Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie omvangryke stuk werk is aan LitNet gebied deur Danie Botha na aanleiding van ’n navraag deur ’n leser. Dit is ’n gedeelte van ’n boek oor die teater waarmee hy besig is. Kopiereg berus by Danie en word dus asseblief streng voorbehou, al is die werk nog in wording. Indien na hierdie artikel verwys word in akademiese artikels, kan die volgende verwysing in die bronnelys geplaas word:
Botha, Danie. 2000. LitNet. http://www.mweb.co.za/litnet/teater/wena.asp

Wena Naud

Danie Botha

Wena Naud, Hendrik en Mathilde Hanekom, Andr Huguenet en ander persoonlikhede in hierdie boek het dt gemeen: dat hulle die eerste Afrikaanse beroepstoneelspelers was.

Waar, wanneer en deur wie is die Afrikaanse beroepstoneel in die lewe geroep?

Sou dit by ’n klompie Maties begin het?

Prof. L. Binge vertel dat studente van die Universiteit van Stellenbosch in 1920 met Die Hoop van Suid-Afrika en Die Vrou van Suid-Afrika van C.J. Langenhoven na 24 dorpe gereis en dit 42 keer opgevoer het. Timo Kriel, onderwyser op Stellenbosch, was die spelleier. B.B. Weitsz, lid van die groep, het beweer dat hulle op ’n suiwer professionele basis gespeel en gereis het. Die totale opbrengs van die toer was 1 750 pond; die onkoste: sowat 1 200 pond. Op pad was elke lid van die geselskap verantwoordelik vir sy etes en dies meer. Na afloop van die reis is aan elke speler 45 pond oorhandig — “’n geringe vergoeding vir die ontberings en harde werk van twee maande”.

Hendrik Hanekom gee in Die Huisgenoot van 30 Maart 1945 ’n oorsig oor twintig jaar van Afrikaanse beroepstoneel. Hy weerl sekere uitsprake van Andr Huguenet in Die Huisgenoot van 26 Januarie 1945. Hy beskryf aanvanklik sy en sy vrou, Mathilde, se jare as amateurs sedert 1912. Nadat hulle die sukses van die Engelse beroepstoneel gesien het — bv. Marjorie Clifton se Little Bit of Fluff, Twin Beds en Woman to Woman -, vertrek hulle in Augustus 1925 vanaf Lydenburg na Pretoria “om ’n beroepsgeselskap op die been te bring”.

In Pretoria tref hulle Paul de Groot aan, ondersteun deur Danie Smal en mev. A. E. Carinus-Holtzhausen. Hanekom beklemtoon die De Groot geselskap se amateurstatus:

    Die opbrengs van die opvoerings, na aftrek van koste, sou aangewend word as traktement vir De Groot.

Die daaropvolgende De Groot opvoerings van Huis-toe en Oorskotjie beskou hy as amateurwerk. Eers in Januarie 1926, nadat ondersteuning van African Theatres verkry is deur Danie Smal se toedoen, kon De Groot “met sy eerste Afrikaanse beroepsgeselskap op reis gaan”.

Hy glo dat hy De Groot ses maande voor was met die stigting van ’n beroepsgeselskap.

    Buitendien kan De Groot se geselskap nie as ’n beroepsgeselskap bestempel word nie, omdat sy spelers almal alleen liefhebbers was en nie een van hulle daaraan gedink het om hul werk prys te gee om beroepspelers te word nie ... Fanie Eloff, die beeldhoukunstenaar is terug na Frankryk; dr. Anna Aucamp is terug na haar kollege; Danie Smal het sy eie voordragreise hervat; en Stephanie Faure is aan die Pretoriase Normaalkollege aangestel. Wat artistieke versorging en prestasie betref, wil ek my opvoerings beslis nie met di van De Groot vergelyk nie. Hy het toe reeds baie jare ervaring gehad benewens opleiding aan ’n toneelskool oorsee, terwyl ek slegs ingebore kennis en liefde vir die toneel aan my kant gehad het. Hulle het tydelik hul beroepe op die agtergrond geskuif en hul kosbare tyd aan die Afrikaanse toneel gewy. Daarvoor behoort ons land hulle altyd dankbaar te bly.

In Pretoria het Hanekom

    op beskeie wyse en op eie houtjie stilweg begin organiseer. Dit was nie moeilik om ’n geselskap bymekaar te kry nie. Die groep het bestaan uit Hendrik en Mathilde Hanekom, Jan van der Walt, Ernst Killian, Simon Malherbe, Daisy Basson, Marie van Niekerk en Hester du Plessis, met P.F. Erasmus, as “advance agent” ... Ons het dadelik begin met die instudering van twee stukke wat ek self aanmekaar gesit het: Oom Gawerjal se dogters en die stemregkoors, ‘n klug, en ’n drama in drie bedrywe, Liefde en geldsug. Op Woensdag 16 September 1925 is alles gereed vir die groot avontuur. Met ’n hele spoorwegwa tot ons beskikking vertrek ons laggend en vol geedsrif van Pretoria af. Daardie aand hou ons ’n eerste opvoering van Oom Gawerjal in die Mynsaal op Premiermyn.

    In November 1925, nadat ons reeds heelwat ondervinding agter die rug gehad het, voer ons op ’n aand Oom Gawerjal in die Spoorweg-instituut op Volksrust op. Paul de Groot het in die gehoor gesit. Met die pouse ontvang ek ’n briefie van hom waarin hy vra om my na afloop van die stuk te spreek. Ek onthou nog goed sy eerste woorde: “Ik heb me gek gelag ... ’n egte volkstuk. As dit in Nederlands was, sou dit in Nederland seker ’n duisend opvoerings beleef het.” ... Daardie aand het ons tot kleinvannag oor die toekoms van die Afrikaanse beroepstoneel gesels. De Groot was toe op Volksrust besig met die afrigting van ’n klompie amateurspelers vir ’n Engelse toneelstuk voordat hy in Januarie 1926 sy eerste toneelreis deur Suid-Afrika sou aanvaar. Intussen was hy besig om ’n geselskap beroepspelers saam te stel.

    Chronologies kom die Hanekoms dus die groot eer toe dat hulle die eerste leiers van ’n Afrikaanse beroepsgeselskap was. Maar Paul de Groot met sy uitgebreide kennis en ryper ervaring het sekerlik die beroepstoneel vir ons gevestig en deel die eer as “medestigter”.

Hiermee stem Wena Naud nie saam nie. In ’n artikel in Die Huisgenoot van 17 Augustus 1945 probeer sy aansprake deur Hendrik Hanekom weerl en beroep haar op Andr Huguenet. Haar eie betrokkenheid help haar ook met die feite.

Sy noem eers persone wat ’n gunstige klimaat help skep het en in ’n sekere sin as stigters beskou kan word: mev. A.E. Carinus-Holtzhausen met haar vertalings en verwerkings van toneelstukke, Stephanie Faure as toneeldosent, regisseuse en speler, Danie Smal (“die eerste persoon in ons land ... wat voltyds sy aandag aan die Afrikaanse toneel bestee het”) en Fanie Eloff (“die bekende beeldhouer ... wat ook stil en onselfsugtig belangrike werk gedoen het”). Dan wil sy graag by Paul de Groot stilstaan:

    (Paul de Groot se) bydrae tot die Afrikaanse beroepstoneel word nie altyd heeltemal reg voorgestel nie. Om di rede wil ek graag kortliks ’n paar gebeurtenisse en datums noem. Voordat ek dit doen, verwys ek eers na ’n paar uittreksels uit ’n program van mnr. Hanekom en na ’n artikel wat hy in Die Huisgenoot van 30 Maart 1945 gepubliseer het. “Terwyl die Hanekoms nog op reis was met Oom Gawerjal het Paul de Groot na Suid-Afrika gekom, en etlike dorpe besoek op ’n voordragreis. Ondertussen het hy ook een van die Hanekoms se opvoerings bygewoon, en die moontlikheid van die toneel in Suid-Afrika het hom dadelik opgeval.” Verder in dieselfde program: “ ... reeds in Mei 1925 het Hanekom sy veilige betrekking as stadsklerk neergel vir die wisselvallige loopbaan van die Afrikaanse beroepstoneelspeler ... “

[Di twee aanhalings kom uit ’n programaantekening of artikel deur F. van Rooyen, NALN toneelmuseumversameling, met woordelikse ooreenkomste in Hanekom se Die Huisgenoot artikel.]

Het mnr. Hanekom dan nie sy betrekking in Augustus 1925 neergel nie? In Mei dieselfde jaar was hy dus nog stadsklerk op Lydenburg. In ’n artikel in Die Huisgenoot van Maart 1945 weerspreek mnr. Hanekom self hierdie deel van sy program:

    Ons het huis en haard vaarwel ges en met ons dogtertjie, Tilana, wat toe drie jaar oud was, in Augustus 1925 vertrek om ’n beroepsgeselskap op die been te bring.

En verder in dieselfde artikel:

    Nadat De Groot sy voordragreise in Kaapland gestaak het, in Junie 1925, het mnr. Schoeler hom aangeraai om na Pretoria te gaan. Hier is hy na mev. Carinus-Holtzhausen verwys ...

Die regte datums sal die volgende wees: Paul de Groot het reeds, soos deur Andr Huguenet in Die Huisgenoot van 26 Januarie 1945 uiteengesit, teen die einde van 1924 op die Skiereiland onder die beskerming van die Kaaplandse superintendent-generaal van onderwys op etlike plekke opgetree. Op Vrydag 20 Maart 1925 ontmoet hy Stephanie Faure in Pretoria. Onmiddellik daarna volg ’n reeks voordragkonserte in Pretoria en op die Rand. Dan, op 2 Mei 1925, bring hulle hul eerste groot opvoering, Die Heks van Leipoldt, in die Operagebou, Pretoria, op die planke. Oor hierdie datums en besonderhede bestaan daar geen twyfel nie. Die opvoering van Die Heks onder die regie van De Groot is voorafgegaan deur Fagan se Lenie, wat deur Stephanie Faure afgerig is. Medewerkers aan hierdie opvoering was Fanie Eloff, wat met die dkor behulpsaam was, en wyle mnr. A. van Schaik, wat toe en dikwels daarna gehelp het met die dkor en veral met die grimering van die spelers. Die rolverdeling was soos volg: Kardinaal, Paul de Groot; Elsa, Stephanie Faure; Janetta, Greta de Vos; Placido, Herman Steytler; Eugenio, Henri Celliers; Paasje, Elsa Niemeyer. Met die sukses van hierdie opvoering en die bewondering wat dit afgedwing het, is die Afrikaanse beroepstoneel gebore. Die opbrengs van hierdie opvoering was ten bate van die spelers self. [In die ongedateerde getikte weergawe by die Toneelmuseum van NALN is die laaste sin onderstreep met ’n handgeskrewe aantekening daarby: Kan ek nie bewys nie.]

Oor die span wat die eerste reise onderneem het, kan daar ook nie getwyfel word nie. Hier volg die toerplan van Die Heks: 4 Junie 1925 in Johannesburg (Duitse skoolsaal); 5 Junie 1925 op Standerton; 6 Junie op Volksrust; 10 Junie 1925 die tweede keer in Pretoria.

Ek kan gerus herhaal dat hierdie opvoering die eerste van sy soort en gehalte was. Dit was die eerste stuk waarmee getoer is, en dit was die eerste stuk waarin professionele spelers teen vergoeding opgetree het. Mnr. Hanekom s verder in die artikel wat ek genoem het:

    Die bedoeling was om ’n amateurspan aan die gang te hou wat deur De Groot afgerig sou word ...

Dit is onjuis. Hierdie spelers het ongetwyfeld vergoeding ontvang, en die stuk is ten behoewe van die geselskap opgevoer. Fanie Eloff het egter sy vergoeding geweier. Toe het Danie Smal op die toneel verskyn. Saam met Fanie Eloff, in oorleg met wyle mev. Carinus-Holtzhausen en met die medewerking van Stephanie Faure, is daar besluit om Huis-toe op te voer, weer ten behoewe van die spelers self. Hierdie stuk is die eerste keer in die ou Stadshuis in Pretoria op 9 Julie 1925 opgevoer. Dit was so ’n sukses dat ’n tweede opvoering onmiddellik gerel is. Dit het op 11 Julie plaasgevind. Ook is dit hierdie stuk wat die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse toneel ’n volle week lank op een plek opgevoer is, en wel vanaf 14 tot 19 September 1925 in die Standard Teater in Johannesburg. Op 26 September 1925 is Huis-toe ook in die Stadshuis op die planke gebring. Die derde stuk wat hierdie geselskap aangepak het, was Oorskotjie, wat die eerste maal op 7 September 1925 op Premiermyn opgevoer is en op 10 September in die Operagebou, Pretoria. Aan hierdie stuk is sedert 7 Augustus van dieselfde jaar geoefen. Ek wil graag met nadruk daarop wys dat hierdie opvoering van die geselskap hul derde onderneming was, en eers ’n week later, naamlik op 16 September, het mnr. Hanekom sy eerste stuk op Premiermyn opgevoer.

Hierdie datums stel na my mening vas wie die eerste professionele toerspan was en dus ook wie die stigters van die Afrikaanse beroepstoneel was.

WENA NAUD — “Die meisie wat die appel geet het”

Wena Naud se verhaal word hier hoofsaaklik deur haar self vertel — in ruimskootse aanhalings uit die outobiografiese artikelreeks van 1973 in Die Brandwag.

WENA DIE PLAASDOGTERTJIE

Oor haar kinderdae laat sy haar suster Hester vertel (2 Maart 1973):

    Sy’t altyd toneelgespeel, ek onthou nog goed, ag, sy was nog nie eers in die skool nie, toe neul sy eendag oor ’n kissie. My ma s toe naderhand maak tog maar vir die kind ’n kers- of seepkissie leeg dat sy kan end kry. Sy was ’n laatlammetjie, en ons het haar maar altyd haar sin gegee. Sy’s daar weg met haar kissie. Ma raak toe naderhand onrustig en vra my om te gaan kyk wat Wien aanvang. Ek kry haar by die watervoor onder die bome waar die Makateeskinders by hulle pappot sit. Plegtig bo-op die kissie — met ’n vinger wat na die wolke wys — “preek” sy vir die kinders. “Hy sit daar — die Grootbaas ... Hy kyk vr, Hy kyk baie, Hy sien alles, Hy sien die ounooi se vet wat julle steel, Hy sien tot in julle se pense.” Foeitog, het ons gedink. Sy sal seker maar eendag sendingwerk doen ...

Wena is as een van ses kinders op 31 Desember 1905 op ’n plaas in die distrik Volksrust gebore, waar haar vader ’n skaapboer was.

Reeds toe reeds trek sy aandag met voordrag. By die jaarlikse voordragwedstryd tydens die Geloftefees is sy selfs gevra om nie deel te neem nie sodat die ander ook ’n kans kan kry.

Haar eerste toneelrol in Die omslagtige Lenie van C.J. Langenhoven het haar gewalg. Volgens haar was die opvoering “ten behoewe van die een of ander kultuurbesigheid, of dit kon selfs ’n politieke party gewees het”.

Kort na st. 8 het haar ouers haar laat terugkom plaas toe. Sy wou graag verder leer, maar het tog gou heeltemal tevrede geraak op die plaas met haar perde, hanslammers en krels uit die dorp. Dit was juis hulle wat haar kom haal het om te luister toe prof. Lauwerijs uit Nederland op Volksrust kom voordra het.

Daar het sy besef wat gedoen kan word. Sy het haar klavier, beeste en hanslammers verkoop en is teen die wil en wense van haar hele familie na Pretoria waar sy in ’n fietswinkel gewerk het en voordraglesse by Stephanie Faure geneem het.

STUDENT VAN STEPHANIE FAURE

Wena vertel verder in Die Brandwag van 2 Maart 1973:

    In Stephanie Faure se dagboek is aangeteken: “Wena Naud begin lesse 13 Oktober 1924.”

    Daar word gewerk. Soggens vroeg, voor Pretoria ordentlik wakker was, het ek in die Prinsespark gaan asemhaal en brom. Ek was as ‘t ware terug by suster Hester se Makatesies-storie, met die baie mannetjies wat aangee en aangee om my. Dis ’n midderif-asemhaling — dis ’n ribbespier-asemhaling: stadig inasem ... stadig uitasem. Asem vashou; dis spraakorgane van artikulasie ... Dis resonansieoefeninge: brom ’n reeks m’s — m m m m m — tot jy die trilling in die resonansieholtes kan waarneem ... in die keelholte, onder die ken, tussen die o. Brom tot jy ’n kielie-sensasie op die lippe voel, dan weet jy dat die stem na vore geplaas is.

    Ek het een oggend nog so lustig gebrom toe ’n klein dogtertjie vir so al wat sy werd is na haar ma toe hardloop met ’n “Mamma, daar’s ’n mal tannie in die park.”

    Maar ek was pligsgetrou. Ek het gebrom en asemgehaal net waar en wanneer ek kon. Toe ek eenkeer by broer Ben-hulle gekuier het, kom hy die mre van die kraal af huis toe met: “Wat ’n lieflike stil oggend! ’n Mens kan buurman Koos se roomafskeier duidelik hier hoor dreun!”

OOR PAUL DE GROOT

Op Dinsdag 28 Oktober 1924 kom ’n “toneelspeler, voordraer en sanger uit Holland” in Kaapstad aan, iemand wat ’n groot invloed op Wena en talle ander spelers sou h — Paul de Groot.

In ’n onderhoud tydens haar studiereis na Nederland in 1933 vertel Wena oor sy aankoms:

    Een jaar of acht geleden stapte in Kaapstad een jong Nederlandsch acteur aan wal en omdat hij groote plannen had, stapte hij af in het grootste Kaapstadsche hotel, al zat er behalve een dikke aanbevelingsbrief niet zooveel in zijn portefeuille ... Hij hoorde niet veel anders dan Engelsch spreken; de schrik sloeg hem om het hart, hij informeerde hoeveel een passage Kaapstad-Batavia kostte. Maar de passage was hoog; te hoog. En zoodoende kreeg Zuid-Afrika een Afrikaansch tooneel ...

    Want toen Paul de Groot mismoedig zijn weg naar het hotel terugvind, klonk hem op een straathoek een zeer hartig Afrikaansche vloek in de ooren, en hij kreeg hoop. Waar rook is, daar is vuur. Waar een Afrikaansche vloek is, daar is een Afrikaansche taal, en waar een taal is, daar moet een theater zijn.

    En nu, acht jaar later, is het eerste wat de Zuid-Afrikaansche actrice en tooneelleidster Wena Naud ons vertelt over de Afrikaansche tooneeltoestanden:

    “Paul de Groot is onze tooneelvader. Hij heeft ons Afrikaansch tooneel gemaakt. Het is jong, maar er zijn thans vier troepen: die van De Groot, het gezelschap Plaat Stultjes, het gezelschap Huguenet en onze troep, het Oorskotjee-gezelschap.”

Volgens L.W.B. Binge (Ontwikkeling van die Afrikaanse Toneel (1832-1950), bl. 82) is Paul de Groot op 11 Januarie 1878 in Soerabaja in die destydse Nederlands-Oos-Indi gebore.

Van sy ouers en sy jong jare is niks met sekerheid bekend nie. Wel het hy self vertel dat sy vader ’n Nederlandse offisier in die Ooste en sy moeder ’n Franse dame was.

Lydia Lindeque vertel in haar outobiografie Trek op die skerm ook dat Paul altyd baie vaag was omtrent sy familie.

    Al wat hy ons vertel het, was dat hy in Soerabaja gebore is, dat sy pa ’n militr was en sy ma ’n Franse sangeres. En die aand toe hy die eerste lewenslig aanskou het, was diewe besig om sy pa se brandkas met ’n boorlamp oop te blaas. Verder kon ons nooit uitvind of hy nog broers, susters, niggies of neefs het nie. Arme Paul, ons het hom dikwels jammer gekry dat hy so alleen op die wreld is.

Binge (bl. 40 e.v.) skryf dat Paul de Groot van 1906-1907 die toneelskool in Amsterdam bygewoon het,

    dit wil s op vry gevorderde leeftyd. Dat hy uitnemende werk aan die toneelskool gedoen het, is seker. In 1907 verwerf hy die einddiploma en so word hy een van ’n karige 80 uit 452 leerlinge wat in vyftig jaar hierdie diploma kon behaal. Hy beskou hierdie opleidingstyd reeds as deel van sy loopbaan en noem dan as eerste rolle Romeo in Romeo en Julia en Prinz Karl Heinz in Oud-Heidelberg van Mayer-Forster. Die opvoerings was bes moontlik gedurende die somer van 1906 in Antwerpen of selfs op die Vlaamse platteland.

    In die somer van 1907 neem hy deel aan die geskiedkundige “Zomerspelen” van Royaards en Verkade. Hierdie twee oudspelers van “Het Nederlandsch Tooneel” het met die opvoer van Middeleeuse stukke die besef van ’n eie toneelverlede aangewakker. Amateurs is gebruik en dit is sober en ontdaan van alle realisme opgevoer. Hulle het ook op reis gegaan met die opvoerings. Royaards was ’n voorstander van die wydse gebaar, die monumentale inkleding, die welluidende woord. Verkade was weer ’n teenstander van die naturaliste. Hy wil nie “een angstvallige nabootsing der engere werkelijkheid, van het bijkomstige en bijzondere” doen nie. Hy wil dat voor die toeskouer se geestesoog “iets van het algemeen menschelijke ... verschijnen”.

Vir hulle vertolk Paul de Groot dan die Ridder in Het abelspel van Lanseloet van Denemarken, ’n beskeie rol.

In 1908 onderneem Paul ’n reis na Nederlands-Oos-Indi as lid van nog ’n vernuwer van die Nederlandse toneel, L.H. Chrispijn se geselskap. Hy vertolk onder meer Crofts in Mev. Warren’s Bedrijf (Shaw) en dr. Bank in Poppenhuis van Ibsen. Die standaarde het egter agteruit gegaan en eindelik was die vertolkings nader aan kabaret as toneel. Paul onttrek hom en sluit vir die seisoen 1909-1910 by Verkade se “De Hagespelers” aan.

By hierdie groep kry hy baie ervaring om te toer — met ’n klein geselskap (18 lede) en maklik vervoerbare toneelstel. Hy tree in sowat ’n halfdosyn rolle op, almal ondergeskikte rolle, bv. ’n lakei in Een huwelijk onder Lodewijk XV (Alex. Dumas). Hy begin belangriker rolle vertolk nadat hy as Mercutio in Koopman van Veneti bendruk het. Hy deel in die atmosfeer van die Engelse “drawing room” en die Franse “salon”.

In 1914, tydens ’n opbloei van die Nederlandse toneel, vertolk hy die Koning (Claudius of die Spelerkoning? Binge is nie seker nie) in Hamlet, en dr. Brock in Hedda Gabler (Ibsen). Ook speel hy in Haar thuis (Sdermann).

Spanninge ontstaan; Paul begin weer kleiner rolle kry. Na ’n rondreis van die groep deur Nederlands-Oos-Indi, bly De Groot daar agter.

Dan volg jare van omswerwinge wat volgens Binge eenvoudig nie te kontroleer is nie. Eers in die Verre-Ooste, dan oor land deur Rusland na Nederland, en daarna deur Suid- en Noord-Amerika. De Groot self het vertel dat hy met voordragte en kabaretnommers opgetree het, veral Franse liedjies onder die skuilnaam Paul Duprez.

Hy verteenwoordig Max van Gelder as impressario vir internasionale sterre. Die kontakte wat hy sodoende opbou, lei tot Paul se filmoptredes: in Alexandra vir die Duitse Ufa maatskappy in Berlyn, en in The Fatal Letter saam met Norma Talmadge en Harry Lockwood in Hollywood.

    N teaterseisoene in Nederland (1922-23) vertrek hy op sy soveelste reis na Nederlands-Oos-Indi op 21 Augustus 1923. Hy is lid van Anton Verheyen se geselskap. Dit was ’n dwase besluit. Hulle het nie ag geslaan op die herhaaldelike waarskuwings uit die Ooste dat daar ’n ooraanbod van toneelgroepe is nie, ook teenstand — almal is nie voortreflik nie en almal dien ook nie werklik die kuns nie.

Na oorlegpleging met African Theatres in Londen kom Paul de Groot na Suid-Afrika om moontlikhede hier te ondersoek.

Wanneer hy in 1924 hier aanland, is daar ’n lewendige toneelverenigingslewe dwarsdeur die land. Prof. E. Lauwerijs van Antwerpen het juis op ’n derde voordragreis deur Transvaal gegaan. Ook Stephanie Faure, ’n leerling van hom, neem deel aan voordragprogramme, asook Danie Smal, pas terug uit Belgi.

Eers gee De Groot voordragte in Kaapstad. Een van die toneelanekdotes wat David Lombard in die bylae tot Die Transvaler van Saterdag 16 Augustus 1975 vertel, handel oor een van sy aanbiedings:

    Die ou Kaapstadse Koffiehuis was ook vir Paul de Groot ’n plek van besondere betekenis. Net n sy aankoms in die Kaap sou hy een van sy voordragaande hier hou.

    Hy het sy program noukeurig saamgestel uit gewaagde Franse liedjies en gedigte. Maar toe die gordyn opgaan, het hy net ’n see van wit beffies voor hom gesien — daar was ’n groot sinodesitting in die Kaap aan en almal is genooi na die “Hollandse Avond” saam met Paul de Groot. Paul moes dadelik sy program wysig en het toe onskuldige Hollandse liedjies en ballades gesing en verse en gedigte in Vlaams en Nederlands voorgedra. Paul het erken dat hy nie ’n groot indruk op die gehoor gemaak het nie.

In dieselfde Koffiehuis — s word vertel — het Paul ’n tafeljuffrou vir “twee spiegel eieren” (kalfsoogeiers) gevra. Paul is toe later twee eiers op ’n spiel voorgesit.

Volgens De Volkstem van 3 April 1925 maak Paul op 2 April 1925 in Pretoria

    zijn eerste verschijning voor ‘t Hoofstedelike publiek in de stampvolle grote zaal van de Nationale Klub . . . Ondanks de zware regenbui, die enigzins storend werkte op ‘t gehoor van de aanwezigen, drong de heldere stem van die voordrager tot in de verste hoeken van de zaal door.

Hy dra Vondel(Gijsbrecht van Aemstel), Huygens, Staring voor. ’n Van Alphen gedig, “Jantje zag eens pruimen hangen” stel hy komies voor in die styl van Royaards en ander.

Hy leer Afrikaans by Stephanie Faure, toe lektrise in Afrikaanse en Engelse Elokusie aan die Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria.

Hoe het hy gepraat? ’n Burger korrespondent uit Kenhardt berig in 1926:

    De Groot en Siegfried Mynhardt se uitspraak van die I-klank het baie mense verstom. Dit, minder, skilder, ens. word diet, miender, skielder, ens. uitgespreek.

Binge (bl. 114) beskryf Paul de Groot se eerste optrede in Afrikaans soos volg:

    Saterdagaand, 2 Mei 1925 in Pretoria se Operagebou — ’n juweel van ’n skouburg in Italiaanse trant ontwerp. Vir ou Pretoriane vol historiese herinneringe — onder meer aan die woelige Krugerdagviering van 10 Oktober 1914 wat die regstreekse aanleiding was tot die Rebellie in die Eerste Wreldoorlog. Daar is ’n buitengewoon groot opkoms. Die aand begin met Lenie van H.A. Fagan, die rolle almal vertolk deur amateurs, mense van wie ons nie weer hoor nie.

    Daarna Die Heks, met die volgende rolbesetting: Kardinaal Paul de Groot (meesterlik, veral die ontvangs van die pakkie van die heks en die tweegesprek met sy dogter); Elsa die heks Stephanie Faure (sy wat nie in skitterende klere kon verskyn nie, het dadelik die publiek in ho mate geboei . . . haar mooie duidelike stem (het) tot in die verste uithoeke deurgedring); Jeanetta Marguerite de Vos; kardinaalsekretaris Herman Steytler; lyfarts Henri Cilliers en paasje Elsa Niemeyer.

En op bl. 116:

    Hierna reis Paul haastig na Volksrust, waar hy W.J. Pienaar help om di se Bybel-drama Saul op te voer met die “Eerste Afrikaanse Beroepstoneelgeselskap”. Paul knap die stuk vir hulle op vir opvoering in Johannesburg en Pretoria.

WENA EN DIE HEKS

Wena woon ’n opvoering van Die Heks by. Haar teensin in toneel word daardeur weggevee, vertel sy in Die Brandwag.

