Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Stoere Boere-opvoeding is 'n bliksem om te oorleef

Theo Kleynhans

is 'n bekende plaaslike kunstenaar. Hy het vanjaar sy hande vol by die Aardklop-kunstefees. Hy is een van die keurders vir die Aartvark-prys, bied die begeleide kunstoere op kampus aan, skryf kunsresensies vir die feeskoerant Spat en behartig die interieur vir Sarie se VIP-tent. Tussen dit alles lewer hy daagliks vir LitNet verslag oor wat by Aardklop gebeur ...
  Theo Kleynhans

'n Stoere Boere-opvoeding is 'n bliksem om te oorleef en daarna nog moeiliker om af te sterf. Vir my kom dit altyd daarop neer dat ek nie nee kan s nie. Dis soveel makliker om die heeltyd ja te s, al beteken dit dat jy soms wakker word met grotmonsters wat nou rrig lekker by jou kuier. En so is ek weer by Aardklop. Vir die soveelste keer by die soveelste fees met my vingers in heeltemal te veel pies. Maar ek vlieg op eie onkoste, en my suster, wat haarself voordoen as my agent, organise vir my 'n Getz van Hyundai in Klerksdorp waarmee ek by die lughawe begroet word. Die agterruit is ge-brand in reuseletters: "Hyundai Klerksdorp ondersteun Aardklop", maar dis OK want ek het wiele. Die deure is egter ook ge-brand met die woorde "Kleynhans klop by Aardklop"  en met hierdie wiele trek ek in by Ommihoek in 'n parkering wat my kar se mooiste kant vir die tafel wagtende vriende wys. Hulle lag hulle gatte af en ek bloos en is verskonend, maar die koel is deur die kerk en dis hoe dit is.

Die eerste aand slaap ek oor by 'n vriend en die volgende dag is dit sy ma se verjaardag en die gesin is so wholesome en sy ma is net great en sy maak die heerlikste taboulleh en ek sit in die son en speel met hulle drie schnauzers en die lewe is 'n milkshake op 'n hangover.

Maar dis early days en Potch het 'n manier om jou te sus net voor sy jou in die gat byt. Sy het al 'n tokkelok in my arms laat uitbars in trane, my al in haar afgryslikste pondokke gehuisves, my laatnag deur 'n noodwortelkanaal gejaag en my neus al opgedroog tot onafwendbare, onophoudelike neusbloeie op ongemaklike en ongevraagde tye, en my laat loop en loop en lp toe ek op my dikste was.

Maar hierdie keer gaan dit wonderlik wees. Die fees skop vandag (28 sept) af en ek is al twee dae hier. Die eerste feeskoerant is so pas drukkers toe en as dinge in terme van tyd nou snaaks klink, is dit net omdat dit nou drie-uur die oggend van die eerste dag van die fees is. En ek sit nou in my kamertjie en skryf.

Ons moet seker praat oor die kamertjie, want sy geskiedenis is legio. Met my aankoms Saterdag het almal vreeslik ge-oe en ge-a omdat die plek waar ek sou tuisgaan kwansuis so duur is en so mooi is. Ek het gevra of ek in 'n buitekamer kon bly want ek sukkel maar met baie mense en gedeelde badkamers en so. Maar, s die verblyfpersoneel, ek kan eers mre, enige tyd na twaalf, intrek. En halfeen daag ek op en die man ontmoet my by die hek en begin onmiddellik verskonings maak omdat my kamer nie gereed is nie. Ek s: "Wys my net waar my kamer is, dan kan ek later sommer inkom." Want ek glo nie aan maatjies maak met die huisvader nie en ek verpes bure en ek wil basies net uitgelos word en sal ook graag 'n badkamer wil gebruik maar hy insist om my die huis te wys wat in barokpienk tortured biggie best gedoen is en op die landing is daar 'n toilet en ek skiet daar in maar hy volg my terwyl hy die heeltyd praat en intussen sluit sy vrou by ons aan en hy ontdek daar is nie toiletpapier nie en begin dit bespreek met sy vrou en dinge word nou so intiem dat ek weet daar is nie 'n manier wat ek nou meer sal kan nommer twee nie en ek is werklik nie anaal retentief nie. Hy verduidelik ook dat my kamer twee enkelbeddens het en miskien sal ek dalk 'n girl ontmoet en so en ek s "That wont happen, I'm spoken for" terwyl ek dink "My boyfriend sal jou in jou graf kom inspin Oom", maar ek verduidelik nie vreeslik verder nie.

