KKNK, Kalfiefees en Suidoosterfees). Daar was ook ’n teaterkenner, Temple Hauptfleish, maar slegs een joernalis het op die paneel gedien, Liza Albrecht (van Die Burger en Krit). Geen van die ander genooide joernaliste was beskikbaar nie. Genadiglik was daar ’n paar joernaliste in die gehoor wat ook insette gelewer het: Peter van Noord van Insig en Erns Grundling van LitNet.

Van Zyl, die gespreksleier, het die bal aan die rol gesit deur ’n paar koerantskrywers se uitsprake oor Afrikaanse kunstefeeste aan te haal — met verwysings na onder meer “oninspirerende produksies”, “kruipende lamlendigheid”, “fasiele feesvermaak” en “bedroewende musiekstandaarde”, asook die alomteenwoordige dronkes oor wie “wenkbroue lig”. Van Zyl het gevra dat elke feesbaas sy/haar verhouding met die media beskryf. Hieronder volg samevattings van wat gesÍ is.

  • Blomerus
    Ek het geen goeie verhouding met die media nie. Dit het my hare laat rys toe daar aan die begin ’n verskuilde agenda agter UKkasie gesoek is en toe ’n herrie losgebars het omdat die Vryheidsfront ’n stalletjie gehad het. Ons het nog nooit ’n politieke agenda gehad nie en wou net oop wees vir almal. Ek verwag nie die media moet my fees bevorder nie. Ons vra net gebalanseerde berigte, feitelik en binne konteks. Vanjaar het net ’n handjievol mense hulle wangedra by UKkasie. Die ander 10 000 het hulle goed gedra, maar Die Burger se voorblad praat van ’n “dronknes”. Dit is baie onbillik, want ons werk hard om die fees te bou en een berig kan baie skade berokken. Dit is hoe ’n mens borgskappe verloor. Die media moet sy mag besef. Al wat ons vra, is billikheid. ’n Negatiewe brief verskyn, maar as ek daarop reageer en vir die koerant skryf, word my brief nie geplaas nie.

  • Briers
    Ek voel wonderlik oor die media. Die Volksblad Kunstefees kry enorme berigte op Volksblad se voorblad en byna regdeur die koerant. Maar mense moet onthou die fees is nie Volksblad nie. Ek moet pleit vir elke duim reklame. Volksblad is ’n stuk reklamegereedskap. Selfs meer negatiewe nuusberigte help — ons leeskringseminaar had 100 persent gegroei nadat berig is oor die dominee wat geweier het om ’n openingsgebed te doen. Ander mense in die Naspers-stal stel egter nie juis belang om berigte te doen oor die Volksblad-fees nie. Ons grootste probleem tans is om ’n deurbraak te maak na ander media-instellings.

  • Le Roux
    Dit is belangrik om ’n goeie verhouding met die media te hÍ. Die Hermanus Times gee my R15 000. ’n Mens kan bittermin met R15 000 doen, maar dit is ’n gemeenskapskoerant en daarom onmisbaar weens die publisiteit wat dit heeltyd aan die fees gee. Die media maak wel baie keer dinge oorsensasioneel. Maar selfs ’n negatiewe berig oor ’n produksie kan mense trek. Terselfdertyd kan die media negatiewe persepsies afbreek, byvoorbeeld soos toe daar feesproduksies op Hawston aangebied is. Hermanus se rykes wil nie daar ingaan nie, want hulle dink Hawston is vol gangsters en poachers. Maar mediaberigte oor die produksies het meegebring dat baie rykes met hul duur motors vir die eerste keer by Hawston ingery het.

    Hierna het die gespreksleier vir Albrecht aan die woord gestel om namens die media te praat oor koerante se rol ten opsigte van kunstefeeste en joernaliste se probleme met feesdirekteure. Hier volg ’n opsomming van wat sy te sÍ gehad het.

  • Albrecht
    Dit is baie intimiderend om alleen hier te wees. Francois (Smith) en Gawie (Botma) moes ook hier gewees het, want hierdie is ’n belangrike debat. Hier is ook geen verteenwoordigers uit die Engelse media nie. Ons moet oppas vir laer trek. Ons behoort meer divers te wees.

    Wanneer ’n koerant ’n kunstefees borg, ontstaan wanpersepsies oor die verhouding tussen die koerant en die fees. Mense dink die koerant moet die kunste dien deur die kunstenaar te bevorder. Dit is nonsens. ’n Koerant se verantwoordelikheid is teenoor sy lesers, nie teenoor kunstenaars nie. Mense glo ook die Afrikaanse pers moet Afrikaanse feeste bo ander landsfeeste bevorder. Dit is ook nonsens, want dit gaan hier eerstens oor dat dit ’n kunstefees is. ’n Verdere wanpersepsie is die idee dat Afrikaans aan die uitsterf is en dat alle kuns in Afrikaans gevolglik goed is.

    Min feesgangers en selfs feesbestuurslede besef dat dit niť die media se plig is om die fees as besigheidsinisiatief blindelings te ondersteun of positiewe dekking daaraan te gee nie.

    Dit is al byna tien jaar sedert die KKNK tot stand gekom het en daar kleef steeds ’n geur van laertrek aan die fees. Jan-Jan Joubert en Krit se Steve Hofmeyr-resensie is gesien as ’n breŽr aanval op die Afrikanerdom. Dit laat ’n mens besef ons het nog ’n lang pad om te gaan om die debat aan die gang te kry wat lesers en feesbestuurders sal help om die tradisies van kunskritiek en joernalistiek te verstaan.

