Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat is die Kaap sonder die Suidooster?

Fees-indoena Niel le Roux beantwoord Jean Meiring se vrae oor die Suidoosterfees wat van 24 tot 25 September 2004 by die Skiereilandse Technikon afspeel.

JM:    Vertel hoe dit met die Suidoosterfees gaan.

NLR:   Hallo Jean! Die tweede Suidooster waai vanjaar voort met dubbel die sterkte van sy voorganger. Alles is goed op dreef en ons sien baie uit na die Erfenisdag-langnaweek, wanneer ons van praat daad maak en werklik die "fees" in "kunstefees" sit. Ons het, anders as verlede jaar se skrale vyf maande, 'n jaar gehad om die feesprogram te beplan, bymekaar te sit en te verfyn. Met wonderlike resultate! Vanjaar het ons meer produksies, 'n groter verskeidenheid genres, en beslis dubbel die feespret van die eerste Suidoosterfees.

JM:   Wat is jou persoonlike top tien, laat ons sÍ, "Desert Island Discs" by vanjaar se fees?

NLR:   My absolute gunsteling is ons vlagskipproduksie Poppie, wat op Elsa Joubert se veelgeprese Die Swerfjare van Poppie Nongena geskoei is. Nie net kan hierdie produksie spog met 'n formidabele rolverdeling wat Vinette Ebrahim, Terrence Bridgett, Bertha le Roux, Denver Vraagom en Fiks Mahola insluit nie, maar bied hierdie produksie aan twee amateur-akteurs, Helen Swartz (wat verlede jaar in Perlemoen my Ghoen te sien was) en 'n uitmuntend talentvolle student, Theodore Jantjies, kans om saam met gesoute akteurs op die verhoog op te tree.

Nog 'n gunsteling is die ballet Swingtime&Raka, wat deur die Kaapstadse Balletgeselskap opgevoer word. Dit is ook die laaste keer dat diť produksie op Kaapse bodem opgevoer word.

Twee verdere feeshoogtepunte is Divas, ons fopdosser-vertoning, en die Distell Middaguurkonsert met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Die middaguurkonsert is gratis en word in die ruim kykNET-saal (Major Sports Hall), wat bykans 800 mense kan akkommodeer, aangebied.

Dan het ons die Berni Searle-uitstalling in die foyer van die Auditorium. Searle is vanjaar ons feeskunstenaar, en interessantheidshalwe, 'n Pentech-oudstudent.

'n Feesnuutjie wat ek beslis nie gaan misloop nie, is die spookhuis, onder die titel St Mary's. Lipco Law for All borg hierdie produksie, wat deur Tart 'n Koggel aangebied word. Ek was by die KKNK verstom deur hul De Familie Wagenaer-produksie en kan nie wag om te sien wat hulle by die Suidoosterfees gaan aanbied nie.

Lippetaal met Lizz Meiring is 'n definitiewe moet-sien. Meiring maak, soos met vorige vertonings, gebruik van 'n gebaretaal-tolk, maar hierdie keer gebruik sy 'n local Kaapse Vlakte-tolk.

Ons het ook Kaapstad se eie performance poet op stage met Loit SŰls en sy produksie, Sierjis Kakpraat. (SŰls is toevallig ook 'n Pentech-oudstudent.) Hy is bekend vir sy boek My straat en anne' praat poems, wat nou 'n herdruk beleef.

My laaste twee toptien-produksies het te doen met die Spaanse gees op die Suidoosterfees in La Rosa Spanish Dance Theatre se produksie, en die Jakes Gerwel Gesprekkereeks met Insig. Die Gesprekkereeks se tema is vanjaar Re-imagining identity: Hoe lyk ons nou? en sal, soos verlede jaar, opgedeel word in 'n jeugspreker-sessie (Vrydag 24 September) en 'n volwasse-spreker-afdeling (Saterdag 25 September). Van die sprekers betrokke by die gesprekkereeks is Fiks Mahola, dr Pallo Jordan en dr Rhoda Kadalie. Beide gespreksessies word voorafgegaan deur die MNet dokumentÍre rolprent So, where do we come from?

JM:   Presies hůť oud is die fees, en hoe verloop die ontwikkelingsgang daarvan?

NLR:   Die fees vind vanjaar vir die tweede keer plaas. Ons het in die afgelope jaar geweldig gegroei wat betref feesmoontlikhede, feesstrategie en innovasie. 'n Werklike prestasie vir 'n kantoor met slegs vier tydelike personeellede.

Die geweldige ondersteuning van ons borge, en veral Pentech, Media24 en Die Burger, het ons gehelp om verskeie doelwitte te bereik wat bemarking en gemeenskapsontwikkeling en -bemagtiging betref.

