Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam-teaterprys vir 2006: Spring aan die werk!

Persverklaring

Beste drama- en teatervriende

Met die KKNK en die opwinding van vanjaar se kompetisie nog in die geheue, werk ons alweer aan die volgende ronde van die Sanlam-prys vir Afrikaanse teater.

Die wedywering tussen die vier studentegroepe om vanjaar se Sanlam-pryse by die afgelope KKNK het voorwaar vir uitnemende studenteteater gesorg.

Zollie, een van Kovsies se twee inskrywings deur verskillende groepe, is tydens die toekenningsgeleentheid by die KKNK as die beste produksie aangewys. Dié stuk oor straatkinders het boonop met die individuele pryse weggestap. Nico Luwes is vir die beste teks bekroon, Gerben Kamper as regisseur en Lulu Botha as die beste akteur vir haar vertolking van Maria Georgeo, 'n Afrikaanssprekende Griekse restauranteienaar.

Klik op die foto’s vir ‘n groter weergawe en onderskrif:
 

Die land se toneelskrywers wat vir 2006 se Sanlam-teaterprys in aanmerking wil kom, kan maar solank aan die werk spring. Oorspronklike Afrikaanse dramatekste (ongeag dialek of streektaal) kan aan enige van die dramadepartemente by tersiêre instellings in Suid-Afrika vir oorweging voorgelê word. Die sperdatum hiervoor is 14 Oktober 2005, waarna die tekste beoordeel en die finaliste (tot vier) teen Februarie 2006 aangekondig sal word. Die finaliste sal met borgskappe van R25 000 elk by Aardklop 2006 opgevoer word om die algehele en individuele wenners aan te wys.

Lengte van produksies: Alhoewel die maksimum lengte van produksies 120 minute is, doen die organiseerders en beoordelaars 'n beroep dat dit eerder 90 minute maksimum is om logistieke uitdagings te beperk en die skedulering te vergemaklik.

Klik hier vir die inskrywingsvorm en die reëls in *.pdf-formaat. (Neem asseblief kennis: Indien die bladsy nie oopmaak nie, moet jy hier klik om Acrobat Reader af te laai.)

Pos asseblief u inskrywing na:

Martie de Lange
Borgskapbestuurder
Sanlam Bemarking
Posbus 1
Sanlamhof
7532

Of koerier dit na:

Martie de Lange
Borgskapbestuurder
Sanlam Bemarking
3de vloer, Sanlam Hoofkantoor
Strandweg 2
Bellville

of e-pos dit, ook 'n inskrywingsvorm, na: martie.delange@sanlam.co.za

Teatergroete

Martie de Lange



LitNet: 3 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.