In 1926, n haar sukses met Oorskotjie, speel sy self in Die Heks teenoor Paul de Groot. Dr. F.E.J. Malherbe van die Universiteit van Stellenbosch skryf in Die Burger oor die opvoering op Donderdagaand 18 Februarie 1926 in die stampvol Bioskoopsaal in die Paarl.

Volgens hom het Paul de Groot as die Kardinaal ’n onvergeetlike indruk gelaat.

    Met fel-bedwonge ritmiek was sy uitbeelding een en al diep-tragiese ontroering. Sterk en kragtig in sy bevele en offisile optrede, was hy die deur die noodlot geslagene om die ironie van sy bestemming as “Hamer van die Hekse”. Miskien sou ’n paar ekstra sorglyne op sy welgevulde gelaat duideliker die folterende sielstroebelering van die man aangee, wat anders so diep-menslik en magtig-skoon deur De Groot voorgestel word.

    ’n Pragtige beliggaming van die deur folterende lyding wreed-verdwaasde en tot op die grense van histerie gemartelde vrou, was mej. Iris Martin. Sy was groot as Elsa, eenmaal die hoog-vereerde en nou die diep-verdoemde, wagtende op die vuurdood wat in naam van die Heilige Maria haar, die deur liefde vervoerde en deur liefde verlate vrou van smarte, toebeskik is. Sonder die minste hulp van toneel-illusie was sy diep-menslik waar in haar ylende droom-komedie — een stuk louter sielsvibrering, kil-opreg in haar navrante liefdesafwysing waar sy die soet van vergange dae alleen nog kan herdink as vreugde wat doodgebore is!

    En naas haar in ’n veels te kleine rol die liewe, maar sterk gepassioneerde natuurkind, ons skattige Oorskotjie van vroer, maar nou die swaar gekettingde heksedogter Janetta. Met haar donker lokke, maar veral met haar sielvolle o, is sy een en al gespanne waarheid, soms droewig-bemoedigende, of steunend-vleiende, dan weer naef-vraende of pittig-opvlammende, maar steeds met die vuur van ’n goddelike land (Itali) bewende deur siel en lyf. Dit alles maak die geringe rol nogtans so oortuigend reel.

In die gehoor het dit daardie aand skynbaar nie stemmig daaraan toegegaan nie:

    Ons publiek en hierdie stuk kan beswaarlik sonder behoorlike illusievolle enscenering klaarkom. Ek sou die geselskap sterk aanraai om ’n bietjie meer die toneelskikking in die boek aangegee, na te kom. Dit sou ook die ongepaste geestigheid en uiting van eie kultuurloosheid by sommige in die gehoor miskien verminder.

“Boerbok” op Senekal kla in Die Volksblad ook oor die gebrekkige dkor:

    Hoewel ons onderspelers nie ver hoef agter te staan nie en miskien op gelyke voet kan speel met hierdie spelers, blink De Groot ver bokant ons kragte uit. Jammer was dit dat die toneeldekorasies nie in ooreenstemming met die spel was nie, anders sou die voordrag nog meer effektief gewees het. Dit is bevoorbeeld hinderlik wanneer die “kardinaal” opmerk dat die vuur in die kaggel hom nie meer verwarm as daar nie ’n teken van ’n vuur is nie. Ons sou hulle al die benodighede met genoe gegee het as ons net bytyds daarvan geweet het. ... Die spelers verdien om onder beter of liewer gunstiger omstandighede te speel, aangesien die toneeldekorasies so ’n vername deel uitmaak van die spel en tenminste hinderlik in Senekal is wanneer alles so primitief ingerig word.

WENA IN HUIS TOE

Maar voor Oorskotjie en Die Heks het Wena saam met Paul in Huis toe gespeel.

As student van Stephanie Faure had sy die rol van ’n diensmeisie — “73 woorde ... 73 ... jy — moet hulle onthou en weet net wanneer hulle ges moet word, en h!”

Wena vertel:

    Dit was nou nie kinderspeletjies nie. Dis heeltemal ’n ander storie as om A.D. Keet se “Muskietejag” op te s. Jy sin as ‘t ware die muskiet sit, en bekruip hom: “Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van j sal net ’n bloedkol bly, hier op my kamermure ... “

    Maar hierdie 73 woorde maak sinne en di sinne moet jy tussen die mag der menigte van die ander mense se sinne s ... En dit was toe nou net waar juf. Steph. en mnr. De Groot in hul rolle ’n hewige uitval het; dan moet die diensmeisie — k — inhardloop en s: “die rytuig is voor die deur”. Dis ’n baie gewigtige oomblik, want daarmee word die koms van die skurk (Fanie Eloff) aangekondig.

    Ons het in Sunnyside in ’n skooltjie geoefen. Om spoed op te maak vir die vaart waarmee ek moet inkom, gaan staan ek toe vr weg in die gang. Danie Smal en Fanie Eloff is naby die deur dat hulle kan hoor en my waarsku wanneer ek moet wegspring ... en daar kom ek toe die aand, mis so hittete die deur, en kom tot stilstand met ’n uitasem “die ruityg is voor die deer”.

    Doodse stilte.

    Juf. Steph het skielik, skoon uit haar rol uit, iets in die tuin gesien. Danie en Fanie kom soos twee wafferse steunpilare in die deur staan. Ek wag dat die vloer tog genadiglik moet oopmaak dat ek vr kan val en toeskop agter my.

    Toe kom dit: “G ... -ver-domme, wat geef dit nou!” ... en die “Hollanner” kom nader.

    Danie en Fanie ook, juf. Steph was al by my met ’n “toe maar”. En toe, asof dit uit skoon ’n ander wreld kom, s mnr. De Groot: “Seg, kom je even morgen om 10 by Turkstra. Ek wens je te spreken.”

    Spreken, spreken ... Hy kan maar spreken ... Moenie dink ek is bang nie ... Hy kan die ou rolletjie ...

    Wil tog buitendien nie toneelspeel nie ... gaan Germiston toe ...

    En ek is Turkstra toe ... “Seg, ik vind ‘t beweging van je hoofd met die losse haar heel leuk. Ik zal je graag als Scampols sien ... “

    Die “beweging” van die “losse haar” was te danke aan my kort geknipte hare. Ek ms hulle eenvoudig met ’n vinnige kopruk uit my o kry.

    Ek het hom aangegaap en woord vir woord vir juf. Steph gaan vertel. Ek het verwag sy gaan lag. Sy het nie.

    “Kind, wat s jy ... ? Dis wonderlik! Dis ’n pragtige rol. O, ek is bly ... “

    Vir my was dit Grieks ... al die opgewondenheid ... Scampols ...

    Dit nou net omdat ek te vroeg ingestorm het, en ja, ek ht “rytuig” en “deur” verkeerd ges ...

Dit was dan haar “oudisie” vir ’n rol waarmee Wena uiters bekend en gewild sou word. Maar hoe het sy en De Groot-hulle in Huis toe gevaar?

W.T. Pienaar getuig in Ons Vaderland, Vrydag 10 Julie 1925 oor Huis toe:

    Mej. Faure haar spel was perfek! En tog was dit nie perfek nie! Wat het dan geskort? Haar voordrag laat nie die minste te wense oor nie. Aan temperament kan dit ook nie ontbreek nie, want daar was werklik momente waar sy van hart tot hart gespeel het. Waarom dan nie altyd nie? Ons beskeie mening is dat die fout wel hierin gel het, naamlik dat die temperament meerendeels skuil gegaan het onder die voordrag. Daarom was die mimiek dikwels eentonig en niks s-end nie en nie selde nie selfs teenstrydig met die betekenis van die woorde en daarom ook het die krag ontbreek wat haar perfekte spel tot groot spel kan maak. Laat sy in die natuurlikheid van haar hart haar rol deurvoel en al die ander sal haar toegewerp word of liefs moet ons s dat di haar alreeds volkome eie is. Gevoel en sterk gevoel onder kontrak en daar sal die krag van haar spel uitgaan wat ons so graag van haar wil h, maar wat ons helaas so dikwels mis.

    Dis met genoe dat ons melding maak van ’n uitbeelding van dr. Von Keller deur mnr. Fanie Eloff. Hy het diep ingesien en suiwer weergegee die sjarmante, die gepolyste skurk. Hy sal egter moet waak teen te sagte praat, vernaamlik aan die begin wanneer elke woord moet tel. Waarom kan die gehoor dan asseblief tog nie op tyd daar wees en tot rus kom nie?

    Daar het krag van mnr. Danie Smal as dominee Hefterdingh uitgegaan, maar ’n bietjie te veel mannelike krag. Die vertroostende geestelike krag vir die man wat deur diepe waters gegaan het, di het ons gemis. Miskien kon sy voorkomste wat meer eerwaardig daar uitgesien het, en sou dit meegehelp het om die nodige effek daar te stel.

    Mej. Marguerite de Vos speel baie goed, maar sy het die gewoonte om die handjies teen mekaar te vryf, wat eentonig word en partykeer afbreuk doen aan haar spel.

    Jammer, baie jammer, dat mnr. H. Celliers en mej. W. Naud nie groter rolle kon vertolk het nie. Daar’s ’n talent in hulle.

    Dit is sterk karakteristiek van die Duitse en Deense genre waartoe Heimat behoort, dat daar van begin tot end ’n geheimsinnige byna noodlottige draad loop waarom die hele spel draai, maar wat tog nie tot kort by die einde ten volle ontvou word nie. Deur sinspeling direk en indirek moet die draad die onderbewussyn van die gehoor vashou en ’n klimmende spanning veroorsaak. Di draad het ons gisteraand dikwels kwytgeraak en die fout l hierin dat die spelers nie altyd reageer op wat daar voorgedra word nie. Ook moet daar deurgaans by sulke plekke met nadruk gespeel word. ’n Gesamentlike beraadslaging net om die saak goed op die voorgrond te kry, sal baie meehelp om die opvoering van gisteraand volmaak te maak.

    Wat ’n stap vooruit! Die algemene indruk van gisteraand se werk staan soos ’n mylpaal halfpad op die weg na ’n eie bloeiende toneel. Welke reuse spronge het ons pioniers nie in die kort tydjie gemaak nie. Ons harte is met dank en eerbied vervul.

Binge (bl. 120) haal aan uit Gustav Preller se resensie in De Volkstem oor die opvoering van Donderdagaand, 9 Julie 1925. Eers ’n gemeensamige aanloop waarin hy verduidelik hoe versigtig hy was om kritiek te gee — sal die amateurs en mev. Carinus-Holtzhausen kritiek kan verduur? Maar mnr. De Groot het gelukkig tydens ’n repetisie ges hy kan maar “opdons” as hy aanleiding vind vir kritiek.

Hy gee sy indrukke van gebeure by die teater:

    Die Stadsaal maak vireers al nie ’n prettige indruk nie; koud, met kille planke stoeltjies, benoud teen mekaar geskuif, slegte akoustiek, “unheimisch” oor die algemeen.

    Maar wat is dit? — Pretoria staan mos hier op die winderige klip-stoep en wag, heel Afr. Holl. Duits Pretoria! . . . Hulle verdring mekaar in die noue gange, en daar is geen enkele sitplek meer te kope nie. En, binnegekom, sou mens vir ’n oomblik denk dat ‘t minstens ’n veelbelowende politieke byeenkoms moes afgee s dig sit die mense hier op mekaar, s intens die belangstelling! En die saal, die treurige ou stadsaal, het sodoende ’n byna knussige, warme aanblik ontvang deur die menigte, en selfs die planke stoeltjies sien daar vriendeliker uit!

Hy skryf gloeiend oor die spelers:

    Willens en wetens verval ik by ’n betragting van die medespelendes in ’n klein anglisisme, wat nietemin die verdienste besit van bruikbaar te wees in hierdie sin: — Paul de Groot is, met een woord: groot! In die rol van die kolonel het hy geleentheid tot ho kuns-uiting, en wat hy gegee het, is gawe kuns gewees van begin tot end . . . Daar was magtige oomblikke onder, van diep-ingeleefd, kuns-emosie, weergegee met ’n krag, ’n gevoel wat ’n mens met bewondering vervul. Sy spel ook, met mej. Stephanie Faure, dit was eenvoudig meesterlik. Daar was g’n oomblikke van wesenloosheid as mej. Faure aan die woord is; inteendeel, ook daar, waar alles net van die gebarespel afhang. Dit is wat mens juis so min op die amateurtoneel sien, wat die beginner so vaak vergeet, — dat hy of sy namelik nooit ophou met speel al praat hul nie juis nie . . . Ons mag ‘t mis h, maar ons verbeel ons dat mnr. Smal dit vergeet . . .

    Mej. Faure is vir my ’n aangename verrassing gewees, ’n merkwaardige openbaring, ’n bemoedigende verskyning; dit is trouens die eerste keer wat ik die voorreg het om haar op die planke te sien. Haar kuns is van ’n besonder ho gehalte, wat die indruk maak of iedere geste, iedere handbeweging die resultate is van ’n voldrae studie, gepaard aan die mees realistiese inlewing in die gegewe. En ’n geluid so gaaf en goed, so melodieus en buigsaam! In die derde bedryf veral, — maar in iedereen trouens, van die reeks van tense, hoogsdramatiese momente teenoor De Groot, — lewer mej. Faure die bewyse van ’n seggingskrag, ’n ekspressievermo en stembuiging wat met n woord skitterend is.

Wani Naud as Therese die diensmeisie het “’n verdienstelike vertolking” gegee. Oor die ander spelers het hy bedenkinge: dr. Anna Aucamp se “grime” as mev. Schwartze was verkeerd; Matt Laubscher het allermins die indruk gemaak van so ’n jong Duitse kavalleris. Veral met Danie Smal het hy nie vrede nie:

    By ’n heftige uitbarsting van ’n medespelende, skyn hy onbewo na te peins oor die verdere dialoog van sy rol! Hy spreek ook die g-klank verkeerd uit: gjeestelik en vergjewe.

DIE OORSKOTJIE-SAGE

Of

Hoekom Wena Naud nie van rooi appels gehou het nie

Tydens die repetisie aan Huis toe het Wena toe reeds ’n oudisie afgel vir Paul de Groot se volgende opvoering: Oorskotjie deur Dario Nicodemi.

’n Universiteitskorrespondent van Stellenbosch som die inhoud van di stuk soos volg op in Die Burger van Woensdag, 18 April 1926:

    Oorskotjie is ’n verhaal uit die hor burgerkringe in Rome. Titus Fanti is ’n talentvolle, jong ingenieur uit goeie famielie, maar in armoede gedompel, meesal weens die feit dat hy getroud is met ’n gewese variteitspeelster wie hy nie bra in goeie geselskap kan vertoon nie en met wie hy op die allerellendigste voet lewe. Al sy hoop is gevestig op die aanname van sekere planne deur die Ministerie van Kolonies vir die bou van ’n spoorweg in Tripoli. Sy welgestelde vriend Carlo Bernini gebruik al sy invloed om die Ministerie te beweeg om die planne te aanvaar en Fanti te beweeg om die vrou te laat staan.

    Op ’n goeie mre, terwyl Fanti en sy vrou hulle in ’n heftige rusie verlustig, kom “Oorskotjie” binne met hul wasgoed. Sy is ’n doodonskuldige, uiters naewe, heel goedhartige wese, met geen huis of haard, en geen begrip van haar herkoms nie. Dit ontbreek haar egter nie aan ’n woordeskat nie. Sy laat haar niks geseg f van Fanti f van Bernini nie, bly net so min stil vir eersgenoemde se bitsige vrou as vir laasgenoemde se deftige taal. Haar naewe openhartigheid bring almal in die grootste verleentheid. Weldra ontwikkel ’n intensiewe maar heeltemal onskuldige vriendskap tussen haar en Fanti, tot die grootste ergenis van laasgenoemde se kyfagtige wyf. Die toestand word nie minder ingewikkeld gemaak deur die feit dat Bernini se vrou ’n swak vir Fanti en Bernini self ’n swak vir Oorskotjie het nie. Die ontknoping kom met die aanname van Fanti se planne deur die Regering, sy vertrek na Tripoli, en sy skeiding vir goed met sy vrou.

    Die stuk beweeg hom vinnig van die begin af en wemel van interessante situasies, onverwagte wendinge en pittige gesegdes. Veral vermaaklik is die uitbeelding van die verhouding tussen Fanti en Bernini en hul vrouens.

    Tog is die vernaamste aantrekkingskrag van die stuk nie soveel in sy humor nie as in sy patos gele. Die onbeskermde, herberglose, onskuldige Oorskotjie, aan al die gevare van armoede en dikwels aan die vervolging van gewetenlose mans blootgestel, haar naewe ontboesemings, haar onselfsugtige vreugde en haar nie-onderdrukbare smart, moet die gemoed van elkeen beweeg, veral wanneer ’n mens ’n Oorskotjie kry wat so by uitstek geskik is om die patetiese uit te beeld as Wena Naud.

S vertel Wena van die ontstaan van di suksesopvoering:

    Met die sukses van Huis toe is Pretoria aan die toneelspeel! Vanaf 7 Augustus 1925 word daar tussen al die bedrywighede deur ook met die geoefen volgehou aan Oorskotjie (so gedoop deur Danie Smal en mev. Carinus-Holtzhausen), Dario Nicodemi se Scampols.

    Woord vir woord, les n les het die voorbereiding aangegaan; daar is met fyn deursetting en volharding gewerk; daar is terde gesorg dat ek nooit weer ’n ruityg-deer-uitspraakfout sal maak nie.

    ’n Openingsaand is gerel vir Maandag 7 September 1925 by Premiermyn. ’n Paar dae voor die aand moes ek juffrou Steph by haar haarkappers ontmoet. Ewe verspot kry ek daar ’n langhaar swart pruik in die hande en pas dit op.

    “Laat ek sien, draai om,” kom dit van juffrou Steph. “Dis net hoe jy gaan lyk in Oorskotjie!” besluit sy net daar en dan. — ’n Jaaroud oorloggie het losgebars tussen Paul de Groot en juffrou Steph. Dit sou by Premiermyn besluit word wie wen.

    Eiehandig het juffrou Steph my arms en bene bruin gesmeer om beter te pas by die swart krulle, my toe mooi in ’n ligkol laat staan en meneer De Groot gaan roep. Hy het my op en af bekyk, en toe net tesinnig gebrom: “Ach wel, ‘t gaat; toch vind ik het spytig, ‘t blonde haar met die ogen is toch heel goed!”

    Juffrou Steph het gewen — Oorskotjie het swart krulle by blou o gekry en enduit behou vir 500 opvoerings. [ Die Engelse verwerking deur Michael Morton wat op 3 Maart 1917 as Remnant in Londen geopen het, het maar 124 opvoerings beleef.]

    Donderdag 10 September 1925 sou die groot aand word: Oorskotjie in die Operagebou. Links en regs is dit bespreek en aangekondig ... ! P. de Groot het ons sy groot tevredenheid oor die titelrol meegedeel.

    Hy s vir ons: “Wena Naud is die gedroomde Oorskotjie; haar vertolking sal ’n triomf vir haar word. Ek kan mejuffrou Faure gelukwens met die talent van haar leerling.”

Die spelers was: Paul de Groot, Lola Dyason, Wena Naud, Hubertus de Kock, Stephanie Faure, Attie Buitendach, Henry [Binge:Henri] Celliers.

Twee resensente beskryf die aand.

J.C.V. in Die Volkstem , Vrydag 11 September 1925:

    Dit sou ’n mens moeilik val om ’n beskrywing te gee van ’n opvoering van Oorskotjie deur Paul de Groot en sy geselskap in die Operagebou gisteraand, sonder om mens aan die gevaar bloot te stel dat die beskrywing, in die algemeen, te veel na ’n heuningkwassmeerdery lyk. Gelukkig egter is daar vir die skrywer g’n halsbandjie wat as beloning vir ’n te danige vleiende kritiek uitgeloof kan word nie. In die algemeen is ek tevrede om te beaam wat vroer in die week deur ’n meer fasiel pen geskryf is oor die opvoering van dieselfde geselskap te Premiermyn.

    Maar die indruk wat ek van die Opera weggedra het, was ’n groter indruk as dat ek een van die beste Afrikaanse uitvoerings gesien het wat nog ooit in Pretoria op die planke gebring is. Daar het iets diepers ingesit en dit is dat met die opvoerings van Huis toe en Oorskotjie daar twee mylpale van veel en verrykende betekenis vir die Afrikaanse taal in besonder, en vir Afrikaans in die algemeen bereik is ...

    In Oorskotjie het die hele spel en spil ’n meisietjie van die titelnaam “Oorskotjie”, en ek sou nalatig wees as ek verswyg om mejuffrou Wena Naud geluk te wens met die vertolking van haar rol. Dit was ’n uiters moeilike, maar ek twyfel sterk daaraan of dit in beter hande toevertrou kon gewees’t. Haar gebare, haar voordrag en ’n bekoorlike stem het bygedra tot die algemene genot.

    Wat die ander rolle betref, sal mnr. De Groot my verskoon as ek wens dat dit slegs nog maar die begin is van ’n lange reeks kere wat ons hom in die hoofrol sal sien?

In die Ons Vaderland resensie van Dinsdag 15 September 1925 kry ’n mens ook ’n indruk van die ander akteurs se spel:

    Meneer Hubertus de Kock het eweneens spel gelewer ver bokant dillettantisme. Sy gehele optrede, sy natuurlike, gulle, hartelik lagge, was werklik oorspronkelik. Ons verwag dat hy ’n blywende deel sal gaan uitmaak van die “Paul de Groot-toneelgeselskap”.

    Bostaande kan ook heeltemal ges word van mej. Lolo Dyason, wat die ondankbaar rol van “Franca” gespeel het. Mej. Dyason het groot kwaliteite as toneelspeelster, en voel haar op die “planke” heeltemal tuis.

    Menere Henrie Celliers as “Prof. Burette” en W. Buitendach as “Mnr. Faust” het van hulle ondergeskikte rolle gemaak wat daarvan gemaak kon word.

    Bly oor ons twee artieste Stephanie Faure en Paul de Groot.

    Rustig was die spel van Stephanie Faure, mens voel somaar dis ’n kunstenares wat selfs vanuit ’n klein rol ’n kunststuk weet te maak.

    Paul de Groot het hom van ’n nuwe kant leer ken. In Die Heks het ons hom gesien as die eerwaarde, deftige Kardinaal, in Huis toe as die strenge, weerbarstige jonge ingenieur wat hom nie deur teenslag laat neerslaan nie. Paul de Groot is “all round”.

    Aan die einde van die aand gebeur die volgende:

    Ons Vaderland: Ons kan maar net s die opvoering was ’n reusagtige sukses. Die groot publiek, die Operahuis was heeltemal vol, het dit geniet en deur herhaald applous getoon, ja, in ’n bloemehulde uiting gegee aan sy waardering.

    Aan Stephanie Faure, mej. Lola Dyason en mevr. Carinus-Holtzhausen is blomruikers aangebied, maar mej. Wena Naud was oorstelp met blomme, daar was vir haar meer blomruikers dan sy met haar arms kon omvat. Dit was werklik ’n verdiende hulde.

    Met die oog op die Afrikaanse toneelweek in Johannesburg het Danie Smal die publiek na die twede bedryf toegespreek, wat beter is as aan die slot wanneer die mense haastig is om weg te kom.

    ’n Uitstekende orkes, onder leiding van mnr. Filler, het sorg gedra vir goede musiek.

Wena vertel self van die buiging (Die Brandwag, 13 April 1977):

    “Blomme, blomme, duisend kleurig” het ek so baiemaal in Theo. J. Jandrell se “Grietjie” ges, en nie besef wat ek s nie.

    “Buig vir die mense,” s oom Danie Smal.

    Ek buig en buig, soos ek in die dae van my langhare my nat hare droog geskud het, en toe bring oom Danie sy ruiker: drie pragtige rooiwangappels in ’n mandjie — dit was ’n uitredding! Ek het van al die gebuig verbouereerd begin word; rens moes ek ’n vasskopplek kry, iets moes ek doen, en toe hap ek die appel. Dit was vir die toeskouers die kroon op die aand se opvoering — hulle het van vooraf weer begin klap en klap en ek het gehap en gehap ... Ek het lank daarna ander pad gekyk as ek rooiwangappels sien.

Bedags moet Wena terugkeer na haar werk by ’n fietswinkel.

    Mnr. De Groot was tevrede, juffrou Steph was gelukkig. Meneer Sher van die Union Cycle Works was ni tevrede f gelukkig nie.

      “Mees Nrdee, what ees all this founning, does all Pretoria want to buy bicycles today!”

    Ek het maar gou uitgeglip om die besigheid se geldjies te gaan bank. By die toonbank vra die teller my:

      “Was jy gisteraand in die Operagebou?”
      “Ja, ek was.”
      “Mooi, n?”
      “Dink jy so?”
      “Ek dink dit was eenvoudig wonderlik en daardie Wnameisiekind ... wonner hoe oud sy is.”
      “Word twintig.”
      “Is dit? Ken jy haar?”
      “Ja.”
      “Mens, ek sal haar graag wil ontmoet, daardie pragtige swart krulle en groot bruin o ... “

      “Blou o,” help ek hom reg.
      “Nooit, dis bruin o. Ken jy haar baie goed??”
      “Ja.”
      “Ag, jong, wees nou ’n pl, ek wil haar so graag ontmoet!”
      “Dankie,” s ek toe hy die bankboek aangee, “sien jou mre.”
      “Sal jy nou kyk wat jy vir my kan doen?”

    Ek was al klaar weg. “Bruin o” — die onnosel! Sal hom nie eers reghelp nie! Nee dankie, tonl, nie vir my nie ... dit verander ’n mens totaal!

Volgens Die Vaderland van 26 November 1964 het Wena

    ... toe sy al bekend geword het as ’n besondere aktrise, op ’n dag vir Paul de Groot vreeslik kwaad gemaak.

    Ten einde haar te verneder, het Paul haar toegesnou:

      “Toe ek jou ontmoet, stond je fietse te pompe en nou maak jy my boos nadat ek van jou een ster gemaak het ... !”

      Wena het haar byna doodgelag daaroor.

Oor ’n latere opvoering, moontlik in Kaapstad, getuig die resensent van Die Burger op 3 Februarie 1926:

    Oorskotjie het die harte van die talryke toehoorders in die Opera-gebou gisteraand gewen. Dis die verblydende tyding wat ons van die voorstelling saamgebring het. Die saal was goed beset. Daar was verskillende Ministers en Volksraadslede, asook ons Administrateur. Daar was ’n sekere stemming van intimiteit wat ’n mens by ander voorstellings mis. Daar was mense wat elke slag teen mekaar geknik het om hulle groot instemming met die stuk en die spelers te wys. Dis almal dinge wat ’n mens by gewone opvoerings nie vind nie. Gisteraand was daar ’n verwagting dat ons iets sou sien wat ons Afrikaanse kunssin en ons Afrikaanse harte sou verheug, en in die verwagting is ons nie teleurgestel nie.

    Ons praat so dikwels van toestande wat die Afrikaner nie kan verstaan nie, wat hom vreemd is. Oorskotjie skilder toestande en omgewings wat ons ook nie eie is nie. Maar dit het niemand belet om die stuk volkome te geniet. Oorskotjie self is so algemeen menslik dat niemand daaraan dink dat sy ’n arme straatkind van Rome is. Daardie algemeenmenslike het mej. Wena Naud vir ons so aanneemlik gemaak dat ons partykeer heeltemal vergeet het dat dit komediespel en nie natuur was nie. Nie net die geestige en raak manier van s het ons gepak nie, maar ook die spel van haar liggaam, van haar uitdrukkingsvolle hande, van haar vingers, haar voete, van haar hele wese. Dis juis die kuns van die groot kunstenaars dat hulle hul self heeltemal verloor in hulle rolle en werklik hulle die persoon voel wat hulle uitbeeld. Daardie sjenialiteit besit mej. Naud, en groter hulde kan ons haar nie bring nie. Daarmee wil ons nie s dat ons geen aanmerkings op haar spel het nie. Na die treffende en sterk dramatiese slot van die twede bedryf met die wild-hartstogtelike uitbarstings van smart by Oorskotjie, het haar spel in die derde bedryf effens swak gelyk. In die stil spel as Franca haar laaste rusie met Tito het, het Oorskotjie te min teenspel gegee. Haar sit aan die tafel was te kleurloos. En die einde van die stuk het sy die krag ontneem deur te veel verdriet voor die slot te gee. Daardeur kon sy geen klimaks meer bereik net voor die gordyn geval het nie. Maar origens niks as hulde vir haar pragtige kreasie.

