Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rugby vir babas ’n groot genot

Marina Griebenow

Komedie: TESTOSMOROON — “Ek is ’n rugbymoroon”
Met Leon Kruger
High Street-teater, Durbanville


“Weer ’n sentervloek!” skreeu die koerantopskrifte toe die belowende jong Springbok Jacque Fourie in die eerste wedstryd van die rugbywreldbekertoernooi beseer word. Voor hom is dit Jacques de Villiers wat nog vr die groot geleentheid in die stof byt. Dan pluk die Bok-breier weer ’n haas uit die hoed as hy Werner Greeff op binnesenter kies vir die wedstryd teen Georgi.

Dat Rudolf Straeuli ’n krisis beleef wat senters betref, is nie altemit nie. Wat hy egter nie weet nie, is dat die oplossing vir al sy probleme homself noord van die sogenaamde Boereworsgordyn bevind, nes die gevierde Danie Gerber van ouds. Hy is ’n akteur en komediant genaamd Leon Kruger. Presies h hy Straeuli kan help om sy werk te behou, verduidelik Kruger in sy komedie Testosmoroon, ’n eenman-vertoning wat hom al onder meer ’n Kanna-benoeming by die KKNK besorg het.

Die gehoor se lagspiere word al geprikkel in die teater-foyer, waar die hele span se foto’s uitgestal word. Daar’s egter iets fout met di prentjie. Al die spelers — van nommer 1 tot nommer 15 — lyk dieselfde. Dis natuurlik Kruger as elke speler in die span. Net sy gesigsuitdrukkings en hoofbedekkings wissel. En verbeel ’n mens jou, of lyk die voorspelers minder intelligent as die agterspelers? Di wedstryd-op-Nuweland-atmosfeer word deur die loop van die aand aangehelp deur ’n verskeidenheid Leon Schuster-nommers en selfs “Ag pleez Daddy” van Jeremy Taylor wat Kruger as bindingsmateriaal tussen tonele inspan. O ja, en ook deur die koue Castle waaraan Kruger kort-kort teug as dinge op die verhoog warm raak.

Kortliks: Testosmoroon gaan oor ’n kreltjie wat gebore word en grootword met net een ambisie voor o, en dis om vir die Springbokke binnesenter te speel. Sommer klein-klein praat hy al op die selfoon met die Bokafrigter en deel — ongevraagd natuurlik — raad uit. Die hoogtepunt van sy lewe, en die klimaks van die stuk, is wanneer hy — in stadige aksie uitgebeeld deur Kruger — die wendrie vir die Springbokke druk in die eindstryd om die Wreldbeker. Dt nadat hy botweg geweier het om die Engelse deel van die volkslied te sing voor die aanvang van die wedstryd.

Kruger beeld klein Rugbymoroon uit in die verskillende stadiums van sy ontwikkeling sedert geboorte en gebruik di karakter om al wat ’n heilige koei is, by te kom. Om Kruger — sowat 6’2” lank in die ou taal — in ’n reusagtige blou babygrow te sien, is reeds genoeg om mens te laat stik van die lag. Sy dialoog in alledaagse, toeganklike taal sorg vir die res.

Deur kommentaar te lewer vanuit die perspektief van ’n kind, kom Kruger met moord weg. Selfs ietwat skurwe kommentaar klink sagter en is gewoon snaakser as wanneer dit deur ’n volwassene geuiter sou word. (So bedank hy onder meer al die ma’s wat borsvoed, hartlik.) Rugbymoroon herinner by tye nogal sterk aan die kontant babatjie in die rolprent Look who’s talking.

Kruger weet net watter knoppies om te druk om reaksie te kry: Hy’s beterweterig, skoorsoekend, ongepoets, intelligent, selfs profeties, en — belangriker nog — geweldig snaaks. Hy span die bekende in om die gehoor mak te maak en as hy hulle eers in die palm van sy hand het, laat waai hy met kommentaar oor alles en nog wat, nie net rugby nie. Hy gebruik min rekwisiete, maar di wat daar is, word knap ingespan, onder meer ’n waentjie wat so te s ’n lewe van sy eie kry. Die foto’s van die spelers wat met pennetjies agter op die verhoog aan ’n wasgoeddraad hang, herinner so ’n bietjie aan die gebruik van foto’s in Boetman is die bliksem in, maar selfs dit is nie ’n doodsonde nie.

Jan Rabie het ges die spel is ons hoogste ontwikkeling. Wat ’n mens oor rugby wysraak uit Testosmoroon oortuig jou dat Rabie met di uitspraak beslis nie daardie soort spel in gedagte gehad het nie. Miskien wel die genot wat Kruger put uit die interaksie tussen hom en die gehoor wat hy so knap vermaak.


Skakel Leon Kruger by 082 254 0922 vir besonderhede oor verdere vertonings van Testosmoroon.

31 Oktober 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.