Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Stander se opstaan is laglekker

Cor Scholtz

Vinger-alleen
Met: Lindie Stander
Teks en regie: Gaerin Hauptfleisch
Klein Libertas Teater, Stellenbosch
11 Augustus 2004.

Vinger-alleen is pure ontsnappingsvermaak wat jou bietjie meer as 'n uur lank lekker sal laat lag. Lindie Stander neem haar gehoor op 'n energieke rit deur herkenbare frustrasies, irritasies en karikature uit die alledaagse lewe. Sy vertoef nie lank in 'n skets nie en die komiese pas is vinnig. Haar nabootsings is oordrewe, onmiddellik herkenbaar, en genadeloos snaaks.

Stander se karakter is 'n plat-op-die-aarde "handige persoon" wat baie het om oor te kla: haar stukkende blou Uno, motoriste wat by padsirkels optree soos by 'n vier-rigting-stop, haar gefnuikte debuut as Maria in die skool se Kersspel, kêrels en infomercials wat vir haar lieg. Haar dekonstruksie van sprokiesverhale, die vormende leuens wat sy as kind moes aanhoor, was vir my van die snaaksste stand-up wat ek in 'n lang tyd gesien het.

Die krag van Vinger-alleen is daarin geleë dat dit die absurde in die lewe se gesukkel raaksien en heerlik daarmee spot. Die grappe is minder gewaagd as wat die titel mens laat verwag, dus hoef sensitiewer teatergangers ook nie te aarsel om te kom kyk om hul stres te verlig nie.

Ek glimlag steeds elke keer wanneer ek by een van Stellenbosch se verkeersirkels stop.



LitNet: 25 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.