Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pretty please, waar’s die pad na Nagenoeg?

Dis weer plaaskonsert-tyd! Die Pretty Ladies en Blue Belles tree op 29 Augustus op die plaas Nagenoeg buite Stellenbosch op. Amelda Brand en van die lede van dié twee groepe het met Jean Meiring oor hierdie opwindende aand — én wyer — gesels.

JM Dag, Amelda. Wie is die Pretty Ladies en wie is die Blue Belles? En wie is jy? Wat is jou betrokkenheid by dié twee groepe? En by die plaaskonsert op 29 Augustus?

AB Dagsê. So ’n klomp vrae in een? Die Pretty Ladies is ’n amateur-dramagroep wat in 1998 deur ’n groepie vroue op die plaas Nagenoeg buite Stellenbosch gestig is. Die Blue Belles is in 1999 deur vroue van die plaas Blue Gum Grove gestig. Van beroep is ek seker teaterpraktisyn omdat ek bietjie van baie in die teaterbedryf doen. Ek het in 1998 saam met die Pretty Ladies begin werk en was koördineerder van die Klein Libertas Teater se drama-opleidingsprogram, in 1999 en 2000, toe nog plase by die program betrek is. Die Blue Belles het in 1999 by ons aangesluit en Christine Truter werk sedertdien saam met hulle. Die twee groepe tree gereeld saam op, veral by die Klein Libertas Teater. Dit het nou tyd geword om weer konsert op die plaas Nagenoeg te hou. Sodoende kan meer mense van die omliggende plaasgemeenskap die optredes bywoon.

JM Hoe het dié twee groepe tot stand gekom? Wat is hulle onderskeie geskiedenisse?

AB Die Klein Libertas Teater het in 1998 in samewerking met die SR-kultuurkomitee van die Universiteit van Stellenbosch ’n drama-opledingingsprogram vir belangstellende amateurspelers op die plaas Nagenoeg geloods. Teatermense soos Kabous Meiring en Saartjie Botha was ook reeds van die begin af by hierdie projek betrokke. Aanvanklik het mans en vroue die sessies, wat een keer per week aangebied is, bygewoon. Na ’n maand het ’n groepie toegewyde vroue oorgebly. Hulle het besluit om ’n dramagroep te stig en hulleself die Pretty Ladies te noem. In 1999 is die drama-opleidingsprojek met finansiële steun van die Nasionale Kunsteraad uitgebrei. Meer mense is by die projek betrek en drama-programme is op ’n paar ander plase in die Stellenbosch-omgewing aangebied. So het die Blue Belles ook in 1999 by die Klein Libertas se amateurvleuel aangesluit. Kernlede van die groep het intussen na die plaas Jordan verhuis en ’n paar brawe mans het by die groep aangesluit. Die projek het dit onder andere ten doel gehad om mense wat in teater belangstel en nie vroeër vryelik aan amateurtoneel-aktiwiteite in die dorp kon deelneem nie, te ondersteun en die nodige infrastruktuur te skep om teateraktiwiteite meer toeganklik te maak vir speler en gehoorlid.

JM Ek het die Pretty Ladies in die pantomime Rooikôppitjie gesien, beide by Spier en by die KKNK verlede jaar, waar hulle as wafferse chorus girls tekere gegaan het. Hoe dikwels raak hulle by sulke projekte betrokke? Wat gebeur in die droë tye tussenin?

AB Rooikôppitjie was die enigste sogenaamde professionele produksie waarby hierdie groep betrokke was. Hulle was wel al in 2001 by die KKNK met hulle eie produksie Stoei. Omdat hulle as amateur-toneelgroep funksioneer, word die tye wat hulle nie op die professionele verhoog werk nie, nie noodwendig as droë tye beskou nie. Hulle tree ook gereeld as sanggroep by verskillende geleenthede en funksies op. Met teater as buitemuurse aktiwiteit het die groep ’n redelik besige skedule. Tye tussen optredes word gebruik om te besin en te werk aan die verfyning van vaardighede. En as daar groot behoefte ontstaan om op te tree, word geleenthede geskep. Vandaar dan die konsert Vrydag 29 Augustus.

JM Skep ’n mens nie onredelike verwagtinge by die deelnemers nie? Van standhoudende beroepe as uitvoerende kunstenaars? Die Suid-Afrikaanse kunstewêreld gaan reeds onder so ’n moordende las gebuk.

AB Die werk op die professionele verhoog wat die Pretty Ladies te beurt geval het, was ’n groot bonus en lekkerte. Vyf van die vroue werk op die plaas Nagenoeg en twee is skoolgaande. Alle teateraktiwiteite, ook Rooikôppitjie, word in hulle vrye tyd rondom werks- en skoolverpligtinge ingepas. Teater word onder andere beoefen uit behoefte aan kreatiewe aktiwiteite. Die enigste verwagtinge wat moontlik van die begin af geskep is, was dat daar ruimte en geleenthede geskep kan word om teater as buitemuurse aktiwiteit te beoefen en meer van hierdie veld te leer. In die jare wat die groep bestaan, het hulle al saam met verskeie teaterpraktisyns gewerk en die geleentheid gehad om op verskeie plekke voor verskeie gehore op te tree, sowel as om optredes in hulle eie gemeenskap te reël en optredes op ander plekke by te woon.