Daar is lof vir De Groot (Tito), W.J. Pienaar (Bernini), Anna Aucamp (“wat ons hulde bring vir haar skitterende toilet, mooi en sierlik gedra”) en Danie du Preez (in twee rolle). Maar:

    Mej. Bessie Breedt het blykbaar nie die moed gehad nie om die Franca, die varite-sangeres, te speel soos dit behoort. Sy was bang om die vrou so onbeskaaf te gee, bang dat dit haarself sou verlaag. Daarin vergis sy haar egter. Mej. Naud het haar die voorbeeld gegee. Sy was nie bang om grof te wees nie. Deur die ingehoudendheid van mej. Breedt het sy ’n ernstige fout teen die stuk begaan. Juis teen haar ruheid en onbeskaafdheid moet die innerlike beskawing van Oorskotjie helderder uitkom. Daardie teenstelling het ons nou gemis. Dis jammer.

Oorskotjie had ’n invloed op die vorming van ’n groot akteur: Andr Huguenet. In Applous! — Die kronieke van ’n toneelspeler vertel hy (bl. 12):

    Met gespanne verwagting het ek na die koms van die geselskap uitgesien [in Bloemfontein]. Alles was in die haak en niks het gehaper om die spel en opset anders te laat voorkom as die beste Engelse opvoerings nie. Paul de Groot self was vir my ’n openbaring en die spel van Wena Naud eenvoudig verbysterend. As daardie straatkind met die appel wat “te veel is vir ’n kind en te min vir ’n vrou — net ’n oorskotjie”, het Wena alle harte verower en soos in ander stede waar die spel opgevoer is, het sy hier weergalose roem verwerf. De Groot en sy hele geselskap, bestaande uit Jessie Breedt, dr. Anna Aucamp, J.W. Pienaar, Henri Cilliers, Dan du Preez en nog ’n aantal andere, het ’n groot indruk gemaak en die moontlikheid van ’n eie beroepstoneel onteenseglik bewys. Die teater was vir die speelseisoen wel nie so goed beset nie, maar die vakansietyd was ’n ongelukkige om met so ’n eksperiment te begin, aangesien die belangstelling van die groot publiek nog nie gaande gemaak is nie en die welslae van so ’n besoek grotendeels afhanklik was van die baie skole en onderwysers. Nietemin het my geesdrif alle perke oorskry en was ek meer as ooit oortuig dat my toekoms in hierdie rigting l. Slegs my ingebore vrees vir vreemdelinge en beskroomdheid het my verhinder om De Groot na die opvoering in sy kleedkamer te gaan opsoek. Maar Wena Naud was my heldin vir wie ek, naas Freda Godfrey, Olga Lindo en Phyllis Neilson-Terry, die grootste aanbidding gehad het!

    Gelyktydig met hierdie opvoering van Oorskotjie is nog ’n Afrikaanse opvoering aangekondig. Orals in die stad is aanplakbiljette aangebring waarop die name van twee stukke gepryk het: Liefde en Geldsug en Oom Gawerjal se dogters en die Stemregkoors. Die spelers was Hendrik Hanekom en sy geselskap, en die spel sou in die Ramblerssaal plaasvind. Wat my veral getref het, was die eienaardige manier waarop die advertensies opgestel was. Die meeste spelers se name was Hanekom en onderaan die plakkate het die woorde gedruk gestaan: “Mense met gebarste lippe word aangeraai om nie te kom nie.”

    Die kontras wat hierdie opvoering gevorm het met die welversorgde, afgeronde en artistieke Oorskotjie het my gestuit. Daar was hoegenaamd niks wat getuig het van professionele status nie. Daar was uitbundige lagsituasies. Hanekom het ’n dosyn koppies koffie verorber en met ’n kierie en ’n stywe been tot groot vermaak van sy gehoor oor die toneel beweeg. Omdat ek weinig of geen amateuropvoerings op daardie leeftyd bygewoon het nie, kon ek die gebrek aan afronding by hierdie opvoering nie duld nie en het tot die gevolgtrekking gekom dat dit een of ander amateur-groep spelers is wat ’n besoek bring met Hanekom se eie twee toneelstukke. Hoewel my kritiese vermo daardie dae nog beperk was, het die powerheid en gebrek aan verbeelding van die hele opset en voorstelliing my geskok.

    Op ’n besoek aan Johannesburg, waar ek moes meeding in ’n kunswedstryd, het ek na my voordrag van “Die pelgrim” van Totius, in die artieste se wagkamer ’n visitekaartjie ontvang met die naam “Paul de Groot” daarop. Hartkloppens, gemeng met ekstase, het my ’n oomblik van stryk gebring, en toe ek na die deur stap, staan die groot akteur daar hoed in die hand. Hy het my eenkant geneem en vertel dat hy sy geselskap “reorganiseer” en dat hy my graag sou wil gebruik. Ek het hom gewaarsku dat ek eers matriek moes maak, maar hy het sy bereidwilligheid te kenne gegee om tot Julie te wag.

    Van daardie oomblik af was die “teerling gewerp”. Die toekoms het my toegelag ... ’n toneelloopbaan, en niks minder, was my onwrikbare besluit en niks of niemand sou my van hierdie voorneme afkry nie.

    Terug in Bloemfontein het ek my eksamen afgeskryf en aan die einde van Junie vertrek ek uit Bloemfontein sonder die sen van my ouers en in weerwil van raadgewinge en teregwysings van predikant, onderwysers en vriende, na Potchefstroom waar ek my lot by die Paul de Groot-toneelgeselskap gaan inwerp het.

MENTOR EN STUDENT

Die band tussen Stephanie Faure en Wena Naud, tussen mentor en student, het lank voortgeduur:

    Pretoria 20 April 1945

    Liewe Wena

    Kyk — jy moenie dink die ou vrou word nou skielik sentimenteel nie! Maar ek is nou maar van nature so — as ek iets op die hart het dan moet dit “eraf”! Dit is net dit — ek waardeer jou vriendskap en lojaliteit meer as wat ek ooit vir jou kan s! Hier en daar kom daar so ’n woordjie na ’n mens terug, en as ek dan hoor “Wena Naud s jy’s die enigste mens in Suid-Afrika wat kan lesgee in voordragkuns” dan — alhoewel jy weet dat dit ’n baie vleiende iets is, tref dit jou diep in jou siel dat die leerling van soveel jaar gelede, wat einds soveel roem verwerf het, nog so ’n opinie van jou het! Glo my ek waardeer dit, diep en innig. Ek het, soos jy weet, ook my deel van klappe en skoppe gekry op professioneel gebied, maar gelukkig ook so baie wat mooi en aanmoedigend is, dat ek al die ander kan vergeet! Nou wil ek net s — dit het my eentyd gevoel of daar so ’n gordyn van hardheid tussen ons gekom het en jou verseker dat dit nie van my kant daar is nie. Maar as dit my skuld is dat dit daar is, wil ek dit graag weet sodat ons dit kan wegmaak! Dankie!

    [Sy verleen hulp met koerantdatums wat Wena moontlik nodig gehad het om op Hendrik Hanekom se Die Huisgenoot-artikel te reageer, en stuur ook foto’s uit haar “‘professionele tyd’”]

    Nogmaals my dank en waardering. “Alle heil”.

    (Ek sal jou laat weet net sodra daar ’n lestyd oop is op Johannesburg.)

    Liefde groete — Steph

Brief van 10 Oktober 1962 aan Wena van Tillie Faure oor die dood van Stephanie Faure in 1961 aan breinbloeding — op versoek geskryf.

    Om eenuur Sondag 24 Desember is sy in ’n koma en Kersnag om halfeen is sy oorlede. Dit was vir ons ’n geweldige skok, ons kon dit net nie besef nie. Sy is Dinsdagoggend om tienuur vanuit ons huis begrawe. Baie stil. Dit was altyd haar wens. Ons dominee het net ’n paar verse uit Johannes 11 gelees, verse 25-27. Na ’n paar woorde en gebed is ons weg, daar was baie vriende en familie. Op haar versoek was daar geen blomme nie. Op haar kis was net ’n los bos van die mooiste rooi rose wat ons kinders gebring het. By die graf: dit was ’n wonderlike mooi oggend. Dit het die vorige aand geren, so stil, en dominee het net Psalm 103 gelees: Loof die Here, o my siel, ’n gebed gedoen, en die gebruiklike woorde ges, toe het die kis weggesak. Die laaste wat ons gesien het, was die rooi rose.

WENA IN HUIS TOE 2

In 1926 is Wena nog lid van sy geselskap toe De Groot met die Hanekoms amalgameer. Hulle besluit op ’n heraanbieding van Huis toe (Heimat deur Hermann Sdermann; met De Groot se eerste opvoering was die spelling Huis-toe).

Andr Huguenet (bl.20) som die inhoud van di toneelstuk op:

    Magda het weggedros van haar ouerhuis in ’n klein Duitse provinsiestad en het ’n groot operasangeres geword. Haar vader, ’n hardvogtige afgetrede kolonel, het haar onteien en haar naam word nooit deur haar stiefmoeder en jonger suster genoem nie. Hulle hoor van ’n besoek deur ’n prima donna, wat hulle eie suster blyk te wees. Magda besoek haar eenvoudige ouerhuis in swierige klere met blomme en presente, maar haar verstokte vader sien in haar slegs ’n afgedwaalde dogter wat teen elke prys gered moet word. Magda is lief vir haar suster en wil haar saamneem na haar hotel toe, maar die ouers verwag dat sy in haar geboortehuis sal vertoef. Tevergeefs probeer sy aan hulle verduidelik watter soort lewe sy lei met bediendes, sekretarisse en boodskappers, maar haar vader is so gekrenk dat sy uiteindelik instem.

    ’n Plaaslike factotum, Von Keller, l besoek af met ’n kosbare ruiker vir Magda. Hy was haar eertydse minnaar wat haar om die bos gelei en in die steek gelaat het. Hy is onbewus van die feit dat sy ’n kind gehad het waarvan hy die vader is. Sy vertel hom dit en verfoei sy huweliksaanbod ... nou dat dit te laat is! In haar jeug sou so ’n voorstel haar goeie naam en eer gered het en eventuele versoening in haar familiekring meegebring het, maar nou ...

    Haar vader kom dit te hore. Hy is dankbaar teenoor Von Keller en is die mening toegedaan dat ’n man niks aan ’n vrou verskuldig is wat hy misbruik en verlaat het nie en dat dit ’n groot guns is as hy haar ten huwelik vra. Die ou vader se arm begin bewe; hy toon tekens van beroerte. Magda besef dat haar koppige verset teen die vaderlike gesag die oorsaak is van hierdie ramp en sy aanvaar die aanbod. Die familie laat Von Keller roep en hy kom met stralende selfvoldoening oor sy edele handelwyse! Magda het niks as veragting vir die man nie en wanneer hy voorstel dat sy van haar kind geskei word ten einde sy reputasie te beskerm, kom die finale breuk en sy trek haar woord terug. Op hierdie oomblik kom haar vader binne. Sy vertel hom watter eise Von Keller stel en daarna buig hy beleefd die besoeker uit die kamer en s dat hy met sy dogter alleen wil praat. Hy haal twee pistole te voorskyn, vasbeslote om sy dogter te skiet as sy hom nie gehoorsaam nie. Hy praat van eerbaarheid en die goeie naam wat in ere herstel is. Na ’n skerp woordewisseling neem Magda ’n uitdagende houding teenoor haar vader aan en onbedagsaam vra sy wat haar vader sou doen as hy weet dat Von Keller nie haar enigste minnaar was nie! Die geskokte vader noem haar ’n slet, rig sy pistool op haar en sink inmekaar deur ’n beroerte-aanval.

Dit is met hierdie opvoering dat Hendrik en Mathilda verdoop is. Die ander lede van die geselskap wou hulle as seniors nie op hulle name aanspreek nie, maar het ook nie kans gesien vir die formele “meneer” en “mevrou” nie. So word hulle toe op hulle toneelname genoem: “Dominee”, wat eers later tot “Doom” verkort is, en “Magda”. De Groot het ook vir Mathilda Mathilde genoem. Die jong Gert Borstlap wou hy eers Felix Huguenet noem, maar Andr het protes aangeteken.

In Desember 1926 verskyn “Agter die gordyne” in Die Burger, ’n reeks artikels waarin inligting gegee word oor die ervarings van toneelspelers soos di in die Huis toe geselskap. Die skrywer was Johann Buhr, boekresensent vir Die Burger. Volgens W. D. Beukes (Boekwreld, bl. 28-29) het hy weens swak gesondheid vroeg afgetree, maar hy het artikels vanaf Nieuwoudtville gestuur tot sy dood in 1940.

Andr Huguenet verduidelik hoe dit gekom het dat Buhr dit geskryf het (bl.31):

    Om die sale vol te kry, het ek die pers oorlaai met berigte oor ons lewe en werk. Ek en Paul het sy ou vriend Frederik Rompel van Die Burger oorreed om ’n joernalis saam met ons op reis te stuur en Johann Buhr, daardie skrander en geniale skrywer, het ’n interessante reeks artikels vir sy koerant geskrywe onder die titel “Agter die Skerms”. Hierdie belangstelling van die pers het baie gehelp om die publieke nuuskierigheid te prikkel en ons kon roem op groter ondersteuning in die Westelike Kaapland.

8 Desember 1926: Buhr gee ’n oorsig oor sy eie ongesofistikeerde toneelervarings in waenhuise, skoolsale en die beteres aan universiteit, en vervolg dan:

    Dit was altans die toestand ongeveer tot ’n jaar gelede toe ’n Nederlandse beroepstoneelspeler, Paul de Groot, in Pretoria ’n daadwerklike begin gemaak het met die professionele opleiding van ’n Afrikaanse geselskap vir die toneelkuns, terwyl reeds enige maande tevore ’n ander groepie Afrikaners met minder ervaring en tegniese opleiding om op te bou, maar met dieselfde vuur besiel en met groot natuurlike aanleg gesen, besluit het om alles prys te gee en hulle uitsluitlik aan die toneelkuns te wy.

    ’n Derglike belangrike ontwikkeling in ons kultuurlewe moes mettertyd agter die joernalistieke gordyne weerklank vind en ons was dus glad nie verwonder toe ons eendag in die beskrywing van ’n pas gepleegde moord onderbreek is deur die opdrag om somar die volgende mre al op ’n veertiendaagse reis met die geselskap van Paul de Groot te vertrek ten einde vas te stel nie alleen wat agter die gordyne van die verhoog gebeur nie, maar ook wat agter daardie gordyne plaasvind wat vir die gewone teaterganger nooit oopgetrek word nie.

29 Desember 1926:

    So ’n toer is nie ’n paradysbestaan nie.

    Soos gewoonlik ondersteun ons buitelandse geselskappe op ’n wyse wat hulle in staat stel om ’n klein ler van werksmense mee te neem. As hulle op ’n plek aankom, vervoer die bediendes die bagasie na die beste hotel, en wanneer die spelers in die aand op die toneel kom, is alles reeds lank tevore in orde gebring. Na die opvoering gaan die geselskap terug na die hotel en die werksmense sorg dat alles afgebreek, ingepak en terug na die trein vervoer word.

    Waartoe verplig ons egter ons eie mense? Eenvoudig om al die werk self te doen wat die werksmense vir buitelandse spelers doen. Wanneer ons geselskap soggends in ’n dorp aankom of na ’n nagreis daar wakker word, heers daar spoedig die grootste bedrywigheid. ’n Paar lede stap die dorp in om te kyk of behoorlik geadverteer is, wat gewoonlik nie die geval is nie, die ander lede sorg vir die vervoer van die goed. Dan begin die werk in die saal. Die toneeldekorasies van baie plattelandse dorpe is gewoonlik van so ’n aard dat die geselskap sy eie gordyne moet gebruik. Gelukkig is die gewone huismeubels in Huis toe gebruik sodat di ten minste nie saam vervoer moes word nie. Wat egter wel gedaan moes word, was om die meubels by vriende in die omtrek te kry en hoewel selfs mense die geselskap vreemd, in hierdie verband altyd verbasend vriendelik was, was dit gewoonlik ’n taamlike werk voordat alles gevind en op sy plek gestel was.

    Net voor die opvoering neem een van die lede sy plek in die kaartjieskantoor in terwyl ’n paar ander by die deure gaan staan. Alles word self gedoen. Nie uit oordrewe spaarsaamheiid of omdat dit mense is wat daardie soort gewoond is nie.

Terwyl hulle met Huis toe toer, begin hulle reeds aan As mans huis hou repeteer. Daarvan vertel Buhr in Februarie 1927:

    Nog nooit het ons onder meer ongunstige omstandighede met ’n stuk kennis gemaak as met As mans huishou nie. Selfs nie toe ons in standerd 7 Hamlet na skool gelees het as alternatief vir ’n afgedankste pak slae onmiddellik nadat die onderwyser ons vir die derde maal op die Sabbatsdag betrap het op die gebruik van Afrikaans nie.

    Op ’n onstuimige aand in Mosselbaai was daar in ’n deur kerslig verligte koepee van ’n stilstaande spoorwegwa ’n geselskap wat die stuk daardie aand kon oefen, alleen omdat die vasgestelde opvoering van Huis toe weens gebrek aan ondersteuning in duie geval het. Die gedreun van die see aan die een kant, die stortren op die dak van die spoorwegwa en die gehuil van die wind, het die spelers nou en dan verplig om of te swyg of harder te praat as wat die rol vereis, terwyl die kerse gedurig gedreig het om uit te gaan. Onsself het die hele gehoor uitgemaak, en was verbied om toe te juig, te lag of te rook. Eerlikheidshalwe moet ons erken dat van die drie gebooie die derde ons die ondraaglikste gelyk het, tog was dit die tweede wat die eerste gewaai het en ons het dit nie oortree soos ’n ordentlike mens gewoonlik gebooie verontagsaam in der stilte en met ’n sekere mate van huiwering en aarseling nie, maar op ’n luidrugtige, skielike hoogs onwelvoeglike manier wat die hele oefening vir ’n oomblik tot stilstand gebring het. Dit was ook eenvoudig nie meer uit te hou nie.

    In die rol van Ferry was Paul de Groot besig om aan sy vriend Max (Hendrik Hanekom) te verhaal hoedat hy tot sy geestelike en liggaamlike leed probeer het om op gravin Trix teenoor wie hy ’n wanhopige liefde ontwikkel het, ’n indruk te maak deur ewe as sy in die park te perd rond te ry ... vir die eerste maal in haar lewe. Daarna het een reeks verwikkelinge gevolg so komies, so skielik, en so uiters behendig in mekaar gesit dat daar van die handhawing van enige een van die gebooie geen sprake kon wees. Die lede van die Huis toe geselskap, wat nie aan die nuwe stuk sou deelneem nie, het later gemerk wat gaande is en die res van die oefening is onder groot lawaai voortgesit met die uitgebreide gehoor op die boonste slaapbanke en die spelers op die vloer. Die ren, die wind, en die teleurstelling was weldra vergete.

Vir Andr Huguenet die beginner was die repetisies aan Huis toe “vernederend ; dit het ’n verlammende uitwerking gehad, sodat (sy) verstand soos ’n volslae vakuum geword het”:

    Behorende tot die ou skool, het De Groot die stelsel voorgestaan waarin elke speler op ’n bepaalde pappegaaiwyse elke sinswending, nuanse, toonhoogte met infleksie en pouses en “pas” kompleet net soos die regisseur moes nadoen.

Andr moet die moeilike rol van Von Keller by iemand anders oorneem. Sy onvolwassenheid was aanvanklik ’n groot hindernis, maar met nege ure werk per dag is hy deur De Groot gebrei ...

    Twee manuskripte is na my kop geslinger, ’n taai klap teen my kop wat my laat steier het en die raad om liewer “koekebakker of kruidenier” te gaan word, “maar toneelspeler, nooit van je leven”!

    Ons decor was vir my skokkend power: die onooglike geblomde doeke wat Hanekom gebruik het vir Oom Gawerjal, sonder enige verbeeldingskrag, met bruin lappe voor die deure wat die totaal-indruk geskep het van ’n verwaarloosde, armoedige woonkamer van ’n bywoner.

Eindelik is alles gereed vir die kleedrepetisie. Anna Minnaar-Vos beskryf dit in haar Hanekom biografie (bl.63):

    Magda het vir haar prima-donna-rol ’n silwerkleurige lam-rok en blink hooftooisel aangeskaf. Sy voel baie seker dat sy daarmee al die aandag sal trek, want geeneen van die ander sal besonder deftig aangetrek wees nie. Andr sal byvoorbeeld sommer sy gewone grys kerkpak dra.

    Maar toe almal gereed staan vir die gordyn om oop te gaan, verskyn daar meteens ’n sonderlinge gedaante voor hulle: Andr in ’n grys streepboek, swaelstertmanel, grys onderbaadjie, krawat, wit sysakdoek in sy bo-sak en ’n goue horlosie en ketting oor dr. Von Keller se magie! Hy was vasbeslote om sy eerste buiging voor ’n gehoor op grootse manier te maak — al sou dit hom ses jaar neem om vir daardie spoguitrusting te betaal!

Soos Buhr beskryf het, toer hulle per trein. Andr Huguenet (bl.28):

    Die dames het vir ons kos gemaak; twee koepees is ingerig as kombuise. Ek was ’n lekkerbek wat tuis verskillende gewone kossoorte nie eet nie, en nou moet ek driemaal per dag blikkieskos en eiers verslind! Met elkeen se geregte het ek fout gevind totdat almal op ’n streep hartlik bedank het om vir my te sorg! Mevrou Hanekom se moeder, ’n godvresende ou vrou, het vir my soep gekook en wors gebring en ek en sy het saam ons lot bekla oor die “oppervlakkigheid” van die moderne jeug! Die ou moeder het my aan my ouma laat dink en ek en sy kon lekker gesels. Eers moes ek as die pos kom, die doodsberigte in Die Kerkbode vir haar voorlees, waarby sy dan oor die sterfgevalle in onbekende, wildvreemde huisgesinne sonder die minste inspanning kon huil! Sy het Paul de Groot ’n Bybel persent gegee en hy het smiddags as hy haar voel aankom — die spoorwa het by die minste beweging begin wieg — die Bybel gegryp en ewe vroom gesit en lees as sy die kompartement binnekom. Sy Franse romans het hy onder die kussings versteek! Die gevolg was dat hy altyd in die goeie boekies was van “Ouma”.

Wena Naud vertel in Andr Huguenet, ’n huldigingsbundel van 1961 (bl. 79):

    Ons was vooraf ges dat ons per “spoorwgwa” sou reis, en dat ons moes sorg vir beddegoed, en wat ons dink nodig sal wees om ons etes in voor te berei. ’n Hele spoorwegwa! Drie dubbel-, een enkelkompartement aan elke kant. Die eerste was vir twee mans, die middelste myne, maar omdat ek dit alleen kon bewoon, moes dit ook dien as sit-eetkamer; dan ’n dubbele vir twee dames, dan die koepee — wat kombuis geword het. Die tweede helfte was vir Magda en Doom, ouma De Beer en Tilana, en mnr. De Groot, en daar was die koepee ook die kombuis.

    In die Vrystaat het Andr huis toe verlang en ons twee kon nou glad nie insien waarom hy nie vir die Sondag kon gaan nie. Mnr. De Groot het geweier. Maar ons het besluit “dis nou pure Kaaskop-nukke daardie”. Hierdie besluit het ons in die “kombuis” geneem en mnr. De Groot was in ons eetkamer en kon nie anders as om te hoor nie. Met ’n “G ... verd ... me” het hy daar uitgestorm. Ek was net op pad tafel toe en Andr kort agter my — gelukkig kon ek nog net betyds skree “koets, Andr”, toe trek die blik met goue stroop oor ons koppe en onder op die draai van die gang teen die privaatdeurtjie vas. Ek en Andr het so verbeter op die blik se spoed dat ons die primusstoof onderstebo geloop het in die kombuis en di het weer die onderkant van die bank (dit was opgeslaan om meer ruimte te gee) laat vlam vat. Ons het gegil, gevrywe, geslaan om die vlamme te blus, mnr. De Groot ook, en toe alles weer onder beheer was, het mnr. De Groot so koel as ’n man hierna kon wees, ges: “Nou, je gaat niet, jonge.”

    Nou ja, Andr kon nie huis toe gaan nie. Die stasie was ’n hele entjie van die dorp af en ons het geen vervoer gehad nie. In weerwraak het ons besluit om “kerk te hou”. Alle moontlike gesange en psalms waarvan ons die ou “slawewysies” geken het, het ons die een na die ander uit volle bors die gang ingestuur!

Andr Huguenet (bl. 28):

    Watter sorgvrye dae was dit nie! Ons jongspan afgesonder aan die een kant van die wa en die “oumense” aan die ander kant! Wena se grammofoon het lustig tot laat in die nag oor die stasies en goedereloodse weerklink. En De Groot soos ’n briesende leeu in sy kompartement ... Sy amorette met Wena was naamlik op sy mees kritieke stadium en die liefde het nie alle oortredings bedek nie! Op Vereeniging, waar ons die derde aand opgetree het en waar die kleedkamers allesbehalwe klankdig is, het Paul uit sy rol gestap en die kleedkamers ingestorm. Ek was die naaste, en hy het my ’n oorveeg toegedien wat my pruik van my kop laat vlieg het! Ook maar van nature driftig, het my Hollander-bloed warm gebruis en ek is in my volle toneelmondering stasie toe en ek sluit my in my kompartement in sonder dat iemand weet waar ek is en sonder om te wag vir die laaste gordyn. Die nag laat klop iemand aan my deur en De Groot vra om verskoning, wat hy versel met ’n soen op my wang!

Anna Marais het ook in Huis toe gespeel. Sy skryf ’n oorsig in ’n dagboek (NALN-toneelmuseum):

    Die eerste aand speel ons op POTCHEFSTROOM. Die volgende dag lees ek in die koerant dat ANNA MARAIS “vim” moet insit. Verbeel jou ’n ou vrou en ek moet “vim” insit. (Omdat daar reeds 3 Hanekoms in die geselskap is, het Paul besluit om my die naam “Anna Marais” te gee in plaas van Martha Hanekom. Vir Andr Huguenet het hy hierdie naam gegee omdat hy ges het die mense sal hulle doodlag vir “Gert Borstlap”, sy regte naam.) Na hierdie berig in die koerant het ek nooit weer iets tn my in ’n koerant gelees nie, want ek het geluister. Oral waar ons gegaan het was ons gelukkig, want ons was altyd vriendelik ontvang. Klein gehore of nie — die mense was vriendelik en goed vir ons. Ai, en so nou en dan ’n lekker bord warm kos was baie welkom. Ons het in ’n treinwa gebly, met gordyntjies voor die vensters, en ons het vir onsself gesorg, met ’n primusstoof, kastrol en pan. Ek het kitaar gespeel en ons het lekker gesing daarby en ons was vrolik. (Partymaal het ons rusie gemaak en dan was die lewe nie te aangenaam nie, maar ruimte was so min en ons moes maar weer net vergewe en vergeet.)

    3de Augustus 1926 speel ons op KLERKSDORP. Ons het daar in ’n stofstorm aangekom. 4de Augustus op BOTHAVILLE; ons het ’n goeie huis gehad — ’n goeie opkoms. Op KROONSTAD het ons ’n swak huis gehad. Ons wou ons siek lag vir “Grille alle ure van die dag”. Dit is soos ons “Grills all hours a day” vertaal het. 6de Augustus op PARYS — weer ’n swak opkoms; met ander woorde, ons kry geen geld nie. Op KOPPIES (Kopjes) was daar ’n vriendelike dame, mev. Bekker. Sy het ons genooi vir ete. Ons het darem gereeld Sondagaande kerk toe gegaan. Dis te s, as ons nie op pad is met ’n goederetrein nie. 23ste Augustus op STEYNSRUS — is ver van ’n stasie af. 24ste Augustus op MARQUARD — ’n goeie huis gehad en die mense was weer baie vriendelik. 25ste Augustus op SENEKAL. Ek is ongehoord uitgeskop, het rusie met mnr. De Groot gehad. Andr steek sy neus in en bars amper. 27ste Augustus op FOURIESBURG; vriendelike boeremense nooi ons na hul plaas. Daar is ’n kloof in die berge met pragtige varings. Ek het een in ’n blik geplant en huis (woonwa) toe geneem. Op 2de September, LADYBRAND — LELIEHOEK; op 3de Sept. THABANCHU — ons agt spelers [volgens Andr Huguenet was dit Hendrik en Mathilda Hanekom, Anna, Wena, Maxie Botha (tante Franciska), Simon Malherbe, Andr en Paul] het vir 7 mense wat die aand die gehoor uitgemaak het, gespeel. Hulle het 20 myl ver in die groot ren gery om ons te sien speel. [Anna Minnaar-Vos (bl. 65): Een aand moet die agt spelers voor ’n gehoor van ses optree! Maar hulle voel verplig om te speel omdat die burgemeester die saal gratis gegee het en boonop ’n donasie van R4.20.] Op ZASTRON die 7de September. Tee die aand na voorstelling by mnr. en mev. Huisman. Ons het ’n goeie opkoms gehad en ons kon weer kos koop. Onenigheid tussen A.B.C. (een van die spelers), Andr en Wena Naud. 8ste Sept. op ROUXVILLE. Vanaand verlang ek sommer baie huis toe — dis ’n maanligaand. 9de Sept. op SMITHFIELD — die saal was vol; mre kry ons weer geld vir kos. Daar is ’n baie mooi kerk. Ons pluk blomme in die spruit. 10de Sept. op ALIWAL NOORD. Ons word genooi na die opvoering van “No,no Nanette” deur ’n Engelse geselskap. Sondagaand het ons by ds. Naud gekuier.

