Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Wall

Vincent Pienaar

The Pink Floyd Experience
28 Julie tot 21 Augustus 2005
(Johannesburgse Civic Teater, Braamfontein, Jhb)

The Pink Floyd Experience

"Hey! Teacher! Leave those kids alone!" is die bevel en "all in all you're just another brick in the wall" die rede.

G'n wonder nie dat ons regering van die dag (die album The Wall het in 1979 uitgekom, die fliek in 1982) jong mense "ontmoedig" het om na die musiek van Pink Floyd te luister. In daardie jare het die media nog oorlog verklaar op "betogers" en "Another Brick in the Wall" was nie deur die (destydse) SAUK gespeel nie.

Maar teen 1982 was Pink Floyd al gevestigde "kwaadstokers". Hulle eerste album, Piper at the Gates of Dawn, is al in 1967 vrygestel, en het bygedra tot die vinnige ontwikkeling van die "psychedelic" musiek wat die albumwerk (maar nie die verhoogwerk nie) van daardie era tipeer. In 1966 het die Beach Boys die album Pet Sounds, wat die song "Good Vibrations" ingesluit het, vrygestel, en 'n jaar later het Sergeant Pepper's Lonely Hearts Club Band van die Beatles verskyn. Interessant dat Paul McCartney op daardie stadium gesÍ het dat die Beatles nie meer sal toer nie omdat musiek soos Sergeant Pepper slegs in die ateljee opgevoer kon word.

Vir die meeste mense is dit onmoontlik om 'n tegnologiese musiekwÍreld sonder rekenaars te visualiseer, maar onthou dat die Moog Synthesiser - 'n elektroniese kontrepsie wat noot vir noot geprogrammeer moes word - slegs in 1968 in gebruik geneem was, en dan net in die ateljee, deur bands soos die Rolling Stones, wat dit kon beskostig.

In teenstelling daarmee, en een van die redes vir Pink Floyd se asemrowende sukses, is dat hulle wel hulle werk op die verhoog uitgevoer het. In 1972 begin hulle toer met een van die bekendste musiekprojekte ooit: Dark Side of the Moon.

Hierdie werk is in die Guinness Book of Records opgeneem as die album wat vir die langste aaneenlopende tydperk in die trefferlyste van die wÍreld was: meer as elf jaar.

Dit is 'n hoendervleisgedagte om te probeer visualiseer hoe dit moes wees om in 1975 by die Knebworth Festival die konsert te gesien het: met vuurwerke, spitfires, ligte, ongelooflike klank en klanke, en selfs 'n brandende vliegtuig wat in die verhoog vasvlieg.

Hier in Suid-Afrika het ons net van daardie goed gehoor - en gewoonlik met 'n "kyk-wat-vang-daai-junkies-nou-aan" propaganda angle - terwyl ons na Michael de Morgan kyk wat die nuus op die televisie-toetskanaal lees!

Soos die meeste ander jong mense van daardie generasie was ek min of meer bewus van die gedagte dat Pink Floyd redelik anti-oorlog was en sommer dan 'n bietjie anti-establishment daarby, maar hulle was 'n Britse band en aan die anderkant van die Atlantiese Oseaan was die "make love, not war"-aktiwiteite, vernaamlik Woodstock en die hippie-era, soos wat die Amerikaners maar is, baie meer opspraakwekkend.
Skouspel

Wat die hedendaagse, 2005-opvoering in die Civic Teater deur The Pink Floyd Experience skouspelagtig maak, is die manier waarop Pink Floyd se sosiale kommentaar beklemtoon word - in so 'n mate dat ek jammer is dat ek nie in daardie jare meer aandag daaraan gegee het nie.