JM Jy het ’n ruk in Kanada gewoon. Vind ’n mens dáár soortgelyke pogings om die teater te gebruik om sosio-ekonomiese en kulturele klowe te oorbrug? Onder hul sogenaamde First Nation-bevolkingsgroepe?

AB Ja, daar is baie interessante teaterprojekte wat poog om kreatiewe aktiwiteite en rituele aan te moedig en te ondersteun met die nodige bevestiging vir kreatiewe uitdrukking. Ek het egter meer hieroor gelees as wat ek dit te siene gekry het. Ons het in ’n klein dorpie in die provinsie Alberta gebly, tussen drie First Nation-reservate, maar daar is jammerlik min sulke pogings aangewend. Ek het wel die voorreg gehad om betrokke te raak by die dorp se Program vir Volwasse Onderrig waar heelwat kreatiwiteit aan die dag gelê word om die leerplan, grootliks gerig op First Nation- en Metis-leerders, meer toeganklik te maak. Tog het die gebruik van teater in so ’n situasie noodgedwonge iets anders as blote vrye kreatiewe uitdrukking as agenda.

JM Wat maak so ’n projek ’n geslaagde een? Waarvoor moet iemand wat so iets lei, versigtig wees?

AB Ek sou sê so ’n projek is geslaag as die teatergroepe wat in die proses gestig is, of die individue wat by die gemeenskapsteateraktiwiteite betrokke was, op hulle eie manier kan voortgaan met teater. Dit is belangrik om jouself as fasiliteerder (of middelman) deurentyd te bevraagteken sodat konsepte en idees nie op mense afgedwing word nie, maar dat jy mense bystaan in die proses om hulle teatervaardighede (wat ook administrasie en organisering in vandag se tyd insluit) te verfyn.

JM (Aan ’n lid van die Pretty Ladies, Willemien Pietersen) Hoe lank is jy al by die groep?

WP Vanaf 1998.

JM Wat beteken jou betrokkenheid by die Pretty Ladies vir jou?

WP Dit beteken baie, want ons groep kry baie geleenthede om uit te gaan en ons ontmoet baie mense.

JM (Aan ’n ander lid van die Pretty Ladies, Coreen Oudtshoorn) Vertel vir ons van die konsert op 29 Augustus.

CO Die stuk wat ons gaan uitspeel handel oor skinderstories, wat nou veral baie gebeur in dié tyd. Mense praat baie oor ander mense en hulle worry nie hoe die mense daaroor voel nie.

JM Wat is die hoogtepunt van die aand?

CO Dat die mense kan kom en dit geniet. En dat as hulle weer van die Pretty Ladies en die Blue Belles hoor, hulle opgewonde sal wees om te kom kyk.

JM (Aan ’n lid van die Blue Belles, Leon Nero) Wat kan die gehoor van die Blue Belles verwag by die konsert?

LN Net die beste. Pret. Ons speel goed uit die daaglikse lewe. Ons speel nie net verbeelding-verbeelding nie.

JM Wat is vir jou die mooiste deel van die aand se program?

LN Daar is ’n fight scene en Tatomkhulu in ons stuk wat die mense nie moet mis nie.

JM (Aan ’n ander lid van die Blue Belles, Santjie Booysen) Wanneer kan gehore wat op 29 Augustus op die Blue Belles verlief raak, julle weer kom sien?

SB Geen idee nie. Wanneer daar weer ’n klomp mense is wat ons vra om op te tree. Any time, any place.

JM (Weer aan Amelda) En wie is Bongi en Vuyo, wat ook as van die deelnemers aan die plaaskonsert genoem word?

AB Hulle is Bongile Mantsai en Vuyo Mgjima van die groep Woza Africa van Kayamandi, Stellenbosch. Sedert 1998 het Vuyo en Bongile, wat vroeër lede van die Phambili-teatergroep was, al ’n paar keer by dieselfde geleenthede as die Blue Belles en die Pretty Ladies opgetree. Behalwe vir Bongile Mantsai en die Pretty Ladies wat saam in Rooikôppitjie gespeel het, het hulle nog nie tevore saam aan ’n toneelstuk gewerk nie. Vir die konsert het die Blue Belles vir Bongile en Vuyo gevra om saam met hulle te werk aan ’n nuwe toneelstuk.

JM Wat is dié groepe se pad vorentoe? As daar mense is wat julle werk graag wil ondersteun, waar kan hulle met julle in verbinding tree?

AB Daar is geen uitgewerkte pad nie. Die hoop is wel dat teateraktiwiteite meer en meer toeganklik sal word en bly. Mense kan gerus met die Klein Libertas Teater op Stellenbosch in verbinding tree, by (021) 8838164 of by klt@adept.co.za.

JM Baie dankie en alle voorspoed vir die konsert op 29 Augustus.

AB Ja, dankie ook vir jou. Dit mag moontlik ’n koue aand in die Kaap wees, maar ons sien uit na warm optredes en ook Ant Meisie (lid van die Pretty Ladies se sanggroep) se kerrievetkoeke.

En kaartjies sal sekerlik soos soetkoek verkoop. Kry hulle by die Klein Libertas Teater op Stellenbosch, (021) 8838164 of klt@adept.co.za, in die hande.

28 Augustus 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.