Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam-teaterpryse: Kovsies maak skoonskip

Persverklaring

Terwyl die dramastudente van die Universiteit Vrystaat steeds in die wolke is nadat hulle by die KKNK skoonskip met die Sanlam-pryse vir Afrikaanse Teater gemaak het, herhaal Sanlam sy uitnodiging aan die land se toneelskrywers om aan die werk te spring vir 2006 se kompetisie.

Die wedywering tussen die vier studentegroepe om vanjaar se Sanlam-pryse by die afgelope KKNK het voorwaar vir uitnemende studenteteater gesorg.

Zollie, een van Kovsies se twee inskrywings deur verskillende groepe, is tydens die toekenningsgeleentheid as die beste produksie aangewys. Diť stuk oor straatkinders het boonop met die individuele pryse weggestap. Nico Luwes is vir die beste teks bekroon, Gerben Kamper as regisseur en Lulu Botha as die beste akteur vir haar vertolking van Maria Georgeo, 'n Afrikaanssprekende Griekse restauranteienaar.

Die drie individuele wenners steek elk R20 000 in die sak, terwyl die Universiteit se dramadepartement R100 000 ontvang het, op voorwaarde dat die toneelstuk ook by minstens nog twee ander kunstefeeste opgevoer word. Dit is reeds bekend dat die wenproduksie by die Volksblad-kunstefees van 12 tot 17 Julie in Bloemfontein te sien sal wees en moontlik ook by die Suidoosterfees in die Kaap, wat van 23 tot 25 September 2005 plaasvind.

Ander finaliste was Chris Vorster se AasvoŽls, die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Skimmespel deur Wim Vorster, en die Universiteit van Stellenbosch se Erwe deur Adriaan Meyer.

Die beoordelaars was Pieter Fourie (sameroeper), Margot Luyt, Anthony Wilson, Jeanne Goosen en Hennie van Greunen.

Intussen kan die land se toneelskrywers wat vir 2006 se Sanlam-teaterprys in aanmerking wil kom, maar solank aan die werk spring. Oorspronklike Afrikaanse dramatekste (ongeag dialek of streektaal) kan aan enige van die dramadepartemente by tersiÍre instellings in Suid-Afrika vir oorweging voorgelÍ word. Die sperdatum hiervoor is 14 Oktober 2005, waarna die tekste beoordeel en die finaliste (tot vier) teen Februarie 2006 aangekondig sal word. Die finaliste sal met borgskappe van R25 000 elk by Aardklop 2006 opgevoer word om die algehele en individuele wenners aan te wys.

Volledige besonderhede is op die internet by www.sanlam.co.za beskikbaar onder Kompetisies op die tuisblad.

Vir nadere besonderhede, skakel Martie de Lange by (021) 947-5174 of 082 462 0443.

Versprei namens Sanlam Groepkommunikasie: (021) 947-2567 of 083 709 7065





LitNet: 06 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


NOT FOUND