Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vergenoeg is oorgenoeg en hope daarvan

Francois Tredoux

My Plaas se Naam is Vergenoeg
Deur: George Weideman
Regie: Johan Esterhuizen
Met studente van die US-Dramadepartement
HB Thom Teater
Tot 7 Augustus

George Weideman en die Universiteit van Stellenbosch se Drama-departement het met hierdie produksie skoonskip gemaak by die toekenning van die eerste Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater. Ek het nie die ander twee kortlys-produksies gesien of die tekste gelees nie, maar op grond van die US se produksie, wat tans in die HB Thom Teater aan is, is hierdie 'n waardige wenner.

Die stuk handel oor daardie ou-ou kwessie: Wie se grond is nou eintlik wie s'n? Vergenoeg behoort vir geslagte al aan die Veldsmans, maar voor hulle was die Boesmans daar ("die Boesmans was altyd eerste oral," sê een van die karakters), en voor hulle …? Die diere?

Die grondkwessie word deur Grace Boois, eertydse plaashulp, op die spits gedryf as sy daarop aandring dat haar seun op die plaas begrawe word. Dis haar grond ook, reken sy, want haar voorouers was Boesmans.

Die teks is veelvlakkig en meerduidend. Daar word ruimskoots van terugflitse gebruik gemaak, en van oorgange na die "ander kant": Weideman gebruik 'n alwetende verteller, Altydanders, saam met 'n koor van diere, om 'n soort Afrikaanse "magic realism" op die verhoog te skep.

En dit alles gebeur in heerlike Namakwalands: spreekwoorde, aksente en metafore wat mens aan die hart gryp.

Jackie van den Heever is aards en sag en hard en standvastig as Grace Boois: sy weet wat sy weet, en dit wat sy weet laat haar standpunt inneem. Riaan Visman is die ander plesierigheid: windlawaai, nie gemaak vir vasvat nie, onstuitbaar. Die ander studente gee soliede vertolkings, met net hier en daar 'n interpretasie- of projeksieprobleem. 'n Paar ander dingetjies hinder: dalk kon daar minder diere in die koor gewees het; meer inlewing in hulle rolle deur die kommissaris en die jakkals sou dalk gepas gewees het. Maar dis netelighede waarvan mens gou vergeet.

Wat mens bybly, is die feit dat hierdie stuk (anders as die ander onlangse groot stuk toneel oor Afrikaanse mense op plase, Pieter Fourie se Koggelmanderman) nie te groots probeer wees nie, nie te veel metafoor pretendeer nie, en juis daarom slaag.

Dit word weer by Aardklop opgevoer. Gaan kyk dit - dis musiek vir mense wat verlang na Afrikaans wat sing en dans.



LitNet: 17 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.