    BURGERSDORP en DORDRECHT: Ons het hier gaan bergklim. Ek was omtrent 100 tree op, toe het ek maar weer agteruit aarde toe gekruip — hoogtevrees. STERKSTROOM: Ek en Wena het verdwaal toe ons na die saal stap, toe steel ons maar perskebloeisels vir die toneelverhoog. MOLTENO: Ons het die hele dag in die strate geloop en adverteer, asook bloeisels gesteel. Ons was ook genooi vir tee by Andr se famlie.

    19de Sept. op STEYNSBURG. ’n Mev. MacDermit het ons genooi vir etes en ons het lekker boerewyn gedrink. ’n Goeie huis gehad en ook kerk toe gegaan. Op 21 Sept. op NOUPOORT (Naauwpoort). My ouma De Koker het daar by tante Sarah ingewoon. Ek gee my varing wat ek van Fouriesburg gebring het vir Ouma. My tante nooi ons toe vir ete.

    24ste Sept. op JAGERSFONTEIN. 2 1/2 myl van die stasie. Ons adverteer en ons loop in ’n ry agtermekaar met plakkate. Ons hou daar ’n middagvertoning. Ek kry 2/6 vir ete.

    FAURESMITH: Hier loop die trein in die hoofstraat in die middel van die dorp om by die stasie te kom. Die mense gaap ons aan toe ons wa met gordyne voor die vensters agteraan ’n goederetrein daar aankom. Ons is verbaas om die hoenders te sien wat vir die trein vlug. Ons het die affre baie geniet. Daar was 200 besprekings en ons was dus baie gelukkig hieroor.

    KOFFIEFONTEIN: Dit was ’n donker aand en die wind het sterk gewaai. Ek en Matilda (Hanekom) het alleen stasie toe gestap. Daardie aand het daar ’n Bantoe by Wena se kompartement ingestap. Hy is gou uitgeskop, maar daardie nag het ons nie lekker geslaap nie.

    Op TROMPSBURG het ek 1.1.0 uitgegee. Ons het baie ongeskikte kinders in die gehoor gehad. REDDERSBURG — Bethanie-stasie. Ons is met 2 huurmotors na Reddersburg in ren en dit was baie koud.

    WINBURG — THEUNISSEN — BRANDFORT — BLOEMFONTEIN. Niks besonders het gebeur nie ... VICTORIA-WES: Matilda se moeder (Ouma De Beer) ernstig siek. Matilda het elke aand op toneel gehuil dat die trane oor haar wange rol. Niemand anders kon dit regkry nie. [Andr Huguenet se weergawe: “Ouma” het eenmaal gevaarlik siek geword en mevrou Hanekom was so ontsteld dat sy haar rol die aand van begin tot end letterlik deurgesnik het. Ouma en Tillie was alleen in die spoorwa en ’n dokter moes haar voortdurend besoek.] Hier op Victoria-Wes het die grootste wonder met my gebeur. Dit was die 7de Maart 1906. Ja, ek is toe hier gebore en het glo 6 maande lank dag en nag gehuil. Wat ek nie kan verstaan nie is dat die grootmense nie ’n kindjie kan verstaan nie. Ek het mos gehuil van blydskap. Ek huil vandag nog as ek bly is. Nog net 30 jaar, dan is ek ook 100 jaar oud. BEAUFORT-WES: Lekker gedans na opvoering. DE DOORNS: Die predikant het ons belet om te speel omdat dit die Sondag nagmaal is. Ons het Malle Meule (Merry go round) gaan ry. Ons lees “Ria Ray”. CERES: Dis ’n tweede Paradys — pragtige berge en riviere en praat nie van die varings, blomme, kapok en ren nie. Advertensie was swak gedoen, ons moes dit in die ren doen. Die nag rol ek van die berge af (in my droom). WOLSELEY: Ons het nie gespeel nie. Ren, kapok — berge en dale. Hotnots hinder ons op die stasie (dit was eintlik Kleurlinge). 20 Oktober — WORCESTER: Goeie opkoms, gawe seuns nooi ons uit vir motorrit. 21 Oktober — STELLENBOSCH: Ek het ’n skoolmaat Bessie Theunissen gaan opsoek in Rozenhof, en die hele middag daar by die dametjies gekuier. Na die opvoering is ons na die Uitspan kafee. Daar het ons dr. F. Malherbe ontmoet. 22 Oktober — PAARL: Ons stap na NOORDER PAARL om tantes te besoek. In plaas van 11 uur tee kry ons ’n kelkie wyn — Andr verjaar. [Anna Minnaar-Vos (bl. 66): In die Paarl is hulle ontvangs op twee aande slegs R22 — en byna berokken Paul de Groot nog vir hulle ’n yslike skade! Hy wou altyd orals en altyd net spykers inslaan. In die Paarlse ou kerksaal kom Magda die aand by hom toe hy weer gereed staan om ’n spyker in ’n plankmuur in te slaan. “Wat vang jy nou aan?” wil sy weet. “Een spyker voor mijn coat,” antwoord hy. Stil van skok vat sy die hamer en spyker by hom en beduie aan hom wat die “plankmuur” werklik is. Hy wou naamlik sy baadjie aan die orrel ophang!]

    FRANSCHHOEK: Goeie huis. Dit ren baie. Die seuns van die koshuis bring vir ons rose. Dr. De Villiers nooi ons Sondag vir ete. Tilly — Matilda se dogter — verjaar. Wena hou haar lyf weduwee — grappige seuns. BELLVILLE: Ons was hier 3 dae, het maar net rond gekuier en agter op motorfietse gery.

    PAROW: Ons speel vir 10 mense. Op CALEDON was daar ’n wolkbreuk. Ons oefen “Ria Ray”. Was by die warmwaterbronne. Op pad na STRAND sit ek en Wena op die balkon van ons wa om die tonnel en die see eerste te sien. Ons was doodmoeg en vaak. STRAND: Ons speel nie. Heerlike naweek. Gaan na Boswell se Sirkus. Gebruik kosgeld vir baaikostuums. 1 November: KAAPSTAD. Ons bly ’n dag oor om oor Kalabaskraal na Hopefield te gaan. Mnr. en mev. Stigling nooi ons vir tee.

    MALMESBURY Goeie huis gehad. 4de November: STRAND. Taamlike huis. Paul skel my uit vir ’n “verdomde kaffer”. Ek is baie kwaad. Heerlik in die vlak water soos sandhaaie gekruip. Ons kon nie een swem nie. Vlooie vreet ons op. PAARL: ’n Mooi plek, maar opkoms was baie swak. KAAPSTAD: Dis hier waar ek en Wena Andr se kos moes deel deurdat ons by Markhams Tearoom Bioscope ingeglip het en ons ’n hele halfkroon — kosgeld moes betaal. Die aand na die opvoering het die Kaapse Nederlandse gemeenskap ons trakteer met ’n heerlike ete. Op die verhoog die aand het ons elkeen ’n blommeruiker gekry.

Oor hierdie opvoering van Huis toe in Kaapstad vertel Andr (bl.31):

    In Kaapstad wou ons die sukses ten top laat styg! Groot reklame is gemaak. Ekself het ’n uitgebreide kampanje geloods en die kranksinnigste dinge aangevang. In die geheim het ek by ’n blikslaer ’n tekenpatroon laat sny uit metaal met die vorm van ’n mens se voetspoor daarop en die woord “Huistoe” in groot letters. Met die opdrag aan ’n klonkie om met ’n kwas en wit verf al langs die sypaadjies van die hoofstrate hierdie sjabloon te smeer, het ons die Instituutsaal gaan regmaak vir die openingsaand. Verkeerskontroleurs en die polisie het hulle opwagting by Paul de Groot gemaak en hy was doodluiters oor die hele affre!

    Dit was met die drukke etensuur vermaaklik om Kaapstad se werkers langs Adderleystraat in verbasing te sien staan voor die reuse-voetspore wat almal lei na die Spoorweg Instituut ... “Huistoe” ... “Huistoe” ... , sover die oog kon sien, asof een of ander prehistoriese monster met bonatuurlike groot pote die hoofstraat vanaf die Laan tot by die Van Riebeeck-standbeeld met sy laarse betree het.

Wena Naud se weergawe (Andr Huguenet, bl.80):

    Die ondersteuning was maar skraal; ons geldjies min. Ons het soos een bymekaar gestaan, die hele span — Andr het ’n blink idee gehad: “Kom, ons moet spring!” En ons het ook! Hy het ’n skoenspoor laat maak. ... Net waar jy kyk, uit systrate, op die sypaadjies, stap die “Huistoe”-witgeverfde spoor Adderleystraat in tot regby Darters se deur waar die plekbespreking gedoen is. Ek was in ons “kombuis” doenig toe Andr vinnig inloer met ’n “hulle soek ons, jy weet niks, hoor” en hy het doodluiters in sy “kamer” gaan l. Die “hulle” was ampsdraers van die Kaapstadse munisipaliteit wat graag ’n verduideliking wou h. “Doom” het verduidelik ... hy kon altyd. Ons het saam getrek in dieselfde span vir dieselfde doel. Ons beloning daardie aand was ’n “goeie opkoms”, dit was die 100ste opvoering van Huis toe.

Volgens Eghard van der Hoven (“Uit hoofde van ... “, 19 September 1985) het Hanekom en De Groot ’n pamfletjie ook by di geleentheid versprei:

    Hoe moes die klompie mense
    Nie daarvoor het gewerk
    Dis inspan, uitspan, soontoe ry;
    Dis swaarkry, laat ry, honger ly;
    Dis moed verloor — ampertjies
    Dis optree, kuns gee, 100 maal
    Dis speel vir vol en le sale ...
    En jul wil tuisbly — jul skandale!

In Ochtenblad van 15 Junie 1927 skryf ’n Suid-Afrikaanse korrespondent op 27 Mei:

    Afrikaansch heeft de plaats van Nederlandsch ingenomen, en wij hebben in Nederland de jammerklachten gehoord dat het nu gedaan was met het Nederlandsch in Zuid-Afrika.

    Op het oogenblik ... zijn er vier Nederlandsche tooneelspelers in Zuid-Afrika. Een van hen speelt in het Afrikaansch, maar de drie anderen spreken en spelen Nederlandsch.

    Paul de Groot heeft zijn honderdste opvoering gegeven van As Mans Huishou, een Afrikaansche bewerking van een van de bekende kluchten van Van Ees. Het is jammer dat dit kluchtspel als een product van de Nederlandsche letterkunde aangeboden wordt. Vergroft in de Afrikaansche bewerking en in het spel is het tot een allerlafste klucht geworden. Maar de menschen genieten er blijkbaar van. In dit land willen de menschen lachen als zij naar den schouwburg gaan. Zij zijn dit zoo gewoon, en die gewoonte maakt dat zij nooit dadelijk tot de ontdekking komen, dat zij met iets ernstigs te doen hebben als hun zulk een stuk voorgezet wordt.

Die korrespondent stel daarteenoor die werk van Anton Verheyen met sy opelugopvoerings van Elckerlyc op Stellenbosch en sy voordragte uit die werk van Vondel en ander Hollandse digters, wat tog ook byval gevind het. Hy verwys net na die werk van Louis de Vriendt en Mignon Sorel.

Andr Huguenet (bl. 63):

    N sy sukses met Elckerlyc en Lanseloet ende Sanderijn op Stellenbosch, reis hy deur die Unie met twee van Joost van den Vondel se Bybelse treurspele, Joseph in Dothan en Adam in Ballingschap.

    Vir ’n erkende toneelleier van so ’n formaat as Verheyen, was hierdie opvoerings ’n ernstige vergryp. Met sy vrou, ’n bejaarde dame met geen toneelervaring nie, en met die bystand van ’n aantal plaaslike skooldogters wat as “engele” moes optree, het Verheyen ons sluimerende jong toneel ’n groot ondiens bewys. Sy opvoerings van dieselfde dramas het in Kaapstad en Stellenbosch nog ’n mate van artistisiteit geopenbaar, maar op reis het hy en sy vrou, wat Eva in die paradys moes voorstel, ’n goedwillige en geesdriftige publiek op die vlug gejaag! Van byna elke kansel in die land is die besoek van Verheyen afgekondig omdat die treurspel van Vondel, bekend by elke predikant, beskou is as ’n stigtelike en belangrike gebeurtenis waarheen elke Christen pligshalwe behoort te gaan. Die pynlike ontnugtering wat elke groot gehoor te beurt geval het, het gou geblyk wanneer die doek opgegaan het voor ’n kaal verhoog wat f te klein f te laag geblyk het vir Verheyen se mooi dekor wat hy saam uit Holland gebring het en wat hy dus maar plat op die vloer neergel en voor die verhoog laat afhang het! Op die toneel self het hy as “Adam” en sy vrou as “Eva” die hele aand die gehoor probeer stig deur ’n voordrag van al die baie karakters wat Vondel in sy dramas geskep het terwyl die “engele” slegs as figurante die ruimte vul!

Verheyen het sy honderdste opvoering van Adam in Ballingschap beplan vir “iewers in Transvaal”. ’n Burger-korrespondent berig op 17 Januarie 1929:

    Saal en alles was gerel. Toe hulle met hul motor die dorp inry is daar ’n groot menigte versamel. Verheyen dink dat daar ’n soort betoging sal wees. Jongmense met die kleure van hul kollege gesier, het die motor vasgekeer en hul leier het met stentorstem stilte gebied.

    Die voorman het in sy beste Afrikaans ges: “Spelers van die treurspel aller treurspele, ons studente groet u by u intrede in ons dorp. U roem en naam is u vooruitgegaan. Nie alleen dat u goeie Christelike kuns gee nie maar u self is ook goeie Christelike mense.

    Verheyen buig. Mev. Verheyen glimlag vriendelik.

    “Ons dorp wil u feestelik ontvang. Hiep, hiep hoeree!”

    Verheyen is geroer, sy vrou is haar gevoelens beter meester.

    Toe gaan die stoet, die studente voorop, na die kollege waar die vlae wapper. Nuwe hoera-geroepe en selfs die sing van welkomsliedere.

    Die leier van die studente groet Verheyen geesdriftig met die hand. “Meneer Verheyen, ons dank! Die ganse dorp kom dit hier uitspreek. Ons dorp stel daar prys op u 100ste opvoering saam te vier. Ek is egter jammer om u te moet s dat die 100ste opvoering van Adam in ballingskap nie kan deurgaan nie omdat ... daar geen belangstelling genoeg is nie. Gisteraand het ons toneelvereniging sy eie voorstelling gegee voor ’n gepakte saal. Verlede Maandag was hier ’n konsert van ons kultuurvereniging ... die vorige week het ons die sirkus gehad. Werklik, meneer Verheyen, ons mense kan nie meer nie. U sal egter ook nie jammer wees dat u eindelik eens nie meer hoef te Vondel nie. Daarom, wees ons gas, u en mevrou, u is ons hartlik welkom en dit is vir ons ’n groot eer om u hier op ons fees teenwoordig te sien. Lewe meneer Verheyen en mevrou Verheyen!”

    Daar word met die Unievlag geswaai. Nuwe handdrukke en nog ’n slag ’n hoeree uit honderde geesdriftige kele.

    In die aand het mnr. en mev. Verheyen vooraan gesit by ’n uitvoering van die musiekvereniging. Maar van Vondel geen woord nie ...

Anna Marais teken verder aan:

    TULBACH: Bespreking so swak dat ons nie speel nie. Ons het maar in die riviertjie geboer. DE DOORNS: Goeie huis. Het heeldag in ons woonwa gesit. MONTAGU: Warmbaddens besoek. Mnr. Buhr van “Die Burger” het nou saam met ons getoer vir 14 dae. Hy skryf van ons as die “baanbrekers”. SWELLENDAM — RIVERSDAL — MOSSELBAAI — OUDTSHOORN — WILLOWMORE — Almal swak huise gehad. BETHULIE: Die stof waai vreeslik, dis Donderdag en ons het Sondag laas geet. Ons eet net dro brood met swart koffie soos bandiete. Ons eet darem vandag in die Royal Hotel. THEUNISSEN: Goeie huis. Ren heerlik. VENTERSBURG ROAD: 24 myl na Odendaalsrus. Ons ry met twee huurmotors in modderpad. Ons kom 6 uur nm. daar aan. Die hotel het nie kos vir ons 8 ekstra nie. Ek en Andr stap in ren na die kafee. Hulle bied aan om die oggend se oorskiet koffie vir ons warm te maak. Ons twee het toe maar 8 pakkies Marie-beskuitjies gekoop en is weg saal toe. Dit was ons aandete. As die gehoor dit moes weet, het hulle sekerlik net daar en dan vir ons ’n os gebraai. [Volgens Andr (bl.28) kon Wena weke lank van beskuitjies en lemoensap lewe!] VILJOENSKROON — KLERKSDORP — 12de Desember. Ons vertrek na KRUGERSDORP en speel heel week daar elke aand. Dit was met die Paardekraalfees — 16de Desember. Ons het heelweek in ’n hotel gebly. Ons woonwa het van ons afskeid geneem. Die week was baie aangenaam. Ons is almal saam stasie toe om afskeid te neem. Elkeen het ’n ander trein gehaal, en ek is huis toe. Saterdag die 18de Desember 1926 was ek net mooi 7 maande van die huis en dis soos Hanekom (Doom) ges het: “Rondgery en baie gevry, tuis gekom en niks gekry.” (Net ondervinding.) Op Krugersdorpstasie het Paul de Groot die kierie, wat hy op die toneel gebruik het, vir my as ’n aandenking gegee. Seker maar omdat hy ons land toe beter geken het, en jammer was dat hy my geskel het.

Andr Huguenet se weergawe:

    Die reis met Huis toe het hoe langer hoe noodlottiger geword wat die geldelike sake betref. ... As laaste hoop is daar ’n reeks opvoerings gerel tydens die groot Dingaansfeesviering by Paardekraal naby Krugersdorp. Met die sametrekking van tienduisende Afrikaners by die geskiedkundige monument sou ons sonder twyfel kon reken op milde ondersteuning van die publiek. Watter teleurstelling toe ons aankom en verneem dat die stadsaal reeds beset was deur die rolprentvertoning van Die Voortrekkers! In ’n kerksaaltjie buite die dorp het ons drie opvoerings gerel en ’n uitgestrekte advertensie-veldtog begin. Mevrou Hanekom en Wena, sowel as die ander twee dames van die geselskap, het die feesterrein stormgeloop en strooibiljetjies uitgedeel aan almal, van stokoud tot speenoud. Elke boere-oom het hulle bygedam en ons opvoering met geesdrif by hulle aangeprys. Terwyl hulle hulde-knopies te koop aanbied, stop hulle ongemerk ’n advertensie in die sak! Tussen al die baarde was daar ’n bokkiebaard en mevrou Hanekom loop hom ook storm met ’n “Omie, koop tog ’n knopie.” Die netjiese oubaas het die knopie met generaal Hertzog se kop daarop, gekoop en ook ’n advertensie van ons opvoering geneem. Toe hy wegstap, fluister die omstanders: “Dis generaal Smuts!” Hy sou die hoofspreker wees by die feesviering di middag.

    Di aand was daar kampvure en toesprake, maar niemand het na Huis toe kom kyk nie en die tweede en derde aand was die belangstelling nie baie beter nie. Ontmoedig deur die swaarkry van die lang toer en die kommer wat so ’n finansile terugslag die twee base besorg het, moes ons almal uitmekaar gaan met geen bepaalde planne vir die toekoms nie. ... Met net genoeg reisgeld om elkeen veilig tuis te besorg, is ons uitmekaar. Die sorgvrye, avontuurlike lewe van ses maande het ons na aan mekaar gebring en dit was swaar om die band te breek. Daar is trane gestort, ewige vriendskap gesweer en met beswaarde gemoed het ons almal letterlik “Huis toe” gegaan.

Hoe het die opvoerings van Huis toe oor die algemeen verloop? Andr Huguenet (bl.28):

    Spontaan was die reaksie vir hierdie gevoelstuk, wat die geselskap dan ook volstoom op ’n emosionele noot gespeel het. Mevrou Hanekom, wat seker van alle vroue op aarde die rykste bedeel is met emosie, het elke aand met soveel oorgawe opgetree dat die publiek nie anders kon as onder die indruk te verkeer van die leed en smart wat sy moes deurmaak oor die wreedheid van haar harde vader nie. Die smart het aansteeklik deurgewerk tot elke lid van die geselskap en in my eie onvermo om emosie te beheers en te sublimeer, het ek dikwels saans onder ’n stortvloed van trane my huweliksaanbod kom doen — en die gehoor het dit geniet! Almal het gehuil en ons moes ’n skreeuende gesig gewees het teen die slot wannneer ons voor die voetligte moes verskyn, met alle saalligte aangeslaan, om die hulde van ’n ontroerde publiek te ontvang. ... Die ontsag vir die dood as die ou kolonel neersak weens ’n beroerte-aanval, was ook ’n merkwaardige ondervinding, en die hantering van die pistool wat direk op die gehoor gerig word as die verlamde oumanshand dit omklem, het menige gil uitgelok. Op ’n aand het die koster wat die voorgordyn moes trek, die groot swaar doek met ’n oorverdowende plons laat neerval soos hy geskrik het vir die rewolwer!

    Salarisse is prysgegee. Maar die regmaak van die verhoog, die reling van reklame en die salige ure wanneer ek alleen saam met De Groot saans in die kleedkamers verkeer het, was voldoende kompensasie. Daar het hy my vertel van sy lewe en die lewe van groot artieste. As ek verklaar dat hierdie die gelukkigste tyd van die akteur se bestaan is, dan oordryf ek nie. Tot vandag nog bly daardie eie, afgesonderde uurtjies in die kleedkamer — die akteur se heiligdom — die aangenaamste en genotvolste vir my.

David Lombard vertel toneelstories in ’n bylae tot Die Transvaler op Saterdag 16 Augustus 1975. Hy haal die reklameset met die voetspore op, en haal dan vir Andr Huguenet aan:

    Paul de Groot kon fyn spot en ek het sy gekskeerdery dikwels letterlik en ernstig opgeneem. Hy vra my om die polisie te bel om al die verkeer stop te sit as ons die drie aande met Huis toe in Kaapstad besig is. Ek doen dit en kry ’n skrobbering as antwoord van die hoof van die verkeerspolisie. “We would only stop the traffic for the Prince of Wales. What? A play? Whose toe?” wou hy weet toe Andr oor Huis toe beduie het.

    Paul het hom die aand in die kleedkamer amper slap gelag.

    Huguenet onthou ook die aand in die Nasionale Saal op Parow toe die opvoering om agtuur moes begin het en Paul de Groot net verdwyn het. Paul en een van sy uitverkore speelsters, Maxie Botha, het die middag op die Wynbergse trein geklim en hulle was nog nie terug nie. Die toneelstuk kon di aand eers om nege-uur begin.

STORIES OOR PAUL DE GROOT UIT DI TYD

Andr Huguenet (bl. 30):

    Paul was onprakties en onhandig. Hy sou ’n spyker inslaan met die steelkant van ’n hamer! ’n Goggatjie op die tafel sou hom bang laat uitroep: “Doe dat beest eraf!”, en hy het elke aand ’n hele pak kerse om sy spiel vasgeplak ... Die meeste sale waarin ons destyds gespeel het, was sonder elektriese ligte. Op di manier het motte en kakkerlakke en selfs sprinkane hom saans baie gehinder.

    As hy kwaad word, het hy altyd Frans gepraat. Sy kruisbande was een aand soek en mevrou Hanekom, die klereversorgster, altyd begerig om hom te behaag, het te hulp gesnel.

      “Wat is dit, mnr. De Groot?” “Zeg ... m’n bretelles ... ek moet m’n bretelles hebben ... “

    Vuurwarm en haastig om op te gaan, snuffel mevrou Hanekom orals rond. Sy wis nie wat sy soek nie, maar wou ook nie laat merk dat sy so dom is om nie te weet wat bretelles is nie. Eindelik kom haar man en vra prontuit: “Wat is die bretelles dan eintlik?”

      “O, kruisbande? Ja seker, hier is dit,” en mevrou Hanekom haal dit agter die spiel uit!

    Anna Minnaar-Vos (bl.74):

      Op ’n klein plekkie is die saalopsigter ’n ou oom. Hulle kry hom jammer en stel voor om, soos gewoonlik, ’n paar skoolseuns te kry om die gordyn te trek. Maar die ou oom wil van niks weet nie. Hy trek aljimmers self die gordyn en hy laat ook geen ander mens aan “sy” gordyn vat nie! Heelaand hang die ou oom maar aan sy gordyn hier voor langs die verhoog en volg die spel met noukeurige aandag.

      In die derde bedryf moet kol. Schwartz (Paul) na sy dogter Magda skiet. Toe hy mik, lyk dit vir die ou oom altevol of daardie pistool hom reg in die hart gaan tref. Hy gee ’n benoude gil, los die tou en daar slaan die swaar gordyn ’n paar duim langs Paul se kop na benede.

      Almal skrik hulle gedaan. Vrouens gil en die gehoor is in rep en roer. Van die gehoor hardloop na die verhoog om te kyk of niemand seer gekry het nie. Die enigste ongeval is egter die ou oom self. Hy moet gelawe word om weer van sy skok te herstel.

’n GERIEFLIKE HUWELIK

Paul de Groot voer hierna ’n blyspel van sy vriend Jan van Ees op. Felix, Jij en Ik word in Afrikaans As Mans Huishou. Daaraan het slegs vier spelers deelgeneem: die Hanekom-egpaar, Paul en Wena. Dis oor ’n repetisie daaraan dat Buhr in Die Burger verslag gedoen het. Na vyf maande is die reis met ’n wins afgesluit.

Paul de Groot se volgende keuse is Alexandre Dumas die jongere se Un Mariage de Convenance, deur Carinus-Holtzhausen vertaal as ’n Gerieflike huwelik.

Andr Huguenet vertel van die drama agter die skerms (bl.36). Paul de Groot ontdek naamlik vir Alida Louw op Malmesbury. Intussen beantwoord Wena nie sy liefde vir haar nie. Dadelik sien hy Alida as die elegante “Comtesse de Candale” in die “wufte, skouspelagtige” Franse stuk. Vir Andr, toe joernalis by The Friend in Bloemfontein, bied hy die rol van “Chevalier de Valclos” aan.

As daar een man is wat Heinrich Heine se woorde “Ohne die Liebe kannst Du nicht Leben” uitgeleef het, dan is dit seker Paul de Groot! Weens sy ywer om van Wena ontslae te raak en die skone Alida Louw as sy hoofdame aan te stel, het vuurvonke gespat. Wena het ongelooflike populariteit verwerf, eers as “Oorskotjie” en toe weer as “Cesarientjie” in die nuwe blyspel [As mans huishou]. Paul de Groot was egter vasbeslote om ’n vergrote en sterk gebalanseerde geselskap saam te stel.

Wena kry drie een-akters waarmee sy en Maxie Botha moes toer.

Amptelik word die saak in Die Burger van Vrydag 17 Junie 1927 aangekondig, saam met finansile redes vir die besluit:

    Dit is nie alleen ’n saak van kuns of vermaaklikheid nie, maar ook ’n groot besigheid, wat aan die rondreis van ’n geselskap, soos di van Paul de Groot verbonde is. Tegelyk is is dit ook ’n bron van inkomste vir baie mense. Gedurende die tyd wat ons enigste Afrikaanse beroepsgeselskap bestaan, het daar al ongeveer 40 artieste (tydelik of vir die hele tydperk) ’n goeie salaris getrek. In die loop van die laaste toer met As mans huishou, wat 103 maal opgevoer is, het hierdie geselskap meer as 500 aan saalhuur betaal, ’n bedrag van ruim 350 aan advertensies in die groot blaaie en plaaslike koerante, terwyl aan drukwerk (groot plakkate en pamflette) ’n bedrag van 300 betaal is.

