Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Spyt kom altyd te laat

Ingrid Lehmensich

Tshepang - The Third Testament
Teks en Regie: Lara Foot Newton
Spelers: Mncedisi Shabangu en Kholeka Qwabe
Waar: Markteater, Johannesburg
Tot 20 Maart 2005

Daar kom seker in enigeen se lewe die keer (of kere) wat jy só spyt is oor 'n fout wat jy begaan het dat jy jouself te pletter teen 'n muur wil loop elke keer as jy net daaraan dink. Ek praat nou van dinge wat so dom, dom, dom is, jy kan nie begin om te verstaan waar jou verstand dan was nie.

Maar die hemel help jou as die fout wat jy begaan het, so groot is dat jy eintlik wens jy was dood. Dat jy op hierdie oomblik sou wou ophou asemhaal as jy net kon. Jy voel so nikswerd dat jy nie eens die spasie van 'n vlieg op hierdie aarde mag inneem nie.

Ruth is so 'n persoon. Ruth het so 'n erge nalatige fout gemaak dat sy al vir amper drie jaar nie weer een dooie woord gesê het nie. Die fout wat sy gemaak het, was toe sy, nadat sy haar nege maande oue baba aan die slaap gesus het, besluit het om net gou by die sjebeen aan te gaan. Sy't toe langer gekuier as wat sy gedink het, en toe gebeur daar iets so aakligs dat sy nooit daarvan sal vergeet nie.

Die Wunderkind van teater, Lara Foot Newton, was saam met die wêreld tot in haar diepste siel geruk toe die verskriklike verkragting van baba Tshepang plaasgevind het. Eers was daar gedink dat dit ses mans uit die omgewing was wat hulle soos diere gedra het, maar later is daar uitgevind dat dié mans verkeerdelik verdink was en dat dit eintlik Ruth se kêrel, David Potse, was wat haar dogtertjie so erg verkrag en gesodomiseer het dat dit 'n godswonder is dat die kind nog leef.

Lara sê toe die storie van baba Tshepang die pers in 2001 bereik het, was dit asof 'n roof afgeruk is van 'n ou pitsweer wat al jare der jare klop. Skielik was daar honderde stories wat hoofopskrifte maak: "… 'n vyf maande oue baba …"; "… 'n tweejarige kind …", ensovoorts, ensovoorts. Dit is hierdie stories wat Lara genoeg gemotiveer het om oor baba Tshepang sowel as al die baie ander kinderverkragtings te skryf en dit te laat opvoer. "Met statistieke van gemiddeld 20 000 kinderverkragtings 'n jaar moet mens iets doen," het Lara gesê. "Teater was nog altyd 'n goeie plek om te begin."

Daar is net twee karakters in Tshepang - The Third Testament. Ruth word gespeel deur die jonge Kholeka Qwabe, wat so pas van Wits gegradueer het. Ek dink Ruth sê presies een woord in die hele stuk, maar haar teenwoordigheid kan met 'n mes gesny word. Haar jeugvriend, Simon, gespeel deur Mncedisi Shabangu, vertel die storie. Ek het lanklaas so 'n natuurlike akteur gesien soos Mncedisi. Om die waarheid te sê. ek het eintlik nog nooit so 'n gemaklike akteur gesien nie. Daar is nie 'n sweempie van "acting" nie. Ek kon net so wel by hom aan huis gesit het. Dit is dan ook geen wonder dat Mncedisi in 2004 die Fleur Du Cap vir Beste Akteur by die KKNK gewen het nie.

Die stuk, wat vir die eerste keer geopen het in Amsterdam, en daarna opgevoer was in uitverkoopte sale in Londen, Stockholm en Bern, het ook die Naledi Toekenning vir Beste Verhoogontwerp gewen.

Lara erken sy was nogal skrikkerig dat mense afgesit sou word deur die tema van die stuk, maar haar vrese was ongegrond. Sy het dit reg gekry om 'n moeilike onderwerp te transformeer in 'n merkwaardige en rare stuk teater wat nie maklik vergeet sal word.



LitNet: 09 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.