Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bloem weer bevange en befees

Klik hier vir alles oor die Volksblad-kunstefees!Jean Meiring (JM) het vyf vrae gestel aan Doks Briers (DB), organiseerder van die Volksblad-kunstefees, wat van 14 tot 18 Julie vanjaar in Bloemfoentein plaasvind.

JM: Wat is vanjaar se feeshoogtepunte? Die top vyf.

DB: Dit is baie moeilik om 58 topproduksies te reduseer na vyf! Dit lyk egter tog, as mens so om jou luister en kyk, asof die volgende vyf tans voorloop op die gewildheidslys:

  • Nataniël
  • Straties
  • Op die Vrou af
  • Jannie, Dozi en die Afrika Mama's
  • 4

    'n Tweede lys sou kon.

    JM: Wat was vanjaar se groot kopsere? Of het als so glad soos seep verloop?

    DB: Geld! Geld! Geld! Geld! Geld! (Gebrek aan ...)

    JM: Watter verbeteringe is daar in die fees vanjaar bo verlede jaar?

    DB: Infrastruktuurgewys is ons tegniese voorbereidings strate beter as verlede jaar; ons program beskik vanjaar oor heelwat groter produksies, word versterk deur die insluiting van sterk internasionale elemente; die finalé van die Sanlam-dramapryskompetisie; en die vyftal splinternuwe produksies wat hier open.

    JM: Julle boekefees klink uit die boonste rakke. Is dít een van die eienskappe wat die Volksbladfees besonders maak? Lees die Vrystaters? Wat?

    DB: Ons heg groot waarde aan die Boekekraalprogram, ja, en hopelik dra die program by tot die plesier van ons fees. Vanjaar het ons allerhande gesprekselemente ingebou en word daar tot met Brian van Rooyen gesels oor skrums wat platval! Dit behoort 'n hele klomp nuwe feesgangers - newwermaaind lesers - te werf!

    JM: Wat is die pad vorentoe vir die fees?

    DB: Die kunstefees-omgewing is 'n baie kompeterende een, en in Bloemfontein amper meer so as elders. Ons pad vorentoe is die pad waarop ons begin het: die uitbouing van 'n eie identiteit waarin gehalte te alle tye beskerm moet word en die oortuiging dat daar uit dit alles groot plesier vir die feesganger gegenereer sal word. In kort: 'n befeesde pad!

    JM: Dankie, Doks. En LitNetgangers moet gerus hul oë oophou vir die resensies wat Carin van Vuuren, soos verlede jaar, van die fees sal instuur.

    Klik hier om die Volksbladfees se webblad te besoek.



    LitNet: 12 Julie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.