    Die treinkoste word gereken op 480; vir huurmotors en ander rytuie is 150 betaal.

    Die outeursregte verteenwoordig 50 en aan sels en telegramme is ongeveer 70 bestee. Die hotelkoste is ook betreklik hoog en bring hierdie uitgawe op byna 600. Daarby kom nog die private uitgawe van die spelers op iedere dorp, wat op ’n reis soos hierdie seker op 700 kan geskat word (minimum).

    Daarby gevoeg die klein fooie vir toneelknegte, bagasiedraers en hotelbediendes, wat ook ’n 100 bedra, dan nog die salarisse van die artieste (oor 5 maande), wat ruim 1 400 is, met die onkoste vir kostuums (200), meubelhuur (100), word dit ’n aansienlike sommetjie van 5 000, en hierdie bedrag bly in die land en gaan nie oorsee nie, soos die geval is met die Engelse beroepsgeselskappe wat maar net vir ’n rukkie Suid-Afrika besoek.

    Die arbeid van ons eie Afrikaanse geselskap is vir baie mense en instellings ’n goeie besigheid, veral daar hierdie spelers, dieselfde toer ongeveer tweemaal per jaar maak.

    Hoe groter die steun, des te groter die inkomste. Dit is seker, maar hoe groter ook die uitgawe, deurdat die geselskap uit sy wins ook vir beter toneelaankleding kan sorg, soos hulle van plan is, na die vorige finansieel suksesvolle reis, met die volgende stuk (’n Gerieflike Huwelik) van Alexander Dumas te doen.

    Kragtige ondersteuning van ’n hardwerkende geselskap soos di van De Groot en sy spelers, is dus ook finansieel in die belang van ons land.

    Die geselskap gaan voortaan in twee afdelings werk, die een onder Paul de Groot en die ander onder Wena Naud, wat reeds so ’n groot mate van populariteit besit. Sy gaan met ’n groepie een-akters (3) op reis onder die artistieke leiding van Paul de Groot en die finansile beheer van Hendrik Hanekom. Die drie een-akters sluit o.m. in Die inbreker deur Jan van Es.

Andr Huguenet:

    Maar ’n jong akteur word weens onbekwaamheid uitgeskop en Maxie neem sy rol oor. Wena, weer, neem die afgedankte speler, Hamie Borcherds, musikus meer as toneelspeler, in diens en onderneem ’n toer met voordragte, musiek en dramatiese voorstellings. Intussen gaan Paul voort met ’n Gerieflike huwelik (Alexander Dumas).

Andr Huguenet (bl.37):

    Alida Louw het beeldskoon vertoon in die hoepelrokke en met ’n ongekunstelde navet. Mevrou Hanekom was ’n openbaring as die hofdame Marton, en dit het geskyn of sy dadelik in hierdie soort rol haar mtier gevind het. Met ’n tikkie vulgariteit, wat daardie dekadente tydperk en stand gekenmerk het, en die regte aksent, het sy inderdaad ’n sensasie verwek.

    Ek het van die rol gehou: ligpers jas met kniebroek, alles ryk versier met roomkleurige kant vir kraag en moue, sykouse met lakleerskoene en silwergespes, sierringe en pronkpleistertjies op die gesig, ’n lang staf met linte en ’n wit pruik. Dit alles moes besonder mooi vertoon het, want as ek saans opkom, kon jy die verrukking en voldoening duidelik hoor en voel. Wat my nog meer gestreel het was die feit dat baie my vir De Groot aangesien het. Ek was gelukkig en selfvoldaan as die pronkende jeune premier van die geselskap.

Anna Minnaar-Vos (bl.74):

    Met ’n Gerieflike huwelik moet Paul aan die einde van die tweede bedryf staan en luister hoe Alida as sy vrou agter die gordyne sing. Dan s hy: “My vrou het ’n mooi stem.” Een aand staan hy gereed en luister, maar daar kom geen stem nie. Die gordyn sak ook nie, want die trekker wag vir sy woorde. Ten einde raad s hy naderhand: “Ja, so in my verbeelding het my vrou ’n mooi stem.” Skerm!

BESIGHEID IS BESIGHEID

Maar ook Alida Louw verwerp vir Paul de Groot en bedank. Die toer loop op ’n verlies uit. Terwyl hulle op Stellenbosch oorstaan en oor die toekoms moet besluit, oorweeg Paul om Henri van Wyk aan te stel omdat Henri hom daarvoor sou betaal.

Andr Huguenet (bl.40):

    Paul was besonder terneergedruk en ons het saam ’n lang wandeling gaan maak deur Stellenbosch se strate met hulle lowergroen eike en welige blomtuine. Hy het vertroulik met my gepraat en veral sy finansile verleentheid bekla. My raad aan hom was om sy eie sake in die vervolg te bestuur en nie weer die flater te begaan om die geld van vreemdes te gebruik vir sy ondernemings nie. ...

    Hierdie ongesonde beleid het hom die vorige toer in ’n lelike penarie laat beland en hy moes dit onder geen omstandighede weer laat gebeur nie. Van Wyk was egter reeds aangestel en De Groot het met ’n skouerophaling verklaar: “Ik kan de jongen toch moeilijk terugsturen. Hij heeft mij 200 pond betaald.” Die gevolg van ons gesprek was dat De Groot reeds die volgende dag Hanekom versoek het om die geldelike beheer aan hom (De Groot) oor te dra. Dit was vir Hanekom ’n skok, maar De Groot het gereken dat hy op eie houtjie die sinkende boot kon red.

’n Ongedateerde brief van Paul de Groot aan Hendrik Hanekom in NALN-toneelmuseum handel oor die beplanning van hul volgende produksie, Besigheid is besigheid deur Octave Mirbeau. Dit gee ook ’n indruk van De Groot as sakebestuurder:

    Van die balans is nog ongeveer 4.4. in my besit. Ek het Maxie vroer 2 gestuur, maar dit is private besigheid.

    Die heer Van Wyk het nou huis toe geskrywe om meer geld, dus sal ek, voor dat ons dit ontvang, miskien oor 8 of 9 dae, niks meer kan betaal nie. Ons [onduidelik] sal ook nog wel ’n paar shillings kom vra.

    Vir nuwe scenery kan ons niks uitgee vir ons nieuwe stuk, net maar 1 screen en ’n paar tafelkleedjies. Wel sal ons pruike nodig h en ook make-up.

    Voor klere moet ons ook maar suinig wees. Isidore Lechat en sy [onduidelik] is gelukkig nie so “deftig nie”. Miskien het ek vir myself klere genoeg en so moet ons probeer verder te kom, soos met Toe mans Huishou. As ons dieselfde resultaat kry sal ek bly wees.

Met Besigheid is besigheid ondervind De Groot ook ’n ander probleem met sy rolbesetting. Skynbaar kon hy nie maklik die dienste van ene Irena bekom nie, en het hy intussen ’n aanbod vir Anna Pohl, die latere so bekende Anna Neethling Pohl, gemaak.

Irena kan moontlik Rena la Roche wees, want volgens Huguenet laat De Groot hom in ’n persgesprek uit oor die Afrikaanse toneeltalent in die tyd van ’n Gerieflike huwelik en word sy saam met ander genoem as ’n speler wat “oor hoedanighede (beskik) waaruit die akteur geskep word saam met ’n wil om iets te bereik bokant die gemiddelde”. Aan die ander kant skryf Huguenet dat De Groot haar eers vir die volgende produksie, Haar tweede man, gekies het op aanbeveling van ’n belangrike Piketbergse sosiale leier, mevrou Melt van der Spuy. Toe was sy nog Elise Louw, en is deur De Groot tot Rena la Roche verdoop. Huguenet se beskrywing van haar as “lieftallige, fynsinnige vroumensie” strook ook nie met die beeld wat ’n mens van “Irena” kry nie.

Oor die rolbesettingprobleem skryf hy ook aan Hendrik Hanekom, probeer hy om sy handelwyse te verantwoord. Die brief is ook ongedateerd en het fragmentaries bewaar gebly.

    en het my toe kom sien met die heer Potgieter haar vriend en mej. Kriel wat die dogter is van Ds. Kriel van Kuilsrivier.

    Ek het toe in hulle [onduidelik] klaar gepraat, sonder oordrewe beloftes te doen.

    Ook is Irena in haar brief nie baie seker van die keus van my stuk en [onduidelik] wat “ons mense” daaroor denk, ofskoon [onduidelik]. Ek sal maar verder wag tot u hier is, om die brief te laat lees. Buitendien is ek nie van plan om nog meer by Irena aan te dring nie. Kyk al die telegramme gestuur, briewe geskrywe, ek glo ’n jong aktrisetjie moet haar belangstelling in my bewys, meer as ek in haar, en, sekerlik, hoeveel moeite het ek nie al gedoen vir haar nie. Maar ek verstaan die situasie en sonder [onduidelik] sal ons haar nie kry en ook nie sonder haar skulde nie.

    Daarom het ek juffrou Pohl getelegrafeer en later persoonlik met haar gepraat.

    Nou weer ’n slag oor Irena. Haar brief was so definitief en haar telegramme so weinig interessant (ook praat sy in die laaste van ons, waarmee ook Hannes [?] bedoel word) dat ek daar absoluut moeg van geword het en verdere relings met Anna Pohl gemaak het.

    So seker was ek van Irena dat ek “Die Burger” al gekry het en nou natuurlik Rompel moes inlig oor die kwessie. Hy sal nou ’n behoorlike artikeltjie skrywe ... die hele saak in min woorde duidelik word. Anna Pohl was hier om haar B.A.-graad te haal.

    Irena se adres is of Witbank (Pos Restante) of Bus 123 Potchefstroom. U kan handel soos u verkies, maar ek is nie van plan om my sienswyse te verander nie. U moet my verskoon dat ek dit ronduit te s.

    Met mnr. Pohl het ek bowendien die saak klaar gepraat en ooreengekom, ek is moeg van Irena se handelwyse en het regtig nie te baie belowe aan die nuwe aktrise, ek is mos wyser nou.

    Ek het die grootste vertrouwe in u as besigheidsman, ook as akteur, maar laat tog die rolverdeling asseblief aan my oor. Ek handel in ons aller belang en nie met ’n bedoeling. Ek staan baie onverskillig in die lewe en die hoogste wat daar vir my bestaan is my werk en om dit so goed as moontlik te doen.

    Met die [onduidelik] gaan dit goed en ook Van Wyk, ek oefen met hom vanda(deurgetrekte a)g weer. Hy sal regkom.

    Dolly de Villiers [Konserwatorium-dosent] vertrek vandag [onduidelik] toe, sy trou 21ste met dr. Du Buisson. Heel Stellenbosch is in trane oor haar vertrek en ek ook.

    Sy het my gevra julle twee hartelik te groet, ook doen ek dit namens prof. Con de Villiers en dr. Fransie.

    Nou ja mense dit is dit en glo my alles sal regkom.

Volgens Andr Huguenet (bl.40) het sake egter s verloop:

    Eenmaal in besit van die jong Vrystater [Henri van Wyk] se geld, kon Paul betreklik onbekommerd lewe totdat ons werk ’n aanvang neem. Teen wil en dank moes hy Wena Naud terugneem. Ons het almal bly gevoel hieroor, want sy was ’n staatmaker en ’n kunstenares. Paul het egter allerhande ander planne in sy kop gehad. ’n Sekere mnr. Pohl het op ’n dag sy verskyning gemaak in Stellenbosch. Hy was vergesel van sy dogter Anna wat weer op haar beurt begelei is deur ’n vryer. In haar besit was ’n kontrak wat deur Paul de Groot aangebied en skynbaar deur haar onderteken is. Die geskokte vader het spesiaal die reis onderneem om hierdie saak uit die wreld te maak en in streng bewoording sy afkeuring van die kontrak te kenne gegee. Die ooreenkoms is sonder meer van nul en gener waarde verklaar en die aspirant-toneelspeelster, met die twee gewetenbeswaardes, het die aftog geblaas!

So kom dit dan dat Wena Naud tog uiteindelik die rol van Germaine teenoor Paul de Groot se Isidor Lechat vertolk het.

Octave Mirbeau se Les Affaires sont les affaires van 1903 is ’n bytende satire oor ’n groot sakeman wat die slaaf van sy rykdom geword het. As Business is Business word dit in 1904 in New York opgevoer, en ’n jaar later in Londen. Volgens Huguenet het Mirbeau die stuk spesiaal vir die Paryse akteur Jean Cocteau geskryf, en later het Beerbohm Tree die rol in Londen vertolk, maar albei het nie juis merkwaardige sukses daarmee behaal nie. Die “kolossale” rol het egter Paul se “vulkaniese temperament” goed gepas, en hy was uitmuntend as die “gewetelose kapitalis, ’n swendelaar wat nie stuit vir die duiwel nie en nie ’n vinger sal verroer vir die eer van sy vrou en dogter nie; kortom, ’n geraffineerde skurk wat met sy laaste ademtog nog belangrike afpersingsdokumente vir sy handlangers dikteer.”

Andr Huguenet (bl. 43):

    Paul het nou opgetree as “toneeldirekteur-akteur”. Behalwe sy artistieke leierskap was Paul dus ook sakeman en het hy ons met daardie selfde nougesetheid behandel as in sy rol van kapitalis-swendelaar, Isidor Lechat, in die drama Besigheid is besigheid. Hy het die duimskroef aangedraai en op so ’n drastiese wyse begin bespaar dat ons naderhand nie vir die noodsaaklike dinge geld uit hom kon kry nie. Wat meer is, aangesien ons twee maande sonder inkomste was en met die vorige toer ook maar skraal daarvan afgekom het, was ons geregtig op ten minste ’n voorskot om in ons dringendste behoeftes te voorsien. Maar wie s? Paul het ons vasgevat. Van die jong beginners het begin bak en brou en by die hotels, by wyse van promeskaartjies, geld verkry. Dit was vir die pasontdekte woekeraar te veel! Die vere het gewaai en ’n hewige toneel het na die eerste week aan hierdie praktyk ’n spoedige end gemaak! Dat De Groot geld moes versamel om ons groot uitgawe oor twee maande se verblyf te dek, was natuurlik begryplik. Maar Hanekom en die res — ons Afrikaners staan mos altyd in tyd van nood bymekaar — het planne vir die toekoms begin smee.

    Om koste te spaar en meteen alle klein dorpies wat weg van die spoor l, te bereik, het Paul ook hier baanbrekerswerk verrig. Hy het ’n groot motorbus in die Paarl gehuur en ons daarmee vervoer. Dit het tyd bespaar en ons werk baie vergemaklik. Terwyl ons dan die Paarl as ons uitgangspunt behou, reis ons na omliggende dorpe en dieselfde nag na die opvoering weer terug.

    Dit was tydens hierdie gerieflike reling dat daar idees begin posvat het by ’n seksie van die geselskap. Hanekom en Wena en mevrou Hanekom, met nog twee spelers, het ’n beleid van “lydelike verset” teen die ysterjuk van Paul gevolg. Heimlik is ’n fyn uitgewerkte organisasie voltooi en die onderstroom van stilte wat die storm voorafgaan, was vir almal merkbaar, maar niemand het iets durf openbaar of uitvra nie.

    Paul het ’n brief ontvang waarin Wena se prokureur die onmiddellike betaling eis van ’n sekere som geld, synde ’n bedrag aan haar verskuldig vir salaris en onbetaalde promesses tydens haar jongste debakel-toer met voordragte en musiek. Haar skuldeisers het haar lastig geval en sy moes geld h. Die eerste man wat De Groot bydam, was ’n vriend van Wena wat ’n onbelangrike lid van die geselskap was. Paul het hom met een kinnebakslag die orkes laat insteier en soos ’n besetene te kere gegaan. Al hierdie bohaai in die teater [op Stellenbosch] waar die grootste opvoering van ons hele toer sou plaasvind! Verskrik en verbouereerd het almal hul werk laat los en Paul is die deur uit ... ook na ’n prokureur!

    Die twee wetsmanne het die saak uitgespook, maar Paul moes betaler bly. Hy het Wena skriftelik laat weet dat sy die geld sal kry en ook dadelik haar ontslag. Dit het gebeur.

    Daardie aand het ons ’n opvoering belewe soos nooit tevore en sindsdien nie. Soos ’n verwoede dieretemmer het Paul met ’n sweep sy dogter gestriem en sy het op haar beurt teruggeslaan.

    Ek sal altyd onthou hoe daardie twee, vader en dogter, Paul en Wena, die een met sy deurploegde mannehart en die ander ten aansien van die ewige probleem van die vrou, hulle kaarte teenoor mekaar uitgespeel het. Die tragiese analise, die vlymskerpe, meedonlose en tewens so hardvogtige stryd van hierdie twee slagoffers was ’n ervaring om nooit te vergeet nie! Persoonlike struweling en verskille het die twee tot sulke uiterstes op die toneel aangehits dat ’n verbysterende haat deur drie aktes heen tot ’n skroeiende vlam aangeblaas is. Die gehoor was verlam deur die realisme en Stellenbosch het lank gepraat oor daardie aand ... die laaste vir Paul en Wena saam!

    Nadat my werk afgehandel is, is ek met nog ’n lid van die geselskap, Henri van Wyk, alleen na die Paarl, met die opdrag van Paul dat ons daar op bevele moes wag. Die volgende dag het niemand opgedaag nie en ons twee het soos japsnoete voor die hotelstoep sit en wag. Telefoonoproepe en navrae het niks opgelewer nie. Eindelik, na die derde dag, maak Paul sy verskyning. Met hoed in die hand en nat van die sweet het hy van Stellenbosch oorgekom met ’n huurmotor en gou het die nuus gekom: “Jullie zijn mijn gezelschap!” Hanekom en die res het afgestig om ’n eie toneelgeselskap te begin.

    Dr. Fransie Malherbe het as arbiter opgetree en die geskille probeer byl, maar sonder sukses. Hy wou die mooi artistieke eenheid wat Paul in twee jaar opgebou het, graag behoue sien. Hy was daarvan bewus dat Hanekom, met sy besigheidsvernuf, ’n noodsaaklike werk vir Paul kon verrig en dat De Groot se onbetwisbare talent en wye toneelervaring die kombinasie tot ’n unieke gemaak het. Maar die koel was deur die kerk en die breuk kon met die beste wil in die wreld nie geheel word nie. Hanekom en sy vriende het agtergebly en De Groot het alleen verder gegaan.

WEER OORSKOTJIE

N die skeuring toer Wena en die Hanekoms met Oorskotjie tot Desember 1928.

Wena (Die Brandwag 20 Julie 1973):

    Daar is baie beter toneelstukke sedert daardie jare aangebied, maar Oorskotjie het diep spore gelaat, sal ons s omdat dit een van die eerstes was?

    Juis omdat ons so een met die toeskouers was, was hulle dikwels ook een van ons, en het hartlik deelgeneem.

    Dit was tydens ’n besoek aan een van ons “tweemans-skooltjies” — die hoof het vir die middag sy kantoor aan ons afgestaan — ek was besig om ’n klompie omsendbriewe reg te kry vir die pos, toe die volgende toneeltjie buite die kantoor afspeel:

    Seker diep in die sewentig het oom Thys sy opvoustoeltjie gebring vir die aand se vertoning en bekommerd aan die hoof gevra: “Okkert, ou seun, jy s die mense van vanaand het nie leeus en tiere by hulle nie, n?”

    “Nee, oom Thys, sien , hulle is nie ’n sirkus nie, dis ’n opvoering.”

    Oom Thys: “Wat se ding, ou seun?”

    Hoof: “Dis e ... amper iets soos Christo Kriel met sy towerlantern toe hy vir ons prentjies van die Bybellande gewys het — net oom sien, hierdie mense werk nou nie met prentjies nie, hulle vertel nou vir ons ’n strorie — en dan is hulle nou kastig die mense van die storie.”

    Oom Thys: “Nee, nou maar reg, ou seun, hier is my sitplekkie, sit dit dan maar rens vir my sodat ek hulle kan sien.”

    Dit was iets nuuts vir oom Thys, en toe die lakens wat as voorgordyn gedien het n die eerste bedryf toegetrek word, was oom Thys by: “Ag, hoor hier, versuim tog maar so ’n rukkie, hoor? Ek gaan net gou die kinders by die huis haal.”

    Die “huis” was ses myl van die skool af en oom Thys was met ’n donkiekarretjie daar.

Die volgende was skynbaar een van Wena se geliefkooste herinnerings. Sy vertel dit die volledigste in Die Brandwag van 20 Julie 1973. Ek vul dit aan met uittreksels uit haar onderhoud in Dagbreek en Landstem van 21 Desember 1961, en ’n toespraak van haar in getikte vorm by NALN — as antwoord op ’n huldeblyk in 1969.

Op ’n heerlike someraand in die hartjie van die Bosveld, beleef hulle hul eerste “opelugteater”.

Wena:

    ’n Sinkplaatgebou met sinkplaatmure, so plus minus ses voet ses duim hoog, maar nou opgelig. Die muurplate is soos ’n konsertina weggeskuif, opgelig en op pale gesit. Dit het gelyk soos ’n groot vol wat daar aangevlieg kom.

    Die voorgordyn het bestaan uit lakens en komberse wat aan mekaar vas was. Vroeg die mre is die vloer met vars beesmis gesmeer. Die verhoog was beesmis — ek bedoel nou nie dat ons kniediep daarin gestaan het nie. Nee, net die boonste laag was beesmis. Die saal was lig en sag en veilig met ’n misvloer gewees. En na mate die mense inkom, het ons nooit gewonder wat is die bywoning nie, jy ruik jou publiek inkom.

    Ons boligte was twee groot paraffienlampe wat ’n mens aan ’n jaaroud rondaweltjie laat dink het. Die paraffien vir hierdie lampe het in blikke gekom wat weer op hulle beurt in kassies verpak was. Die kassies het weer op hulle beurt gedien as stutte onder hanebalke vir sitplekke.

    In die voorste ry was die kassies plat neergesit, en algaande opmekaar, met die gevolg dat daar in die Bosveld-teater in 1928 die publiek al die geriewe van ’n “skuinsvloer” gehad het. Ons voetligte was drie stormlanterns. Die oom koster was in bevel van die ligte en moes toesien dat die lampe altyd tot volle gloed brand.

    Sy plek het hy volgestaan. Of jy nou in die middel van ’n grap was of ’n hartseer sinnetjie, as die lampe volgens sy mening aandag nodig gehad het, het hy eenvoudig met ’n “ekskuus, mense” die verhoog opgestap, sy voetbank-leertjie onder die lamp neergesit en opgeklim en met sy pompie koempeda, koempeda, koempeda die vlam weer tot volle gloed gepomp. Ons moes maar op die verhoog in ons laaste dramatiese posisie vries, wag tot hy klaar is, en dan voortgaan.

    Die “voetligte” het hy volgens ons neusgate gekontroleer. Word ons neusgate swart, het hy die vlammetjie laer gedraai.

    Ons was net gereed om te begin, Doom in sy ligkring en ek in myne, toe die vriendelike skoolhoof na my toe kom met ’n “ek voel ’n bietjie bekommerd”. Hy s ek is maar baie eina-eina aangetrek. (Maar ek had darem nou nie vandag se mini-mini-drag aan nie. Ek was Oorskotjie en ek het maar ’n flenterrokkie aangehad en kaalvoetjies en taamlik skamel bo.) “Dis so ’n heerlike aand. Dis glad nie onmoontlik dat ons deur goggas gesteur kan word nie ... “

    “Soos wat?” wou ek weet.

    “Wel ... e ... muggies ... motte ... vlermuise!”

    My eerste gedagte was, my mond is so groot, s nou net dis oop ...

    “En dan,” gaan hy voort, “die roman of jagspinnekop ... “

    Ek ruk soos ek ril. ’n Jagspinnekop is nie ’n aansienlike diertjie nie. Lyk altyd of hy ’n meningsverskil met jou het. Kry ook altyd koud, di soort spinnekop. Di dat sy hare so weg van hom af staan.

    “Toe maar,” s die hoof, “hulle is nie gevaarlik nie. Hulle hardloop maar net agter jou aan om in jou skaduwee te kom.”

    “Maar, meneer,” waag ek dit, “’n spinnekop hier?”

    “Die sterk ligte, sien.”

    Maar dit was tyd om te begin, die gehoor was die ene verwagting. Ek moes eerste praat en ek het geweet ek s daardie sinnetjie baie mooi. Ek s my sin en kyk so ewe skalks na Doom en, sowaar, daar by die eerste stormlampvoetlig sit ... staan ... is die spinnekop! Ek s my sin en uit die hoek van my mond voeg ek fluisterend by: “Kyk daar voor jou voete.”

    Doom begryp nie mooi nie, s sy sin en fluister: “Wat s jy?”

    Ek s my tweede sin en herhaal: “Kyk daar voor jou voete.”

    Hy kyk, sien die spinnekop, s “O!” en toe sy sin.

    ’n Meneer in die voorste ry was net besig met sy pyp en ’n brandende vuurhoutjie toe hy merk op die verhoog is meer as net toneelspel aan die gang. Sy buurman net agter hom kon nie heeltemal begryp wat aangaan nie, leun vorentoe en vra: “Wat maak hulle?”

    “Sjuut,” is die antwoord, “hulle het ’n spinnekop daar.”

    Intussen het die spinnekop al die tweede lamp bereik. Doom s weer ’n sin en fluister-vra: “Wat moet ek doen?”

    Ek antwoord en voeg by: “Trap hom dood.”

    Hy trap. Een dooie spinnekop.

    Later die aand by die groot feesmaal, terwyl Magda [Matilde Hanekom] haar beloofde sjokoladekoek en ek die karringmelk geniet, s die skoolhoof: “Ja-nee, kyk, dit was ’n mooi aand ... veral die spinnekop-deel.”

    Ons is toe verder, maar drie weke later toe ons op uitnodiging van die hoof op ’n terugrit weer by hulle aangegaan het, wou ons darem meer weet.

    “Nee, sien,” s hy, “in die voorste ry het een van ons vooraanstaande boere gesit. Hy het die volgende mre ges:‘Meester, ek het darem ook al baie meegemaak, maar die konsertmense van gisteraand ... ek kan nou verstaan dat hulle spinnekoppe saamry vir Oorskotjie, maar hoe leer hulle hulle wanneer hulle op die verhoog moet gaan?”

Oor dieselfde toer vertel Anna-Minnaar-Vos in Die spel gaan voort:

    Terwyl hulle op Lichtenburg speel, wemel die hotel se kroeg die aand van diamantsoekers en delwers. Daar sien Magda die eerste keer in haar lewe gekleurde manshemde en verstom haar aan die rooi, groen, blou en geruite hemde waarmee die delwers daar rondpronk.

    Die aand n die opvoering staan hulle hulle nog en vergaap aan die bont spul toe ’n delwer in ’n rooi hemp sy groepie maats verlaat en so uitdagend-hande-in-die-broeksak voor Doom [Hendrik Hanekom] kom staan.

    “Ek s, julle is mos die knsirt-mense, h?”

    “Ja, ou vriend,” antwoord Doom gemoedelik.

    “Nou ja, Mister, ek wil jou net s. Ek is nie ’n arm man nie en hier gaan ek nog hope daaimans kry. Hoe lyk dit, wil jy nie darie Oorskotjie aan my verkoop nie? Hierdie kan ek jou sommer vanaand al gee.” En hy haal ’n dik rol note uit sy broeksak.

    Ewe ernstig antwoord Doom: “Kyk, meneer, ek kan nie met jou sake doen nie, want sy’s nie my dogter nie en sy is ook al mondig. Maar hier is sy — vra haar self.” En hy wys na Wena.

    Verstom kyk die man vir Wena op en af, wat ewe verle daar staan sonder grimering en sonder haar pruik met die lieflike swart krulle. Hy loop ’n slag om haar, skud sy kop meewarig en s: “Gaats, mister, maar dis mos nie sy nie! Oorskotjie het dan sulke mooi rooi lippies en swart krulle gehad!”

    Almal bars uit van die lag. Die man vererg hom en brom so met die wegstap: “O so, s verneuk hulle ’n mens as hulle kters is.”

