Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Spek ontbreek dalk aan erns, maar sal gehore vermaak

Ziegfried Ekron

Wie is Spek Harmse en hoekom skryf hy Afrikaanse advertensies?
Deur: Harry Kalmer
Met: Frank Opperman, Pierre Breytenbach en Carmin Coetzer
Regie: Andrť-Jacques van der Merwe
By die Baxter-teater.

Daar word gesÍ 'n persoon se gekultiveerdheid kan met Rossini se Wilhelm Tell-overture gemeet word: enigeen wat dit hoor sonder om outomaties te dink aan die "Lone Ranger en sy wit perd", slaag - 'n soort musikale Rorschach-toets, sou mens kon sÍ.

Carmin Coetzer, Frank Opperman en Pierre BreytenbachFrank Opperman is die Suid-Afrikaanse gelyke hiervan. Die meeste mense kry met die blote aanhoor van sy naam visioene van Orkney Snork nie se "Ouboet" met 'n afgeleefde sweetpak en 'n gepaardgaande klankbaan van "Howzit Ma, Howzit Pa, Wimpie".

Die resultaat is dat dit baie moeilik is om die tragiese sy van Spek Harmse se karakter in diť "amper donker komedie" raak te sien. In Spek is Opperman egter eerder Boetman ŗ la Chris Louw as Ouboet.

Die teks is weliswaar lig, maar die stuk se ernstiger sy ly skipbreuk onder 'n geneigdheid by beide die akteurs en die gehoor om dit as 'n klugspel te beskou. Kalmer het Spek geskryf as opdragwerk ter viering van die Pendoring-reklamepryse se tiende bestaansjaar en het skynbaar probeer om voorsiening te maak vir 'n baie breŽ gehoor.

In die stuk het Opperman as Spek Harmse (sy skoolbynaam was Spekskiet omdat hy so aangedik het) pas diť gesogte toekenning verower, maar ook kort daarna sy werk verloor. Die rede hiervoor is dat daar glo nie meer werk is vir Afrikaanse reklameskrywers nie. Spek gaan soek dus in 'n oomblik van selfbejammering toevlug by die strandhuis van sy eerste vrou (wat by haar ghoeroe in IndiŽ is) en 'n bottel rooiwyn.

Kalmer roer hier die onderliggende tema van die stuk aan: Kan Afrikaans oorleef en het dit nog hoegenaamd bestaansreg? Enigeen wat die woord Afrikaans reg kan spel, het waarskynlik diť debat al tot vervelens toe gehoor, maar gelukkig word ons diť keer die sombere taalgeveg gespaar.

Spek (spreek dit op Gautengse manier uit: SpÍk) het nie tyd vir taalpuriste of diegene wat glo die taal is op sy laaste nie. Ja, hy is lief vir sy taal en hou daarvan om daarin te skryf, maar 'n "tripswitch" is 'n "tripswitch" en nie 'n "uitskopskakelaar" nie, en ruitveŽrs is "wipers" en klaar. "Daar is Afrikaans gepraat 350 jaar voor my geboorte en dit sal nog vir honderde jare na my dood gepraat word," raak hy dit op een punt kwyt.

Spek het ander dinge wat sy aandag verg. Sy tweede vrou het hom gelos, hy sit sonder werk en hy moet sy seun Frik (Breytenbach), wat in 'n "band" speel, onderhou. Om die kroon te span kom 'n rissiepit-joernalis (Coetzer) nog 'n onderhoud voer oor sy sukses en teleurstellings. Misverstand volg op misverstand en 'n donderstorm, kragonderbreking, en 'n kaal man sorg vir klugtige vermaak.

Die stuk neem egter 'n effens ernstiger wending wanneer Spek langs die strand na sy seun gaan soek met die hoop dat hy nie "Ingrid Jonker-Ingrid Jonker speel nie". Die daaropvolgende toneel sorg vir die grootste erns in die stuk, maar diť keer het dit niks te doen met die voortbestaan van Afrikaans nie. Spek neem sy lewe in oŽnskou en beantwoord die vraag wat in die stuk se titel gestel word.

Die minimalistiese stel help om die gehoor se aandag op die teks te fokus, maar die oudiovisuele projeksie op die agtergrond is soms steurend en onnodig. Die semimelodieuse waarhede wat die knape van Kobus! van tyd tot tyd oor die klankbaan kwytraak, beklemtoon die konteks van die stuk.

Diegene wat 'n diep taaldebat van Spek verwag, sal beslis teleurgestel word. Dit beteken egter nie dat die stuk nie gehore sal vermaak nie.



LitNet: 16 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.