  • Hauptfleish
    ’n Fees is heel eerste ’n fees. Dit is ’n baie wisselende, veranderende wese, maar sy primÍre ding is dat hy ’n fees is. As mense wil stroom na drinktente en nooit teater toe gaan nie, kan jy hulle nie dwing om iets anders te doen nie.

    Navorsing toon net vier persent van Suid-Afrika se bevolking is ernstige teatergangers. Dit is net hulle op wie jy kan staat maak vir kaartjieverkope. Die res moet jy lok met gewilde stukke. Maar die feeste is anders. Daar kom mense wat nie deel is van die vier persent nie. Hulle is letterlik daar om fees te vier.

    Hierdie feestelikheid het ’n hele nuwe situasie laat ontstaan en die media is nog nie noodwendig toegerus om dit te hanteer nie. Die media moet meer leer oor hierdie feesgangers en hulle sekere dinge toelaat wat hulle dalk nie tans toegelaat word nie.

    Op die ou einde moet jou boeke balanseer. Al beteken dit jou fees gaan deur sommige ’n boerebasaar genoem word. Die kern van alles bly nog jou opvoerings — en dan spesifiek gewilde opvoerings. Grahamstad kry dit al 30 jaar lank reg om die ding te balanseer en Edinburgh doen dit al selfs langer.

  • Briers
    As jy jouself vir ’n kunstefees uitgee, moet jy onthou jy praat van daardie vier persent wat ’n baie spesifieke belangstelling en waardering het. By ons fees het jy 1 400 mense wat opdaag by Theuns Jordaan en 40 by ’n harp-ensemble. Maar dit is baie belangrik dat jou kunstefees voorsiening maak vir daardie ernstiger feesganger. Om hierdie balans te kan hÍ, moet jy egter iewers geld inbring.

    Hierna is insette gelewer uit die gehoor.

  • Franz Marx (TV- en teaterveteraan)
    Ek kry die pers baie jammer in hul taak. Ek stem nie saam dat die pers nie ’n taak het ter bevordering van die kunste nie. Kunstefeeste het soos ’n potpourri geword van verskillende dissiplines. Dit is ’n lekker makietie. Maak ek het ’n probleem met die bewoording. Dit is baie meer ’n popfees of populÍre fees as ’n kunstefees. As ons wil praat van kunstefeeste, moet ons ernstig koppe bymekaar sit. Tans is dit die dood in die pot vir Afrikaanse kunstenaars. Ek het self deelgeneem aan kunstefeeste. As ’n mens dink aan hoeveel geld deur daardie dorpe loop ... Na tien jaar is daar by die KKNK se grootste teater steeds nie ’n spieŽl waarin ’n kunstenaar sy gesig kan sien nie. Dit is misbruik en grůůt misbruik.

  • Van Zyl (gespreksleier)
    Dalk pas die woorde “kuns” en “fees” nie bymekaar nie.

  • Erns Grundling (LitNet)
    Die kern van kunstefeeste moet die kunste bly, ja. Maar die KKNK het ’n kuierfees geword — dit is net stalletjies en kos en ’n drinkery en kuiery. Niemand skryf eens meer oor die drinkery op Oudtshoorn nie; dit is nie meer nuus nie. En vier persent is moerse min mense. Hoekom kan dit nie ses of agt persent word nie?

  • Peter van Noord (Insig)
    Mense sien dikwels gif waar daar nie gif is nie. ’n Paar keer vanaand is gesÍ die media moet dit, nie dit nie ensovoorts. Die media is ’n bedryf wat baie ideale behoort te hÍ en daar is baie mense wat goeie werk doen. Maar die bottom line is — die media is ’n onderneming.

  • Saartjie Botha (teaterpraktisyn)
    Iets wat nooit in die media reflekteer nie, is die groot befondsingsrol wat die KKNK speel — sonder om ooit erkenning te kry. Omtrent 80 persent van nuwe Afrikaanse produksies word deur die KKNK geborg. Dit is dalk die fees wat die meeste kritiek kry, maar op die ou einde is dit ook die fees wat die kunstenaar die meeste dien.


    Gedagtes ter afsluiting
    Ons leef in ’n tydvak waarin sosiale transformasie en rasseversoening nog ver van verwesenlik is in Suid-Afrika. Uit die sowat 60 mense wat die Stellenbosse paneelbespreking oor kunstefeeste en die media bygewoon het, kon die niewittes op een hand getel word. Onder die donkerder aanwesiges was net een jeugdige. Sy hip-hop sweater se hood was oor sy kop getrek, maar dit kon nie die verveeldheid in sy oŽ wegsteek nie. Hy het vroeg gewaai.

    Miskien kan ouens soos hy aanvoel dat die debatte en polemieke wat met Afrikaanse kunstefeeste gepaard gaan, neig in die rigting van kulturele masturbasie, dat dit te maklik ’n kokonagtige ontvlugtingsmeganisme word vir geskiedkundig bevoorregtes.

    Die diskoerse wat gevoer word, is selde ’n viering van hibriditeit of interrassigheid. Te veel mense keer na binne, pleks van om hul horisonne te verbreed. Die kwessies wat so druk op Afrikaanse kunstefeeste en in die Afrikaanse media bespreek word, veroorsaak meestal nie eens die geringste trilling op die Richterskaal van die land se groter, swarter werklikheid nie.

    Augustus 2003

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.