Maar ’n resensent het hom nie laat “verneuk” nie. So lui die bespreking in Die Middellander, Middelburg, Kaap, op Donderdag 3 Mei 1928:

    Matilda Hanekom in die rolle van Imilia, vrou van Carlo Bernini, en Franca, variet-sangeres, het haar goed van haar taak gekwyt as ons in aanmerking neem dat dit nie populre rolle is nie. Veral omdat die karakters wat sy moet vertolk, afstootend is, kan sy maklik ’n minder gunstige indruk maak, as wat werklik die geval is. Wat enigsins afdoen aan haar spel, is die byna ongeneeslike neiging tot oordrywing wat selfs onder die oningewydes raakgesien word. Sonder om onnodig te wil vit, wil ons darem daarop wys dat die neiging tot ontronding van vokale as ’n onvergeeflike fout beskou word en ons wil graag die lede van die Afrikaanse toneelgeselskap daarop wys dat dit hulle plig is om sulke foute met wortel en tak uit te roei.

The Star se korrespondent op Lydenburg berig op Dinsdag 3 Julie 1928:

    The Afrikaans-toneelskap under the management of Mr Hanekom who presented the Dutch play Oorskotjie here last night, suffered a heavy loss through having all their takings, 60 pounds, stolen. Mr Hanekom put the money under his pillow on going to bed last night and the company left early this morning. It was only when they were nearing Machadodorp that Hanekom realised that he had forgotten the money under his pillow. They immediately phoned the police who made investigations at the hotel, only to find that the beds had already been made and that the money were missing. The company has returned to Lydenburg in connection with the matter.

Teen 7 Augustus 1928 bevind hulle hul op Jakobsdal. ’n Korrespondent berig:

    Die opkoms was pragtig, want baie van die boere het spesiaal daarvoor ingekom, party tot so 30 myl ver en hulle was glad nie spyt nie, want hulle het die spel oor en oor geniet. Iemand van die gehoor wat doof is, s my dat dit nog die beste was wat hy in sy lewe gesien het en hy reken dat dit net helfte beter moet wees om die woorde ook te hoor.

Wena was weer die liefling van die gehore, en word ook deur Doom as Suid-Afrika se Mary Pickford bemark.

Anna Minnaar-Vos (bl. 80) vertel dat Magda, daarenteen, haar uitgeleef het “in die sletterige rol van Franca, met die ‘kiss-curls’, sigaret in ’n lang houer en ’n satyn neglige wat sy altyd so ongemerk tot ver bo haar knie opgeskuif het — alles heerlik gewaag en daarop bereken om alleen afkeer te verwek in die boesems van alle ordentlike mense.”

Een Saterdagaand speel hulle op ’n klein plekkie. Daardie oggend, terwyl hulle in die saal besig is, kom daar ’n ouderling as afgesant van sy dominee daar aan — of mnr. Hanekom en sy geselskap tog nie mreaand na kerk by mev. Dominee in die pastorie sal kom koffie drink nie. Mnr. Hanekom aanvaar die uitnodiging en beskou die saak as afgehandel.

Daardie aand n die opvoering maak ’n baie bekommerde ouderling sy opwagting in Doom se kleedkamer. Hy wens Doom geluk en begin toe ongemaklik rondtrap. Doom kan sien hy het iets gewigtigs op die hart. Eindelik kom dit uit: “Mnr. Hanekom, nou ja, in verband met mreaand. Moet tog nou nie vergeet om pastorie toe te kom nie, maar mnr. Hanekom, hoe sal ek nou s, ek weet rrig nie of mev. Dominee daardie afskuwelike suster van u daar sal wil h nie.”

    Di Sondagaand trek Magda haar so eenvoudig moontlik aan, gebruik geen grimering nie en daag ewe bedees en ordentlik by die pastorie op. En toe sy die aand daar weggaan, het sy ’n paar baie hegte vriende en bewonderaars bygekry.

    Op ’n ander dorp moes ’n dominee haar weer verdedig en net naarstiglik keer toe een van sy broeders na die naaste kafee wou nael om vrot tamaties in die hande te kry waarmee hy daardie slet wou bestook.

    Magda was baie gesteld op daardie soenlokkies wat sy vir die rol op haar voorkop en voor haar ore gedra het. Elke aand vorm sy hulle sorgvuldig met ’n setmiddel en plak hulle met papiertjies vas tot sy op die verhoog gaan. Een aand vergeet sy egter om die gompapier af te trek en daar l sy toe so ewe verleidelik skuins oor die divan en blaas lang rookwolke uit — gompapier en al. Doom kom op en skrik hewig toe hy dit sien. Maar met die teenwoordigheid van gees, wat hom nooit in die steek gelaat het nie, merk hy op: “Skaam jou om hier so te l sonder dat jy eers jou hare ordentlik gekam het. Trek tog ten minste daardie gompapier af!”

In die Cape Argus verskyn daar toe ook ’n lieflike spotprent van Magda as “The Vamp” — soenlokkies en sigarethouer baie prominent!

Maar die mooiste kompliment vir haar rol kry sy van dr. Con de Villiers. Kort en kragtig staan dit daar op sy kaartjie: “Ryperd!” [Dr. Con het hom vantevore ook nie onbetuig oor ’n aktrise gelaat nie. Hy het die fyn Franse spel in ’n Gerieflike Huwelik bewonder, maar had nie vrede met een van die aktrises wat te krom vooroor geloop het nie: “Haar pensvel is te kort!”]

ONSKULDIG VEROORDEEL

Hulle toer in 1929 met ’n vertaling van ’n baie gewilde stuk uit 1912. Bayard Veiller se Within the law word Onskuldig veroordeel. In New York het dit 541 opvoerings beleef, in Londen die volgende jaar 427. ’n Resensent het die skrywer verwyt dat hy die stuk oor ’n vrou wat onskuldig in die tronk beland, kon skep in ’n tyd toe die polisie baie gedemoraliseer was.

Anna Minnaar-Vos (bl. 82):

    Die geselskap wat dit aanbied, bestaan uit die twee Hanekoms, Wena Naud, Willem van Zyl en Stephen Borcherds. Met hierdie toer sluit ook die jong Siegfried Mynhardt by hulle aan. Sy vader, ds. Mynhardt van Vanwyksvlei, het al voorheen vir hulle gevra om tog sy seun te neem as daar ’n opening kom. Toe Stephen Borcherds hulle dus verlaat om oogkundige te word, neem hulle vir Siegfried om die opening te vul. Hy moes die rol binne vier dae baasraak en die feit dat hy dit wel regkry, en goed ook, bewys oor watter groot talent die jong speler beskik.

    Op die eerste aand is hy egter bra senuweeagtig. Hy dra sy voorganger se klere, dus is die boordjie omtrent twee duim te wyd vir hom. Willem van Zyl ... vang ’n mot en gooi dit ewe ongerg agter by Siegfried se boordjie in. Siegfried kom eers niks agter nie — die arme mot was seker die eerste paar minute te bedwelm en verskrik om te roer. Maar pas is Siegfried op die verhoog, toe begin die mot kriewel en hoe meer die mot kriewel, hoe meer kriewel Siegfried met sy skouers, tot Doom naderhand wonder of hierdie veelbelowende jongeling sommer binne sy eerste kwartier op die verhoog ’n senuwee-instorting gaan kry. ...

    Willem moet daarna lelik by Doom deurloop, want hy het nooit enige gekskeerdery op die verhoog toegelaat nie.

DIE UUR VAN VERGELDING

Wena (Die Brandwag, 14 September 1973):

    Weer moes daar aan ’n nuwe toneelstuk gedink word. Die keuse val op ’n hartroerende aanklag teen egskeiding, geskrywe deur ene Friedrich Gunter en vertaal deur mev. A.E. Carinus-Holtzhausen. Ons doop dit toe Die uur van vergelding. Hierdie drama het onvergeetlike situasies opgetower waarvan ek een en ander wil vertel. Om hierdie gebeurtenis ten volle te kan waardeer, is dit nodig dat ’n kort inhoud van die toneelstuk gegee word.

    In die ontvangskamer van ds. Holtzhausen (gespeel deur Hendrik Hanekom) het Die uur van vergelding sy verloop. Hier verskyn twee geskeide ouers. Olga von Stetton (Mathilda Hanekom) en Ferdinand Reinhold (James Norval). Jare het verloop sedert hulle egskeiding en eindelik het hulle al te wete gekom dat dit met hulle twee kinders, Babbie (die rol wat ek gespeel het) en Doupie (Willem van Zyl) nie te goed gegaan het nie, maar hulle weet ook nie wat van die kinders geword het nie.

    Soos die toeval dit wou h, word die twee kinders op hierdie oomblik deur agtervolgende danssaaleienaars uit die agterbuurte tot in die dominee se ontvangskamer gedrywe ... hierdie twee slagoffers van egskeiding. Die geskeide ouers ontmoet dan hier hulle eie twee verwaarloosde kinders, en wat meer is, hulle is by as hulle eie dogter Babbie daar vlak voor hulle sterwe, terwyl hulle mekaar beskuldig oor hul mislukte huwelik.

    Wanneer Doupie tot die ontdekking kom dat sy suster dood is, slinger hy die bittere verwyte na sy ouers, en vlug weg, weg van die onregverdigheid van die lewe, en gaan soek sy troos in verdowingsmiddels.

    Tot sover het die verhaal gegaan om by die gordynval van die eerste bedryf te kom.

    My rol was dus nou afgehandel, maar daar was nie ’n rustige wag in die verkleekamers nie. O nee, hiervandaan af moes ek die gordynval trek. In die tweede bedryf volg nog steeds die verwyte tussen die geskeide ouers, en probeer hulle ’n uitweg vind wat hulle nou te doen staan met hulle seun om aan hom te vergoed vir wat hom aangedoen is deur hulle selfsug en onverantwoordelikheid.

    In die derde bedryf het die mensliewende en opofferende “Dominee” n baie gesoek vir “Doupie” tegekom in ’n toestand van uiterste verdowing — maar tot groot ontsetting vir almal, wag die polisie reeds vir hulle en word “Doupie” uitgelei as ’n moordenaar ... Met oorweldigende droefheid moet die ouers die uiteinde van Die uur van vergelding aanvaar.

    En die publiek? In ’n dorpie in die Vrystaat het ten minste een gesin dit nie aanvaar nie.

    Die dorpie waar ons sou optree, was ’n hele entjie van die spoorwegstasie af. Heel toevallig het daar ’n paar dae voor ons besoek nuwe inwoners ingetrek en gevolglik het hulle nog nie juis kennis gemaak met die dorpsbewoners nie of anders om. Die aand van die opvoering was die ou saaltjie so vol dat daar vir die — ons noem hulle maar die “stasie-mense” — stoele heel voor ingedra moes word. Stoele is ook in die gange geplaas.

    Reg van die begin af is hierdie “Uur van vergelding” die ene vergelding en is die geskeide ouers deeglik die kop gewas. Die gehoor is diep onder die indruk gebring van die bestendiging van die huwelik. Dit was stil in die gehoor, doodstil, totdat “Babbie” besef dat hierdie twee mense haar eie vader en moeder is, en sy in wanhoop uitroep: “Ek wou nie sleg gewees het nie!”

    Sy vertel van haar verlange na ’n moeder om haar te beskerm en te vertroos. Jammerlik pleit sy dat hulle haar en haar broer moet neem, maar ... die ouers weier en “Babbie” sterf terwyl sy nog roep: “Moeder! Moeder!” Uit die gehoor roep iemand: “Sy’s dood ... O, julle wrede goed!”

    Nie net die stilte was gebreek nie, maar dit het gelyk asof ’n sterk wind skielik ingekom het ... net waar jy kyk, het ’n wit sakdoek skielik te voorskyn gekom, dit was ’n gesnik en gesnuit nog lank nadat die voorgordyn al toegetrek was. Dit was nie l nie! Daar is nog “Doupie” die verslaafde seun.

    “Wat van hom?” vra die “Dominee” en dit wil ook hierdie Vrystaatse dorpie weet. “Wat van hierdie arme, ongelukkige vervalle siel? Gaan julle hom soos sy sustertjie ... “

    “Dominee,” antwoord die vader (James Norval), “hier is my tjekboek, noem die geld wat u nodig het vir sy verdediging en ek sal betaal!”

    Nog voordat die “Dominee” hierop kan antwoord, verdedig die bedroefde vader sy eie omstandigheid: “Sien, Dominee, in my tweede huwelik is daar ook kinders, dogters, hoe kan ek nou hierdie ongelukkige seun by my dogters in die huis neem?”

    En die betraande moeder (Mathilda Hanekom) stel haar saak: “Dominee, as my gewese eggenoot die vader van hierdie ... e ... seun, nie sy weg oopsien om hierdie kind in sy huis te neem nie, hoe kan ek dit doen ... wat van my huidige huwelik, hoe kan ek verwag dat my man moet verstaan? Hy is tog ’n vreemdeling vir hierdie kind ... en ... wat van die dogters uit my tweede huwelik?”

    Die Dominee wou nog antwoord toe hy (mnr. Hanekom) die “stasie-dame” die verhoog sien opstap, reguit na “Doupie” (Willem van Zyl) toe. Toe omarm sy hom liefdevol: “Kom, my seun, as hulle jou dan nie wil h nie, kom na my toe, kom ons gaan huis toe.”

    In die saal was dit doodstil, die “dorpenaars” moes gedink het die “stasie-dame” was een van ons spelers! Willem het kopgehou; en sy rol volgestaan met ’n heen en weer “slinger”. Nog onder die invloed van die verdowingsmiddels het hy probeer om uit die omhelsing te kom met ’n “uhu ... uhu”, maar moenie glo nie. Die “stasie-dame” hou vas ...!

    “Kom, my kindjie, kom ons gaan huis toe.”

    “Doom” (mnr. Hanekom) kom help. Met die een hand op Willem se bors en die ander een op die dame s’n probeer hy hulle los druk van mekaar af, terwyl hy paai: “Toe maar, mevrou, ons sal hom help.”

    “Nee, dominee, ek vat hom huis toe.”

    Die “stasie-oom” kom ook hand bysit. Met ’n arm om sy vrou se middel, probeer hy haar wegtrek ...

    “Kom, Moeder ... laat staan die seun.”

    “Nee, Vader, die kind gaan saam met ons.”

    Die “stasie-oom” trek sterker, Doom druk harder, Willem beur meer ... en die “stasie-dame” val amper in haar man se arms toe Willem se trui skeur en sy met ’n stuk in haar hande staan. Met ’n “Nou goed, Dominee, kyk wat u vir hom kan doen ... maar ek wag!” het sy met ’n kyk vol wantroue weer gaan sit.

Ons Vaderland Saterdag 3 Mei 1930:

    Gisteraand het die Afrikaanse Toneelgeselskap die stuk Die uur van vergelding in die stadsaal opgevoer.

    Oor die algemeen gesproke was die opvoering seker ’n sukses, want die publiek het die geselskap ’n buitengewoon goeie ontvangs gegee. Die spel was egter nie deurgaans van ’n gehalte wat sulke geesdrif werkelik verdien nie. Met die uitsondering van een of twee van die akteurs, was die spel om die minste daarvan te s, onoortuigend, in plekke selfs swak.

    Wena Naud — vir haar kritiseer ons nie — sy was ’n openbaring. Haar spel is so natuurlik, en sy leef haar so in haar rol, dat sy die gehoor met haar meesleep, laat voel wat sy voel. Wena se skitterende spel het die stuk gered. Sy moes twee rolle vul — een, die van Rita Lehman, ligsinnig, en die ander, Bappie diep tragies. Dat sy in twee sulke uiteenlopende karakterisasies, wonderlike sukses gehad het s veel vir haar veelsydigheid.

    Willem van Zyl wat teenoor haar gespeel het, moes ook drie rolle vul. Hy was nooit skitterend nie. As Leo Wegener was hy swak.

    Die rol van Doupie het hom skone geleentheid aangebied om iets groots te lewer. Maar hy het nooit daarvan die regte gebruik gemaak nie. Soms in die meer dramatiese dele het hy met meer krag gespeel. Hy was deurgaans te styf en onnatuurlik. Mens kon nie vir ’n oomblik vergeet dat Willem van Zyl daar op die verhoog staan nie, en dat ons Doupie in al sy ellende voor ons sien nie. Sy grimering was goed, en as hy op die verhoog kom lyk dit asof hier ’n groot sukses gaan wees. Maar sodra hy begin praat — met ’n stem wat hoegenaamd nie by die rol pas nie — was die illusie al dadelik weg.

    James Norval was uitstekend as Leitler, die eienaar van ’n danssaal in die agterbuurte — ’n rol wat hom voldoende geleentheid gee tot kragtige spel.

Dit was ongelukkig nie die enigste keer dat Willem van Zyl se spel sulke negatiewe kritiek ontlok het nie. Nog voorbeelde word maar weggelaat.

HUWELIK VAN DIE JAAR

Op Vrydag 2 Mei 1930 vind die eerste Afrikaanse verhooghuwelik plaas — tussen Willem en Wena. ’n Dag later moet die bruidegom bostaande negatiewe kommentaar op sy speeltalent lees.

J.H.L. se beskrywing van die verhoogtroue in Die Volkstem van Saterdag 3 Mei 1930 word hier aangevul uit berigte in Engelse bronne en Ons Vaderland tussen vierkantige hakies.

    N die opvoering van Die uur van vergelding (which was not till after 11 p.m.) is op die verhoog die huwelik voltrek tussen die twee vernaamste spelers, Wena Naud en Willem van Zyl. [Na afloop van die stuk, het die spelers verskeie pragtige ruikers blomme ontvang, o.a. van die onder-burgemeesteres, van Paul de Groot, van dr. M. L. du Toit, van mev. Carinus e.a. Daarna het die skerm gesak, en het mev. W. Pretorius ’n paar gepaste Afrikaanse liedere gesing, en toe die skerm weer opgaan, was die trougeselskap op die verhoog.] Die band is gel deur ds. G. Worst van Potchefstroom [wat die trouformulier in Afrikaans gelees het]. Die plegtigheid op die verhoog het pragtig gelyk. Die bruid was gekleed in ’n blou taffetas-rok (a frock of hydrangea blue faille appliqued in a floral design of flame and gold, outlined in silver, the full skirt was made with an uneven hem and a big bow of pleated silk) en het ’n (silver) pruik (trimmed with pink roses and foliage and carried a bouquet of pink roses) op gehad wat haar geskenk is deur die firma gebrs. Sewel van Bloemfontein. [Die bruidjie het gelyk soos ’n prentjie uit ’n sprokiesboek, iets om uit te knip en in ’n raampie te sit, sodat ’n mens telkens weer daarna kan kyk.] (The bridal party stood on a small platform under a floral wedding bell.) Daar was twee (little) bruidsmeisies, Tilly Hanekom en Irma Otto. (They were dainty in forget-me-not blue and blush rose pink frocks with dainty bows of pink and blue tulle on their heads.) Die hele plegtigheid het goed van stapel geloop. (During the course of the proceedings the bride was presented with a silver crown, which had been put aside for her on the occasion of the double wedding of her sisters, Mrs. de Haas (Volksrust) and Mrs. Arcling (Lydenburg). At the conclusion of the ceremony a shower of confetti was released from the wedding bell, and bright coloured streamers were flung by the audience.)

Anna Minnaar-Vos (bl. 86):

    Na die indrukwekkende seremonie in die saal loop die bruidspaar op ’n rooi tapyt skuins oor die straat na ’n hotel waar ’n groot onthaal gerel is.

Die Volkstem:

    Die resepsie het middernag ’n aanvang geneem in die Imperial Hotel (Polley’s Hotel). Die gaste is hier ontvang deur die bruid en bruidegom (where Mrs. Hanekom, beautifully dressed in gold and rose lame and georgette received the guests). [Nadat ’n flitslig-portret van die groep geneem is, het ’n paar honderd gaste in die Imperial Hotel vergader, op uitnodiging van mnr. en mev. Hanekom. Hier was alles met die grootste smaak ingerig, volop blomme, verversings, goeie musiek.] Musiek is verskaf deur die Revellers-orkes en gaste het gekom van oor die hele Unie.

    [Daar het meer as 300 telegramme ingekom, waarvan ’n paar voorgelees is, o.a. een van Genl. Hertzog. Ook het die bruidspaar verskeie briewe met tjeks ontvang, en ’n tjek van mnr. Hanekom met die hele netto opbrings van die opvoering in die stadsaal.]

    Ds. Worst, van Potchefstroom, stel die heildronk in op die egpaar, en verklaar dat hy besef dat hy vanaand eintlik iets gedoen het wat hom miskien gaan berug maak, nl. om mense op die toneel te trou. Hy voel daar egter nie die minste gewetenswroeging oor nie, want toenadering tussen die Toneel en die Kerk is wat hy graag wil sien gebeur. Ons godsdiens moet nie afgeskei wees van ons daelikse lewe nie, of liewers, ons lewe behoort so te wees dat die godsdiens daarin pas. Die stuk wat vanaand opgevoer is, is skoon wat taal en moraal betref. Dit kan dalk meer goed doen as meer as een preek.

    Die Toneelkuns het in die Kerk begin, met die passiespele van die ou kerkvaders. Later het dit ontaard en het die Kerk sig daaraan onttrek. Laat dit nou die edele strewe van ons Afrikaanse toneelspelers wees om dit terug te bring na die ho peil waarop dit voorheen gestaan het. [Dit was vir hom ’n eer gewees om die eerste huwelik op die Afrikaanse Toneel te bevestig.] ...

    Nadat die bruidskoek gesny is, is gedans. Die aanwesiges was in baie opgeruimde stemming en het bekende liedjies hartlik saamgesing. Ook hierdie funksie het baie goed geslaag. ’n Besonderheid was die pragtige bruidskoek — volgens mnr. Hanekom se ontwerp. Dit het ’n toneel voorgestel [kompleet met voetligte, skerm en al, ’n kunswerk van suiker en silwer.

    ... Die resepsie het om middernag begint, en dit was al mooi rooidag voordat die gaste uitmekaar gegaan het.]

Ons Vaderland van 3 Mei 1930 wys daarop dat Wena en Willem “’n paar weke gelede” reeds te Bloemfontein voor ’n landdros getroud is.

WENA-HULLE IN DIE DEPRESSIE

Anna Minnaar-Vos (bl.86):

    Ja, in daardie paar jaar, voor die depressie vir hulle ’n wrede werklikheid sou word, gaan dit goed met die Hanekoms se geselskap. Hulle kan in ordentlike hotelle tuisgaan, hulle spelers goed betaal en is selfs in staat om op een slag twee Chrysler-motors teen 1 000 kontant te koop.

    Nie lank nie, of Doom moet een motor verkoop en ’n sleepwaentjie aanskaf vir die vervoer van die dekor. Toe begin die bywoning ook afneem.

    Uiteindelik stel Doom die geselskap voor die keuse: dadelik ontbind of deurdruk tot hulle nie verder kan aangaan nie.

    Wena is die eerste wat s: “Doom, as julle in die veld slaap, ek ook.” Die ander is ook gereed om, kom wat wil, deur te druk.”

    Wanneer Magda (Hanekom) vandag aan daardie tyd terugdink, is dit l of die swaar tyd wat hulle belewe het, nie werklik so swaar was nie. Want vir Magda het die wonderlike saamstaan van die spelers in daardie tyd, hulle blymoedige aanvaarding van enige ongerief, koudkry en selfs hongerly, ’n mooi herinnering geword wat ’n glans versprei oor die werklike ontberings wat hulle moes verduur.

    Miskien juis as gevolg van daardie gesamentlike ontberings het daar ’n hegtheid in die vasberade klein groepie ontstaan, wat saam die maerste jare van die depressie trotseer het. Magda, Wena, Doom, James Norval en Willem van Zyl het soos ’n familie saamgestaan, alles van die sogenaamde “kunstenaarstemperament” vergeet, gelag as hulle honger is, hulle slapery in die veld geniet en die blinkkant bo gehou, veral teenoor die publiek.

    In 1931 gaan hulle as die Hanekom-Van Zyl geselskap voort met Wie is Wie?, die komiese Tons of money van Will Evans, waarin die klugtige rolle deur Doom en James Norval vertolk word. [Eers wou niemand in Londen dit opvoer nie, maar nadat dit uiteindelik as ’n baie duur produksie op 13 April 1922 geopen het, was dit ’n sukses met 733 opvoerings.] Doom gee daarin alreeds ’n aanduiding van sy verbasende veelsydigheid en vir James Norval is dit die begin van sy loopbaan as een van die beste komediante en vertolkers van karakterrolle op die Afrikaanse verhoog.

    Gou is hulle in die middel van die geldelike verknorsing wat hulle voorsien het.

    Aan die begin van die skaars tyd, toe hulle darem nog in hotelle kon slaap en ontbyt eet, het Magda gesorg dat hulle volle waarde vir hulle geld kry. Soggens aan ontbyttafel staan daar ’n groot sak langs haar stoel. Solank hulle eet, smeer sy toebroodjies van al die beskikbare brood, botter en konfyt op die tafel. Di verdwyn dan ongemerk in die sak en dan word weer brood bestel. Op dieselfde manier word ekstra gekookte eiers, of enige ander maklik-vervoerbare kos bestel, wat ook die pad na die sak volg.

    Menige kelner se o het gerek vir die groot hoeveelhede kos wat di vyf mense vir ontbyt kan verorber. Daaraan steur Magda haar egter nie — in haar sak het sy mos genoeg kos vir die res van die dag.

    Maar eindelik breek die tyd aan dat hulle selfs nie meer in hotelle kan slaap nie. Die enigste alternatief is dus om maar in die veld kamp op te slaan. Dit lap hulle nooit aan hulle vriende of ondersteuners uit nie, want hulle wil nie die goeie naam wat hulle so moeisaam opgebou het, weer prysgee nie. Hulle maak maar altyd asof hulle op die vorige dorp geslaap het, f aanstoot na die volgende.

    Dan soek hulle maar ’n geskikte plekkie tussen die twee dorpe en rig hulle daar in die veld so gerieflik moontlik in — gewoonlik naby ’n windpomp en stroompie water. Wena en Magda slaap snags in die motor en vir die mans word op die grond bed opgemaak op die verhoogtapyt wat hulle saamry. Baie keer in die winter staan die hare van die karos, wat hulle bo-oor die ander komberse gegooi het, soggens stokstyf verys!

    Sodra hulle by hulle kampplek aankom, pak Magda heel eerste haar ou opwengrammofoontjie uit en laat dit speel om hulle op te beur. Haar geliefkoosde plaat was: “Shine on, harvest moon”. Dan s Doom: “Ja, Darl, ek sien wel die moon, maar waar is die harvest?”

    Om in hierdie tyd gebad te kom, was nogal ’n probleem. Al genade was maar dat mans en vrouens om die beurt in die stroompie bad, as daar wel een was. Maar as hulle by ’n windpomp stilhou en die wind waai nie, is dit ’n hele lollery. Dan moet Willem van Zyl, die sterkste onder die mans, opklim en die wiel met die hand gaan draai. Onder die vingerdun straaltjie water gaan Magda en Wena dan in hulle baaikostuums staan en probeer hulleself na die beste van hulle vermo skoonkry. Die een moet die ander se rug seepsmeer en dan spoel hulle dit om die beurt onder die eina-straaltjie water af. Die hele tyd staan Willem daarbo die wiel en draai en staar die vertes in — onskynlik heeltemal onbewus van die intieme badkamertoneeltjie hier onder.

    Doom se kommentaar by sulke geleenthede is dan: “Dit lyk my die depressie is daarbo in die wind ook!”

    Al hou hulle dus altyd noodgedwonge naby ’n windpomp stil, probeer hulle tog wegbly van plaashuise af, want as hulle geheim sou uitlek, sal hulle mos weer vir “jipsies” aangesien word. So gebeur dit soms dat hulle hulle net lekker ingerig het, en hoor dan hoenders kraai of honde blaf. Dan kruip Doom maar weer onder die komberse uit en s: “Sorry, boys, ons moet oppak en verder gaan. Hier’s ’n plaashuis naby.”

    Vir hulle uitkampplekke bedink hulle heerlike name, soos “Wayside Hotel” of “Rippling Brook Inn” en alles kan nog gaan solank daar genoeg kos is om by hulle “Wayside Hotel” gaar te maak. Maar dinge begin regtig sleg lyk toe die geld selfs te skaars word vir voldoende kos.

    Baie mres is daar net omtrent net ’n sikspens oor vir kos. Dan s Magda: “Maar dis olraait, dis twee bottels melk. Ons het nog hawermout en ’n bietjie suiker en di wat suiker kry, kry nie melk nie en di wat melk kry, kry nie suiker nie.” Die pap self word mooi netjies afgemeet — net soveel lepels vir elk, na gelang hulle voorraad is.

