Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kom gee jou oor by Woordfees 2005

Persverklaring

Daar is gróót planne in die pyplyn vir Woordfees 2005 wat van 7 - 13 Maart deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied word. Die nuwe plakkaat en slagspreuk getuig ook van dié fees vol legendariese hoogtepunte.

Klik op plakkaat vir vergroting!
Klik op plakkaat vir vergroting!Tyrone Appollis, bekende skrywer en skilder, het die plakkaat vir volgende jaar se fees ontwerp rondom Linda Vos se wenslagspreuk: Gee jou oor. Dit is ook heeltemal gepas dat Appollis die opdragkunstenaar van Woordfees 2005 is, aangesien hy reeds in die tagtigerjare 'n belangrike bydrae tot die kunste gelewer het. Die hooftema van Woordfees 2005 is die Tagtigers en die onmisbare rol wat kunstenaars op alle gebiede gespeel het, word in verskeie programme vereer.

In die week van 7 tot 13 Maart kan feesgangers hulle behoorlik oorgee aan 'n opwindende feesprogram. Tydens die gala-skrywersgeleentheid kan sommige van die Afrikaanse Tagtiger-skrywers soos André Letoit (Koos Kombuis), Etienne van Heerden, Joan Hambidge, Jeanette Ferreira en Peter Snyders in 'n multimedia-produksie deur Juanita Swanepoel gesien word.

In vuurwarm diskoerse kom belangrike dinge op die voorgrond, soos die rol wat die koerante, die sogenaamde little magazines en die Vrye Weekblad gespeel het in die tagtigerjare. Groot kanonne soos Max du Preez, Dan Roodt, George Claassen, Ampie Coetzee en nog vele ander kom sê hulle sê.

Na jare se stilte het Reza de Wet weer in Afrikaans geskryf en kan Verleiding vir die eerste keer by die Woordfees gesien word. Hierdie opdragwerk word in samewerking met die KKNK aangebied, en handel oor Eugène Marais. Verder is daar die pryswennerstuk deur Adriaan Meyer, Prinsloo Versus, wat fokus op die groot Tagtiger: Koos Prinsloo. Feesgangers kan hulle ook regmaak vir ander dramas uit die boonste rakke soos Pous Johanna II - waarin die formidabele Jana Cilliers te sien is, asook die skreeusnaakse Francois Toerien Show.

Liedjieboer Anton Goosen en Jennifer Ferguson wat beide al diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap het, sorg vir 'n unieke musiekkombinasie soos nog nooit voorheen gehoor is nie. Verder is daar van die groot Huisgenoot-vertoning met kunstenaars soos Valiant Swart en Koos Kombuis, die Paartie innie Park met onder andere Gian Groen, Piet Botha, Anton Goosen Jan Blohm en Klopjag tot die Anglo Gold Koor wat saam met Jannie Moolman en Rina Hugo optree. Om aan te sluit by die Tagtigerstema toe die kabaret haar opbloei in Suid-Afrika beleef het, is Elzabé Zietsman ook by die fees met Twee van die beste - gebaseer op die werke van Hennie Aucamp en David Kramer.

Die volledige feesprogram sal binnekort op die Woordfees-webtuiste beskikbaar wees. Vir verdere inligting, skakel 021 808 3513 of stuur 'n e-pos na fees@sun.ac.za.



LitNet: 7 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.