Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Henk van Woerden op besoek in Suid-Afrika

Die bekende Nederlandse skrywer Henk van Woerden is binnekort weer op besoek in Suid-Afrika. Alhoewel hy nie “beplan het om Maart in die land te wees nie”, kon van Woerden nie die versoeking weerstaan om ja te sê vir die uitnodiging om tydens die Woordfees van 3–9 Maart in Stellenbosch op te tree nie.

Dié Nederlandse skrywer se liefde vir Suid-Afrika is ook duidelik in sy boeke te lees. Van Woerden was die eerste buitelandse skrywer wat vir sy boek Een mond vol glas die Sunday Times Fiction/Alan Paton-toekenning ontvang het. Hierdie boek handel oor Demitrios Tsafendas, die moordenaar van die eertydse eerste minister Hendrik Verwoerd.

Van Woerden se vorige werke Moenie kyk nie (1993) en Tikoes (1996) speel ook in Suid-Afrika af.

Henk van Woerden is by die Woordfees te sien in die vurige debat “Het ons nog iets nuuts om te sê?” (7 Maart). In dié debat, wat moontlik gemaak is deur Insig, word die vraag gevra of die hedendaagse skrywer se beheptheid met die verlede wys dat daar niks nuwe onderwerpe is om oor te skryf nie en of dit dalk ’n nodige fase is waardeur Suid-Afrikaanse skrywers gaan.

In “Soete Groete”, moontlik gemaak deur die Nederlandse Konsulaat, wat op 6 Maart in die Bergkelder plaasvind, ontmoet Nederlandse skrywers en Afrikaanse skrywers mekaar in vers en klank. Dié program bestaan uit voorlesings deur Daniel Hugo, Marius Titus, Marzanne le Roux van der Boon en die skrywers van die Laaglande: Henk van Woerden, Tom Lanoye, Jef Versmissen en Luc van Steenbergen. Die bekende musiekgroep Vlam tree ook op, en die kaartjie sluit ’n ete in.

Korreltjie niks is my dood is Van Woerden se gewilde dokumentêr wat handel oor die digter Ingrid Jonker. Jonker, wat as ’n ikon beskou word in die Suid-Afrikaanse letterkunde, se digterskap, lewe en tragiese dood word in dié film verbeeld. Van Woerden gaan gesels oor die maak van hierdie dokumentêr.

Die Woordfees bied verskillende programme met skrywers, drama- en musiekproduksies, asook kunsuitstallings. Belangstellendes kan die volledige program bekom deur die Woordfees-kantoor te skakel by (021) 8082901, of e-pos te stuur na fees@sun.ac.za. Die webwerf www.sun.ac.za/woordfees kan ook besoek word.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.