Danksy sinergie met Pentech kan ons weer hierdie pragtige kampus eksklusief inspan as feesperseel. Nie net is hierdie venue uiters toeganklik vir die publiek nie; dit is veilig, sentraal geleŽ en het goedtoegeruste lokale vir produksies. Ons maak vanjaar van sewe lokale op kampus en van die kampuskern gebruik, waar ons verlede jaar slegs vier lokale gebruik het.

JM:   Wat maak diť fees besonders - beter en meer onthoubaar as al die ander?

NLR:   Wel, Jean, as 'n mens net na kaartjiepryse alleen kyk, is die verskil reeds duidelik. Ons kaartjiepryse wissel van R13 (Gesprekkereeks) tot R38 (Joe Barber). Die idee is om toeganklike teater vir 'n ieder en 'n elk te skep, lekker fees te hou sonder om jou sente om te draai of om te dink dit was 'n geldmors-waagstuk. Waar anders kan 'n gesin van vier 'n produksie saam bywoon, en dan nog geld oor hÍ om kos te koop, dalk iets moois by die feesvlytmark, en dit vir onder 'n R100? HoŽ kaartjiepryse is gewoonlik 'n fees se achilleshiel, maar definitief nie die Suidoosterfees s'n nie.

Maar wat die fees werklik laat uitstaan, is dat sy hart warm klop vir die gemeenskap wat hy dien. Ons bied gratis skoleproduksies van Poppie vir 26 skole in die week van die Suidoosterfees aan. Hierdie skole het Poppie as voorgeskrewe boek. Dit smelt saam met ons skoleboekeprojek, waar ons danksy die borgskap van Tafelberg 600 eksemplare van diť boek aan skole in die Kaapse Skiereiland kon skenk. Ons vat hierdie projek volgende jaar verder en beplan ook reeds vir 2006 se fees.

Twee ander produksies eie aan die Suidoosterfees se missie om die gemeenskap te bemagtig, is Tussen Hemel en Aarde, en Die Nyl vannie Weskus. Tussen Hemel en Aarde word deur die Hawston-dramavereniging aangebied, wat verlede jaar by die Suidoosterfees te sien was met Perlemoen my Ghoen. Diť groep het hul liefde en lus vir teater met hierdie produksie 'n stap verder geneem. Die Nyl vannie Weskus is ons nuwe gemeenskapsteaterproduksie met die Vredendal-dramavereniging. Anthony Wilson is weer aan die stuur as regisseur. Ons streef daarna om elke jaar verskillende gemeenskappe die kans te bied om op die Suidoosterfees-verhoog op te tree.

Hierdie produksies is stories uit die gemeenskap wat deur talentvolle werkloses in die gemeenskap deur dramatisering aangebied word en weens die sterk professionele leiding van iemand soos Charles Fourie met Tussen Hemel en Aarde, baie goeie teater oplewer.

Verder is daar 'n speler uit verlede jaar se Hawston-stuk Jo'burg toe gestuur om saam met die hoogs professioneles van 7de Laan in Poppie te speel. Sy word nie net betaal nie, maar kan jy ook dink watse ondervinding dit vir so iemand moet wees? Verder slaan sy dalk weer rolle los en neem sy haar geweldige praktiese kennis na haar gemeenskap terug om nog beter produksies daaruit te laat ontstaan. 'n Uiters talentvolle student wat nie verder kon studeer nie, weens 'n finansiŽle tekort, vorm ook deel van hierdie Poppie-span.

Dan is daar ook ons uitreik na die plaaswerkers, huiswerkers en sosiale organisasies, danksy die gratis Distell Middaguurkonsert met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Ons wil graag die gemeenskap, wat nog nooit vantevore deel kon hÍ aan regte, egte kuns en teaterfeeshou nie, kans gee om saam te kan feeshou en die genot van hoogstaande musiek te kan smaak. Vandaar ook ander gratis aanbiedinge, soos ons straatteaterprogram, die RSG-musiektent, en gratis kunsuitstallings.

'n Kunstefees staan nooit los van sy gemeenskap nie. Die trick is om jou ore oop te maak en te luister, te weet watter behoeftes bestaan, en om daarvan werk te maak. Die Suidoosterfees het ontstaan weens die visie om 'n fees op die Kaapse Vlakte te vestig wat voorsien in die behoefte van sy mense. En juis daarom is die Suidoosterfees soomloos wat taal (al is die meerderheid produksies Afrikaans), ras, gender, politiek en geloof betref.

JM:   Waar gaan die Suidoosterfees heen? Waar sal dit oor vyf jaar wees?

NLR:   Beslis die bes-gediversifieerde kunstefees in die Kaap! Oor vyf jaar sal ons nog steeds voortwoeker met ons feeswenresep en steeds luidkeels stem maak as 'n uithalerfees op Kaapse bodem.

JM:   En 'n laaste woord?

NLR:   KOM NA DIE SUIDOOSTERFEES en ervaar self die fees van alle feeste!




LitNet: 22 September 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


NOT FOUND