Vanaf die opening, wat begin met die keyboards van Glen Ahearn - meestal die Hammond-orrel-klank wat in die sewentigs deur soveel bands gebruik is - is dit duidelik dat die konsert die langsame progressie van die songs, soos Pink Floyd dit gedoen het, sal respekteer. Vir 'n goeie vier of vyf minute is daar net die een instrument wat bespeel word en die eerste song neem 'n goeie twintig minute en ek begin die gevoel kry wat ek altyd met Pink Floyd kry: is dit nodig dat dit so lank moet neem? Dit is nie te sÍ dat ek nie van lang stukke hou nie. Ek het dan die hele "Inna-gadda-davida" van Iron Butterfly oor en oor geluister toe dit nuut was en selfs van die lang weergawe van "Smoke on the Water" gehou, maar daar was altyd iets aan Pink Floyd wat my laat voel het dat dit, soos 'n Buthelezi-toespraak, te lank aanhou: aan en aan, lank nadat die punt gemaak is.

Maar die progressie van keyboards, na kitaar, tromme, stemme en uiteindelik saksofoon is musikaal uitstekend en dus heeltemal aanvaarbaar. Dit word gevolg deur 'n lang, vollengte weergawe van "Shine On", waarna daar geskimp word dat daar 'n groot teaterkomponent in die vertoning is: een van die dames verskyn met 'n 1960's stofsuier - net vir 'n minuut op die verhoog.

En dan word daar 'n element in die toneel ingebring, 'n fassinerende simbolisering van die musiek van The Wall: 'n muurtjie word van beide kante van die verhoog af met groot kartonblokke gebou - so 200 mm hoog, klein, onopsigtelik - maar tog in your face. Wat gaan daarvan word?

The Wall is die verhaal van die rock-musikant wat al hoe meer deur die druk van die roem en die omstandighede 'n al hoe hoŽr muur om homself bou - al hoe meer onttrek. In die geval van Pink Floyd is daar dan ook die verdoemende sosiale kommentaar wat 'n groot rol speel om "die muur" te bou.
Darren Whittaker

Dit is hierdie emosie wat (vernaamlik in die tweede helfte) die vertoning domineer. Alhoewel kitaarspeler Darren Whittaker 'n klassieke lead break op die elektriese kitaar speel, wat ek miskien sal onthou as die beste wat ek nog op die verhoog gesien het (dit hou lank aan, die volume van die klank is so hard dat ek 'n dag later nog steeds hoofpyn het, en Darren, soos dit die regte axeman betaam, staan doodstil, uitdrukkingloos), fokus die vertoning al hoe meer op die muur, wat meedoŽnloos hoŽr word, en die werk van die hoofsanger, Stan Gratkowski, wat met passie en oorgawe die rol van die bedreigde kunstenaar begin vertolk.

Uiteindelik is dit net hy voor die muur, wat nou drie meter hoog en dominerend is - geÔsoleerd (soos die gehoor) van die res van die kunstenaars en die verhoog.

En dan die klimaks: Gratkowski verskyn as 'n goose-stepping, Hitler-tipe karikatuur met 'n loud-hailer. Vir eers is dit moeilik om hom te hoor bo die klank van die band agter die muur, en soos die musiek harder word, word dit uiteindelik onmoontlik om te hoor wat hy skree - en, soos hy sukkel om gehoor te word, word hy uiteindelik totaal freneties om sy punt te maak, al is dit duidelik dat niemand na hom luister nie. Uitstekende teater.

En, aan die einde staan daar 'n drie meter hoŽ muur. Wat word van die muur Ö?

Die show is nog aan tot 21 Augustus.

Voetnoot: Die Pink Floyd Experience is my soort muso's. Na jare van speel in kroeŽ en halfgebakte musiektoere deur Nieu-Seeland vir ses biere 'n dag, het Stan Gratkowski, Glen Ahearn en Darren Whittaker besluit om 'n eenmalige show oor Pink Floyd te doen. Natuurlik (en alle kunstenaars in alle genres kan hiervan getuig) het die kenners geweet dit sal nooit werk nie. Hulle het egter volhard en die res, soos hulle sÍ, is 'n baie klein brokkie musiekgeskiedenis wat vandag 'n wÍreldtoer is. Hulle toewyding en deursettingsvermoŽ kom baie duidelik na vore in hulle uitstaande werk. Good on you lads!




LitNet: 11 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.