Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Opgeterte koeke aanbeveel

Braam van der Vyver

Roomkoeke
Volksblad-kunstefees, Bloemfontein
Albert Wessels-ouditorium
15 Julie 2004

Sarah Theron en Heidi Edeling het geen bekendstelling nodig nie. Die belofte van ‘n kabaret waarin dié twee ervare sangeresse kragte saamsnoer, het my regop laat sit.

Die kabaret Roomkoeke speel by die twintigjarige reünie van die Bloedrivier Hoërskool af. Die twee meisies tel onder die skool se minder gewilde leerlinge. Toe hulle in twee punkerige outfits uit die jare tagtig by die geleentheid opdaag, is die vet in die vuur.

Die stem van die hoofseun van weleer, Dewald de Beer, word oordeelkundig gebruik om momentum aan die storie te gee. Grepe uit die groep se matriekjaar word by wyse van dialoog en liedjies uitgebeeld. Alles stuur op die onvermydelike hoogtepunt af: hul aanbieding van die kabaret Roomkoeke vir hulle mede-oudmatrikulante.

Theron en Edeling vorm ‘n gedugte span. Hul sang en toneelspel dra ‘n stempel van professionaliteit. Die oorgange tussen dialoog en musiek is vaardig geskryf, terwyl die humor uit die boonste rakke is. Met die slotliedjie “Purple Rain” stel die twee die volle spektrum van hulle talente ten toon. Die resultaat is indrukwekkend!

Roomkoeke word opgetert tot ‘n heerlike stukkie feesvermaak. Die enkele vaal kolle is te wyte aan liedjiekeuses. Sterker regie kon dalk ook gehelp het, maar die informele styl van die twee skatjies werk lekker.

Roomkoeke is ‘n hoogs vermaaklike produksie wat menige feesganger se Volksblad-fees sal opkikker. Dit word sterk aanbeveel.

 

LitNet: 16 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

 

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.