Ek kom eindelik daar weg en hulle belowe my kamer sal drie-uur gereed wees en ek spring in my Getz en jaag verskrik en krampagtig na die Pick 'n Pay en bestorm die toilette en soos ek daar in my cubicle vink is die verligting so totaal dat ek amper uitpass.

Drie-uur is ek terug, maar al my meubels in my kamertjie staan buite. Dit is nou 'n groot bal-en-klou-stoel, in mufgroen velours, twee enkelbeddens, 'n tafetjie, 'n riempiestoel, twee geraamde afdrukke van treine (die een se naam is Lilliputian), want hulle is besig om te verf. Maar hulle belowe hulle sal vyfuur gereed wees vir my. Teen vyfuur daag ek op en die beddens is terug in die kamer, maar daar is geen linne nie en hulle belowe hulle sal sesuur gereed wees vir my. Teen sesuur daag ek op en kry die grand tour van waar die badkamer is ('n treacherous toonslaan ver in 'n ander gedeelte van die buitegeboue) en ek kry my sleutel maar word ook verduidelik dat ek maar die sleutel so bietjie moet wikkel. Maar ek trek in en pak my tassie uit en stel my rekenaar op en nou gaan dinge net reg wees. Ek skuif die twee enkelbeddens teen mekaar sodat daar minstens 'n vyftigsentimeter-gangetjie is om in te beweeg.

Laataand kom ek p huis toe en probeer om die kantoorblindings voor my venster toe te maak. Daar is van die stroke weg en aan die deur se kant, so op primushoogte, is die stroke van die blinding geskroei sodat hulle kromtrek. Ek gaan l later maar op my bed terwyl ek deur my venster die mense wat by my kamer verbyloop kan dophou en die mense in die straat kan sien. Dit is 'n ongemaklike posisie om in te wees en ek slaap sleg die aand en droom die heeltyd dat aliens my op 'n bed vashou en dat ek 'n sideshow in 'n intergallactic freakshow is en dat mense kaartjies koop om in my hol in op te loer.

Die volgende oggend vra ek my gasvrou of sy sal omgee as ek net 'n lap voor my venster sou vas staple want ek het my staple gun gebring en ek sal materiaal oor h van die gasvryheidslokaal se interieur wat ek doen vir Sarie-tydskrif maar ek het nie genoeg tools saamgebring om my deurslot reg te maak nie en kan sy dit net laat nasien want my deur sluit nou glad nie meer nie.

Ek kom weer sesuur die middag by die huis en my meubels staan weer buite. In my kamer is die huisvader en 'n man met 'n boor wat op 'n leer staan en 'n bediende in 'n pienk French maid's uniform kruip rond op die vloer en sy vee stof op. Ek vra niks meer nie, ek s net, "Have to dash, meeting at seven, can I just get some clothes?"

Ek gaan staan onder die stort, wat nou weer warm is. Met die aantrekslag kom ek agter ek het nie 'n skoon onderbroek van my kamer gebring nie maar ek sien nie weer kans om die spannetjie in my kamer te face nie en spuit net 'n halwe blik Ego Wild Spice op my ou onderbroek uit en dink ja, Wild Spice.

Toe ek nou-nou by die huis kom, is daar niemand in my kamer nie. Daar hang 'n blou gordyn voor die venster. Daar is 'n ketel met my eie teegoed reggesit. Maar nou is die beddens weer weg van mekaar af geskuif. En die beddens is in posisie teen die muur vasgeskroef met twee stukke hoekyster per poot. Ek kan nou net met groot moeite en 'n flikkering van kloustrofobie agter my rekenaar inskuif, maar ek gaan nie meer moan nie. Ek sien nie weer kans dat my meubels weer buite staan as ek rens 'n halfuur het om op my bed te l nie. Ek gaan van nou af net stilbly en werk en ophou wonder hoekom die beddens teen die muur vasgeskroef is en ophou staar na die dak op soek na 'n Carte Blanche-steelkamera. Ek gaan ophou om my kamer en my huisvader se gedrag te bevraagteken. Ek drink twee spierverslappers en twee anti-inflamatoriese pienk pille en ek l my koppie neer. Die fees begin later vandag, jippeee!



LitNet: 28 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.