    In di tyd word Doom baie lief vir skilpadvleis. Hulle het altyd ’n paar skilpaaie saam met hulle gery as troeteldiere. Soggens laat hulle die skilpaaie resies hardloop en die verloorder se eienaar moet dan al die kook- en opwaswerk vir die dag doen. Eenkeer, n hulle ’n paar dae lank nie vleis geproe het nie, begin Doom so verlangs skimp dat skilpadvleis deur fynproewers as ’n ware lekkerny beskou word. ’n Lang ruk reageer die ander glad nie op sy skimpe nie, maar eindelik moet hulle maar toegee en lootjies trek wie se troeteldier aan Doom se vleishonger geoffer moet word. Daarna moet hulle toesien hoe hulle troppie langsamerhand uitgedun word. Van daardie dis het Doom egter altyd alleen geet!

    Saterdagoggende roer hulle vroeg, want op die meeste plekke is dit markdag. Dan sit Magda af met ’n mandjie en ’n groot handsak na die markterrein. Sy koop soveel as wat hulle kan bekostig en op haar tog deur die stalletjies breek sy so hier en daar ’n wortel af of l ’n paar aartappels of tamaties vas wat dan skelmpies in die groot handsak verdwyn. Die sak se inhoud is dan gewoonlik voldoende vir ’n paar dae se groentesop.

    Op ’n Saterdagoggend kom hulle op Colesberg aan, waar die mark net agter die stadsaal gele is. Daar sien Magda en Wena die heerlikste waatlemoene en die versoeking om daarvan te eet, word vir hulle albei te sterk. Met hulle enigste sikspens koop hulle ’n waatlemoen. Net daar sny hulle hom oop en eet hulle versadig, maar bre darem ’n stuk vir Doom.

    Die feit dat hulle nou geen geld vir groente oor het nie, hinder nie vir Magda nie. Sy ken mos die storie en maak haar rondte met die groot sak.

    By die stadsaal is Doom verras oor die waatlemoen, maar vra tog effens agterdogtig: “Darl, waar het jy die waatlemoen gekry?”

    Voor sy kan antwoord, kom daar ’n vreemde man na Doom en vra: “Is u meneer Hanekom?”

    Magda skrik haar asvaal, want daardie man het sy mos by die mark gesien. Haar woorde borrel ook sommer in een verskrikte stroom uit: “Ja, meneer, en dis ek wat die groente gesteel het. Roep maar die polisie. Ek sal seker veertien dae moet sit, en dan sal julle Colesbergers my mense moet kos gee. Hulle sal darem seker in die saal kan slaap.”

    Sonder om iets verder te s, is die man daar weg en benoud wag hulle verdere verwikkelings af. N ’n halfuur kom daar ’n afleweringsbode met ’n yslike pak by hulle aan.

    Hulle maak die pak oop en voor hulle verbaasde en ongelowige o l dit daar: die helfte van ’n vet Karoo-skaap. Kos in oorvloed vir ten minste veertien dae!

    Sondae was hulle hulle wasgoed in die veld en sprei dit op die bosse oop om droog te word. Die strykysters word oor ’n veldvuurtjie warm gemaak en dan stryk hulle die goed op die dekor. Want, al gaan dit in die geheim nog so broekskeur, voor die mense, en veral op die verhoog, moet hulle altyd onberispelik skoon wees.

    In die nasomer kom hulle op Fraserburg en terwyl Magda en Wena in die straat afstap, gaan Magda botstil staan.

    “Wena, sien jy ook wat ek sien?”

    “Nee, hoe moet ek nou weet wat sien jy al weer?”

    “Druiwe, man, druiwe. Kyk net daardie prieel.”

    “Nou ja, dis nog lig, ons kan nie nou al gaan steel nie.”

    “Nee, maar ek het ’n ander plan. Kom saam.”

    Hulle klop aan die voordeur en ’n ou tannie maak oop.

    “Goeiemiddag, mevrou.” Magda haal weer haar oortuigendste glimlag te voorskyn. “Ons sien hier agter in u tuin het u sulke mooi druiweblare en u weet die saal se verhogie is maar kaal. Kan ons nie ’n bietjie van diie blare kry om in ’n blompot te sit nie? Ons sal vir u twee kaartjies vir vanaand se konsert gee.”

    “O, julle is die kters. Nou maar kom in, dan loop ons sommer deur die kombuis agter toe. Julle kan maar van die blare vat soveel as wat julle wil h.”

    In die kombuis steek die twee in hulle spore vas. Op die tafel l twee brode, pas uit die oond, en die geurige dampe styg nog so uit hulle op. Wena hou haar sakdoek voor haar neus, want daardie lieflike geur is eens te veel vir ’n honger maag.

    In die tuin wag daar ’n groot teleurstelling vir hulle. Daar is nie ’n enkele druiwekorrel nie — net blare, blare, blare en so hier en daar ’n takkie met ’n paar klipharde rosyntjies.

    Hulle pluk toe maar die blare, loop weer by die marteling van die broodgeur verby en gee die tannie haar beloofde kaartjies.

    Sy bedank daarvoor en voeg by: “Op die volgende dorp kan julle by my suster gaan blare pluk. Maar sy het agt kinders. Julle sal dus tien tiekets moet reghou.”

    Een ligstraal is darem die onthale wat die mense dikwels vir hulle n die opvoerings gee. Gewoonlik is daar dan volop toebroodjies en koek en, as hulle gelukkig is, ook sop. Daaraan kan hulle hulle dan weer ’n slag versadig eet.

    Een aand word hulle weer uitgenooi en di aand eet geeneen iets voor die opvoering nie — die groot eet l mos voor! Maar wat is hulle teleurstelling groot toe hulle gasvrou die aand baie selfvoldaan s: “Vanaand kry julle net lekkers en wyn. Julle is seker al so moeg vir koek en toebroodjies!”

In hierdie moeilike tyd probeer die Hanekom-Van Zyl geselskap nog ’n rukkie kop bo water hou met Die Silwer Koning van Henry Arthur Jones en Henry Herman.

The Silver King dateer uit 1882, en word voorgehou as ’n goeie voorbeeld van melodrama. Met hierdie derde stuk het Jones gevestig geraak as dramaturg, en is hy hooggeag deur Bernard Shaw. The Concise Oxford Companion to the Theatre wys daarop dat Jones se werk tans vergete is omdat sy sosiale en morele kritiek nie ’n indringende filosofiese grondslag gehad het nie en ook nie deur humor gered is nie. Hy is twee jaar voor die Afrikaanse opvoering oorlede.

Anna Minnaar-Vos:

    Die publiek hou baie van die stuk en, as dit nie vir die depressie was nie, sou dit seker een van hulle suksesstukke geword het. Maar al sy sakevernuf ten spyt, kon Doom dit op die ou end ook nie meer teen die steeds nypender geldskaarste uithou nie.

    ’n Ander groot kwelling vir Doom in di tyd is dat hy weet dat Magda baie pyn moet verduur as gevolg van ’n gewas. Net ’n operasie sou haar kon genees.

    Magda probeer natuurlik die hele toedrag van sake vir hom wegsteek en sluip dikwels, as die pyn te erg word, stilletjies snags uit die motor waarin hulle slaap om krom-krom in die veld te gaan ronddwaal van pyn. Soms verneem sy so terloops van iemand op ’n dorp: “Hoeveel vra julle dokter vir ’n besoek?” As die persoon dan antwoord: “O, so ’n halfkroon”, dan weet sy dat daardie halfkroon net nie beskikbaar is nie en sy hou maar uit.

Uiteindelik ontbind die geselskap in 1932 en word die Hanekoms se Toneelskool in Bloemfontein gestig.

DIE PAAIE SKEI

Vanaf 1932- 34 is die Hanekoms betrokke by hul Bloemfonteinse Toneelskool en voer 13 stukke op, o.a. Oom Paul.

N Besigheid is besigheid en die skeuring speel Andr Huguenet vir Paul de Groot in Haar tweede man (A. den Hertog) en Geleende geld (Henrik Ibsen). Nadat De Groot in Oktober 1929 na Europa vertrek het, word Andr joernalis by Ons Vaderland in Pretoria. In 1930 speel hy eers in Ampie onder leiding van Stephanie Faure, en daarna vorm hy sy eie geselskap om Mal Hans van Jan Fabricius in 1931 op te voer. In die hoofstuk oor Huguenet word die daaropvolgende produksies ook beskryf: Ampie 2, Genoveva, Johannes van Wyk, Die swart hand, Ek het ’n man vermoor, Haar egskeiding, Die heilige vlam, Die doodvonnis en Gevaarlike huwelik.

Voor sy vertrek oorsee in 1937 het hy en Henritte de Waal ’n ontmoeting met Paul de Groot gehad. In Rhodesi het Paul tydens die verfilming van ’n Amerikaanse rolprent oor Rhodes met ’n vrou getrou kort na hul eerste ontmoeting. Die drie het nou die huwelik in die Carlton in Johannesburg met sjampanje gevier. Huguenet vertel dat Paul stralend gelukkig was. Niemand het egter die vrou ontmoet nie.

Daardie aand het De Waal vir Paul gevra wat sy reaksie is op Andr se sukses en sy “onverklaarbare mislukking van die afgelope jare. Sy antwoord was: ‘Ik beschouw Andr als iets van mijn eigen. Ik heb niets als de grootste bewondering voor hem en zijn’.” Daardie woorde het Andr diep getref, want hy het geweet Paul huigel nie. Hy het Andr se Haar egskeiding drie keer in die His Majesty’s-teater bygewoon, “altyd naby die verhoog in ’n private loge”. Sy kommentaar was vir Andr meer werd “as al die loftuitings van kritici en sogenaamde toneelkenners”.

Heel geheimsinnig en met net ’n kort persberig is “die vader van die Afrikaanse beroepstoneel” per sneltrein na Durban van waar hy per boot na Nederland is. Kort voor die uitbreek van die Tweede Wreldoorlog is hy na Indi, waar hy volgens gerugte oorlede is.

Uit die Hanekom-Van Zyl geselskap ontstaan die James Norval groep. James en sy vrou, Anna Cloete, voer stukke op soos Die verlore siel, Vadertjie Langbeen en Dracula. Anna skryf stukke soos Ou liefde roes nie en Elke hart het sy smart.

Willem van Zyl voer ou stukke uit die Hanekom repertorium op: Onskuldig veroordeel, Die uur van vergelding en Die silwerkoning.

In 1933 onderneem Wena ’n studietoer na Nederland, terwyl Willem met Anton Ackermann en Pikkie Uys Die verstoteling opvoer. In ’n onderhoud vertel sy oor Paul de Groot as vader van die Afrikaanse toneel en dan verder oor toneeltoestande in Suid-Afrika:

    Er zijn thans vier troepen: die van De Groot, het gezelschap Plaat Stultjes, het gezelschap Huguenet en onze troep, het Oorskotjee-gezelschap.

    — Vaste gezelschappen?

    — Altijd op toer. In groote steden een enkele opvoering, maar geen series. Iederen dag een dorp, vaak van dorp tot dorp een tweehonderd, tweehonderdvijftig kilometer. Het repertoire is grootendeels vertaald. Er zijn enkele jonge tooneelschrijvers, maar zij schriijven meer voor liefhebberijgezelschappen. Wij spelen bewerkingen van bekende Afrikaansche boeken als Johannes van Wijk en Bodemvast, enkele Hollandsche stukken, onlangs bijvoorbeeld Het Goudvischje van Van Nouhuys, en een stuk met religieuze strekking valt altijd goed in den smaak. Gewaagde blijspelen zijn niets voor Zuid-Afrika. Maar grootendeels Fransch, Duitsch en Engelsch repertoire.

    — Is het tooneelspelen in Zuid-Afrika met die groote afstanden en primitieve tooneelen niet zeer vermoeiend?

    — Het is zeer hard werken. En inderdaad soms zeer primitief, vaak nog bij kaarslicht; maar in grootere dorpen en steden zijn, ook al weer in de laatste acht jaar, zeer goede zalen gebouwd. Tooneelknechten kennen wij niet. Het werk wordt verdeeld: de een stelt de decors, de ander zorgt voor de reclame, een derde voor het licht en vaak begint men om vier uur te bouwen, speelt, breekt af en reist ‘s nachts verder.

    De Zuid-Afrikaner is een dankbare toeschouwer, die van hartig tooneel houdt. Valt een stuk in den smaak, dan weet men dat ook in de meest afgelegen dorpen. Is het niet bevallen, dan weet men het even snel.

    — Heeft het tooneel subsidie of steun van particulieren?

    — Neen. Wel een belasting van 15%.

    — Levert dat rondtrekken door onbewoond land geen gevaren op?

    — Soms is een rivier van den regen zoo geswollen, dat men er niet door kan en uren laat om moet rijden ...

    — En soms een leeuw? vraagt de interviewer hoopvol.

    — Leeuwen zie je dikwijls, zegt mevrouw Naud, alsof ze het over een tooneelkat heeft. Maar het zijn kalme beesten. Ze maken het je niet lastig, ze zijn heel mak. Den laatste keer dat we door Krugers Wildpark kwamen, zat er een leeuw een wildbeest te verslind op het pad ...

    — En ... ?

    — Dan wachten we even, dan stapt hij weer weg ...

By haar terugkeer voer Wena Die lagduiweltjie op.

WENA EN ANDR IN BY DIE OU MEULSTROOM

Andr Huguenet keer terug van oorsee met ’n spesifieke stuk in gedagte vir ’n volgende reis. In ’n klein Paryse teatertjie het hy “’n onskuldige, fyn romantiese blyspel” gesien. Dit is as Smilin’ Through vir die eerste keer op 30 Desember 1919 in New York opgevoer, met Jane Cowl in die hoofrol. In Vlaandere was die stuk bekend as Leontientje; in Frankryk as Julienne. In Suid-Afrika was dit as die rolprent Smilin’ Through bekend, met Norma Shearer en Leslie Howard in die hoofrolle.

Andr Huguenet (bl. 164):

    My geselskap was tot niet. Ek moes by my aankoms raap en skraap om wat oorgebly het, byeen te bring. Slegs Paula Styger het oorgebly van die speelsters, Cor du Toit en Johan Fourie was die mans en ek moes op soek na ’n hoofspeelster en nog twee aanvullende akteurs gaan. ... Wena Naud het gestrand geraak met haar eie groep en ek het haar genader om die hoofrol te speel. Sy het ook ’n belowende staatmaker by haar geselskap gehad, Johann Nell, en ’n karakter-aktrise Ria Olivier. ... Ons het op Ladybrand ’n maand aan die voorbereiding gewy.

    Wena het intussen veel van die Hollandse houterigheid aangeleer en in haar segging ’n pedanterie wat sy gedeeltelik op haar spelers oorgeplant het. Haar statiese houding en onnatuurlike Afrikaans het my hoofbrekens besorg en ek en sy het ’n eienaardige pas aangegee vir die nuwe geselskap. Paula was steeds ’n ongekunstelde, onopgesmukte boerenooi sonder enige gemanireerdheid of bepaalde toneelpersoonlikheid, terwyl Ria Olivier en Nell ’n slaafse navolging van Wena geopenbaar het. Fourie en Du Toit was negatief maar plooibaar.

    Gaandeweg het Wena se spel aan beheerstheid en besinking gewen en ek het in die samespel met haar baie geleer; selfs haar spraak het weer daardie klankvolle, resonante geluid geword wat ek so bewonder het in Goudvissie van Nouhuys.

Maar Wena vertel in Die Brandwag van 9 November 1973:

    Op hierdie tydstip kom Andr Huguenet terug van ’n toneel-seereis uit Europa. Van sy geselskap was net Paula Styger oor en hy nooi ons drie toe om saam te speel in By die ou meulstroom. Dit was ’n baie gelukkige keuse, want dit het sakke vol geld gemaak. Vir die eerste keer sedert 1928 werk ek en Andr weer saam. Ons het albei baie verander. Ons het ouer en baie minder verdraagsaam geword. Sommer met die eerste oefening was ons haaks. My Nederlandse leermeeesters het my geleer dat daar baie voorbereiding privaat gedoen word en jou spelers moet ’n deeglike besef h van wat van hulle verwag word as hulle vir die eerste keer op die verhoog stap. Ek kon my ore nie glo toe Andr s: “Wena, gebruik die deur links, nee wag, kom liewer deur die middeldeur op. Nee, dit lyk nie mooi nie. Kom ons sien.”

    Opgeruk stap ek vorentoe. “Ek gaan hotel toe, laat my weet as jy besluit het.” Andr was nie in die minste bendruk nie, en sy mening oor my was ook nie juis vleiend nie. In sy Kronieke van ‘n toneelspeler skryf hy: “Wena het te veel van die Hollandse houterigheid aangeleer en in haar segging ... “, ens.

In Die Brandwag van 16 November 1973 vertel sy:

    Andr Huguenet het groot planne gehad vir sy toneelstuk By die ou meulstroom. In die tweede bedryf wanneer die verhaal na vyftig jaar vroer verplaas word, wou hy dit binne ’n raamwerk laat afspeel agter deursigtige gaas met ligeffekte. Hierdie mooi idee moes hy egter baie gou prysgee. Die verho het so baie verskil dat sy “raamwerk” selde gebruik kon word en sy ligeffekte het die kleiner dorpies se kragtoevoer kort-kort onderbreek.

    Die meulstroom het dus maar ’n gewone melodrama geword. Miskien was dit omdat Andr van hierdie illusie beroof is dat hy soms baie onplesierig kon wees. Ek dink aan ’n klein plekkie waar ons opgetree het voordat ons n die Paasnaweek in Oos-London sou wees.

    Daar het die een of ander misverstand tussen hom en Johan Fourie gekom. Johan het gedreig om nog daardie aand n die opvoering weg te gaan. In sy drif het Andr Johan verseker dat dit hom nie die minste kan skeel nie.

    Ek, Paula Styger en Ria Olivier het baiemaal in sulke onplesierige oomblikke maar in my tweesitplekmotortjie na die volgende dorp toe gery. So ook hierdie aand. Johan Fourie is n die opvoering per trein weg. Die rusie tussen Andr en Johan was nog nie uitgewoed nie.

    Aan tafel die volgende dag verwyt Andr toe vir Cor du Toit dat hy (Cor) ook ’n aandeel aan die misverstand gehad het, met die gevolg dat Cor van die tafel af opgestaan, sy goed gepak het en met die eerste die beste trein weg is.

    Andr het ’n traak-my-nie-agtige houding ingeneem net totdat hy die volgende oggend verneem dat die saal uitverkoop is. Dit was ons eerste besoek met ’n toneelgeselskap in Oos-Londen.

    “Wat nou?” wou Andr van my weet.

    Ons het vermoed Johan Fourie en Cor du Toit is by Johan se ouers op De Aar. Ek het soontoe geskakel, maar die twee wou niks weet nie. Ek het die dominee probeer, maar sy antwoord was “Jammer, hulle wil niks weet nie!”

    Andr besluit toe: “Jy sal hulle maar net moet gaan haal, Wena. Hier is tien pond. Ry! Dis ver!”

    Tussen Alice en Fort Beaufort wou ek nog teen een van die bultjies die ratte verwissel toe die hefboom in die proses breek.

    Op Fort Beaufort verseker ’n vriendelike garage-eienaar my dat ek nrens ’n werktuigkundige gedurende die vakansienaweek sou kry om te help nie.

    Met ’n skroewedraaier vroetel hy toe in die ratkas rond en verseker my dat niks gebreek het nie.

    Ek het hom noukeurig dopgehou en n sy vriendelike raad van “Gaan kry nou maar vir jou verblyfplek in die hotel, dan kyk ons mre wat ons kan doen”, s ek vir hom: “Nee, meneer, dankie, maar ek ry nou.”

    En daar gaan ek met die skroewedraaier as hefboom. Afdraande ry ek so vinnig as wat ek kan sodat die snelheid my nog ’n entjie teen die volgende bult uit kan dra; dan maar weer stilhou, met die skroewedraaier in ’n laer rat kom en dan weer aan tot bo op die bult. Dit was ’n spannende en vermoeiende manier van ry.

    Tussen Cradock en Middelburg was ek so moeg — en moontlik half aan die slaap — dat ek ’n bruggie onderskat het en eers tot stilstand gekom het toe die brug se traliewerk die regterhandse voorste modderskerm teen die wiel vasgedruk het.

    Laat di nag klop ek by Johan-hulle se huis aan. Ek moes so ellendig daar uitgesien het dat geen gesoebat of mooipraat nodig was nie. Johan het net ges: “Kom rus ’n bietjie. Ons pak gou ons goedjies in.”

    Ons was betyds vir die Oos-Londen-opvoering. Die volgende oggend het ek en Andr die motortjie na ’n garage toe geneem.

    “Ja, Wena,” s Andr, “dt doen ’n mens vir kns. Die petrol het my tien pond gekos, maar die Vader weet wat dit j gaan kos!”

Andr Huguenet het By die ou meulstroom geskep uit die Amerikaanse en Vlaamse tekste. Die titel is ontleen aan ’n gewilde lied uit daardie jare. Die seunsopraan Philip Theunissen het byvoorbeeld ’n Columbia plaatopname (WEA 248 LE 24) daarvan gemaak, met “Die brug op ons plaas” op die keersy, wat ook die naam van ’n toneelstuk geword het. (Theunissen het vir Andr die seunsrol vertolk in Ek het ’n man vermoor, vol selfvertroue en die ene buigings en klikkende hakke as ’n Duitse hoflike Knabe.)

Oor die “aansteeklike” titel skryf Huguenet (bl.166):

    Dit het geskyn of ek die koormeester geword het van ’n kakofonie ... want die stuk By die ou meulstroom het dadelik aanbiedings soos Die brug op ons plaas, Dit is weer lente, O Boereplaas, Bolandse nooientjie, Hartebeeshuisie, en ’n bonte versameling liedjies en hallelujas oor die land laat stoftrap!

DIE ERVARINGS VAN ’n AMATEURSPELER IN HIERDIE JARE

’n Korrespondent vertel in Die Burger van 12 Februarie 1932:

    Op ’n sekere aand het ons daarin geslaag om die baie stram gehoor aan te gryp. Tragiese spel word gelewer, die mense leef mee en party vee o af. Die teleurgestelde heldin sak op ’n stoel neer en verberg haar gesig in haar hande ... Krulkoppie duik by die voorkant van die verhoog op, en ’n meelydende uitgerekte fooeeeeitog! laat die hele gehoor in ’n skaterlag uitbars.

    Die volgende voorval klink nie na die waarheid nie, tog het dit plaasgevind. Ons was net besig met ’n dramatiese toneel. ’n Bebloede vlugteling kom ingestorm en hy syg uitgeput op die vloer neer ... ’n Oubaas in die gehoor staan op, gooi sy sweep oor sy skouer, en waggel na die verhoog toe. “Wag ’n bietjie,” s hy onderwyl hy die trappies opklim. “Julle is mos nie haastig nie. Ek wil net sien of daardie vent regtig gewond is. Wys vir my die wond, toe,” en hy kom nog nader. Hoogs tevrede wend hy hom toe na die gehoor en kondig met ’n bre gebaar aan: “Mense, hy is wragtie gewond.” Sagkens het ons hom uit die saal verwyder.

’n VERHOOGAANGELEENTHEID UIT HIERDIE JARE

Op 24 April 1933 word toneelgordyne in die “Van alle kante” rubriek in Die Burger bespreek:

    Die voorhang voor die verhoog in die Afrikanerkoffiehuis maak my altyd kwaad. Dit sak met ’n gestommel en gerommel en ’n stadigheid wat ’n mens onveranderlik uit die stemming bring. Waarom het hulle dan nie ’n skuifgordyn geneem wat in die eerste plaas ’n artistieker indruk maak nie? Verder sou dit ook die voordeel h dat ’n mens nie die spelers, wat ons ontroer het, stadigaan sien inkrimp totdat op die ou end, baie illusienemend n ’n goeie spel, net die bene oorbly nie.

    Dan het die gordyn in die Koffiehuis die slegte gewoonte om ’n oomblik te aarsel alvorens ook die onderdane van die kunstenaars aan ons oog onttrek. ’n Skuifgordyn sou in elk geval stuk vir stuk die spelers afsluit totdat ten slotte net alleen nog die hoofpersone oorbly om ook deur die gordyn afgedek te word. “Van alle kante” hoop altyd nog dat die Koffiehuisbestuur tot ’n behoorlike skuifgordyn sal oorgaan. As daar ’n kollekte onder die kunsvriende gehou word vir hierdie doel, belowe hy sy bydrae. Hy koop daarmee sy voortdurende ergenis af, ook di om teen die weersinwekkende voorgordyn aan te kyk.

DIE BRUG OP ONS PLAAS

In Dagbreek en Landstem van 21 Desember 1961 word ’n toneelherinnering van Wena oorvertel:

    Tydens die 1939-1940-toer met Die brug op ons plaas het Wena se moeder ernstig siek in Dullstroom geword. Sy was toe reeds 68 jaar oud.

    Gedurende skoolvakansies het die geselskap min toneelstukke opgevoer. Gewoonlik het hulle dan deur die Krugerwildtuin gereis en nuwe stukke instudeer.

    Daardie Junie het hulle weer so gemaak.

    Terug van die Wildtuin het hulle op Nelspruit aangekom. Daar sou hulle die eerste opvoering gee.

    “Maar al die tyd het ek ’n voorgevoel gehad dat iets gaan gebeur,” vertel Wena. “Op Nelspruit het my man, Willem van Zyl, by die kantoor van die toneelorganisasie aangedoen om te verneem na ons plekbesprekings en ons vooruitsigte vir die aand se vertoning. Ek het buite in die motor vir hom gewag.

    “Toe hy terugkom, s hy vir my dat dit nie goed gaan op Dullstroom met my moeder nie. Sy woorde was: ‘Ek dink ons moet vanaand maar kanselleer en deur ry.’

    “Ek vertel hom toe dat ek so pas verneem het dat my moeder oorlede is; dat ons vanaand sal speel en n die vertoning sal deur ry.”

    Die nuus van haar moeder se dood en die feit dat die opvoering sal voortgaan, het soos ’n veldbrand deur die dorpie getrek.

    “Toe ons die voorgordyn die aand optrek, hang daar om elke voetlig ’n kransie — ’n gebaar van meegevoel van die publiek.”

    Maar dit was nie al nie.

    In die toneelstuk verwys die hoofdame gedurig na haar moeder — en Wena het die rol van die hoofdame daardie aand vertolk.

    Elke keer wanneer Wena in die toneelstuk na die moeder verwys, was daar ’n snik in haar stem — en die gehoor het saam gesnik.

    Na die opvoering is sy en Willem van Zyl na Dullstroom.

    “Oudergewoonte is ons deur my pa met ’n kersie ingewag. Soos altyd was die groot ou eetkamertafel gedek en het die afval warm op die stoof gestaan. Nie ’n woord is gepraat nie. Geen gebaar van simpatie nie. Ons het almal gaan aansit. Di wat kon eet, het geet. Daarna het Vader met sy kersie vir ons na die kamer geneem waar Moeder gerus het.”

Die brug op ons plaas was blykbaar kunsgewys nie geslaagd nie. W. Kempen (vermoedelik Willem Kempen, die taalkundige) skryf in Die Burger:

    Die brug op ons plaas is Vrydagaand met bedroewende sukses op Stellenbosch opgevoer deur die Wena Naud-Willem van Zyl geselskap. Bedroewend was sowel die inhoud as die verwerking daarvan en die uitwerking daarvan op die publiek, die spel van die geselskap inbegrepe.

    Die verhaal is kortliks soos volg: “By die brug op ons plaas” begin daar ’n liefdesverhouding tussen Dawid de Wet en ’n bosveld-nooientjie wat later ’n beroemde danseres, Deloryse, word. De Wet gaan weg, trou ondertussen met ’n aristokratiese tipe vrou, mevrou De Wet Marais, en by sy terugkeer na agt jaar vind hy dat daar vir hom ’n buite-egtelike seun by Deloryse gebore is. Om sy ou liefde vir Deloryse, en uit teleurstellings dat sy eie vrou geen kinders wil h nie, asook om die lieftalligheid van die seuntjie, wil hy hoegenaamd nie van die kind afskeid neem nie. Na ’n stryd tussen De Wet se vrou en Deloryse besluit laasgenoemde om in die hoogste belange van haar kind hom aan mevrou De Wet toe te vertrou; sy l haar betrekking as danseres neer en vertrek na ’n verre, eensame bestemming. Twintig jaar later, nadat De Wet en sy vrou oorlede is, vind die seun vir Deloryse en ontdek dat sy sy moeder is.

