Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tweede Suidooster het baie rokspante gelig

Medewerker

"Ons is weer daar!" was die sentiment van bykans 83 persent van feesgangers wat die onlangse Suidoosterfees in Bellville bygewoon het. Volgens 'n navorsingstudie wat by die fees gehou is, het 52 persent van die respondente ook die eerste fees in 2003 bygewoon.

Die meerderheid feesgangers was mans (54,1 persent) en die grootste gros feesgangers was tussen 24 en 35 jaar oud (33 persent). Wat taal betref was 53,5 persent Afrikaanssprekend, 26 persent Engels en 12 persent Xhosa, met selfs agt buitelandse besoekers wat die vraelys voltooi het.

Die studie toon verder dat 73 persent van feesgangers tevrede was met die kaartjiepryse, wat gewissel het van R13 vir die Gesprekkereeks tot R38 vir die feestreffer Joe Barber. Altesaam 4 592 kaartjies, met 'n waarde van R106 049 (R25 000 meer as 2003), is vir die produksies verkoop. Dis voorwaar 'n prestasie vir 'n fees met 'n begroting van maar net R500 000.

'n Pluimpie vir die Skiereiland Technikon is dat 88 persent van die respondente dit as 'n goeie feesperseel bestempel het. Sewe lokale, wat die Auditorium en Sportsaal insluit, is as lokale benut.

Dis 'n onomstootlike feit dié Suidooster het kwaai gewaai, en dit beloof om volgende jaar selfs sterker te wees. Maak 'n knoop in jul ore: op 24 en 25 September 2005 is dit weer sulke tyd.



LitNet: 14 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.