Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kandidate vir 2005 se Sanlam-teaterprys bekend gemaak

Persverklaring deur Sanlam

Klik hier vir Sanlam se webwerf!Die drama het begin! Vier toneeltekste wat deur die Tswane Universiteit van Tegnologie en die universiteite van Stellenbosch en die Vrystaat (twee) ingeskryf is, sal dit by die KKNK uitspook om die Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater vir 2005.

Diť Sanlam-prys is daarop gemik om die standaard van Afrikaanse teater te stimuleer, die skryf van professionele dramatekste aan te moedig en opkomende teaterkunstenaars die geleentheid te bied om hul talente te ontwikkel. Die prysgeld van altesame R260 000 wat per jaar beskikbaar gestel word, maak die Sanlam-prys die grootste in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse teater vir die ontwikkeling van Afrikaanse teaterproduksies.

Volgens die sameroeper van die beoordelaars, die bekende dramaturg Pieter Fourie, is nege tekste, twee meer as vir vanjaar se kompetisie, vir keuring voorgelÍ. Hy meen die beste vier tekste "is in 'n klas van hul eie" en dat die standaard in die algemeen hoŽr as vanjaar s'n is.

Die medebeoordelaars is Margot Luyt, Anthony Wilson, Jeanne Goosen en Hennie van Greunen.

Die Tswane-studente gaan Skimmespel, deur Wim Vorster en die Maties Erwe, deur Adriaan Meyer op die planke bring. Die Vrystaters het die uitdaging aanvaar om twee stukke met verskillende regisseurs op te voer: Chris Vorster se AasvoŽls en Zollie van Nico Luwes.

Die vier wentekste sal nou ingestudeer en met borgskappe van R25 000 elk by die KKNK van 25 Maart tot 2 April 2005 op Oudtshoorn opgevoer word. By diť fees sal die algehele wenner en ook die beste nuwe akteur, regisseur en dramaturg dan aangewys word.

Vir die wendramadepartement wag 'n stewige R100 000 op voorwaarde dat die wenproduksie by twee ander kunstefeeste opgevoer moet word. Die individuele pryse is elkeen R20 000 werd.

Die eerste Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater is vroeŽr vanjaar deur US ingepalm met My plaas se naam is Vergenoeg deur George Weideman.

Intussen kan die land se toneelskrywers wat vir 2006 se Sanlam-teaterprys in aanmerking wil kom, maar solank aan die werk spring. Oorspronklike Afrikaanse dramatekste (ongeag dialek of streektaal) kan aan enige van die dramadepartemente by universiteite en technikons in Suid-Afrika vir oorweging voorgelÍ word. Volledige besonderhede is by hierdie skakel beskikbaar op Sanlam se webwerf.



LitNet: 29 November 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.