Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaans en Die Burger “kom huis toe” met Suidoosterfees

Waldo Müller

“Die Burger Suidoosterfees gaan, soos sy naam aandui, die winde van verandering laat waai deur Afrikaans. En as ’n mens ’n ander metafoor wil gebruik — die Kaapse Dokter — dan praat ons hier van ’n kunstefees wat genesing en versoening deur Afrikaans wil bewerkstellig.”

Só het dr Christa van Louw, Suidoosterfees-direksielid, gesę toe sy onlangs die gasvrou was gedurende die fees se bekendstellingsfunksie by Kunstekaap. Die aand was ’n vrolike reënboognasie-geleentheid. Gaste se luim is sommer uit die staanspoor opgekikker deur die verwelkoming wat hulle by die ingangsportaal gekry het: die op en wakker Afrika-klanke en danspassies van die township-groep Women Unite.

Die Burger Suidoosterfees vind die naweek van 3 en 4 Oktober plaas by die Skiereiland Technikon (Pentech) in Bellville en sal voortaan ’n jaarlikse instelling wees. Die Pentech-kampus gaan van vroeg die Vrydagoggend tot laat die Saterdagaand in rep en roer wees met ’n volgepakte feesprogram van teater, dans, musiek, woordkuns, visuele kuns, asook vlyt-, kos- en boekestalletjies.

Op die toneelprogram is onder meer Kanna hy kô hystoe, Joe Barber, Jan en Jorie, Baas en Klaas en Perlemoen, my Ghoen. Laasgenoemde is ’n ontwikkelingsproduksie waarin Hawston se inwoners hulle kant van die perlemoensage stel.

Die musiekspyskaart bied ’n wye verskeidenheid — van ou bekendes soos Randall Wicomb tot die nuwe hip-hopklanke van Disturbance.

Die meeste produksies sal in Afrikaans wees, maar Engels en Xhosa is ook ingesluit op die program — met aanbiedinge soos Miss Kwa Kwa (’n solo-opvoering deur Makagano Mamabolo) en ’n poësievoorlesing deur Patrick M Shibula.

Een van die oogmerke van die fees is om mense van die Kaapse Vlakte meer blootstelling te gee aan kunstalent wat uit hul geledere verrys het. Daarom is ’n prominente deel van die fees ’n fokus op die bekende visuele kunstenaars Willie Bester en Conrad Theys. Daar is uitstallings van hul werk en die kunstenaars sal praatjies aanbied oor kunswaardering.

Die Jakes Gerwel-gespreksreeks gaan intellektuele pitkos bied met die tema “Non-Racialism in Afrikaans: Hoe sal dit lyk en klink?” Op 3 Oktober praat die Generasie van ‘94 (akteur Fiks Maholo van die sepie Sewende Laan, skrywer Jackie Nagtegaal, oudskoonheidskoningin/TV-aanbieder Jo-Ann Strauss, joernalis Heindrich Wyngaard en Matie-studenteleier Phumzile Malambile). Op 4 Oktober stel die Generasie van ‘76 hul standpunte (met sosioloog Zimitri Erasmus, politikus/intellektueel Pallo Jordan, digter/skrywer Antjie Krog, politieke veteraan Frederik van Zyl Slabbert en akademikus Hein Willemse).

Prof Jakes Gerwel is die voorsitter van feesdireksie. Ander bekende direksielede is EKM Dido, Martie Meiring en Anet Pienaar.

Gerwel het by die bekendstellingsfunksie gesę:

Die missie van die fees is om sommer net missieloos — en soos hulle deesdae in Media24 sę, soomloos — in Afrikaans saam te kuier met alwal wat saam met ons wil kuier. Ons wil kyk of daar regtig nierassig in Afrikaans geleef, gewerk, gespeel, gepraat kan word. Miskien is dit dan ons missie. Maar ons wil werklik nie missionarisse van enige aard wees nie.

Die Wes-Kaapse minister van kultuur en sport, mnr Patrick McKenzie, het die Suidoosterfees bestempel as ’n gesamentlike poging deur die privaatsektor, regering en gemeenskap om mense byeen te bring om saam hul kultuur te vier:

As regering kan ons met allerlei idees na vore kom, maar as ons nie hulp van die gemeenskap, media en privaatsektor kry nie, dan kan ons maar baie min bereik. Ons is baie optimisties oor die potensiaal van die Suidoosterfees. Daarom het ons besluit om die fees te borg met R500 000.

McKenzie het verder gesę Afrikaans is die mees gesproke taal in die Wes-Kaap en dit is belangrik dat dit behoue moet bly as ’n vorm van uitdrukking in die kunste. Hy glo dat die taal ’n versoenende rol kan speel.

Die Wes-Kaapse premier, mnr Marthinus van Schalkwyk, het daarop gewys dat die regering se ondersteuning van die fees deel vorm van die ekonomiese groeiplan vir die Wes-Kaap.

Ek wil verwys na die KKNK as ’n voorbeeld. Ons het ons daar verbind oor ’n driejaartydperk vir R1,5 miljoen as die hoofvennoot van die fees. Maar die dinamo-effek daarvan is die volgende: Die KKNK op Oudtshoorn is hierdie jaar besoek deur ’n 108 000 mense. R151 miljoen is spandeer in Oudtshoorn; R80 miljoen van daardie geld het agtergebly in Oudtshoorn. En dit sit vir baie mense kos op die tafel en betaal baie mense se skoolgeld wat dit nooit andersins sou gehad het nie.


Volgens Die Burger se redakteur, mnr Arrie Roussouw, gaan die Suidoosterfees dit vir die eerste keer moontlik maak om “soomlose Afrikaans” te vier en te gebruik en te geniet. “’n Mens kan sę met hierdie fees kom Afrikaans en Die Burger huis toe.”

Dr Niel le Roux, feesbestuurder, is veral trots op die bekostigbaarheid van die fees. Hy het gesę dit gebeur selde dat ’n mens vir R40 drie aanbiedings by ’n kunstefees kan bywoon. Om sy stelling te illustreer, het hy die volgende voorbeeld verskaf van wat ’n feesganger vir R40 kan kry: die toneelstukke Jan en Jorie of Perlemoen, my ghoen (R25 elk), die Jakes Gerwel-gespreksreeks (R10) en ’n betowerende kunsbelewenis, The Alchemist’s Heart (R5).

Kaartjieverkope open op 1 September op die grondvloer van die Naspers-sentrum. Telefoniese besprekings kan gedoen word by 021 406 2835. Die fees se webtuiste (asook die feesprogram) is te sien by www.suidoosterfees.co.za.


20 Augustus 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.