Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Al tartend en kogg'lend van suid na noord

Medewerker

Ná die sukses van As jy blind is hoe weet jy wanneer om jou sigaret te ash by KKNK en Aardklop 2003, asook die spookhuisstuk De Familie Wagenaer by KKNK 2004, is die jong teatergeselskap Tart 'n Koggel Produksies bekend vir hul performance art.

En by Aardklop 2004 is die groep terug met 'n nuwe, waansinnige vertoning, Skroothonde, postapokaliptiese vermaak in vyf tonele wat binne 'n skrootwerf (Ernst Scrap Metal) afspeel. Vervoer word deur Aardklop-bussies voorsien wat van die Aardklop-pendelstasie vertrek.

Die gehoor word in klein groepe deur die skrootwerf gelei, waar hulle die kans kry om in intieme omstandighede met die karakters om te gaan. So ontvou 'n hele geskiedenis van 'n verlore samelewing. Die vertoning is ook vol kunswerke, vuurwerke en lewendige musiek - als geskep uit skroot.

Tart 'n Koggel bestaan uit Tertius Kapp, Vicky Davis, Lindy Downing, Anneke Senekal, Neels van Jaarsveld en KO Louw. Ook Deon van Zyl en Hanelia Grobler is in dié rolverdeling. Frans Kruger is die musikant en Willem Anker staan pa vir die teks.

Tart 'n Koggel is ook vanjaar by Aardklop te sien met die omstrede drama Terre'blanche, 'n dwars kyk na die AWB. Hierdie opspraakwekkende teks, geskryf deur Kapp, ondersoek die private en openbare beeld van Eugène Terre'blanche soos hy waargeneem is deur die media, sy volgelinge en vriende. Terre'blanche het gedebuteer op vanjaar se KKNK, waar dit goed ontvang is. Met Neels van Jaarsveld, Vicky Davis, Deon van Zyl, Anneke Senekal en Tertius Kapp. Regie deur Lindy Downing.

Maar voor die groep die gehore van Potchefstroom aandurf, gaan hulle eers 'n draai maak op die Kaapse Vlakte by die Suidoosterfees, waar hulle hul tweede interaktiewe spookteater aanpak.

In St Mary's oorvleuel die hede en verlede op 'n groteske manier om aan die gehoor die hartseerverhaal van die klooster se inwoners te vertel. Soos in vorige Tart 'n Koggel-stukke word die grens tussen gehoor en opvoering versit - die gebeure speel voor, agter, en tussen gehoorlede af, om aan die werklikheid van spookverskynsels gestand te doen.

Die honde het begin tjank, en wou nie ophou nie. Die reuk van gebrande lappe, muwwe brood. En stemme van die verlede, fluisterstories ….

Een uit elke tien mense het al kontak gehad met 'n spook. Hierdie show is vir die res.

St Mary's word op 24 en 25 September by die Suidoosterfees opgevoer.



LitNet: 17 September 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.