Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bruin bloomers en groen slange

Ingrid Lehmensich

Umoja! - The Spirit of Togetherness
Teks: Thembi Nyandeni en Todd Twala
Choreografie: Todd Twala
Dansgroep: 52
Kostuums: Thembi Nyandeni
Stadskouburg, Johannesburg
Tot 30 Januarie 2005.

Vir dié van julle wat nog nie moeg is vir tradisionele Afrika-danse nie, gaan kyk gerus Umoja! - The Spirit of Togetherness.

Nadat die stuk vir drie jaar in die buiteland groot gehore getrek het, het dit op 18 Januarie in Johannesburg begin speel. Wanneer mens kyk na die laaaang ry geesdriftiges wat by die loket tougestaan het verlede Sondag, is dit duidelik dat Suid-Afrikaners nog nie genoeg gehad het van gumboots wat stamp, hoogskoppe en assegaai-rondswaaiery nie.

Die kostuums, wat deur Thembi Nyandeni ontwerp is, is werklik skitterend - met rompies, bostukkies en beenbedeksels van die mooiste krale en vere. Al wat effe steur, is die vroulike dansers met hulle groot, onooglike, bruin bloomers wat die ganse tyd uitsteek terwyl hulle dans. So nou en dan het die choreograaf (Todd Twala van Ipi Tombi-faam) ook met innoverende passies en idees vorendag gekom, soos die mooi effek wanneer die dansers almal gelyk hul groen arms rinkelend en kinkelend laat kronkel soos 'n slang.

Maar helaas is dit verder maar als weer in dieselfde trant en is daar niks nuuts nie. Soos met die draadverkopers in die straat hoop mens dat daar spoedig nuwe kreatiewe idees na vore gebring gaan word. Tradisioneel hoef nie noodwendig geyk te wees nie.

Die stuk voel ook effe lank - dit duur bykans twee uur. Dis seker maar omdat daar 'n pouse tussenin is, iets wat deesdae nie meer algemeen of selfs nodig is nie, en kleuters sal heel moontlik miere kry. Maar vir ingeval daar 'n tante of niggie is wat van oorsee af hier kuier en wat nog nie vreeslik baie Afrika-danse gesien het nie, sal hierdie ervaring definitief skouspelagtig wees, omdat daar ook gebruik gemaak word van pragtige beligting met helder oranjes en bloue en misterieuse skadu's. Vanselfsprekend is die sang ook mooi.

Umoja! is iets vir die hele gesin, wat hopelik sal sorg vir 'n gees van saamwees!



LitNet: 28 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.