Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die waarheid is maar net veldiep

Ingrid Lehmensich

Skin Deep
Geskryf en geregisseer deur: Bongani Linda
Barney Simon-teater, African Bank Markteater
Tot 22 August 2004

Wanneer ek 'n wit ma en pa in 'n inkopiesentrum sien stap met hulle skattige, swart dogtertjie aan die hand, kompleet met kiertsregop poniestertjies, gaan daar altyd 'n siniese gedagte deur my kop. Gaan hulle nog steeds hul dogter oulik en pragtig vind oor 'n paar jaar? Het hulle ook aan die kind gedink voordat hulle dié belangrike stap geneem het?

Aktivis Bongani Linda beantwoord dié vrae in haar jongste toneelstuk, Skin Deep.

Die stuk gaan oor 'n wit gesin van Sandton wat informeel die dogter van hul huishulp aangeneem het, haar na 'n privaatskool gestuur het, en vir haar die mooiste en duurste klere gekoop het, terwyl die res van die huishulp se kinders in die townships moes agterbly.

Mens kan net wonder hoe pynlik dit vir 'n ma moet wees om haar kind aan haar werkgewer te moet afgee, veral as die kind haar dan daarna as net nog 'n bediende in die huis sien en behandel. Wat dryf 'n ma om so 'n desperate stap te neem? Dalk het sy gedink sy sal darem een van haar kinders 'n kans kan gee in die ongenaakbare wêreld van armoede.

Die jong aktrise Zodwa Nkosi wat in Skin Deep die ma speel, verstaan haar karakter Selina se emosionele gewoel goed en kan dit met die kleinste oogflikkering oordra aan die gehoor.

Die ander spelers wat ook 'n goeie bydrae lewer, is Lopang Molope as Wandi, die agtienjarige "aangenome" dogter, wat 'n tipiese bedorwe kugel uitgedraai het, Caryn Davidoff as Taryn, Wandi se wit stiefsuster, Barbara Itzler as Nadine, die wit Sandton-ma, en Lerato Tlhorhalemaje as Dikeledi, die hardcore swart suster van die townships.

Teatergangers wat graag 'n stuk wil sien wat sorg vir 'n realistiese en harde kyk na die werklikheid en waarin ook die ou gesegde "elke man vir himself" weer eens gestaaf word, moet Skin Deep nie misloop nie.



LitNet: 30 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.