    Die stuk sit vol van hoogs interessante gegewens, met veel menslikheid, liefde, onbegrip, twyfel, kinderlike onskuld wat nie moeilikhede raaksien nie, maar die probleme is nie klaar, end-uit gedink nie; hulle word ten slotte almal met ’n patetiese draai omseil. Die slot is onmoontlik; vooraf, tussenin en aan die end is daar stukkies uiters beroerde en erg wankele sangpogings, daar is lang stukke heel onbelangrike toesprake wat onoortuigend “ges” word, ens., ens., maar tog was dit baie duidelik: die publiek het daar veel van gehou.

    Die publiek het uitbundig gelag en dik knoppe gedeeltelik weggesluk en gedeeltelik lekker uitgehuil, die publiek was kennelik aangedaan — ’n egte suksesstuk, waarvan ’n mens goed begryp dat die publiek dit graag sien en bly voel dat hulle dit nie misgeloop het nie.

    Wie egter hor eise stel dan maklike beweegbaarheid tot lag en huil, sal teleurgesteld wees. Want di spelgehalte was weliswaar nie laer dan die van ander geselskappe nie, maar werklik goeie spel het ook ontbreek. Wena Naud het uitgeblink bo die res, maar ook sy het teleurgestel. Sy het bv. een van haar getrouste vriende sowat twintig jaar nie gesien nie, en as hy haar dan opsoek, sit sy langs ’n tafeltjie by hom verby en gesels gehoor toe! ... Willem van Zyl moes gemoedsaandoenings vertolk met weinig woorde, en veral met gesigspel en ’n belade stem — hy het nie veel daarvan reggekry nie.

    Retha Aveling was “te bewus van spel en publiek”; Babs le Page (mev. De Wet Marais), Louis Steyn en J.van Niekerk het almal swak gespeel.

    Lieftallig, maar ook reeds toneel- en spelbewus was klein Nilo van Zyl, Wena Naud se dogtertjie, in die rol van die klein seuntjie.

    Om alles in een sin te s: dit is ’n onklaar stuk wat met weinig werklike spel meer vertoon en bygesing dan oortuigend gespeel word.

Dit is geen wonder dat daar soveel besware was nie as ’n mens die voorafgaande gebeure in ag neem. Wena vertel daarvan in Die Brandwag van 22 November 1973.

    Die jaar 1938 het nie vir my op ’n baie gesellige noot afgesluit nie. Ek moes letterlik op ’n operasietafel oornag — die eerste groot operasie van ’n reeks wat daarop gevolg het. Terwyl ek toe in Dullstroom aansterk, het die gewone roetine van geselskap saamstel, reisplan rel en so meer, begin. Ek besluit op Woman to woman [deur Michael Morton; eerste opvoering in Londen op 8 September 1921] en doop dit Die brug op ons plaas, ’n roerende liefdesdrama met die klem op moederliefde. Daar was nou eerlik nie ’n enkele sin wat selfs net ’n glimlag op jou gesig kon bring nie ... net trane.

    Die geselskap moes met die oog op sang en musiek saamgestel word. Louis Steyn vir die klavier, Japie van Niekerk en Babs le Page vir sang en klein May Hattingh die rede vir die groot moederliefde.

    Soos my gewoonte was, neem ek weer die ondergeskikte rol en laat Babs la Page die hoofrol instudeer. Ons toerbus het teen hierdie tyd al beter dae geken. Geldjies was nie te volop nie. Selfs met die plakkate moes besuinig word.

    Van The Lydenburg News het ek ’n aantal kaarte gekry en ’n paar botteltjies drukkersink. Eiehandig het ons toe ons plakkate en vensterkaarte vervaardig, en ons was nogal trots op hierdie poging van ons, maar nie ons plekbespreker nie. Pietersburg is vir die opening gekies. Sommer met die inryslag roep ek uit: “Hou stil, asseblief. Sien julle wat ek sien?”

    “Hmmm,” kom die antwoord in ’n koor. Pragtige netjiese plakkate in twee kleure gedruk!

    Met my instap in sy winkel vra mnr. Diemeer: “Het jy die plakkate gesien?”

    “Ek het, ja, maar wat van die onkoste? En hoe lyk dit met die besprekings?”

    “Toe maar, toe maar, ek het die besprekingsplan al ’n week gelede onder die toonbank ingesit ... vol bespreek, nie plek vir ’n muis nie!”

    Normaalweg sou dit wonderlike nuus gewees het, maar ons was nie heeltemal “reg” vir so ’n eerste aand nie. Hals oor kop moet daar nou ’n plan gemaak word. Ons maak gou ’n groot swart netdoek met satynstroke om die “brug” voor te stel. Die mensliewende opsigter laat ons toe om op die verhoog te werk en in die klein uurtjies van die mre hang die gordyn. Net ’n bietjie rus en dan terug om nog weer die spel na te gaan.

    Hier kry ek toe die skok van my lewe. Babs le Page — in plaas van in haar rol op die verhoog te stap — kom na my toe, doodsbleek, elke oog so groot soos ’n piering. “Juffie, ek kan nie ... ek kan niks onthou nie!”

    Net n kyk in daardie gesig en ek het besef sy’s reg, sy kan nie! Ek staan van aangesig tot aangesig met verhoogvrees. My eerste kennismaking met hierdie gevreesde gewaarwording en tot op hede my enigste!

    Lam tot in my voete probeer ek kalm lyk en paai Babs: “Nou ja toe maar, ons ruil dan maar net rolle om.” Dit het hoegenaamd geen verandering in haar uitdrukking gebring nie — trouens, sy het ’n week later eers weer normaal gelyk! Dit was van pure groot skrik maklik gestel dat ons rolle moet omruil ... en daar was nie meer ’n volle dag oor nie! Teen vieruur die middag besef ek ek kan nie. Wat nou? Ek raadpleeg Japie en Louis. Ons is dit eens dat die opvoering nie s aangebied kan word nie. Maar wat nou? Ons kan dit mos nie sommer net so kanselleer nie.

    Ons kom toe op di blink idee. Die knip van die toerbus se regtervoordeur was stukkend en ons het die deur met ’n skuif aan die binnekant toegemaak. Aan die bopunt van die straat is ’n effense kromming by ’n eilandjie net voordat jy by die stadsaal se hek indraai. Nou moet ek net hier, as die deur oopswaai, op die eilandjie uitval en dan toneel speel soos nog nooit in my lewe nie ... en daarvandaan moet ek hospitaal toe!

    Willem was intussen ’n sakeman in Pietersburg en hy was net op pad na die stadsaal toe. Ek moes Willem f raakry f die rem trap. Willem wou niks van die opvoering kanselleer hoor nie. Hy sal ons so voors dat ons elke woord kan volg.

    Die sangnommer was ’n groot sukses, en net daarna word die gaasgordyn met die “brug” weggeskuif en Babs le Page — nou in my rol — moet haar verskyning maak. Sy kom op die verhoog, gryp die eerste stoel wat sy in die hande kon kry, en gaan sit dit styf teen die gordyn waar Willem staan om haar voor te s. Dit maak nie saak watter bewegings die rol vereis nie ... Babs sit waar sy sit. Met ’n vinnige handbeweging vryf sy aanhoudend haar los hare agter haar oor in en fluister: “Ek kan nie hoor nie! Ek kan nie hoor nie!”

    Ek kom op — nou in die rol wat Babs moes vertolk het — ek praat. Babs antwoord nie. Ek ken die woorde, want ek het dit mos geleer. Dus antwoord ek maar self. Ek maak swaaie en draaie, danspassies en probeer selfs tussen-in sing (iets wat ek glad nie kan doen nie). Willem blaai vorentoe, hy blaai terug, hy kan glad nie die bladsy kry waar hierdie vreemde dialoog is nie. Selfs die arme mej. Hattingh raak haar wysie kwyt en toe haar “toneelvader” sag voors: “Say, is jy my pappie,” antwoord May kliphard: “Yes, I know.”

    En tog, toe die gaasgordyn met die “satynbrug” toeskuif en Japie en Babs die eerste note van “Die brug op ons plaas” sing, staan die hele gehoor op en sing uit volle bors saam. Met Die Brug word ons toe die eerste toneelspan om Noord- en Suid-Rhodesi te besoek.

DIE LATERE JARE

In 1954 ontvang Wena ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns.

Onder regie van Andr Huguenet speel sy in Junie 1955 die huishoudster Rebekka West in Henrik Ibsen se Die wit perde van Rosmersholm. Met haar “ingeto, kalme en natuurlike spel het sy die drama fokus gegee. Haar stemgebruik (sy beskik oor ’n soetvloeiende stem) het die stempel geplaas op ’n suiwer en groot vertolking.”

Op 20 Maart 1964 kuier ’n joernalis van Die Brandwag in die kleedkamers voor ’n aanbieding van Mikro se Bruidjie Dit en Bruidjie Dot. As “Tipiese Gehoor” ondervra hy die veteraanaktrises wat bymekaargekom het vir die aanbieding. Hy probeer om die persoonlikhede voor te stel.

    TIPIESE GEHOOR: En waarom verkies jy drama b blyspele, Wena Naud? WENA: Jou komedie is tot ’n groot mate afhanklik van die gehoorreaksie. Dit wissel en daarmee ook die peil van jou werk. Maar in die drama kan jy deurgaans ’n peil handhaaf. Jou gehore benvloed jou nie soveel nie. TIPIESE GEHOOR (erg slinks): En wat is jou mening van plattelandse gehore, Wena Naud? WENA (op haar gemak): Die rypheid van hul smaak steek geensins af by di stedelike gehore nie. Veral in die afgelope jare is groot opvoedingswerk in hierdie opsig gedoen. TIPIESE GEHOOR (verward): Ontstel swak gehoorreaksie jou, Wena? WENA (lankmoedig): Die dankbaarheid van die publiek bendruk my altyd. Maak asseblief die deur agter u toe, wanneer u loop ...

Op 30 April 1964 bring digter W.E.G. Louw, redakteur van Die Burger se kunsblad en gedugte toneelkritikus, hulde aan Wena Naud:

    ’n Ruiker vir Wena

    Hr soort spel het seldsaam geword

    Met die toneelkuns is dit seker soos met lle ander. Party mense is gebore spelers. Hulle het ’n natuurlike gevoel vir die toneel: die wyse waarop hulle beweeg, hul staan en sit, lles kom vir hulle so natuurlik as vlug vir die vol. Di natuurlike gawe kan natuurlik deur goeie opleiding ontwikkel, en deur die ervaring tot ’n vaste en betroubare tegniek gestabiliseer word.

    Ander het dit net nie. Aan hulle is daar in laaste instansie geen salf te smeer nie. Ja, miskien kan hulle met opleiding min of meer geroetineerde rolsers word, maar die groot rolle en die ontroering wat druit spreek, sal altyd vir hulle ’n verborgenheid bly.

    Dis nou baie jare gelede dat ek laas — behalwe, meen ek, af en toe in ’n rolprent — Wena Naud op die planke gesien het. As ek my reg herinner, was dit destyds in die ligte, maar so menslike Ek onthou vir Mamma. Maar toe ek haar eergisteraand in die Hofmeyr wr gesien het, het ek haar dadelik as ras-aktrise herken.

    Of die rol van Kniertje in Heyermans se Op Hoop van Sen werklik een van die groot tragiese rolle van die Westerse toneel is, daaroor sou ’n mens, glo ek, kan verskil. Dit s aandoenlik, dit gryp ’n mens aan die hart di gelatenheid, di onderdanigheid teenoor vermeende “meerderes”, di skaarse opstuiwings in eie kring.

    Maar daar is, eintlik ges, weinig skakering en geen ontwikkeling in di rol nie. Nogtans bied dit volop speelgeleentheid.

    Daarom het ek geboeid gesit en kyk na hr, geluister na elke intonasie van di stem en in haar ’n aktrise herken wat speel soos die vink of die rooivlerk-spreeu sou vlieg — natuurlik, moeiteloos, byna onnadenkend, maar rg van oomblik tot oomblik.

    Daarom het my oog en my oor telkens hr uitgesoek tussen alle ander, deur wie sy van tyd tot tyd omring is.

    Wena Naud, wat in haar tyd, meen ek, om den brode ook baie minderwaardige rolle moes speel en swaar gekry het om die pot aan die kook te hou, is ’n aktrise wat ons nog nie na waarde skat nie.

    Die wyse waarop sy haar stem gebruik, di spontane vermo om met stemnuanses as ‘t ware elke flikkerinkie van selfs so ’n afgesloofde ou siel as Kniertjie s’n weer te gee, is iets wat seldsaam geword het op ons verhoog.

    Gebruik ons haar reg? Moet ons nie, noudat daar uit die ontsaglike rykdomme van ons land uiteindelik ook geld beskikbaar gekom het vir die toneelkuns, haar gebruik vir di soort rolle, waarin sy as voorbeeld en besieling kan dien vir ’n hele nuwe, jong geslag van spelers en speelsters nie?

    Wie ore het om te hoor, moet hoor.

In September 1964 speel Anna Neethling-Pohl saam met Wena in Pirandello se Die lewe wat ek jou gegee het. Anna het baie moeite gedoen in haar voorbereiding vir die vertolking van Donn’ Anna. Sy het haar “ure lank opgesluit in ’n donker kamer en in Donn’ Anna se lewe probeer dring. Ek het gevoel dat sy in ’n skemerwreld beweeg, byna soos ’n half-blinde, en ek het ook tussen die meubels in die halfdonker probeer om, self ’n skaduwee, saggies maar vinnig te loop.” Sy verower die Drie Blare- en die Johannesburgse Gallery-klubprys as Donn’ Anna.

Sy beskryf in Dankbaar die uwe, bl. 181 ’n aand in die dameskleedkamer tydens die TRUK-speelvak:

    In ons dameskleedkamer was dit saans altyd baie stil. Wena het uit eie keuse heeltemal eenkant doodstil gesit en grimeer voor haar pragtige grimeerdoos; Elsa [Fouch] het met vinnige bewegings aangetrek en gaan sit om te grimeer asof sy plaas neem in ’n deftige salon, en sy het liggies gegrimeer en gebabbel; Kita [Redelinghuys] het gou aangetrek en baie effens gebruik gemaak van hr grimeerkissie en gaan sit, ook eenkant, soms gelees, soms met ’n ernstige opgeskroefde gesiggie een of ander stukkie dialoog tussen ons bespreek. Ek was gewoonlik reeds klaar teen die tyd dat hulle gekom het en het in my hoekie deur my teks geblaai.

    Wanneer die stuk begin, is daar vrouens op die verhoog. Hulle kniel en kyk na die oorkant-souffleurskant na ’n oop deur in die kamer waar Donn’ Anna se enigste seun op sterwe l. James Norval as die ou tuinier kom op die verhoog, hoed verle in die hand en gaan ook stywerig op sy knie.

    Intussen staan ek bewo na James se ontroerende spel en kyk. Langs my staan Francois [Swart] en Wena. Hulle moet as die priester en my suster nou vir die wagtende mense gaan s dat die seun dood is ... dus baie ernstig. Maar nie Francois nie. Hy moet hoorbaar priesterlike woorde in Latyn s en sy gemompel was beslis oortuigend, maar wt hy nie alles kwytgeraak het nie! Wena het haar sakdoekie byna in haar mond gedruk! Soms het haar blou o helder geskitter soos sy haar lag bedwing, maar, groot kunstenares soos sy is, het sy sekondes daarna droewig-ernstig op die verhoog verskyn, en die stouterd, Francois, ook volkome in sy rol!

    N enkele minute moes ek opgaan. Ek het my ore toegedruk, my o toegemaak en aan my donker kamer van die repetisies gedink, en daarop gekonsentreer sodat ek al die ander grappige dinge kon uitvee.

    Vertolking is nie maklik nie, het ek dikwels ondervind, en ek is nie so ’n natuurlike speler soos Wena of Francois nie.

    Alles wat ek in my lewe doen, moet ek bewus aanpak en repeteer en uitprobeer en weer oordoen. Ek kan my positiewe op die verhoog behou, soos die aand toe Leonora [Nel?] in die binneplaas gestaan en rook het en vergeet het om my in die rede te kom val. Toe het ek haar maar ongeduldig en hard geroep, maar ek hou nie daarvan om vr ’n opvoering of tussen-in of gedurende ’n pouse, gesteur te word nie. Die werk moet eers sy kringloop vir die aand voltooi.

In die Sarie Marais van 24 September 1975 skep Roy Niemann ’n helder beeld van Wena as aktrise n mens:

    ’n DROOM! ’n DROOM! MY LEWE VIR ’n DROOM!

    Dit is herfs in Rossmore, sonnig maar met ’n yskoue wasempie in die lug.

    Nou is die somer ongetwyfeld verby: die jaar s ryp en wag in okertinte en haagdoringrooi om gepluk te word.

    Die groot ou huis met sy voorstoepe en systoepe en agterstoepe l toe in die bevryde tuin: omgekantelde baksteenpilaartjies, toegegroeide visdammetjie, vervalle somerhuisie, vergete voornemens ... en ’n woonplek vol wonder ... huis, paleis ...

    “Die somerhuisie moet ook weer op sy bene gehelp word,” s Wena Naud en stryk oor haar hare: die besoek waarna ek so uitgesien het, het aangebreek.

    Ek was ’n droomverlore snuiter toe ek Wena Naud die eerste keer ervaar het. In ’n kerksaal op ’n dorpie sonder grasie was dit waar sy haar eie vertaling en verwerking van Madam X kom aanbied het. Dit was nog ’n fout van Lana Turner om die rol te gespeel het nadat Wena dit gedoen het. Vir my altans. Melodrama van die eerste water of te nie; tranemelker of te nie, n daardie aand in die kerksaal met die aanbieding van Waar vergiffenis kon red het Wena my aan haar voete gehad. As die madam X van Vergiffenis het sy haar gehore meegesleur met ’n onafwendbare kragtoer.

    Baie jare later het ek haar in ’n behoorlike (toe nog) teater in Kaapstad dieselfde kragtoer sien uithaal in die rol van Kniertje in die stuk Op hoop van sen. As ’n Afrikaanse aktrise al ooit ’n verhoog met haar medespelers skoon gevee het, dan het Wena dit destyds met ’n ieder en ’n elk van die spelers in Op hoop van sen gedoen. Teen haar kolossale spel as die klein verlore moedertjie het al die ander spelers in die niet van die syverhoog verdwyn en sy het alleen oorgebly om die stuk na sy einde toe te dra.

    Wena is nou nie meer so jonk nie: einde van die jaar sal sy sewentig jaar oud wees. Vir alle ander mense behalwe Wena Naud is dit die ouderdom waarop jy definitief en finaal aftree as jy dit nie tien jaar gelede al gedoen het nie. Wena gaan nou ’n nuwe fase van haar loopbaan begin.

    Haar eerste beeldradiostuk sal moontlik vertoon word en Swaruk het haar ’n kontrak aangebied wat elkeen van die jonger spelers haar sal beny, maar die pad wat sy oor meer as ’n halwe eeu geloop het — somtyds was dit letterlik gelp — maak dit niks meer as reg dat sy vertroetel word nie.

    Dit was in September van 1925, presies vyftig jaar gelede, dat sy ’n gehoor in die saal van die Premiermyn naby Cullinan geheel en al oorrompel en die liefling van Afrikaanse gehore geword het. Die stuk was Oorskotjie en haar vertolking sal altyd in menseheugenis wees, maar: “Wat peuter almal so met Oorskotjie?” roep Wena uit. “Dit was nie die eerste sukses nie. Voor Oorskotjie was daar Huis toe, ’n baie groter sukses as Oorskotjie.”

    Maar wat help dit om teen die prikkels te skop, Wena?

    Dis Oorskotjie wat jou op die vreemde landkaart van die Afrikaanse toneelwreld gevestig het. En vandag en mre en hierdie jaar vier ons almal wat jou liefhet en waardeer jou goue jubileum op die verhoog! En jy vier dit saam met ons, newwermaaind Huis toe! Maar ons kan hom ook vier, want ons sal hoeka deurdruk dagbreek toe en later in die oggend sal jy nog die ou mense in die ouetehuis ook gaan plesier met jou spesiale konseert vir hulle. Wat maak dit dus saak wat ons vier?

    Sedert 1947, toe Wena Naud haar eerste filmrol in Sarie Marais vertolk het, tot op hede, het sy al in 34 — teen hierdie tyd miskien al 36? — rolprente opgetree. “Ek geniet rolprentwerk geweldig baie. Hulle (die filmmakers) behandel my so goed. N elke rolprent is ek skoon siek soos hulle my voer. Die ander spelers ook,” s sy.

    In Hans-die-Skipper het sy teenoor Andr Huguenet gespeel en ondanks die film se voor die hand liggende swakhede het Wena seker een van haar sterkste dramatiese filmrolle vertolk. Sy was die dwarse Hans se onderdanige vrou wat verskeur raak tussen die twee liefdes van haar lewe: Hans, haar skipperman, en Johan, hul seun.

    Deesdae speel sy komedierolle wat uit die oogpunt van genotvolheid seker bo sterk dramatiese rolle verkies word, maar ’n mens wil haar weer so graag sien in ’n rol soos di waarin sy haar loopbaan begin het en wat langs die pad oor vyftig trekjare telkens die hoogtepunte van haar loopbaan gevorm het.

    Nou dat Wena waarlik ryp is soos die jaarkring waarin ons by haar besoek afl, wil ons haar weer ’n kragtoer sien uitvoer wat hard sal slaan en sy trillings ver en wyd sal laat voel.

    Sy moet haar eie monument bou, want dis al monument wat standhou.

    Wena Naud was een uit ’n gesin van ses kinders. Sy was die jongste en verlangs familie van die skilder Hugo Naud.

    In haar veelbewo lewe was sy, buiten aktrise, ook pruikmaker, amper-kraamverpleegster, handelsreisiger in skryfbehoeftes en kantoormeubels, ontvangsdame, matrone en strokiesverhaalkarakter. Tydens laasgenoemde tydperk was sy eens die karakter Janet, ’n onaangename mens, in ’n Willie van Rensburg-verhaal. Op ’n dag koop sy toe die betrokke tydskrif by ’n joggie op die hoek van die straat. Hy kyk haar so skeef aan en vra: “Mies, is mies Janet?”

    “Ja,” s Wena.

    “Sis!” spuug hy sy veragting uit.

    Sy was twee keer getroud en twee keer geskei, maar dis terugslae waaroor sy nie graag gesels of uitwei nie. Vra jy te snipperig uit, praat sy jou dood. Dis van die private pyne van die hart wat jy maar liewer privaat hou.

    Daar was ’n tyd toe haar dogter, Nilo, uit haar eerste huwelik met Willem van Zyl ook toneelspeelster was. In minstens twee opvoerings het Nilo die rol van haar ma se dogter vertolk, nl. in Ek onthou vir Mamma en in Waar vergiffenis kon red. Nilo het haar baie goed van haar taak gekwyt, maar op die ou end het sy getrou en haar eie gesinnetjie gekry en hulle grootgemaak.

    Nou probeer Wena se dogter maar so onopsigtelik moontlik stukkies van haar moeder se belange behartig, maar Wena is ’n selfstandige mens, koppig ook nogal — hoe anders sou sy die eerste toerjare in Suid- en Suidwes-Afrika kon oorleef het? — en sy behartig haarself self! En basta!

    As daardie eerste jare van die toneel in Suid-Afrika dan so verskriklik moeilik was, waarom het mense soos Wena Naud voortgegaan?

    “Ek weet nie,” s Wena, “maar ons het! Seker maar omdat ons ... verliefde dromers was ... “

    Al die swaarkry, al die teleurstellings het die lekkerkry en die suksesse soveel groter en intenser gemaak. En die ding is as jy so gebore is om ’n ding te moet doen, dan moet jy hom doen!

    Kaalbas op die verhoog?

    “Nee wat, dis mos regtig nie nodig nie! Dit laat jou net in verleentheid beland. Ek beskou dit as simpele oppervlakkigheid en sensasiesoekery. Hulle buit die ligsinnige toneelganger se onkunstige sug na sensasie uit of verdoesel swak spel en/of ’n swak toneelstuk agter ’n kaal lyf of twee. Maar ek glo — en dis belangrik! — dat daar by die meeste toneelliefhebbers nog daardie gevoel vir en begeerte na die dieper en ernstiger dinge is.”

    Haar rol in Goudvissie is die een wat sy die meeste geniet het. Dit s sy dadelik wanneer jy vra. Haar grootste teleurstelling as aktrise was die dag toe sy moes erken dat Gordon Daviot se stuk Die laggende vrou wat Wena vertaal en op toer geneem het, nie geslaag het nie. Die Afrikaanse toneelpubliek was nog nie daarvoor gereed nie. Dis dieselfde teks waarop Ken Russell sy onlangse film Savage Messiah gebaseer het. Dis ’n vrye vertolking van Henri Gaudier en Sophie Brzeska se verhaal. Selfs Russell se weergawe kon nie oral gunstige reaksie uitlok nie.

    Wena is al baie jare met ons, maar sy het nie veel verander nie: ’n bietjie gekrimp miskien, ’n bietjie verkleur miskien, ’n bietjie baie slimmer geword. Die geesdrif en die lewenslus, die lewensvreugde en die optimisme oor die mre wat elke dag net ’n dagreis verder is, is nog dieselfde. Jare en jare gelede was dit juis daardiie onvernietigbare elemente wat haar die terugslae laat oorleef het, wat haar elke keer weer ’n vastrapplek laat kry het vir ’n nuwe begin: ’n nuwe toer, ’n nuwe huwelik, ’n nuwe loopbaan. En nou, op die ou end, is daar tog geen berou nie. Alles is ondervinding.

    “My ryk lewe,” noem sy dit. “Maar ’n mens moet godsdiens h,” s sy. “Jy moet glo en weet. Dis belangrik.”

    In haar woonstelletjie aan die suidekant van die groot huis in die herfstige tuin is daar baie herinneringe in die plakboeke en programme en bric-a-brac — en ’n bedorwe wit langhaarkat, ’n troetelkind ter wille van wie sy nog haar eie motortjie aanhou sodat die kat oral met haar kan saamry en nooit agtergelaat hoef te word nie. Voorheen was daar hondjies en ander katte. Ook hulle kom en gaan ... Dis dan die hede en die verlede wat ’n mens daar in die woonstel kry.

    Vir eers die hede: Wena self, die bedrywigste film-, beeldradio- en radiospeler in die land. Die oudste ook miskien? ’n Kontrak vir ’n toer in Suidwes-Afrika; ’n draaiboek vir ’n nuwe speelfilm; ’n afspraak om ’n klompie oues van dae te gaan vermaak. Dan die verlede in plakboeke en foto’s en snuisterye en die herinneringe wat nrens opgeteken sal word nie, maar wat uitspoel omdat daar so baie, baie is: goed en sleg.

    Maar dis mos goed om so af en toe die herinneringe uit te haal en onbevange te kyk met ongenadige o ...

    Wena is op haar hoede — daardie triek moes sy vroeg al leer — maar tog betrap jy haar op nostalgie soos toe sy ons na haar werkkamer-cum-garage-cum-bergplek toe neem. Al die “tools” van haar “trade” sien jy daar: rakke met botteltjies haarstringe; gom en gaas; foto’s en plakkate; ’n spiel en ’n skr; boeke en kleurstof en albums en gehawende reistasse en dan: ’n foto van oubaas Naud, haar vader. Toe word haar o baie sag en ver en sy vergeet net vir ’n oomblik dat sy nog aan ‘t vertelle was ... van al die wonderlike akteurs en aktrises wat sy geken het; die wonderlike gehore; die wonderlike hotel- en losieshuismense op dorpies en gehuggies in die land van toe; die wonderlike wreld van die verhoog; die wonderlike, wonderlike lewe wat voluit gelewe moet word sodat daar nooit, nit enige naberou sal wees oor ’n onbesonnenheidjie van ’n mens se menslikheid nie.

DIE SLOTTONEEL

Volksblad 7 September 1978

    Wena Naud (72), liefling van die Afrikaanse toneel, word Vrydag in Johannesburg veras.

    Volgens mev. Nilo Mostert, enigste dogter van die oorledene, het haar ma lank terug reeds gevra om veras te word en het sy dit selfs in haar testament genoem. Sy het ook gevra dat haar as in ’n rivier gestrooi word omdat haar hele lewe ’n diens aan die ganse Afrikanervolk was en slegs ’n rivier kan haar as deur die land laat vloei. Mev. Mostert weet nog nie watter rivier sy sal kies om haar ma se as in te strooi nie.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.