Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Vloek van die Strandjutwolf

Toast Coetzer

Die Vloek van die Strandjutwolf is tans aan die gang by die Baxter in die Kaap. (Klik hier vir die foto's.) Baie LitNet-regulars sal dalk vertroud wees met die musiek van die Radio Kalahari Orkes – wel, Die Vloek van die Strandjutwolf is ‘n stuk musiekteater waarin RKO die sterre is.

Boet (Ian Roberts) en Swaer (Norman Anstey) beman ‘n radiostasie in die middel van nêrens, waar hulle met afwisselende sukses die nuus probeer lees en hul onsigbare (radio-) gehoor vermaak met ‘n paar lekker liedjies.

Hul vrede word verstoor met die aankoms van RAP (wat staan vir Regstellende Aksie Partner, gespeel deur Jody Abrahams), wat nuus bring dat hy sy oupa, Oupa Moegae, se aandeel in die radiostasie present gekry het.

Hiervandaan draai dinge in die rigting van die strandjutwolf, ‘n dier wat Swaer se familie al vir ‘n paar geslagte teister. Toe hulle hoor daar’s ‘n kontrak uit om die laaste strandjutwolf in die omgewing te vang, vat Swaer en RAP die pad en gaan soek hom. Boet bly by die radiostasie en kontak hulle vir ‘n live cross-over uit ‘n aardvarkgat vir een van die beste tonele in die stuk.

Dis lekker vermaak, veral dalk vir mense wat nie die musiek van die RKO ken nie. Maar mense wat eers fans was van die musiek, mag dalk vind dat die songs hier net aanmekaargestik word. Dis inderdaad ‘n moeilike taak om ‘n verhoogstuk te skryf van musiek wat reeds bestaan.

Ek het vir Harry Kalmer ‘n paar vrae ge-email:

TC: Hoe het jy en die RKO connect vir die eerste keer? Het jy lankal geweet van die CD of dit eers ontdek na release?

HK: Hierdie hele projek is organies. Ek ken vir Norman en Ian, Ian is Dan se neef, Dan en Rian maak al jare lank saam musiek, Coenie (Middel, produksie) is Dan se besigheidpartner, Lloydd (Ross, van Shifty Records, produksie van CD) was lus vir iets nuuts, ens ens. Werk saam met pelle is nie altyd ‘n goeie idee nie, maar in hierdie geval ‘n reuse jol.

Die naam Die Radio Kalahari Orkes kom uit ‘n proposal wat ons gekryf het vir ‘n TV show vir Boet en Swaer. Die show het nie gebeur nie, toe kontak Dan my en vra of ek wil lyrics skryf vir hulle CD, want EMI stel belang. Ek kon met niks opkom nie. Next thing toe nooi hy my uit na die CD launch op sy voorstoep vol met hierdie songs wat hy en Rian geskryf het en ek praat met die skilder Carl Bekker (en die bass speler op die CD) en hy sê hier kom ‘n ding. Toe ná KKNK verlede jaar sê Dan en Coenie kom ons maak ‘n stage show en hulle wys my die video. En toe luister ek die CD baie en lees Rian se liner notes – en ek skryf ‘n draft wat konsentreer op die liriese aspekte van die musiek – toe sê hulle nee kak man – maak dit meer van ‘n jol en toe try ek dit doen.

TC: Is dit nie moeilik om nou ekstra teks by sulke (reeds baie woordsware – alhoewel die tone lig is) liedjies by te werk nie? Is dit 'n proses van join-the-dots tussen die liedjies om 'n nuwe narratief geskik vir die musiekteater-formaat te skep?

HK: Die songs was ‘n gegewe. Goed soos “Kaptein, Kaptein” en “Kwagga” is klassiek. Natuurlik is dit beperkend om rondom bestaande liedjies te skryf – maar hey, I’m no lyricist.

Ek vind aanklank by die musiek – ek dink dis ‘n solid album – dis konsepgedrewe sonder om obvious te wees – Dan en Rian maak intelligente popmusiek. Drieminuut epiphanies. Mense wat die power van ‘n storie en van ‘n hook verstaan sonder om die luisteraar se intelligensie te onderskat. Iets wat Cole Porter, Randy Newman, Elvis Costello, Fats Waller en David Kramer ook verstaan. Dis ‘n show sonder ambisie en pretensie – vir gehore wat sonder vooropgestelde idees arriveer – gemaak vir die lekker deur mense wat nogal van mekaar hou – en tien teen een gaan pels bly lank nadat dit alles verby is.

Die Vloek van die Strandjutwolf is nog aan tot die 11de Februarie.

  • Klik hier vir foto's van Die Vloek van die Strandjutwolf




    LitNet: 08 Februarie 2006

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.